Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENINGKUNDE
2017
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 18 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 456.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/2017
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/2017
SSE
8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 30 punte; 20 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Versoen Debiteurekontrole met debiteurelys
Debiteureversoening en
Ouderdomsanalise
Ouderdomsanalise
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
BTW-konsepte en berekeninge
BTW en Voorraadwaardasie
Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie
VRAAG 3: 50 punte; 30 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Vervaardiging Produksiekostestaat en notas
Vertolking
VRAAG 4: 70 punte; 40 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Konsepte en Inkomstestaat
Inkomstestaat en Vaste Bates
Bestuur van hulpbronne
Vastebatebestuur
VRAAG 5: 65 punte; 40 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Notas tot Finansiële State, Konsepte; Kapitaal en Behoue-inkomste-notas;
Kontantvloeistaat en Vertolking Kontantvloeiberekeninge
Vertolking van finansiële inligting
VRAAG 6: 45 punte; 25 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Kontantbegroting: ontleed en vertolk
Begroting
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/2017
SSE
VRAAG 1: DEBITEUREVERSOENING EN OUDERDOMSANALISE
(30 punte; 20 minute)
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en
skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Die saldo in die Debiteurekontrolerekening behoort gelyk te wees aan
die totaal van die debiteurelys.
1.1.2 Oninbare skulde sal in die Debiteure-afslagjoernaal geboekstaaf word.
1.1.3 'n Vooruitgedateerde tjek wat van 'n debiteur ontvang is, moet in die KOJ
op die datum van ontvangs geboekstaaf word. (3 x 1) (3)
1.2 MIZZY BOUTIQUE
Die Debiteurekontrolerekening en die debiteurelys vir Februarie 2017, opgestel
deur die boekhouer, bevat foute/weglatings.
GEVRA:
Gebruik die tabel wat verskaf word om die regstellings wat in die
Debiteurekontrolerekening en debiteurelys aangebring moet word, aan te dui.
Verskaf syfers en 'n plus(+)- of minus(–)-teken vir elke regstelling. (13)
INLIGTING:
A. Debiteurekontrolerekening Debiteurelys
Saldo/Totaal R37 710 R39 490
B. Foute of weglatings om reg te stel:
(a) Geen inskrywing is vir 'n faktuur vir R7 440 wat aan G Gwen
uitgereik is, gemaak nie.
(b) 'n Kwitansie vir R9 400, uitgereik aan debiteur B Crawley, is korrek
in die relevante joernaal geboekstaaf. Dit is foutiewelik as R4 900
na sy Debiteuregrootboekrekening oorgeboek.
(c) 'n Faktuur vir R1 360, uitgereik aan A Naidoo, is korrek in die DJ
geboekstaaf. Dit is foutiewelik na die verkeerde kant van haar
rekening in die Debiteuregrootboek oorgeboek.
(d) 'n Tjek vir R1 350, ontvang van D Zulu, is in die KOJ geboekstaaf
en so na die Debiteurekontrolerekening en Debiteuregrootboek
oorgeboek. D Zulu se rekening is reeds afgeskryf.
(e) 'n Kredietnota vir R720, uitgereik aan W Wallace, is in die DAJ as
R270 geboekstaaf en as sulks oorgeboek.
(f) Geen inskrywing is vir 'n geweierde tjek van R1 750 op die
bankstaat van Februarie 2017 gemaak nie. Dit is oorspronklik van
debiteur J Taylor ontvang om sy rekening van R1 950 te vereffen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/2017
SSE
1.3 GLENDALE HANDELAARS
Die debiteure-ouderdomsanalise op 30 April 2017 word verskaf. Kredietperiode
is 30 dae.
