You're offline
Skip to content
Question paper

2013+Grade+4+Afrikaans+HL+Exemplar+Test

Subject: Afrikaans HlGrade 4201321 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 4 AFRIKAANS HT MODELVRAE Hierdie boekie bestaan uit 20 bladsye, die voorblad uitgesluit.
Downloaded from hlayiso.com RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA) 1. Hoe om die eksemplaar vraestelle te gebruik Alhoewel die eksemplaar vraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef die leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Individuele modelvrae of 'n hanteerbare groep vrae, wat versigtig gekies is, kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word : 1.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie. 1.2 Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie. 1.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas. Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê. 1.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord. Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe toets heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets. 2. Memorandums of nasienriglyne 'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins rigied is nie. Dit gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar. 3. Kurrikulumdekking Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die eksemplaar vraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking het. Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 1
Downloaded from hlayiso.com AFDELING A Lees die onderstaande stuk deur en beantwoord dan vrae 1–10. Die Mier en die Sprinkaan Sprinkaan en Mier was baie goeie vriende. Hulle het in die grasland gewoon en het saam gespeel. Mier het die hele dag lank baie hard gewerk om graan en koring van die veld af na haar huis toe te dra. Sy het elke oggend na die veld toe gejaag. Sy het dan met 'n swaar koringkorrel op haar kop terug huis toe gesukkel. Nadat sy die koringkorrel versigtig in haar nessie gebêre het, het sy dan weer na die veld terug gehaas. So, het sy die hele dag lank gewerk, heen en weer, sonder om te rus. Sprinkaan het na haar gekyk en gelag. "Waarom werk jy so hard, Mier?" het hy gevra. "Kom en luister na my liedjie. Die somer is hier en die dae is heerlik warm en lank. Waarom mors jy jou tyd deur die hele dag te werk?" Mier het hom geïgnoreer en aangehou om kos bymekaar te maak. Sprinkaan het hom geterg en uitgelag. "Wat 'n onnosele klein miertjie is jy!" het hy haar toegesnou. "Kom dans liewer met my en geniet die somer." Die somer het na herfs verander, en die herfs na winter. Die son het min geskyn. Die dae was grys en triestig en die nagte was lank en donker. Dit was ysig koud en dit het begin sneeu. Sprinkaan was nie meer lus om te sing nie. Hy het koud gekry en het geen kos gehad om te eet nie. Die grasland en velde was met sneeu bedek en daar was nêrens kos te kry nie. Hy was vrek honger. Sprinkaan het paniekerig geraak en gesê, "Ag nee! Wat sal ek nou doen? Waarheen sal ek gaan?" Skielik het hy aan Mier gedink. "Ek sal vir haar kos gaan vra." Dadelik het hy na Mier se huis gegaan en aan die deur geklop. "Goeie dag, Mier," het hy vrolik uitgeroep. "Ek is hier om vir jou te sing, terwyl jy vir my kos gaan kry." Mier het minagtend na Sprinkaan gekyk en gesê, "Die hele somer deur, het ek baie hard geswoeg terwyl jy gesing en gedans het. Jy moes toe aan die winter gedink het! Gaan sing iewers anders, Sprinkaan! Daar is geen kos vir jou hier nie." Mier het die deur in Sprinkaan se gesig toegeklap. Dit is belangrik dat jy vandag vir die toekoms beplan. [Verwerk uit : Aesop ̍s Fables] Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 2
