Downloaded from hlayiso.com
Graad 7 Herbert Hurd Primére Skool Desember 2019
Tweede Semester Assessering: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Totaal: 65 Punte
INSTRUKSIES:
1. Trek ‘n streep na elke vraag (question) in elke afdeling.
2. Maak dubbel seker van jou spelling!
3. Skryf netjies en leesbaar.
AFDELING A: LEESBEGRIP
Lees die onderstaande uittreksel deur Sarita Loots en beantwoord dan die vrae in
volsinne.
’n Kersstorie
1 Vyfuur in die mére lui die telefoon vir Arina wakker.
“Haai Ma!”
“Willem!”
“Jammer ek bel so vroeg. Ma het seker geskrik.”
“En hoe!”
Sy kam haar vingers deur haar hare asof dit die skrikgalop van haar hart sal laat bedaar. Toe
klim sy uit die bed en sluip teen die trappe af kombuis toe sodat Schalk nie verder in sy slaap
gesteur word nie. “My skof begin oor ’n uur en ek wou net sé: ‘It’s twelve days to Christmas.”
“Ag Willem! Waarvandaan bel jy nou?”
Ek is nog in Skotland Ma, maar ek gaan probeer om by Sanet in Londen uit te kom teen
Kersfees. Dit reén sulke slierte (trails) hier en dis yskoud.”
“Luister my kind, is ...”
“My belgeld is so te sé op Ma, maar ek wou darem net seker maak.”
Be-e-e-p, be-e-e-p, be-e-e-p.
Die oproep was van ’n tiekieboks (tickey box) af. Sy bel sy selfoon, maar dit neem net 'n
boodskap.
2 Nou maar koffie maak en die dag inwag. Sy kyk by die venster uit toe sy water in die ketel
tap en sien die mérester helder net bo die eikeboom flikker. Die hartseer bekruip haar. Vir meer
as twintig jaar hang sy en die kinders die twaalf aftelversierings (countdown decorations) van
12 Desember tot ou-Kersaand op en pak hulle saam die Kersverhaal uit met die karakters wat
sy uit materiaal gemaak het. Maar vanjaar ... vir wie nou eintlik?
3 Sy skrik toe haar selfoon biep.
Ma, dis 12 Desember. Is al die goed al uit die wakis? XXX Sanet.
Die ou groen geverfde wakis met die rooierige blommotiewe op. Oupagrootjie (great
grandfather) se kis wat op sy groen ossewa saamgetrek het die binneland in.
Arina het die kis by haar ma geérf (inherited) en sedertdien (since then) bewaar dit al die
Kersversierings. Sy sug. Nou het sy nie meer ’n keuse nie.
You're offline
Skip to contentQuestion paper _hlayiso.com_--a53c7c89-8741-412e-98f3-c86df1e01342/v1-f3020d7eca3228a30860/card.webp)
_hlayiso.com_--977657e3-2bb1-4435-902c-c5e5839853eb/v1-d78a3991494d6b15f3e4/card.webp)





View all
gr 7 afrikaans nov 2019_hlayiso.com_.pdf
Afrikaans Fal · Grade 7 · November Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Fal
- Grade
- Grade 7
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- November Exam
- Pages
- 7
- File size
- 1.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
4 “Kry 'n mens niks om te drink in hierdie raserige huis nie?”
Schalk staan in die deur, hare deurmekaar en 06 dik geslaap, hande in die japonsakke.
“More, sou ek gesé het. Ek het die ketel aangeskakel, maar skoon vergeet om koffie te maak.
Die kinders het my so vroeg al herinner aan 12 Desember, maar vanjaar weet ek tog nie.”
“Ag my ou vroutjie, jy sal daaraan gewoond moet raak dat dit nou net ons twee is vir al jou
Kersversierings. Die kinders,” en sy regterhand fladder soos ’n vlerk, “het uit die nes opgestyg.”
5 “Skud nou maar die swart van jou skouers af Ounooi, en haal daardie lap Josef en Maria wat
die baba vashou uit én al die wyse manne wat jy so vir die kinders gemaak het,” en Schalk
verdwyn in die badkamer.
“Wat van die vyf-en-twintig engele wat van iewers af moet swaai?” “En die twee herders met
die vasgeplakte skape. En onthou daardie vet Engel met die blouerige gewaad (robe) aan,”
skree-praat hy uit die stort.
6 Sy haal die boks gemerk, Engele, uit en sit dit op die bed neer. Toe die handgemaakte
versierings. Toe sy die deksel oplig, pof die wyse manne wat bo-op |é dankbaar na 'n hele jaar
se platdruk, uit. Sy pak alles op ’n teegeviekte lap, vou dit toe, laai dit op die Engeleboks en
dra dit af na die leefkamer (living room) en laat val die hele boel (lot) op die grond.