GEVRA:
1.3.1 Verduidelik hoe 'n debiteure-ouderdomsanalise met interne kontrole oor
debiteure kan help. (2)
1.3.2 Bereken die persentasie totale skuld wat die kredietperiode oorskry. (4)
1.3.3 Verduidelik EEN probleem (met syfers) met betrekking tot ELK van die
volgende debiteure:
• D Pillay
• W Patel (4)
1.3.4 Verduidelik TWEE probleme (met syfers) met betrekking tot debiteur
D Gouws. (4)
INLIGTING:
DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE OP 30 APRIL 2017:
BEDRAG
KREDIET- HUIDIGE
VER- 30 DAE 60 DAE 90 DAE
LIMIET MAAND
SKULDIG
R R R R R R
D Pillay 10 000 11 800 1 980 9 820
D Gouws 14 000 13 450 4 100 3 902 5 448
Z Ngosi 2 800 2 550 2 550
W Patel 14 000 11 192 9 112 2 080
P Peters 5 000 2 608 1 408 1 200
41 600 7 488 17 472 14 560 2 080
100% ? ? ? ?
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/2017
SSE
VRAAG 2: BTW EN VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 25 minute)
2.1 BTW
2.1.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer ((a)–(d)) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
(a) BTW betaal aan 'n diensverskaffer vir die aankoop van goedere
word as (inset-BTW/uitset-BTW) beskou.
(b) 'n (Debiet-/Krediet-)saldo in die BTW-kontrolerekening toon die
finale bedrag betaalbaar aan SAID.
(c) BTW op onttrekkings van voorraad sal die BTW betaalbaar aan
SAID (vermeerder/verminder).
(d) BTW sal nie by die betaling van (salarisse/elektrisiteit) deur die
onderneming in berekening gebring word nie. (4 x 1) (4)
2.1.2 Bereken die BTW-bedrae.
Trek 'n kruisie (X) in die toepaslike kolom in die ANTWOORDEBOEK om
aan te dui of dit die bedrag wat aan SAID verskuldig is, sal vermeerder of
verminder. Alle items is onderhewig aan 14% BTW.
BTW BTW
JOER-
Nr. DOKUMENT EKSKLUSIEWE INKLUSIEWE
NAAL
BEDRAG BEDRAG
(a) DAJ Kredietnota uitgereik R1 600 R1 824
(b) KOJ Kasregisterrol R8 700
(c) KJ Faktuur ontvang R10 374 (10)
2.2 VOORRAADWAARDASIE
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Bande Galore vir die 2017
finansiële jaar. Die onderneming verkoop een soort voertuigbande. Hulle gebruik
die periodieke voorraadstelsel en die geweegdegemiddelde-metode om voorraad
te waardeer.
GEVRA:
2.2.1 Gee 'n rede waarom die onderneming die geweegdegemiddelde-metode
gebruik om die bandevoorraad te waardeer. (2)
2.2.2 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2017. (10)
2.2.3 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017:
• Koste van verkope (3)
• Bruto wins (3)
• Gemiddelde voorraadhoudingstydperk (in dae) (5)
2.2.4 Behoort die eienaar tevrede te wees met die voorraadhoudingstydperk
hierbo bereken? Verduidelik. Haal syfers aan.
LET WEL: Die voorraadhoudingstydperk vir 2016 was 70 dae. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/2017
SSE
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo's:
TOTAAL
DATUM EENHEDE
(insluitend vraggeld)
1 Maart 2016 94 R27 650
28 Februarie 2017 280 ?
B. Aankope:
KOSPRYS PER
EENHEID
DATUM EENHEDE TOTAAL
(uitsluitend
vraggeld)
25 Maart 2016 375 R290 R108 750
19 Junie 2016 650 R320 R208 000
6 September 2016 1 120 R300 R336 000
10 Februarie 2017 540 R310 R167 400
TOTAAL 2 685 R820 150
C. Vrag op aankope:
On-Time Afleweraars vervoer die bande na die onderneming teen 'n
vaste koste van R40 per band. Hierdie tarief het onveranderd gebly.