Downloaded from hlayiso.com 1. Omkring die letter met die korrekte antwoord. 1.1 Watter woorde beskryf Sprinkaan die beste? A behulpsaam en sterk B hardwerkend en wreed C besorgd en gaaf D spelerig en lui (1) Omkring die letter met die korrekte antwoord. 1.2 Volgens die storie was Sprinkaan ... A behulpsaam en sterk B hardwerkend en wreed C besorgd en gaaf D spelerig en lui (1) Omkring die letter met die korrekte antwoord. 1.3 Sprinkaan was ..., want dit was deel van sy goeie eienskappe. A behulpsaam en sterk B hardwerkend en wreed C besorgd en gaaf D spelerig en lui (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 3
Downloaded from hlayiso.com 2.1 Omkring die letter met die korrekte antwoord. 2.1.1 Waar het Sprinkaan en Mier gewoon? A in die grasland B naby `n rivier C op `n plaas D in `n skuur (1) 2.1.2 Sprinkaan en Mier se huise was ... A in die grasland B naby `n rivier C op `n plaas D in `n skuur (1) 2.1.3 Sprinkaan en Mier het ... gewoon. A in die grasland B naby `n rivier C op `n plaas D in `n skuur (1) 2.2 2.2.1 Gedurende watter tydperk van die jaar het Mier kos bymekaar gemaak? A winter B lente C somer D herfs (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 4
Downloaded from hlayiso.com 2.2.2 Mier het kos bymekaar gemaak in die .... A winter B lente C somer D herfs (1) 2.2.3 Omkring die seisoen wat na herfs volg. A winter B lente C somer D herfs (1) 3.1 Hoe het Sprinkaan gedurende die winter gevoel? A warm en ontspanne B honger en gelukkig C koud en honger D koud en gelukkig (1) 3.2 Sprinkaan was ... toe die winter begin. A warm en ontspanne B honger en gelukkig C koud en honger D koud en gelukkig (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 5
Downloaded from hlayiso.com 3.3 Hoe het Sprinkaan gevoel in die seisoen na herfs? A warm en ontspanne B honger en gelukkig C koud en honger D koud en gelukkig (1) 4. Skryf jou antwoord in 'n volsin. Gee 'n rede vir jou antwoord. 4.1 Vir wie het jy jammer gevoel, toe jy die verhaal gelees het? ___________________________________________________________ (2) 4.2 Vir wie het jy simpatie gehad toe jy die storie gelees het? ___________________________________________________________ (2) 4.3 Het jy jammer vir Mier of Springkaan in die storie gevoel?. ___________________________________________________________ (2) 5. Skryf jou antwoord in 'n volsin. 5.1 Hoekom het Sprinkaan vir Mier gedurende die somer uitgelag? __________________________________________________________ __________________________________________________________ (1) 5.2 Wat was die gevolg van Sprinkaan se gespot? __________________________________________________________ __________________________________________________________ (1) 5.3 Wat het Mier gedoen wat veroorsaak het dat Sprinkaan gedurende die somer vir hom gelag het? __________________________________________________________ __________________________________________________________ (1) 6. Skryf jou antwoord in 'n volsin. 6.1 Watter uitwerking het Sprinkaan se ontspanne houding gedurende die somer op hom gehad toe die winter aangebreek het? ___________________________________________________________ ____________________________________________________________ (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 6
Downloaded from hlayiso.com 6.2 Hoe het Sprinkaan se ontspanne houding gedurende die somer vir hom in die winter getref? ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ (1) 6.3 Watter gevolge het Sprinkaan se optrede en ontspanne houding gedurende die somer op hom gehad in die winter. ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ (1) 7. Skryf jou antwoord in 'n volsin. 7.1 Watter les het jy uit die storie geleer? ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (1) 7.2 Wat leer die storie vir jou? ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (1) 7.3 Watter hoofgedagte kan jy uit die storie onthou? ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (1) 8. 8.1 Soek 'n woord uit die teks wat 'n sinoniem (dieselfde betekenis) vir maats is. ____________________________________ (1) 8.2 Soek 'n woord uit die teks wat 'n sinoniem (dieselfde betekines) vir maats is ... __________________________________ (1) ____________________________________ (1) 8.3 `n Sinoniem vir maats is (vriende, vyande). ____________________________________ (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 7
