Skip to content

Afrikaans Fal Grade 7 June 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumAfrikaans FalGrade 720197 pages

Grade 7 Afrikaans Fal memorandum from the June Exam 2019 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

June Exam 2019

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Blouberg Ridge Primary School Grade 7 Afrikaans FAL Mid-Year Examination Paper 2019 Marking Guidelines Leesbegrip: Van wilddief tot wildbewaarder [20] Twice was ‘n baie slim wilddief (poacher). Hy het die naam gekry omdat die wildbewaarders (game rangers) hom twee keer nie kon vang nie. Twice het die bos baie goed geken. Hy het strikke (traps) langs ‘n rivier in die Krugerwildtuin gestel. Die wildbewaarders het sy planne goed geken. Hulle het geweet dat hy nege-uur die oggend en vieruur in die middag sy strikke stel. Maar elke keer wat hulle hom probeer vang het, was hy te slim en het hy weggekom. Twice kon baie vinnig hardloop. Die oomblik as hy dink dat die wildbewaarders vir hom by een van sy strikke wag, maak hy ‘n ander plan: hy klim oor die draad (wire fence), stap na die strik en stop twintig meter voor die strik. Dan spring hy blitsvinnig om en hardloop terug draad toe. Die bewaarders dink dat hy hulle gesien het. Hulle spring uit hulle wegkruiplekke (hiding places) en hardloop agter hom aan. Maar Twice spring oor die draad lank voor hulle hom kan vang. Die bewaarders was moedeloos. Die senior bewaarder, Manzi Spruit, dink aan ‘n plan. Sy sê dat die volgende keer as Twice weghardloop, moet hulle tjoepstil (very quiet) bly in hul wegkruiplekke. Op ‘n dag kruip hulle weer vir Twice naby sy strik weg. Daar is ‘n bok wat vasgevang in die strik lê. Hulle weet dat Twice die bok sal kom haal. Hulle wag lank… Skielik is Twice daar. Hy klim oor die draad en stap nader. Net soos altyd, stop hy twintig meter van die strik af, kyk rond en hardloop terug draad toe. Maar dié keer jaag die bewaarders hom nie. Hulle bly in hul wegkruiplekke, so stil soos muise. Twice dink hulle is nie daar nie en stap terug strik toe. Hy was twee meter van Elias Mapai af toe Elias en vyf ander bewaarders uit die bosse spring! Twice skrik, maar hardloop dwarsdeur die bewaarders. Joe Marikela sien wat gebeur. Hy sien waarheen Twice op pad is. Hy wag vir hom agter ‘n bos. Net op die regte oomblik spring Joe op en val op Twice. Hy druk hom vas en sit boeie (cuffs) om sy hande. Toe Manzi by Twice kom, skel sy hom uit omdat hy wild steel. Vier maande nadat Twice tronk toe is, sien Manzi hom eendag in ‘n kamp in die wildtuin. Sy kon haar oë nie glo nie. Hy moes baie langer in die tronk gebly het. Twice vertel haar dat hy nou vry is. Net toe besluit Manzi om ‘n kans te waag. Sy vra hom om in die wildtuin te kom werk. Hy moet help om wilddiewe te vang! Twee weke later het hy sy eerste wilddief gevang! Hy het daarna ‘n wildbewaarder geword – een van die bestes in die wildtuin! [Aangepas en verwerk uit: Die veldwagters vertel. Beria Drukkery, 1993] 1 van 7