D. Terugsendings:
79 van die bande aangekoop op 6 September 2016, is teruggestuur.
Die verskaffer het die onderneming met die kosprys per item gekrediteer.
Geen terugbetaling is vir die vrag op aankope van hierdie terugsendings
ontvang nie.
E. Verkope:
2 420 eenhede teen R400 elk = R968 000
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/2017
SSE
VRAAG 3: VERVAARDIGING (50 punte; 30 minute)
3.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1 Die lone van die fabriekskoonmakers word as (direkte arbeids-/
fabrieksbo-)koste geklassifiseer.
3.1.2 Fabriekshuur is 'n (vaste/veranderlike) koste.
3.1.3 Verpakkingsmateriaal gebruik, word as 'n (verkoops- en verspreidings-/
administrasie-)koste beskou.
3.1.4 Gelykbreekpunt verwys na die (minimum/maksimum) aantal eenhede
wat geproduseer en verkoop moet word om alle koste te dek. (4 x 1) (4)
3.2 INFINITY HOEDE
Die inligting het betrekking op Infinity Hoede, 'n onderneming wat een soort hoed
vervaardig. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2017 geëindig.
GEVRA:
3.2.1 Stel die Fabrieksbokoste-nota op. (14)
3.2.2 Voltooi die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017. (10)
3.2.3 Infinity Hoede oorweeg dit om grondstowwe teen 'n laer prys as wat hulle
tans daarvoor betaal, in te voer.
Verskaf TWEE punte wat hulle moet oorweeg voordat hulle besluit. (4)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit voorraadrekords op 28 Februarie 2017:
2017 2016
Goedere-in-bewerking R94 000 R?
Indirekte fabrieksmateriaal R8 750 R5 950
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/2017
SSE
B. Transaksies/Inligting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017:
Grondstowwe vir produksie uitgereik R?
Indirekte materiaal aangekoop 36 000
Salarisse en lone 2 900 000
Huuruitgawe 291 000
Versekering 49 200
Telefoon toegeken aan die administrasie-afdeling 28 800
Diverse fabrieksuitgawes 189 856
C. 45% van salarisse en lone word betaal aan die werknemers wat direk in
die produksieproses werk en 10% moet as die salaris vir die
fabrieksvoorman toegeken word.
D. Huuruitgawe moet volgens die vloerspasie gebruik, toegeken word. Die
fabriek beset 2 400 m2. Die verkoops-en-verspreidings- en administrasie-
afdelings beset die oorblywende 600 m2.
E. Die versekeringspremie is tot en met 31 Mei 2017 betaal. Versekering
word verdeel tussen die fabriek, die verkoops-en-verspreidings- en
administrasie-afdelings in die verhouding 4 : 4 : 2.
F. 20% van die telefoonuitgawes moet aan die fabriek toegeken word. Die
oorblywende bedrag word gelykop verdeel tussen die verkoops-en-
verspreidings- en administrasie-afdelings.
G. 40 000 hoede is gedurende die finansiële jaar teen 'n koste van R120
per hoed vervaardig.
3.3 SANYATI BAKKERY
Jy word van inligting voorsien met betrekking tot Sanyati Bakkery vir die afgelope
twee jaar.
Die onderneming maak oliebolle ('doughnuts') en koeke. Die eienaar,
Damon Barker, het die netto wins van die afgelope twee finansiële jare vergelyk
en opgelet dat dit met R730 700 gedaal het.