Downloaded from hlayiso.com 9. 9.1 Soek 'n woord uit die teks wat 'n antoniem (woord met die teenoorgestelde betekenis) vir koud is. ____________________________________ (1) 9.2 `n Antoniem vir koud is ... ____________________________________ (1) 9.3 (Warm, Koel) is `n antoniem vir koud. ____________________________________ (1) 10. 10.1 Soek een woord uit die teks wat dieselfde betekenis het as bang. _____________________________________ (1) 10.2 `n Ander woord vir bang is ... _____________________________________ (1) 10.3 Kies `n ander woord tussen hakies wat dieselfde beteken as bang. Die Sprinkaan het (paniekerig, opgewonde) geraak. _____________________________________ (1) Lees die onderstaande inligtingsteks en beantwoord vrae 11–15. Liewe Rita Dis 'n partytjie Jy word vriendelik uitgenooi na Emma se 10de Verjaarsdagpartytjie Datum: 15 September 2013 Tyd: 13:30-17:00 Plek: Strubenstraat 23, Pretoria Kleredrag : Blou Denim Dis 'n partytjie RSVP : mnr. Smit of Mala Tel. Nr : 012 627 6934 LW: Wees stiptelik. Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 8
Downloaded from hlayiso.com 11. Omkring die letter met die korrekte antwoord vir vraag 11-13. 11.1.1 Aan wie is die uitnodiging gerig? A Emma B Rita C Mala D Mnr. Smit (1) 11.1.2 Wie sal die uitnodiging ontvang? A Emma B Rita C Mala D Mnr. Smit (1) 11.1.3 Wie word na die partytjie genooi? A Emma B Rita C Mala D mnr. Smit (1) 11.2.1 Watter tipe onthaal word gehou? A 'n Huweliksonthaal B 'n Ooievaarstee C 'n Verjaarsdagpartytjie D 'n Gradeplegtigheid (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 9
Downloaded from hlayiso.com 11.2.2 Watter tipe funksie word gevier? A 'n Huweliksonthaal B 'n Ooievaarstee C 'n Verjaarsdagpartytjie D 'n Gradeplegtigheid (1) 11.2.3 By ... sal Vuyo die belangrikste persoon wees. A 'n Huweliksonthaal B 'n Ooievaarstee C 'n Verjaarsdagpartytjie D 'n Gradeplegtigheid (1) 12.1 Watter tipe inligtingsteks word hier gebruik? A advertensie B uitnodiging C tabel D spyskaart (1) 12.2 Hierdie soort teks kom voor in `n ... A advertensie. B uitnodiging. C tabel. D spyskaart. (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 10
Downloaded from hlayiso.com 12.3 Die inligtingsteks is in die vorm van `n ... A advertensie B uitnodiging C tabel D spyskaart (1) 13. 13.1 Waarvoor staan die afkorting Tel. in Afrikaans? A Tegnies B Teleskoop C Elektronies D Telefoon (1) 13.2 Tel. is die afkoring vir ... A Tegnies B Teleskoop C Elektronies D Telefoon (1) 13.3 Vir watter woord gebruik ons die verkorte vorm – Tel.? A Tegnies B Teleskoop C Elektronies D Telefoon (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 11
Downloaded from hlayiso.com 14. 1 4.1 Skryf jou antwoord in 'n volsin. Watter tipe kleredrag moet jy na die partytjie aantrek? _________________________________________________________ (1) 14.2 Skryf jou antwoord in 'n volsin. Bespreek die kleredrag van die partytjie. ________________________________________________________ (1) 14.3 Skryf jou antwoord in 'n volsin. Hoe moet jy na die partytjie aantrek? ________________________________________________________ (1) 15. Skryf jou antwoord in 'n volsin. 15.1 Hoekom moet 'n mens antwoord as jy 'n uitnodiging kry? ___________________________________________________________ (1) 15.2 Skryf jou antwoord in 'n volsin. Om watter redes is dit goeie maniere om op `n uitnodiging te reageer? ___________________________________________________________ __________________________________________________________ (1) 15.3 Skryf jou antwoord in 'n volsin. Skryf, in jou eie woorde hoekom jy dink dat die organiseerder van `n geleentheid `n antwoord op sy uitnodigings moet kry. ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ (1) 16. Die onderstaande sinne vertel hoe om ̍boontjies te kweek. Rangskik die volgende sinne in die korrekte volgorde. Skryf nommer 1-4 in die blokkies langs die sin neer om die korrekte volgorde aan te dui. Wanneer die stingels en blare verskyn, moet die plantjies in die grond oorgeplant word. Sny die boonste gedeelte van 'n 2-liter koeldrankbottel af en gooi 'n lagie grond in. Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 12