Downloaded from hlayiso.com Vraag 1: Vul die korrekte woorde in om die stellings waar te maak. (vlak 1) [4] 1.1 Twice was ‘n baie slim dief.  (1) 1.2 Die bewaarders het Twice se hande met boeie vasgebind.  (1) 1.3 Toe Twice uit die tronk gekom het, het hy ‘n wildbewaarder geword.  (1) 1.4 Twice stap na die strik en stop twintig meter voor die strik.  (1) Vraag 2: Rangkskik die sinne in die korrekte volgorde. Skryf slegs die letters neer. (vlak 2) [4] a) Die wildbewaarders besluit om nie vir Twice te jaag nie en vang hom by een van die strikke. b) Twice was ‘n slim wilddief vir wie die bewaarders nie kon vang nie. c) Nadat Twice vrygelaat is, het die wildbewaarder hom gehelp. d) Twice skrik, maar hardloop dwarsdeur die bewaarders. b ; a ; d ; c  Vraag 3: Pas die korrekte betekenis by die woorde: (vlak 3) [8] 1 wildbewaarder A ‘n Plek om jouself weg te steek. 3.1 D  2 wilddief B Ons stuur kriminele hierheen. 3.2 C  3 wegkruipplek C Hy steel wilde diere. 3.3 A  4 tronk D Die persoon beskerm die diere in die wildtuin. 3.4 B  5 vry E Jy kan nêrens heen beweeg nie 3.5 G  6 vasgevang F Nommer een. 3.6 E  7 wildtuin G Iemand of iets wat deur niemand beheer word nie. 3.7 H  8 beste H `n Plek waar wilde diere bly. 3.8 F  Vraag 4: Beantwoord die volgende vrae in volsinne. (vlak 4&5) [4] 4.1 Dink jy dit was ‘n goeie plan van Manzi om vir Twice ‘n werk in die wildtuin te gee? Gee ‘n rede vir jou antwoord? (2) Ja/Nee  Twice weet hoe die wilddiewe diere steel en hy sal hulle kan vang / Eie antwoord.  4.2 Wat dink jy sou gebeur het as Twice nie gevang is nie? (1) Hy sou nog baie diere gesteel het / Hy sou nie ander diewe kon vang nie / Eie antwoord.  4.3 Wat beteken die uitdrukking “Sy kon haar oë nie glo nie”? (1) Sy kon nie glo wat sy sien nie. Sy dink sy sien iemand anders.  (20) 2 van 7
Downloaded from hlayiso.com Visuele teks: Spotprent Vraag 5: Bestudeer die spotprent en beanwoord die volgende vrae: [5] 5.1 Wanneer is die spotprent gepubliseer? (1) 30.03.2013 of 30 Maart 2013  5.2 In watter koerant sal jy die spotprent kry? (1) Die Burger  5.3 Waar wil hulle kettingrestaurante oopmaak? (1) Krugerwildtuin  5.4 Watter woord sê vir ons dat die welpies moeg is om bokke te eet? (1) Alweer  5.5 Kies die korrekte antwoord tussen hakies: (1) Kitskos is kos wat ( vervelig / vroeg / vinnig ) voorberei word.  [5 + 20 = 25] 3 van 7
Downloaded from hlayiso.com Taalstrukture en –konvensies Vraag 1: Identifiseer die tipe selfstandige naamwoorde in die onderstaande sin: [3] Twice, `n slim wilddief, hou die trop bokke dop. Selfstandige naamwoorde Tipe selfstandige naamwoorde 1.1) Twice eienaam  1.2) wilddief soortnaam  1.3) trop bokke versamelnaam  Vraag 2: Voltooi die volgende sinne deur die korrekte voorsetsels in te vul: [3] om ; uit ; onder ; agter ; oor ; in 2.1) Die wildbewaarders het agter die bosse weggekruip. 2.2) Twice het sirkels om die wildbewaarders gehardloop. 2.3) Twice was vir vier maande in die tronk. Vraag 3: Gee die meervoud van die woorde in hakies: [2] Twice het oor die drade gespring en die bokke  gevang. Vraag 4: Voltooi die tabel: [2] Verlede tyd Teenwoordige tyd Toekomende tyd 4.1) Die wildbewaarder het vir Die wildbewaarder vang 4.2) Die wildbewaarder sal vir Twice by die strik gevang.  vir Twice by die strik. Twice by die strik vang.  Vraag 5: Skryf die volgende sinne in die korrekte vorm: [2] Lydende vorm: Die wilddief is deur die bewaarder gevang. 5.1) Bedrywende vorm: Die bewaarder het die wilddief gevang. Bedrywende vorm: Twice sal die strik stel. 5.2) Lydende vorm: Die strik sal deur Twice gestel word.  Vraag 6: Onderstreep die korrekte antwoord. [3] 6.1) Die wilddief het `n ( bokjie / bokkie ) in `n ( striktjie / strikkie) gevang.  6.2) Twice het oor die ( draadjie / draaikie ) gespring.  (15) 4 van 7