GEVRA:
3.3.1 Verwys na Inligting B.
Identifiseer die produksiekoste wat die grootste probleem veroorsaak het
in die:
• Oliebolfabriek ('Doughnut factory')
• Koekfabriek
Verskaf relevante syfers. Gee in ELKE geval vir Damon 'n oplossing vir
die probleem. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/2017
SSE
3.3.2 Verskaf berekeninge om te toon dat die gelykbreekpunt van
158 298 eenhede vir die oliebolle in 2016 korrek bereken is. (3)
3.3.3 Verduidelik waarom Damon bekommerd oor die gelykbreekpunt van
oliebolle behoort te wees. Haal syfers aan. (3)
3.3.4 Damon is bekommerd oor die:
• Pryse wat die klante bereid is om te betaal
• Aanvraag na beide produkte
Lewer kommentaar op hierdie punte ten opsigte van ELKE produk. Haal
syfers aan. (6)
INLIGTING:
OLIEBOLFABRIEK KOEKFABRIEK
2016 2015 2016 2015
A. Vaste koste R372 000 R372 000 R206 000 R122 000
B. Veranderlike koste
per eenheid
Direkte materiaal R4,50 R5,00 R22,50 R15,00
Direkte arbeid R3,20 R2,00 R10,60 R10,20
Verkoop en verspreiding R1,95 R2,00 R9,80 R9,50
Totaal R9,65 R9,00 R42,90 R34,70
C. Addisionele inligting
Verkoopprys van Sanyati
R12,00 R14,00 R65,00 R50,00
Bakkery (per eenheid)
Verkoopprys van
R13,00 R12,50 R55,00 R67,00
mededinger (per eenheid)
Netto wins R192 000 R1 028 000 R191 800 R23 500
D. Eenhede vervaardig en
240 000 280 000 18 000 15 000
verkoop
E. Gelykbreekpunt 158 298 78 316 9 321 13 465
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/2017
SSE
VRAAG 4: INKOMSTESTAAT EN VASTE BATES (70 punte; 40 minute)
4.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 4.1.5 E.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Inkomstestaat A dui die bron van fondse aan en hoe dit
aangewend is
4.1.2 Balansstaat
B dui die mening oor die betroubaarheid
4.1.3 Kontantvloeistaat van die finansiële state aan
4.1.4 Onafhanklike Ouditverslag C dui die finansiële posisie van die
onderneming op 'n spesifieke dag aan
D dui wins of verlies vir 'n finansiële
tydperk aan
(4 x 1) (4)
4.2 MTOMBENI BPK.
Die inligting het betrekking op Mtombeni Beperk vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2017.
GEVRA:
4.2.1 Verwys na Inligting A en B en bereken:
• Drawaarde van die voertuig op 30 November 2016 verkoop (5)
• Totale waardevermindering op toerusting op 28 Februarie 2017 (7)
4.2.2 Stel die Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2017 op. (54)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/2017
SSE
INLIGTING:
Inligting onttrek uit die Vooraansuiweringsproefbalans op
28 Februarie 2017:
Balansstaatrekeninge-afdeling
Grond en geboue 1 600 000
Voertuie ?
Toerusting 250 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting (01/03/2016) 85 000
Handelsvoorraad 386 500
Debiteurekontrole 88 500
Voorsiening vir oninbare skulde 3 650
Verbandlening: Quick Bank 1 056 000
Nominalerekeninge-afdeling
Verkope 5 500 000
Koste van verkope 3 150 000
Debiteure-afslag 32 500
Direkteursfooie 380 000
Ouditfooie 54 000
Oninbare skuld 13 600
Huurinkomste 169 500
Rente op lening ?
Versekering 19 220
Salarisse en lone 475 000
Oninbare skulde ingevorder 4 750
Verbruiksgoedere 67 500
Bankkoste 7 760
Diverse uitgawes 140 085
Rente-inkomste ?
Aansuiwerings en addisionele inligting:
A. Geen inskrywings is gemaak vir 'n voertuig wat op 30 November 2016
vir R97 700 kontant verkoop is nie. Besonderhede van die voertuig:
• Kosprys, R190 000
• Opgehoopte waardevermindering (1 Maart 2016), R72 000
• Waardeverminderingskoers: 20% p.j. op kosprys
B. Maak soos volg voorsiening vir waardevermindering:
• Op oorblywende voertuie – R138 000 vir die finansiële jaar
• Op toerusting teen 10% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode
LET WEL: Nuwe toerusting is teen 'n koste van R32 000
aangekoop en op 1 September 2016 geboekstaaf.