Downloaded from hlayiso.com Plaas die boontjiesaad in nat watte en hou dit klam. Wanneer die worteltjies verskyn, moet die saadjies in die bottel geplant word. (2) TOTAAL AFDELING A: 20 AFDELING B 17.1 Skryf die onderstaande sinne oor en vul die korrekte leestekens in. moet jannie sy pen potlood en boeke saamneem ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2) 17.2 Skryf die onderstaande sinne oor en vul die korrekte leestekens in. "bly stil" skree mev. Swart aan die leerders. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (2) 17.3 Skryf die onderstaande sinne oor en vul die korrekte leestekens in. gaan Tandi weg vir kersfees ________________________________________ _______________________________________________________________ 2 18.1 Skryf die volgende sinne oor in die korrekte tydsvorme. 18.1.1 Skryf die volgende sin in die Verlede Tyd. Emma is baie opgewonde. ________________________________________________________ (1) Skryf die volgende sinne oor in die korrekte tydsvorme. 18.1.2 Skryf die volgende sin in die Verlede Tyd. In die winter eet die Mier koringkorrels. _________________________________________________________ (1) 18.1.3 Skryf die volgende sin in die Verlede Tyd. Die winter bring koue weer. _________________________________________________________ (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 13
Downloaded from hlayiso.com 18.2.1 Skryf die volgende sin in die Toekomende Tyd. Die kinders het in die swembad baljaar. _________________________________________________________ (1) 18.2.2 Skryf die volgende sin in die Toekomende Tyd. Die Sprinkaan kry koud en honger. _________________________________________________________ (1) 18.2.3 Skryf die volgende sin in die Toekomende Tyd. Ons wil uit die storie leer. _________________________________________________________ (1) 18.3.1 Skryf die volgende sin in die Teenwoordige Tyd. Rita het al haar vriende na die partytjie genooi. _________________________________________________________ (1) 18.3.2 Skryf die volgende sin in die Teenwoordige Tyd. Marie sal die kraan oopdraai. _________________________________________________________ (1) 18.3.3 Skryf die volgende sin in die Teenwoordige Tyd. Piet moes sy kamer skoonmaak. _________________________________________________________ (1) 19. Skryf die meervoudsvorm (een en baie) van die onderstreepte woord in die onderstaande sinne. 19.1.1 Daar is vier seisoen in 'n jaar. _______________________________ (1) Gee die meervoud van die woord tussen hakies (seisoen). 19.1.2 ______________ (1) Een seisoen, maar baie ... 19.1.3 ______________ (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 14
Downloaded from hlayiso.com 19.2.1 Emma het aan al haar gas 'n geskenkpak gegee. _______________________________ (1) 19.2.2 Emma het aan die drie (gas) geskenkpakke gegee. _______________________________ (1) 19.2.3 Emma het aan die (gas,gaste) geskenkpakke gegee. _______________________________ (1) 20.1 Vorm 'n byvoeglike naamwoord (beskrywende woord) van die woord tussen hakies. Die kos by Emma se partytjie was (smaak). _________________________________________ (1) 20.2 Wat is die byvoeglike naamwoord van die woord tussen hakies. Die kos by Emma se partytjie was (smaak). _________________________________________ (1) 20.3 Vorm `n byvoeglike naamwoord met die woord smaak. _________________________________________ (1) 21.1 Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies (Trappe van vergelyking). Mier loop (ver) as Sprinkaan. _________________________________________ (1) 21.2 Skryf die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord (Trappe van vergelyking) vir die onderstreepte woord. Mier loop ver as Sprinkaan. _________________________________________ (1) 21.3 Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies (Trappe van vergelyking). Mier loop (ver, verder, verste) as Sprinkaan. _________________________________________ (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 15