VRAAG 1
1.1) Wie is die hoofkarakter in die storie?
(1x1=1)
1.2) Wat is die naam van die hoofkarakter se seun?
(1x1=1)
1.3) Watter tyd van die dag is dit by Arina? Motiveer jou antwoord.
(2x1=2)
1.4) Hoekom bel Willem sy ma so vroeg in die oggend? Verskaf twee redes.
(2x1=2)
1.5) Haal een sin uit die teks aan om te verduidelik wat Arina en haar kinders op die
twaalfde Desember elke jaar gedoen het. (Onthou jou aanhalingstekens!)
(1x2=2)
1.6) Hoekom word die woord b-e-e-p herhaal?
(1x1=1)
1.7) Wie is Sanet in die storie?
(1x1=1)
1.8) Wat beteken dit om die dag in te wag?
(1x1=1)
1.9) Waarvoor word die karakters in paragraaf 2 gebruik?
(1x1=1)
(TOTAAL AFDELING A: 12)
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING B —- LETTERKUNDE
[ Begin hierde afdeling op ‘n NUWE BLADSY|
VRAAG 2
Beantwoord die volgende vrae. Skryf net die ANTWOORD.
Klein Woutertjie se Boepens
(deur Elizabeth Wasserman)
f Klein Woutertjie se boepens Woordeskat
2 is vet en bol soos deeg. boepens potbelly
3 En steeds kla hy aanhoudend, bol round
4 want sy magie voel nog leeg.
deeg dough
5 Hy hou boonop die meeste tioklits chocolates
6 van tjoklits en van koek. | kou chew
7 En daarom sit sy boudjies koeélrond_ | chubby
8 so styf in sy denimbroek.
9 Mamma sé: “Kom, eet jou groente, dit maak jou groot en sterk!”
10 Maar Wouter reken groente kou, is ‘n vervelige werk.
dl Hy hou meer van lekkers wat wegsmelt in die mond.
12 En daarom is Klein Wouter so spekvet en koeélrond!
2.1) Wat is die titel van die gedig? (gebruik “ “)
(1x1=1)
2.2) Wat noem ‘n mens ‘n skrywer van ‘n gedig?
(1x1=1)
2.3) Wie het hierdie gedig geskryf?
(1x1=1)
2.4) Wat is die rympatroon van strofe 1? (Skryf die letters en die soort rym)
(2x0.5=1)
2.5) Hoeveel versreéls het die gedig?
(1x1=1)
2.6) Hoeveel strofes is in die gedig?
(1x1=1)
2.7) Haal ‘n vergelyking aan in strofe 1.
(1x1=1)
2.8) Wat noem ons versreéls wat sonder leestekens geskryf word?
(1x1=1)
(TOTAAL AFDELING B: 8 PUNTE)
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING C: SPOTPRENT
VRAAG 3
Die vrae is gebaseer op die spotprent. Beantwoord die vrae in VOLSINNE.
KERSVADER EN SY ELWE IS HARD AAN DIE WERK!
3.1) Gee die titel van die spotprent.
3.2) Wat is die letterlike betekenis van die spotprent?
3.3) Waar kan ek, volgens die spotprent, nog spogprente gaan soek?
3.4) Hou jy van die spotprent? Motiveer jou antwoord.
(4x1=1)
(1x1=1)
(1x1=1)
(2x1=2)
Subtotaal: 5
(TOTAAL AFDELING A, B & C: 25 PUNTE)
AFDELING D - TAAL
VRAAG 4
Identifiseer die onderstreepte bywoorde as graad, tyd, wyse of plek.
4.1) Ons het gister die wedstryd op televisie gekyk.
4.2) Die strate, in die stad, is baie besig.
4.3) Die seun lag uitspattig.
4.4) Hy het net ‘n bietjie van sy kos geéet.
(1X0.5=0.5)
(1x0.5=0.5)
(1x0.5=0.5)
(1x05=0.5)
Subtotaal: 2
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 5
Identifiseer die volgende selfstandige naamwoorde deur Kolum A by Kolum B te
pas. Skryf slegs die letter langs die vraagnommer (bv. 7.8 F)
KOLOM A KOLOM B
5.1 | Jaloesie A | Versamelnaam
5.2 | Bonel wasgoed B | Telwoord
5.3 | Vrugte c | Eienaam
5.4 | Sarel D | Soortnaam
E | Abstrakte selfstandige naamwoord
(4x0.5=2)
Subtotaal: 2
VRAAG 6
Lees die paragraaf en beantwoord die vrae:
Karen en haar groot, bruin hond loop vandag in die warm veld. Hulle hou daarvan om
vir mekaar liefde te gee. Hulle is bang vir ‘n trop buffels. Hulle hardloop baie vinnig en
drink buite ‘n koue koeldrank.