Downloaded from hlayiso.com Vraag 7: Voltooi die tabel. [4] Stellende trap Vergrotende trap Oortreffende trap Elias is slim. 7.1) Joe is slimmer as Elias.  7.2) Manzi is die slimste.  Ek eet baie vleis. 7.3) Die wildbewaarder eet 8. Die wilddief eet die meer as ek.  meeste van almal.  Vraag 8: Onderstreep al die telwoorde in die volgende sin: [2] Twee weke later het Twice sy eerste wilddief gevang. (merk die eerste twee onderstreepte woorde) Vraag 9: Skryf die volgende sin in direkte rede. [1] Die wildbewaarder het vir Twice gesê dat hy moet ophou wild steel. Die wildbewaarder het vir Twice gesê: “Jy moet ophou wild steel.”  Vraag 10: Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede: [1] “Kan ek jou help?” vra Twice vir die man. Twice vra vir die man of hy hom kan help.  Vraag 11: Verduidelik die betekenis van die idioom ‘Twice het lang vingers’. [1] Twice steel. / Twice is ‘n dief.  Vraag 12: Skryf die volgende sin in die regte orde volgens STOMPI. [1] wegkruiplekke hulle in die gewag het wildbewaarders heeldag Die wildbewaarders het heeldag in hulle wegkruiplekke gewag.  (10) [15 + 10 = 25] 5 van 7
Downloaded from hlayiso.com Literatuur: Poësie [20] Krokodil-draadwerk Jannie Oosthuysen Het jy geweet dat die reptiel Nooit tande vlos of lag nie? En nie net omdat die ou biel Draadjies het en nie mag nie. Nee, sy arms is te kort En sy vingers te dom Sy bene te skeef En sy toonnaels te krom. Daarom kners krokkie op al tagtig tande (vol visgrate en flenter-binnebande) En wag en wag Op die breëbekdag Van ‘n klink blink klavier-klawer-glimlag. [Uit: Dra toktokkies sokkies? Kagiso.2003] Vraag 1: Pas die aspekte by die voorbeeld uit die gedig [5] 1.1 Alliterasie A al tagtig tande 1.1 C  1.2 Digter B reptiel en biel 1.2 E  1.3 Rym C kners krokkie 1.3 B  1.4 Assonansie D wag en wag 1.4 A  1.5 Herhaling E Jannie Oosthuysen 1.5 D  Vraag 2: Beantwoord die volgende vrae oor die gedig: [15] 2.1 Hoeveel versreëls is daar in die gedig? (1) 13  2.2 Watter tipe strofe is strofe 1? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2) `n Kwatryn.  Dit het 4 versreëls.  2.3 Verskaf ‘n antoniem vir kort. (1) lank  2.4 Wat is ‘n sinoniem vir bek? (1) mond  2.5 Wat bedoel die digter met ‘die ou biel’? (1) `n Groot dier / groot reptiel / nie klein nie.  (11) 6 van 7
Downloaded from hlayiso.com 2.6 Gee een voorbeeld van ‘n rympaar uit die gedig. (1) reptiel en biel / tande en bande / dom en krom / wag, dag en glimlag / klink en blink  2.7 Voltooi: As iemand vol draadwerk is beteken dit (2) letterlik: hy het draadjies in sy tande of iewers in sy lyf.  figuurlik: hy is vol nukke.  2.8 Onderstreep die korrekte antwoorde tussen hakies: (2) Draadjies maak (vuil / krom ) tande ( skoon / reguit ).  2.9 Waarmee word die krokodil se glimlag vergelyk? (1) `n Blink klavierklawer.  2.10 Haal woorde uit die gedig aan wat vir ons sê dat die krokodil se tande vuil is. (1) “vol visgrate en flenter-binnebande”  2.11 Watter tipe gedig is dit? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2) Dit is `n komiese gedig.  Dit is snaaks / het humor in.  (9) [11 + 9 = 20] 7 van 7

Study this subject

More from Grade 7 Afrikaans Fal

View all