Downloaded from hlayiso.com 22.1 Vorm 'n bywoord van die woord tussen hakies. Mier het (haas) na die veld toe gehardloop. _________________________________ (1) 22.2 Skryf `n bywoord vir die onderstreepte woord neer. Mier het haas na die veld toe gehardloop. _________________________________ (1) 22.3 Kies die korrekte bywoord van die woorde tussen hakies. Mier het (haastig, behaas, verhaas) na die veld toe gehardloop. _________________________________ (1) 23.1 Voltooi die onderstaande sin deur die korrekte voorsetsel in te vul. Sprinkaan soek _______ kos om te eet. (1) 23.2 Voltooi die onderstaande sin deur die korrekte voorsetsel in te vul. Die seisoen het ___ warm na koud verander. (1) 23.3 Onderstreep die korrekte voorsetsel in die sin. Sprinkaan soek vir kos om te eet. (1) 24. Omkring die letter met die korrekte antwoord om die sin te voltooi. 24.1 Mier het … A elke oggend, baie vinnig, na die veld toe gehaas. B baie vinnig, elke oggend, na die veld toe gehaas. C na die veld toe gehaas, elke oggend, baie vinnig. D elke oggend gehaas, baie vinnig, na die veld toe. (1) 24.2 Omkring die letter met die korrekte antwoord. Waarom werk jy so hard, Mier? Die sin is 'n ... A stelsin. B bevelsin. C uitroepsin. D vraagsin. (1) Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 16
Downloaded from hlayiso.com 25. Omkring die letter met die regte antwoord om die onderstaande sinne korrek te voltooi. 25.1 Sprinkaan was baie honger, … hy geen kos gehad het nie. A omdat B alhoewel C tog D want (1) 25.2 Mier het kos bymekaar gemaak, … Sprinkaan gespeel en gedans het. A terwyl B sedert C omdat D aangesien (1) TOTAAL AFDELING B: 15 AFDELING C 26. Lees die onderstaande paragraaf en voltooi die onderstaande tabel. Wangari Maathai is op 1 April 1940 in Kenia gebore. Haar ouers was skaapboere en sy was een van ses kinders. Sy was in Ihithe Laerskool en het haar Hoërskoolloopbaan in 1960 voltooi. Daarna het sy Amerika toe gegaan om Wetenskap te bestudeer. Sy het daarna na Suid-Afrika teruggekeer. Sy het die Groen Beweging begin en mense aangemoedig om miljoene bome te plant en om gronderosie en ontbossing te voorkom. In 2004 het sy die Nobel Vredestoekenning ontvang vir haar bydrae tot die bewaring van die natuur. Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 17
Downloaded from hlayiso.com KOLOM A KOLOM B 26.1 Wanneer is Wangari gebore? (1) 26.2 Waar is Wangari gebore? (1) 26.3 In watter Laerskool was sy ? (1) Deur wie is die Groen 26.4 Beweging begin? (1) Waarom het sy die Nobel 26.5 (1) Vredestoekenning ontvang? 27. Skryf twee paragrawe om die onderstaande prent te beskryf.  Bestudeer die onderstaande prent.  Skryf twee paragrawe van vyf sinne elk.  Beskryf wat in die prent gebeur of plaasvind.  Skryf jou paragrawe in 'n storievorm.  Gebruik die korrekte taal, spelling, lees- en skryftekens.  Punte sal toegeken word vir struktuur, inhoud en taal. Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 18
Downloaded from hlayiso.com _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ (10) TOTAAL AFDELING C: 15 GROOTTOTAAL: 50 Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 19
Downloaded from hlayiso.com PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 27. Verwys na memorandum vir riglyne. Kriteria Punt Leerder se punt 27.1 Struktuur 2 27.2 Inhoud 4 27.3 Taal 4 TOTAAL 10 Grade 4 Afrikaans HL Exemplar Questions 20

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.