Downloaded from hlayiso.com
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013
GRAAD 5
AFRIKAANS HUISTAAL
MODELVRAE
Hierdie boekie bestaan uit 13 bladsye, die voorblad uitgesluit.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all
Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2013 Question Paper
Grade 5 Afrikaans HL question paper from the ANA Exemplars 2013, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 5 · ANA Exemplars · 2013 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 5
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- ANA Exemplars
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 178.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
ANA Exemplars 2013
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)
1. Hoe om die eksemplaar vraestelle te gebruik
Alhoewel die eksemplaar vraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef
die leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike
voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Individuele modelvrae of 'n hanteerbare groep vrae,
wat versigtig gekies is, kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik
word :
1.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die
diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om
aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese
toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie.
1.2 Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en
vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie.
1.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders
voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas. Spoedige
terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die les(se) is
wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.
1.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe
om meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord.
Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe toets
heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is
belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n volwaardige
toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.
2. Memorandums of nasienriglyne
'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins
rigied is nie. Dit gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare
moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar.
3. Kurrikulumdekking
Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die eksemplaar
vraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van
belangrike kennis en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking
het.
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 1
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING A
Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
In die begin was die wêreld nog jonk en groen. Daar was geen stede of oorloë nie. Die
voedsame en gesonde hemel was na aan die aarde. So naby, dat wanneer die mense
honger was, hulle net `n stukkie daarvan kon afbreek en eet. Hulle het nie nodig gehad
om groente te plant of diere te jag vir kos nie. Elke dag kon die mense stories vertel en
met die diere speel. Die diere was nooit bang vir hulle nie.
Ongelukkig was die mans en die vroue baie gulsig en het dan meer van die hemel
afgesny as wat hulle nodig gehad het om hul honger te stil. Dit het die hemel vreeslik
kwaad gemaak, veral as die mense die oorskiet op `n vullishoop gegooi het.
Op `n dag het die hemel met die mense gepraat en gesê,"As julle mense my nie met
meer respek gaan behandel nie, sal ek ver weggaan."
Dit het die mense baie bekommerd gemaak, want hulle het geweet wat die gevolge
daarvan sou wees. Vir `n lang tyd was die mense weer gehoorsaam. Hulle was
versigtig en het net afgesny wat hulle nodig gehad het.
Eendag het `n gulsige vrou `n massiewe stuk van die hemel afgesny. Sy het soveel
daarvan geëet as wat sy kon, maar kon dit nie opeet nie. Daarna het sy haar man
gaan roep om haar te help. Hy het ook sy deel geëet, maar daar was steeds `n groot
stuk oor. Die vrou en haar man het almal in die dorpie gaan roep om te kom help, maar
hulle kon dit nog steeds nie opeet nie. Op die ou end moes hulle die laaste stuk in die
vullisdrom gooi.
Die hemel was bitter kwaad en het van die aarde af weggevlieg. Die mense het hul bes
probeer om dit by te kom, maar die hemel was skielik so ver soos die verste sterre.
Van toe af moes die mense baie hard werk om die nodige kos in die hande te kry en
word hulle gereeld honger.
[Uittreksel uit Platinum Gr. 5 English HL]
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 2
Downloaded from hlayiso.com
1. Omkring die letter met die korrekte antwoord vanaf vraag 1-5.
1.1 Watter titel sal die beste by die bostaande teks pas?
A Die verre hemel.
B Die verste dorpie.
C Die verste mense.
D Die diere. (1)
2. Watter van die volgende sal die mense die beste beskryf?
A bang
B opgewonde
C gulsig
D kwaad (1)
3. Die hemel was baie ... toe die mense meer afgesny as wat hulle nodig
gehad het.
A hardkoppig
B bly
C kwaad
D gelukkig (1)
4. Waar het mense die kos wat oorgebly het gegooi?
A Op `n vullishoop.
B In die verre hemel.
C In die dorpie.
D In die tuin. (1)
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 3
Downloaded from hlayiso.com
5. Op wattter manier is die mense gestraf omdat hulle ongehoorsaam was?
A Hulle moes vanaf die vullishoop eet.
B Hulle moes die hemel eet.
C Hulle moes na die hemel vlieg.
D Hulle moes hard werk om kos te kry. (1)
6. Watter les kan jy uit die storie leer?
__________________________________________________________ (2)
7. Oorsaak en Gevolg.
Oorsaak en gevolg beteken dat as jy een ding doen, dan gebeur iets
anders.
VOORBEELD: Oorsaak: As jy die wet oortree.