C. Goedere vir R15 000 op krediet verkoop aan debiteur, J Gander, is nie
geboekstaaf nie. Die winsopslag is 60% op kosprys.
D. 'n Fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2017 toon handelsvoorraad
van R374 000.
E. Verbruiksgoedere gebruik gedurende die finansiële jaar beloop R61 700.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/2017
SSE
F. Die rekening van debiteur, L Maseko, moet as oninbaar afgeskryf word,
R1 900.
G. Inskrywings op die Bankstaat van Februarie 2017 wat nog nie in die
boeke van die maatskappy geboekstaaf is nie:
• Bankkoste, R870
• Debietorderbetaling vir die maandelikse versekeringspremie, R1 780
H. Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R4 030 aangesuiwer word.
I. Leningstaat ontvang, toon die volgende:
Saldo: 1 Maart 2016 1 356 000
Rente ?
Terugbetaling gedurende die finansiële jaar 300 000
Saldo: 28 Februarie 2017 1 200 000
J. 'n Werknemer, H Brooks, wat op 1 Februarie 2017 begin werk het, is
uit die Salarisjoernaal gelaat. Besonderhede van sy salaris vir
Februarie 2017 is:
AFTREKKINGS BYDRAES
BRUTO
PENSIOEN- PENSIOEN-
SALARIS LBS WVF WVF
FONDS FONDS
13 500 2 190 1 080 135 1 620 135
LET WEL: Alle bydraes word as deel van salarisse en lone
geboekstaaf.
K. Die huurinkomste is vanaf 1 November 2016 met R1 500 per maand
verhoog. Die huurder het nog nie die huur vir Februarie 2017 betaal nie.
L. Rente-inkomste is die ontbrekende syfer in die Inkomstestaat.
M. Inkomstebelasting is teen 28% van netto wins bereken.
N. Netto wins na belasting het R864 000 beloop.
70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/2017
SSE
LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/2017
SSE
VRAAG 5: NOTAS TOT FINANSIËLE STATE, KONTANTVLOEISTAAT EN
VERTOLKING (65 punte; 40 minute)
5.1 Kies EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings uit die lys hieronder.
Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
beperkte aanspreeklikheid; netto bedryfskapitaal; hefboom; solvensie; likiditeit
5.1.1 Die onderneming se vermoë om sy korttermynskuld in die volgende
finansiële jaar te betaal
5.1.2 Die mate waartoe die maatskappy deur geleende kapitaal (lenings)
gefinansier is
5.1.3 Die verskil tussen bedryfsbates en bedryfslaste
5.1.4 Aandeelhouers sal nie gevra word om hulle persoonlike besittings te
gebruik om die maatskappy se skuld te vereffen nie (4 x 1) (4)
5.2 MIKHA BPK.
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mikha Bpk. vir die finansiële
jaar geëindig 31 Desember 2016.
GEVRA:
5.2.1 Stel die volgende notas op 31 Desember 2016 op:
• Gewone aandelekapitaal (6)
• Behoue inkomste (9)
5.2.2 Voltooi die KONTANTEFFEKTE VAN BEDRYFSAKTIWITEITE-afdeling
van die Kontantvloeistaat. Toon bewerkings. (9)
5.2.3 Bereken die volgende syfers wat in die Kontantvloeistaat sal verskyn.
Noem of dit invloei of uitvloei is.