6.1) Identifiseer al die byvoeglike naamwoorde.
(3x1=3)
6.2) Wat is die funskie van die onderstreepte komma?
(1x1=1)
6.3) Verander die volgende stelsin na ‘n vraag sin:
Hulle hou daarvan om mekaar liefde te gee.
(2x1=2)
6.4) Gee die oortreffende trap van die woord “warm”.
(1x1=1)
6.5) Identifiseer een lidwoord in die bostaande paragraaf.
(1x1=1)
Subtotaal: 8
VRAAG 7
Skryf die volgende sinne in die INDIREKTE REDE:
7.1) Noah sé: “Ons die netbalmeisies se wedstryde moet ondersteun.”
(2x1=2)
7.2) Ma sé: “Julle moet skoonmaak.”
(3x0.5=1.5)
Subtotaal: 3.5
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 8
Gebruik voornaamwoorde in die plek van die vetgedrukte woorde:
8.1) Karen drink ‘n Coca-Cola. drink lekker.
8.2) Sy loop met hond op die strand.
8.3) Ons loop met ons honde op die strand. Die honde is
8.4) Thabo ry branderplank by die see. Die branderplank is
(4x1=4)
Subtotaal: 4
VRAAG 9
Skryf die volgende sin oor.
Ek kyk ‘n internasionale sokkerwedstryd op die televisie.
9.1) Verlede tyd
(3x1=3)
9.2) Toekomende tyd
(3x1=3)
Subtotaal: 6
VRAAG 10
Skryf die volgende bedrywende sinne oor na die lydende vorm.
10.1) Die kind doen sy huiswerk.
(4x0.5=2)
10.2) Die vrou lees baie boeke.
(4x0.5=2)
Subtotaal: 4
Vraag 11
Maak nuwe woorde deur die korrekte voorvoegsel aan die volgende stamme
(basisse) te voeg. (morfologie)
11.1) Pouses moet ons buite wees op die (-grond).
(1x0.5=0.5)
11.2) Hulle dink soms hul het maniere, maar hul is eintlik (-gemanierd).
(1x0.5=0.5)
Subtotaal: 1
Downloaded from hlayiso.com
Vraag 12
Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende vorm.
12.1) Ken jy iemand wat mooi kan sing?
(2x0.5=1)
12.2) Het ek al ooit die storie van die olifant vertel?
(3x0.5=1.5)
Subtotaal: 2.5
Vraag 13
Skryf die volgende sinne oor deur die voegwoord tussen hakkies te gebruik.
13.1) Ben is in die hospitaal. Hy het skoonmaakmiddels gedrink wat op die kas gestaan
het. (want)
(2x0.5=1)
13.2) Jan is ongehoorsaam. Hy sal vertrek na ‘n ander stad. (omdat)
(3x1=3)
Subtotaal: 4
Vraag 14
Vul die ontbrekende voorsetsels in.
langs om by by op gedurende
14.1) Baie mense speel bordspeletjies die vakansietyd. Hulle sit gewoonlik
‘n tafel of die vioer en speel.
(3x0.5=1.5)
14.2) Familie en vriende sit mekaar tydens kersete. Die stoele word die
tafel gesit, sodat mens die tafel kan sit en eet.
(3x0.5=1.5)
Subtotaal: 3
(TOTAAL AFDELING D: 40 PUNTE)
VRAESTEL TOTAAL: 65 PUNTE
kK
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
_hlayiso.com_--a53c7c89-8741-412e-98f3-c86df1e01342/v1-f3020d7eca3228a30860/card.webp)
Question paper
Afrikaans Gr. 7 (Junie 2021)_hlayiso.com_.pdf
_hlayiso.com_--977657e3-2bb1-4435-902c-c5e5839853eb/v1-d78a3991494d6b15f3e4/card.webp)
Question paper
AFR Gr. 7 (November 2021)_hlayiso.com_.pdf

Question paper
2020-NOVEMBER-EXAM-PAPER-GR7-AFR-EAT_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afr-V 2- Taal -Gr7-T2-2019_hlayiso.com_.pdf
Question paper
gr 7 afrikaans June 2019_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Grade-7-Afrikaans-FAL-FE-2019_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
Grade-7-Afrikaans-FAL-FE-2019-Marking-Guidelines_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Grade-7-Afrikaans-Exam-November-2018_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afr-Vraestel 3-Gr7-T4-2019_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Afr-Vraestel 3-Gr7-Transaksionele teks-T4-2019_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Grade-7-Afrikaans-Marking-Guidelines-FAL-Mid-Year-Examination-2019_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Grade-7-Afrikaans-Memo-November-2018_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 7 Afrikaans Fal
Explore more published documents in this catalogue.