Gevolg: Sal jy in die moeilikheid beland.
7.1 Skryf neer wat jy dink sal die gevolg wees van die oorsaak hieronder
gegee.
Oorsaak: Die mense het nie die hemel met respek hanteer nie.
Gevolg: Die hemel het ________________________ geword. (1)
7.2 Skryf neer wat jy dink die oorsaak sal wees van die gevolg hieronder
gegee.
Oorsaak: Die mense was____________________.
Gevolg: Die mense moes die stuk van die hemel wat oorgebly
het in die vullisdrom gooi. (1)
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 4
Downloaded from hlayiso.com
Lees die volgende gedig deur en beantwoord dan die vrae
Die boom staan trots in die rigting van die
wind,
Met sy jas oor sy kop.
Nou kan jy weet somer is om die draai.
Oral ruik ons aangename geure,
Heerlik sit ons met oop deure.
Hy drink en sit die heeldag vas aan sy bas,
Met sy hare wat al wilder groei,
En as sy hare uitval, een vir een
Word sy kop vaal en alleen.
Die boom is kaal is soos ‘n woestyn,
Met geen klere aan sy lyf,
Moet jy weet dis winter,
Hy huil oor sy jas –
Dis weg – tot volgende somer.
[Aangepas deur Shepistone Sekeso]
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 5
Downloaded from hlayiso.com
Omkring die letter met die korrekte antwoord.
8. Die gedig handel oor die ...
A weersomstandighede.
B seisoene.
C wind.
D jas. (1)
9. Onderstreep die korrekte antwoord tussen hakies.
9.1 So "kaal soos `n woestyn" is `n voorbeeld van (personifikasie/
metafoor/vergelyking)____________________________________ . (1)
9.2 Die gedig praat van die "seisoene" asof dit mense is.
Dit word (personifikasie/metafoor/vergelyking) genoem. (1)
10. Hoe sal jy voel as dit heel jaar winter moet wees?
___________________________________________________________ (2)
11. `n Woord wat met huis rym is muis.
Kies die korrekte woorde uit die gedig wat rym met:
(1)
geure ___________
een ___________ (1)
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 6
Downloaded from hlayiso.com
Lees die onderstaande inligtingstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg:
Mnr. Ngubane is `n goeie man. Hy woon langs Deena en hulle is dus bure. Op `n dag
het mnr. Ngubane gesondheidsprobleme begin kry en `n besoek by dr. Smith gaan aflê.
Dr. Smith het mnr. Ngubane deeglik ondersoek en hom daarvan bewus gemaak dat hy
`n gesonder leefstyl sal moet aanleer. Hy sou graag langer wou leef en het die
noodsaaklikheid daarvan besef. Hy moet onder andere meer vrugte en groente eet en
hy sal ook elke dag moet begin oefen. Mnr. Ngubane het vir oggendete `n pomelo
geëet. Na ontbyt het hy en sy vrou twee kilometer met hul hond, Pepe, gaan stap. Vir
middagete het hulle `n bord slaai geëet. Mev. Ngubane het vir hom sy gunsteling slaai
voorberei. Eers kook sy pasta, gooi gekerfde wortels by en voeg dan komkommer,
slaaiblare en tamaties by. Daarna voeg sy sout by en meng dit met `n klein bietjie
mayonnaise. Na middagete gaan ry mnr. Ngubane `n bietjie fiets en dan gaan slaap hy
vir `n uur. Nadat mnr. Ngubane `n uur by die gimnasium geoefen het, gaan hy direk huis
toe waar hulle dan aandete eet.
12. Omkring die letter met die korrekte antwoord vir vraag 12-13.
Ons het uit die teks geleer dat ...
A `n gesonde leefstyl is goed.
B ons bure is goed.
C Dr. Smith is goed.
D hardloop is goed. (1)
13. Watter kossoorte sal die beste keuses wees vir mnr. Ngubane?
A Sjokolade en roomys.
B Pizza en skyfies.
C Appels en spinasie.
D Gaskoeldrank en alkohol. (1)
14. Gee twee redes waarom dit so belangrik vir mnr. Ngubane is om sy leefstyl
te verander.
___________________________________________________________
___________________________________________________________ (2)
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 7
Downloaded from hlayiso.com
15. Noem twee dinge wat jy sal doen om gesond te bly.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
16. Plaas die volgende instruksies in die korrekte volgorde soos mev. Ngubane
haar man se slaai in die storie voorberei het.
Gebruik nommer 1 - 4 in die tabel om die korrekte orde aan te dui.