• Verandering in vaste deposito (3)
• Opbrengs met verkoop van toerusting (6)
5.2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 31 Desember 2016:
• Winsopslagpersentasie op kosprys (4)
• Skuld-ekwiteit-verhouding (4)
• Netto batewaarde (in sent) (3)
5.2.5 Die finansiële direkteur is uitgevra oor die besluit om die lening te
verhoog. Verduidelik wat hy behoort te sê om hierdie besluit te
regverdig. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/2017
SSE
5.2.6 Ashraf, 'n nuwe aandeelhouer, het 70 000 aandele op 31 Augustus 2016
gekoop. Hy het van die maatskappy verwag om minstens 80% van die
verdienste, soos wat in 2015 gedoen is, te verdeel.
• Ashraf is ongelukkig met die dividenduitbetalingsbeleid vir 2016.
Verskaf 'n berekening om sy mening te staaf. (3)
• Verduidelik TWEE punte om die maatskappy se besluit oor dividende
vir 2016 te staaf. (4)
5.2.7 Lewer kommentaar op die terugkoopprys wat op 30 Desember 2016 vir
die 40 000 aandele betaal is. Verskaf TWEE finansiële aanwysers (met
syfers) in jou kommentaar. (4)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) vir
die jaar geëindig 31 Desember 2016:
Verkope R6 090 000
Bruto wins 1 890 000
Rente-uitgawe (alles betaal) 100 000
Waardevermindering 360 400
Netto wins voor belasting 1 150 000
Inkomstebelasting 322 000
B. Uittreksel uit Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op
31 Desember 2016:
2016 2015
Gewone aandelekapitaal R4 752 000 R4 200 000
Behoue inkomste 637 000 276 000
Vaste bates (drawaarde) 5 828 000 4 905 800
Vaste deposito's 200 000 500 000
Lening: Sharks Bank 1 000 000 600 000
Kontant en
126 400 2 000
kontantekwivalente
Oortrokke bank - 85 600
SAID: Inkomstebelasting 3 600 (Dt) 9 200 (Kt)
Aandeelhouers vir dividende 175 000 270 000
C. Aandelekapitaal:
• Die maatskappy is geregistreer met 'n gemagtigde aandelekapitaal
van 800 000 gewone aandele.
• Teen 1 Januarie 2016 is 600 000 gewone aandele reeds uitgereik.
• Op 31 Augustus 2016 is 'n verdere 100 000 aandele uitgereik.
• Op 30 Desember 2016 het die maatskappy 40 000 aandele van 'n
ontevrede aandeelhouer teen R1,30 meer as die gemiddelde
uitreikprys van R7,20 teruggekoop. Hierdie aandeelhouer het vir
finale dividende gekwalifiseer.
D. Dividende:
• Tussentydse dividende is op 30 Junie 2016 betaal.
• 'n Finale dividend van 25 sent per aandeel is op 31 Desember 2016
verklaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/2017
SSE
E. Vaste bates:
• R1 495 000 is vir aanbouings by geboue betaal.
• Ou toerusting is teen drawaarde vir kontant verkoop.
F. Finansiële aanwysers op 31 Desember 2016:
2016 2015
Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,1 : 1
Verdienste per aandeel 131 sent 122 sent
Dividende per aandeel 65 sent 100 sent
Dividenduitbetalingskoers ? 81,9%
Opbrengs op gemiddelde
16,8% 16,3%
aandeelhouersbelang (OOAB)
Opbrengs op gemiddelde totale kapitaal
21,8% 21,3%
aangewend (OOTKA)
Netto batewaarde (NBW) ? 746 sent
Rentekoers op lenings 12,5% 12%
Markprys van aandele (JEB) 848 sent 836 sent
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 18 DBE/2017
SSE
VRAAG 6: BEGROTING (45 punte; 25 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot XYZ Meubileeders waarvan
Piet Morake die eienaar is.
GEVRA:
6.1 Piet het op 30 April 2017 die syfers hieronder geïdentifiseer. Lewer kommentaar
op die kontrole van ELKE item en gee EEN punt van advies in elke geval.