INSTRUKSIES KORREKTE
VOLGORDE
1. Sy het sout bygevoeg.
2. Sy het wortels gekerf.
3. Sy het die pasta gekook.
4. Sy het komkommer, slaaiblare en tamaties bygevoeg. (2)
TOTAAL AFDELING A: 20
AFDELING B
17. Beantwoord die volgende vrae:
17.1 Skryf die volgende sin oor vanaf die teenwoordige tyd na die toekomende
tyd.
Mnr. Ngubane gaan daagliks gimnasium toe.
______________________________________________________ (2)
17.2 Skryf die volgende sin oor vanaf die verlede tyd na die toekomende tyd.
Ons het `n gesonde slaai vir middagete
geёet._____________________________________________________
_____ (2)
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 8
Downloaded from hlayiso.com
18. Verbind die volgende twee sinne om een korrekte sin te vorm.
Moenie die voegwoord ‘en’ gebruik nie.
Mnr. Ngubane het daagliks twee kilometer gestap. Mnr. Ngubane wou gewig
verloor.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________ (2)
19. Beantwoord die volgende vrae:
19.1 Skryf die volgende sin oor vanaf die indirekte rede na die direkte rede.
Die hemel het gesê dat hy ver weg sal gaan.
_________________________________________________________
_________________________________________________________ (2)
19.2 Skryf die volgende sin oor vanaf die direkte rede na die indirekte rede.
Mnr. Ngubane het gesê: “Ek was gister dokter toe.”
Mnr. Ngubane het gesê dat hy_________________________________
_________________________________________________________ (2)
20. Skryf woorde neer met dieselfde betekenis vir die onderstreepte woorde:
Mnr. Ngubane wil gaan slaap nadat hy fiets gery het._________________ (1)
Die familie eet om sewe uur `n gesonde oggendete . ______________ (1)
21. Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies neer.
Bv . Die dame is baie (prag). Antwoord: pragtig
Om jouself te ooreet is baie (gevaar) vir jou gesondheid.
_____________________ (1)
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 9
Downloaded from hlayiso.com
22. Voltooi die onderstaande sin deur die korrekte trappe van vergelyking in te
vul.
Mnr. Ngubane is `n goeie fietsryer, maar sy vrou is __________ (1)
23. Onderstreep die korrekte spelling van die woord in hakies.
Dr. Smith het baie (patiёnte/pasiёnte) in haar spreekkamer. (1)
24. Omkring die letter met die korrekte antwoord.
`Brood en botter ... smaaklik.
A het
B gehad
C ek
D is (1)
TOTAAL AFDELING B: 16
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 10
Downloaded from hlayiso.com
AFDELING C: SKYF
25. Bestudeer die volgende staafgrafiek. Dit handel oor `n aantal leerders by
Hoёrskool Sukses wat aan verskillende wedlope deelgeneem het. Voltooi die
paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul.
100
90
80
70
60
50
naellope
40
30
20
10
0
400 m 100 m 200 m 800 m 1 500 m
Die meeste leerders het aan die (25.1) _______________m naellope
deelgeneem. Die minderheid van die leerders het in die
(25.2) ______________m naeloop deelgeneem. Daar is
(25.3)___________naellope by die skool. Die (25.4) ______________m en
(25.5)_____________m naelloop het dieselfde aantal deelnemers.
(5)
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 11
Downloaded from hlayiso.com
26. Skryf drie paragrawe van omtrent 12 tot 15 sinne oor die volgende onderwerp.
Die inhoud van jou paragrawe moet relevant wees aan die onderwerp.
Jou paragrawe word nagesien volgens die onderstaande kriteria.
Maak seker dat jy gebruik die korrekte paragraafvorm, korrekte spelling en
punktuasie,
korrekte sinskonstruksie en taalgebruik
B Beskryf hoe jy jou eerste dag in Graad 5 ervaar het.
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________
________________________________________________________________________ (15)
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 60
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 12
Downloaded from hlayiso.com
Punte toekenning vir vraag 26.
Verwys na die memorandum vir gids.
Vraag Kriteria Maks Leerder se
Punte Punte
26.1 Korrekte paragrafering 3
26.2 Spelling en punktuasie 2
26.3 Sinskonstruksie en taal gebruik 3
26.4 Inhoud 5
26.5 Oorspronklikheid 2
TOTAAL: 15
Grade 5 Afrikaans HL Exemplar 13
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 5 ANA 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 5 ANA 2011 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 5 November 2020 Memo

Memorandum