APRIL 2017
BEGROOT WERKLIK
Telefoon 1 000 3 800
Personeelopleiding 2 500 800 (4)
6.2 Verwys na Inligting C.
Identifiseer TWEE items wat foutiewelik in die Kontantbegroting ingeskryf is. (2)
6.3 Voltooi die Krediteurebetalingskedule vir Junie 2017. (9)
6.4 Identifiseer/Bereken die ontbrekende syfers (i) tot (vii) in die Kontantbegroting. (21)
6.5 Piet wil koste bespaar deur nie 'n gratis afleweringsdiens aan te bied nie. Is dit 'n
goeie idee? Verduidelik. (3)
6.6 Piet moet sy ou toerusting in Julie 2017 vervang, maar het nie die kontant
beskikbaar nie. Die koste van die nuwe toerusting beloop R180 000. Die nuwe
items sal na verwagting 5 jaar hou. Opsies is:
• Verkry 'n nuwe lening van R180 000 teen 'n rentekoers van 15% p.j.,
terugbetaalbaar oor 24 maande.
• Huur (bruikhuur) die bates by Computer Solutions teen R6 250 per maand.
• Vra 'n vriend om 'n gelyke vennoot te word deur R180 000 kapitaal te
verskaf.
Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel van ELKE opsie. (6)
INLIGTING:
A. Verkope, aankope van voorrade en koste van verkope:
• Totale verkope:
Maart R120 000
Werklik
April R135 000
Mei R150 000
Vooruitgeskat
Junie R180 000
• 40% van verkope is kontant, die res is op krediet.
• Die winsopslag is 50% op kosprys.
• Voorraad word op 'n maandelikse basis vervang.
• 20% van aankope is kontant; die res is op krediet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 19 DBE/2017
SSE
B. Krediteurebetaling:
Daar word verwag dat krediteure soos volg betaal sal word:
• 75% word in die maand van aankope betaal om 'n 5%-korting te
ontvang.
• 15% word in die maand na aankope betaal.
• 10% word in die tweede maand na aankope betaal.
C. Afleweringskoste:
Piet betaal Fast Deliveries om goedere gratis by klante af te lewer. Hy
begroot 'n vaste persentasie van maandelikse verkope vir hierdie
uitgawe.
D. Salarisse en lone:
Werknemers ontvang 'n verhoging van 7,5% vanaf 1 Junie 2017.
E. Lening:
'n Gedeelte van die lening sal op 1 Junie 2017 terugbetaal word. Rente
van 15% p.j. word maandeliks betaal en word nie gekapitaliseer nie.
F. Uittreksel uit Kontantbegroting vir Mei en Junie 2017:
ONTVANGSTE MEI JUNIE
Kontantverkope 60 000 (i)
Invordering van debiteure 78 300 89 550
Kommissie-inkomste
Huurinkomste 7 500 7 750
BETALINGS
Kontantaankope van voorraad (ii)
Betalings aan krediteure 74 200
Afleweringsuitgawes van goedere na klante 9 000 (iii)
Salarisse en lone (iv) 38 700
Skryfbehoeftes
Telefoon 1 000 1 000
Kantoormeubels op krediet gekoop 40 000 0
Personeelopleiding 2 500 2 500
Advertensies 1 500 1 800
Waardevermindering 12 500 12 500
Leningterugbetaling (v)
Rente op lening 2 100 1 500
Diverse uitgawes 3 300 3 400
Kontantonttrekkings deur eienaar
Voertuiguitgawes 0 800
G. Na finalisering van die begroting is die volgende geïdentifiseer:
MEI JUNIE
Kontanttekort vir die maand (19 450) (vii)
Kontant aan begin van maand 35 500
Kontant aan einde van maand (vi) (7 300)
45
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Accounting Grade 12 NSC June 2017 Addendum (English)

Question paper
Accounting Grade 12 EC June 2017 Question Paper (English)

Question paper
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 NSC November 2017 Question Paper (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum