Skip to content

Accounting Grade 12 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12201324 pages

Grade 12 Accounting question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE NOVEMBER 2013 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 'n 18 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf om ALLE vrae in te beantwoord. 3. Toon bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Bereken tot EEN desimale plek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 3 DBE/November 2013 NSS 7. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG 1: 35 punte; 20 minute Onderwerp van die vraag: Leeruitkomste gedek: LU1 Finansiële rekeningkunde Begrippe, AS1 Begrippe maatskappytransaksies en AS2 Grootboekrekeninge debiteureversoening AS3 Rekeningkundige vergelyking AS4 Interpreteer versoenings VRAAG 2: 35 punte; 20 minute Onderwerp van die vraag: Leeruitkomste gedek: LU2 Bestuursrekeningkunde AS2 Produksiekostestaat Vervaardiging AS2 Eenheidskoste en gelykbreekpunt LU3 Bestuur van hulpbronne AS6 Interne beheer en oudit VRAAG 3: 75 punte; 45 minute Onderwerp van die vraag: Leeruitkomste gedek: LU1 Finansiële rekeningkunde Maatskappy finansiële state en AS5 Finansiële state en notas ouditverslag AS6 Ouditverslag VRAAG 4: 60 punte; 35 minute Onderwerp van die vraag: Leeruitkomste gedek: LU1 Finansiële rekeningkunde AS5 Kontantvloeistaat Kontantvloei en vertolking van AS5 Ontleed en vertolk finansiële state LU3 Bestuur van hulpbronne AS5 Etiek VRAAG 5: 40 punte; 25 minute Onderwerp van die vraag: Leeruitkomste gedek: LU2 Bestuursrekeningkunde AS3 Ontleed en vertolk Kontantbegroting LO3 Bestuur van hulpbronne AS6 Interne beheer en oudit VRAAG 6: 55 punte; 35 minute Onderwerp van die vraag: Leeruitkomste gedek: LU1 Finansiële rekeningkunde AS5 Finansiële state LU3 Bestuur van hulpbronne Vaste bates, voorraadwaardasie AS3 Vertolk en doen verslag oor bateverkope en interne beheer AS4 Waardeer en bereken voorrade AS5 Etiek AS6 Interne beheer en oudit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 4 DBE/November 2013 NSS VRAAG 1: BEGRIPPE, MAATSKAPPYTRANSAKSIES EN DEBITEUREVERSOENING (35 punte; 20 minute) 1.1 BEGRIPPE GEVRA: Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Die beginsel wat verklaar dat die finansiële sake van die eienaar apart van die finansiële sake van die besigheid gehou moet word, is die (besigheidentiteitsbeginsel/lopendesaak-beginsel). (2) 1.1.2 In die geval van bankrotskap is die aandeelhouers nie verantwoordelik vir die skuld van die besigheid nie. Dit is as gevolg van (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheid. (2) 1.1.3 In die finansiële state sal debiteure as handels- en ander (ekwiteit/ontvangbare bedrae/betaalbare bedrae) getoon word. (2) 1.2 MAATSKAPPYTRANSAKSIES GEVRA: Gebruik die tabel wat verskaf word om die volgende vir elke transaksie te toon: • Rekening gedebiteer en rekening gekrediteer in die Algemene Grootboek • Effek op die rekeningkundige vergelyking Die banksaldo is te alle tye gunstig. Voorbeeld: Direkteursvergoeding betaal, R145 000. REKENING REKENING NR. BEDRAG B E L GEDEBITEER GEKREDITEER bv. Direkteurs- Bank 145 000 – – 0 vergoeding TRANSAKSIES: 1.2.1 Die bedrag wat aan die einde van die vorige finansiële jaar aan SAID verskuldig was vir inkomstebelasting, is betaal, R37 400. 1.2.2 Ontvang R180 000 vir addisionele aandele teen pariwaarde uitgereik. 1.2.3 'n Finale dividend van R55 000 is aan die einde van die huidige finansiële jaar deur die direkteure verklaar. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 5 DBE/November 2013 NSS 1.3 DEBITEUREVERSOENING Jy is die interne ouditeur van Rose Boutique. Die Debiteurekontrolerekening en die Debiteurelys vir September 2013 is deur die boekhouer voorberei, maar daar is 'n paar foute en weglatings. GEVRA: 1.3.1 Toon die regstellings aan wat in die Debiteurekontrolerekening in die Algemene Grootboek gedoen moet word, deur die bedrae te toon met: + vir toename; – vir afname OF skryf 'geen verandering nie'. (7) 1.3.2 Berei die korrekte Debiteurelys op 30 September 2013 voor. Toon bewerkings met die toepaslike bedrae tussen hakies om deelpunte te verdien. (10) INLIGTING: 1. Vooraansuiweringsyfers op 30 September 2013 R Debiteurekontrolerekening-saldo 20 100 Debiteurelystotaal uit Debiteuregrootboek 19 900 2. Debiteurelys op 30 September 2013 Debiet Krediet T Stoffels 3 800 E Khune 7 400 S Mashele 1 900 M Devnarain 10 600 21 800 1 900 3. Foute en weglatings: A Die totaal van die Debiteurejoernaal is met R1 800 te veel opgetel. B Rente van R200 moet op die agterstallige rekening van E Khune gehef word. C 'n Bedrag van R3 200 ontvang van T Stoffels, is foutief in die Kontantontvangstejoernaal as R2 300 aangeteken en as sodanig oorgeboek na die Debiteuregrootboek en die Algemene Grootboek. D Goedere teruggestuur deur M Devnarain, R800, is na die verkeerde kant van sy rekening in die Debiteuregrootboek oorgeboek. E Geen inskrywing is gemaak van 'n faktuur wat aan S Mashele uitgereik is nie, R1 400. 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 6 DBE/November 2013 NSS VRAAG 2: VERVAARDIGING (35 punte; 20 minute) 2.1 KOSTEREKENINGE GEVRA: Kies 'n kostekategorie uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Grondstowwe in die fabriek A direkte-arbeidskoste gebruik B fabrieksbokoste 2.1.2 Advertensie-uitgawes C verkoops- en 2.1.3 Kantoortelefoonrekening verspreidingskoste 2.1.4 Salaris van die fabrieksvoorman D administrasiekoste E direktemateriaalkoste (4 x 2) (8) 2.2 PROTEA VERVAARDIGERS Protea Vervaardigers is 'n besigheid wat een styl uniforms (oorpakke) maak. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2013. GEVRA: 2.2.1 Verskaf die ontbrekende syfers in die: • Produksiekostestaat (8) • Nota vir die Fabrieksbokoste (5) 2.2.2 Die interne ouditeur is nie tevrede met die direkte-arbeidskoste vir die jaar nie. • Verduidelik die probleem met betrekking tot die direkte- arbeidskoste en haal syfers aan om jou verduideliking te ondersteun. (3) • Gee TWEE moontlike oplossings vir hierdie probleem. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 7 DBE/November 2013 NSS INLIGTING: 1. Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Augustus 2013 Direktemateriaalkoste ? Direkte-arbeidskoste 985 600 Primêre koste ? Fabrieksbokoste 94 980 Totale vervaardigingskoste ? Goedere-in-bewerking (1 September 2012) 12 420 ? Goedere-in-bewerking (31 Augustus 2013) ? Koste van produksie van klaarprodukte ? 2. Direktemateriaalkoste Materiaal is van die stoorkamer na die fabriek uitgereik met gebruik van die geweegdegemiddelde-metode. Hoeveelheid Koste per Totale (meter) meter koste Voorraad op 10 000 m R 9,00 R 90 000 1 September 2012 Aankope van materiaal 30 000 m 12,00 360 000 40 000 m 450 000 Uitgereik aan fabriek 28 000 m ? ? Voorraad op 31 Augustus 2013 12 000 m ? ? 3. Direkte-arbeidskoste Ure Tarief Werkers Totaal Normale tyd 1 200 R32,00 10 R384 000 Oortyd 880 R64,00 10 R563 200 Werkgewersbydraes R 38 400 R985 600 Inligting 4 op volgende bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 8 DBE/November 2013 NSS 4. Verdeling van koste-items Verwys na die betrokke kostestate op die volgende bladsy. 4.1 Fabriekhuur word gedeel deur die fabriek-, verkope- en administrasie-afdeling in die verhouding 5 : 2 : 1. 4.2 75% van die water-en-elektrisiteit-uitgawe moet aan die fabriek toegedeel word en die res is 'n administratiewe uitgawe. 5. Fabrieksbokoste Indirekte materiaal 7 360 Indirekte arbeid 22 230 Waardevermindering van fabrieksaanleg 8 630 Huuruitgawe ? Water en elektrisiteit ? Diverse uitgawes ? 94 980 6. Administrasiekoste Huuruitgawe 6 600 Versekering 8 860 Water en elektrisiteit 6 840 Skryfbehoeftes 3 440 Diverse uitgawes 24 560 50 300 7. Produksie en verkope 21 400 oorpakke is gedurende die finansiële jaar vervaardig en verkoop. Die koste van produksie van klaarprodukte was R65,00 per eenheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 9 DBE/November 2013 NSS 2.3 SALLY SE SKRYFBEHOEFTESAKKE Sally Venter maak materiaalskryfbehoeftesakke wat sy aan leerders verkoop. GEVRA: 2.3.1 Bereken die getal eenhede wat Sally moes vervaardig om in 2013 gelyk te breek. (4) 2.3.2 Lewer kommentaar op die getal sakke wat sy vervaardig. Haal syfers of finansiële aanwysers aan om jou antwoord te staaf. Verwys na die berekening van die gelykbreekpunt in jou antwoord. (3) INLIGTING: 1. Gedurende die jaar is 12 860 eenhede vervaardig en verkoop. 2. Die verkoopprys per eenheid was R30,00. 3. Veranderlike en vaste koste: 2013 2012 Veranderlike koste: TOTAAL PER EENHEID PER EENHEID Direkte materiaal R128 600 R10,00 R12,20 Direkte arbeid 102 880 8,00 7,00 Verkope en verspreiding 51 440 4,00 3,80 R282 920 R22,00 R23,00 Vaste koste: Fabrieksbokoste R77 160 R6,00 Administrasie 19 290 1,50 R96 450 R7,50 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 10 DBE/November 2013 NSS VRAAG 3: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE EN OUDITVERSLAG (75 punte; 45 minute) 3.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. bedryfsbate; niebedryfsbate; inkomste; uitgawe; bedryfslas; niebedryfslas 3.1.1 Wins met die verkoop van 'n bate is 'n ... 3.1.2 Die gedeelte van 'n lening wat binne 'n jaar betaal moet word, is 'n ... 3.1.3 Verbruiksgoedere voorhande is 'n ... 3.1.4 Rente op 'n bankoortrekking is 'n ... (8) 3.2 SELATI BEPERK Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2013. GEVRA: 3.2.1 Voltooi die Inkomstestaat. (54) 3.2.2 Stel die nota op vir Behoue Inkomste. (7) INLIGTING: UITTREKSEL UIT DIE PROEFBALANS OP 30 JUNIE 2013: Balansstaatrekeninge-afdeling R Gewone aandelekapitaal (R2 pariwaarde) 4 500 000 Aandelepremie 790 000 Behoue inkomste (1 Julie 2012) 735 000 Handelsvoorraad 1 534 000 Debiteurekontrole 521 300 Voorsiening vir oninbare skuld 22 000 Krediteurekontrole 786 800 Lening: Puma Bank 630 000 Bank (Dt) 129 400 SAID: Inkomstebelasting (Dt) 260 000 Pensioenfonds 15 800 Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) 2 300 Vaste deposito: Sharp Bank 450 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 11 DBE/November 2013 NSS Nominalerekeninge-afdeling R Verkope ? Koste van verkope 8 200 000 Salarisse en lone 788 000 Direkteursvergoeding 1 840 000 Ouditeursfooie 88 000 Werkgewersbydrae (Pensioen en WVF) 81 000 Bankkoste 31 000 Diverse uitgawes 89 730 Oninbare skuld 12 100 Huurinkomste 69 160 Rente op vaste deposito 27 000 Herstelwerk en instandhouding 125 600 Verpakkingsmateriaal 43 900 Gewone aandeledividende (tussentyds) ? AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING: 1. Nog R7 500 is aan die ouditeure verskuldig. 2. Goedere word teen 'n 60%-winsopslag op kosprys verkoop. Die maatskappy het kontantafslaguitverkopings gedurende die jaar gehou om van oortollige voorraad ontslae te raak. Die totale handelskortings toegestaan aan die klante was R702 000. 3. Verpakkingsmateriaal ter waarde van R41 000 is gedurende die jaar, geëindig 30 Junie 2013, gebruik. 4. Rente op die bankoortrekking, R2 800, is by die bankkoste ingesluit. 5. Geen inskrywings is gemaak vir voorraad wat aan die begin van Junie 2013 gesteel is nie. Die versekeringsmaatskappy het Selati Bpk. ingelig dat hulle R32 000 in die besigheid se bankrekening inbetaal het met betrekking tot die versekeringseis. Selati Bpk. dra 20% van enige voorraadverlies. 6. 'n Fisiese voorraadopname op 30 Junie 2013 het getoon dat voorraad ter waarde van R1 475 500 voorhande is. 7. 'n Bedrag van R1 700, ontvang van M Mpoani, is gedurende Junie 2013 na die Debiteurekontrolerekening gekrediteer. Die rekening van M Mpoani is gedurende Mei 2013 as oninbaar afgeskryf. Die voorsiening vir oninbare skulde moet na 4% van uitstaande debiteure aangesuiwer word. Aansuiwering 8 op volgende bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 12 DBE/November 2013 NSS 8. Een werknemer is uit die Salarisjoernaal van Junie 2013 weggelaat. Sy salarisbesonderhede is: Aftrekkings Werkgewersbydrae Netto salaris 2 020 1 610 4 980 9. R105 000 is aan EZ Bouers betaal vir die oprigting van 'n stoorkamer (R80 000) en herstelwerk aan die plaveisel (R25 000). Die totale bedrag is verkeerdelik na Grond en Geboue gedebiteer. 10. Die leningstaat van Puma Bank op 30 Junie 2013 het getoon: Saldo aan begin van finansiële jaar R1 470 000 Terugbetalings gedurende die jaar 840 000 Rente gekapitaliseer ? Saldo aan einde van finansiële jaar 750 000 11. Huurinkomste vir Julie 2013 is reeds ontvang. Die maandelikse huur is met 10% op 1 Mei 2013 verhoog. 12. Waardevermindering is die ontbrekende syfer in die Inkomstestaat. 13. Netto wins en belasting: • Nadat alle aansuiwerings in berekening geneem is, is die korrekte netto wins na belasting R588 000. • Die inkomstebelastingkoers is 30% van netto wins voor belasting. 14. Aandele en dividende: • Tussentydse dividende van 14 sent per aandeel is verklaar en betaal op 31 Desember 2012. • 250 000 aandele is op 1 Januarie 2013 uitgereik. Dit is behoorlik geboekstaaf. • Finale dividende van 10 sent per aandeel is op 30 Junie 2013 verklaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 13 DBE/November 2013 NSS 3.3 OUDITEURSVERSLAG UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE Ons het die jaarlikse finansiële state van Selati Bpk. vir die jaar geëindig 30 Junie 2013 geoudit. Hierdie finansiële state is die verantwoordelikheid van die maatskappy se direkteure. Basis vir Weerhouding van Mening Gedurende die verloop van die oudit het ons vasgestel dat bonusse ten bedrae van R1,5 m. wat aan direkteure betaal is, nie deur die Vergoedingskomitee goedgekeur is nie. Verder was daar ook geen dokumentasie beskikbaar vir diverse uitgawes van R75 000 nie. Ouditmening As gevolg van die belangrikheid van die aangeleentheid hierbo beskryf, kon ons nie genoegsame ouditbewyse vind om 'n basis vir 'n ouditmening te verskaf nie. Gevolglik spreek ons nie 'n mening uit oor die finansiële state van Selati Bpk. vir die jaar geëindig 30 Junie 2013 nie. Morley en Vennote, Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA) GEVRA: As 'n aandeelhouer, hoekom sou jy oor hierdie ouditeursverslag bekommerd wees? Verduidelik. Noem DRIE punte. (6) 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 14 DBE/November 2013 NSS VRAAG 4: KONTANTVLOEI EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (60 punte; 35 minute) Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2013 vir Jumbo Cellphones Bpk., 'n publieke maatskappy wat op die JSE genoteer is. GEVRA: 4.1 Verwys na Inligting 8 hieronder met betrekking tot die spesiale programme wat saam met die finansiële state in die jaarverslag gepubliseer word. 4.1.1 Hoekom sou die direkteure geld aan hierdie programme wou spandeer? Verduidelik die hoofvoordeel van ELKE program vir die maatskappy. (4) 4.1.2 Behalwe die punte hierbo genoem, hoekom sal die direkteure die programme in die jaarverslag wil noem? Verduidelik. (2) 4.2 Verskaf die ontbrekende syfers aangedui deur A tot F in die Kontantvloeistaat. Toon bewerkings om deelpunte te verdien. (15) 4.3 Bereken die finansiële aanwysers hieronder vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2013. Toon alle bewerkings om deelpunte te verdien. 4.3.1 Persentasie netto wins na belasting op verkope (3) 4.3.2 Verdienste per aandeel (3) 4.3.3 Skuld-ekwiteit-verhouding (3) 4.3.4 Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (5) 4.4 Die direkteure is van mening dat die bedryfsdoeltreffendheid van die maatskappy verbeter het. Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers (met syfers) om hulle mening te staaf. (4) 4.5 Die aandeelhouers is gelukkig met hulle opbrengs, verdienste en dividende. Haal DRIE finansiële aanwysers (met syfers) aan en verduidelik dit om hulle mening te staaf. (6) 4.6 Nuwe aandele is aan die begin van die finansiële jaar teen R9,00 elk uitgereik. As 'n bestaande aandeelhouer, sou jy tevrede wees met hierdie uitreikprys? Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou mening te verduidelik. (5) 4.7 'n Groot leningterugbetaling is gedoen. Lewer kommentaar daarop of dit 'n goeie idee was of nie. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou kommentaar te staaf. (4) 4.8 Behalwe die dividende en die lening, watter ander groot besluite deur die direkteure word in die Kontantvloeistaat gereflekteer? Noem TWEE groot besluite en haal die betrokke syfers aan. Verduidelik ook hoe ELK van hierdie besluite in die toekoms tot voordeel van die maatskappy kan wees. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 15 DBE/November 2013 NSS INLIGTING: 1. Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 4 000 000 gewone aandele (pariwaarde R5,00 elk). 2. Inligting geneem uit die 2013-Inkomstestaat: Verkope 6 200 000 Waardevermindering 120 000 Rente op lening 168 000 Netto wins voor belasting 1 200 000 Netto wins na belasting 840 000 3. Inligting geneem uit die Balansstaat: 2013 2012 Vaste Bates (drawaarde) 7 125 000 6 931 000 Bedryfsbates 575 000 419 000 Voorrade 135 000 80 000 Rekeninge ontvangbaar 362 000 328 000 SAID (Inkomstebelasting) - 9 000 Kontant en kontantekwivalente 78 000 2 000 TOTALE BATES 7 700 000 7 350 000 Aandeelhouersbelang 5 285 000 4 000 000 Gewone aandelekapitaal (pariwaarde R5) 3 500 000 3 000 000 Aandelepremie 1 200 000 800 000 Behoue inkomste 585 000 200 000 Niebedryfslaste: Venus Bank (8% p.j.) 2 100 000 2 800 000 Bedryfslaste 315 000 550 000 Rekeninge betaalbaar 112 000 158 000 SAID (Inkomstebelasting) 28 000 - Aandeelhouers vir dividende 175 000 210 000 Bankoortrekking - 182 000 TOTALE EKWITEIT EN LASTE 7 700 000 7 350 000 4. Nuwe aandele is op 1 Maart 2012 teen R9,00 elk uitgereik. 5. 'n Tussentydse dividend van R280 000 is op 30 Junie 2012 betaal. Inligting 6 op volgende bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 16 DBE/November 2013 NSS 6. Die volgende finansiële aanwysers is vir die afgelope twee jaar bereken: 2013 2012 Netto wins na belasting op verkope ? 11,3% Bedryfsuitgawes op verkope 25% 32% Bedryfswins op verkope 22% 15,8% Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) ? 15,2% Verdienste per aandeel (VPA) ? 90 sent Dividende per aandeel (DPA) 65 sent 82 sent Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend (OOTKA) 19,3% 15,2% Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,7 : 1 Rentekoers op geleende geld 8% 8% Netto batewaarde per aandeel (NBW) 755 sent 667 sent Markwaarde per aandeel 840 sent 820 sent 7. KONTANTVLOEISTAAT VIR JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2013 KONTANTGEVOLGE VAN BEDRYFSAKTIWITEITE Kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite Rente betaal (168 000) Inkomstebelasting betaal A Dividende betaal B KONTANTGEVOLGE VAN BELEGGINGSAKTIWITEITE (314 000) Vaste bates aangekoop (400 000) Opbrengs uit verkoop van vaste bates 86 000 KONTANTGEVOLGE VAN FINANSIERINGSAKTIWITEITE Opbrengste van aandele uitgereik C Toename/Afname in lenings D NETTO VERANDERING IN KONTANT EN -EKWIVALENTE E Kontant en kontantekwivalente aan begin van jaar F Kontant en kontantekwivalente aan einde van jaar 78 000 8. Die gepubliseerde jaarverslag het getoon dat die maatskappy geld aan die volgende spesiale programme gespandeer het. Program A: Skenking van R200 000 aan die plaaslike buurtwagkomitee om misdaad te bekamp Program B: Personeelopleiding ten bedrae van R200 000 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 17 DBE/November 2013 NSS LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 18 DBE/November 2013 NSS VRAAG 5: KONTANTBEGROTING (40 punte; 25 minute) Jy word voorsien van die Debiteure-invorderingskedule en 'n uittreksel uit die Kontantbegroting van Leboni Handelaars vir die drie maande geëindig 31 Maart 2014. Die eienaar is Peter Leboni. GEVRA: 5.1 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 5.1.1 Die hoofdoel met die opstel van die Kontantbegroting is ... (2) 5.1.2 EEN item in die Kontantbegroting wat nie in die Geprojekteerde Inkomstestaat sal verskyn nie, is ... (2) 5.1.3 EEN item wat in 'n Geprojekteerde Inkomstestaat, maar nie in 'n Kontantbegroting sal verskyn nie, is ... (2) 5.2 Verwys na Inligting 1 tot 7 hieronder. Bereken die ontbrekende syfers in die Debiteure-invorderingskedule en die Kontantbegroting aangedui deur A tot H. (22) 5.3 Verduidelik wat jy aan die einde van November aan Peter sal sê oor elk van die volgende items, en gee EEN punt van advies in ELKE geval: NOVEMBER 2013 BEGROOT WERKLIK Telefoon R1 000 R5 500 Diverse uitgawes R3 000 R3 000 Huurinkomste R6 500 R3 000 (6) 5.4 Om verkope en die getal kliënte te verhoog, is Peter van plan om te adverteer dat die kredietperk vir al sy kredietkliënte tot R35 000 verhoog sal word en dat nuwe kliënte welkom is om gedurende April rekeninge oop te maak. Gee DRIE punte van advies aan Peter in hierdie verband. (6) INLIGTING: 1. Verkope, aankope en koste van verkope: • Totale verwagte verkope: 2014 Januarie Februarie Maart R500 000 R350 000 R300 000 • 60% van verkope is op krediet, die res is vir kontant. • Die besigheid gebruik altyd 'n winsopslag van 100% op kosprys. • Voorraad word maandeliks vervang. • 20% van alle aankope is vir kontant, die res is op krediet. • Krediteure word TWEE maande na die aankoop van voorraad betaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 19 DBE/November 2013 NSS 2. Debiteure-invordering: Die kredietperk vir elke debiteur is R25 000. In die verlede het debiteure hulle rekeninge soos volg vereffen. Leboni Handelaars stel sy begroting op hierdie basis op: • 20% van debiteure betaal rekeninge in die maand van verkope om 'n 5%-korting te ontvang. • 30% betaal in die 1ste maand na die verkoopsmaand (30 dae). • 40% betaal in die 2de maand (60 dae). • 10% word in die 3de maand afgeskryf. 3. Debiteure-invorderingskedule: 2014 Krediet- Januarie Februarie Maart verkope R R R R November 345 000 138 000 Werklike Desember 480 000 144 000 192 000 Januarie 300 000 57 000 90 000 A Verwagte Februarie 210 000 39 900 63 000 Maart 180 000 B 339 000 321 900 C 4. Uittreksel uit die Kontantbegroting: 2014 Januarie Februarie Maart R R R ONTVANGSTE: Kontantverkope 200 000 D 120 000 Ontvangste van debiteure 339 000 321 900 C Huurinkomste Lening van KZ Bank (12%) 400 000 BETALINGS: Kontantaankope 50 000 35 000 30 000 Betalings aan krediteure 320 000 320 000 E Rente op lening 4 000 F Terugbetaling van lening 40 000 40 000 Lone 32 500 22 048 G Advertensies H 6 758 6 758 Diverse uitgawes Kontantsaldo aan einde van maand 350 000 200 000 (50 000) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 20 DBE/November 2013 NSS 5. Lening en rente op lening: Die rente op die lening en die maandelikse leningpaaiemente is betaalbaar aan die einde van elke maand. Rente word nie gekapitaliseer nie. 6. Lone: • In Januarie sal die besigheid vyf werknemers hê wat elk 'n weeklikse loon van R1 300 verdien. • Al die werknemers word op Vrydae hulle lone betaal. Daar is vyf Vrydae in Januarie en vier Vrydae in Februarie en Maart 2014. • Een werknemer sal op 31 Januarie 2014 bedank en die ander werknemers sal op hierdie datum 'n 6%-verhoging ontvang. • Die besigheid beplan om nog twee personeellede teen dieselfde weeklikse loon as die ander op 1 Maart 2014 aan te stel. 7. Advertensies: Die advertensiebegroting sal met 9% verhoog word met ingang van 1 Februarie 2014. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 21 DBE/November 2013 NSS VRAAG 6: VASTE BATES, VOORRAADWAARDASIE EN INTERNE BEHEER (55 punte; 35 minute) 6.1 VASTE BATES Jy word voorsien van besonderhede oor die vaste bates van Ulwazi Bpk. Die finansiële jaar eindig op 31 Maart 2013. GEVRA: 6.1.1 Bereken die ontbrekende syfers aangedui deur A, B en C in die Vastebatenota hieronder. (9) 6.1.2 Stel die Bateverkoperekening op vir die rekenaar wat op 31 Januarie 2013 verkoop is. (11) 6.1.3 Jy is die interne ouditeur. Noem TWEE bekommernisse wat jy in verband met die vaste bates teenoor die direksie sal uitspreek. Verduidelik in ELKE geval waarom jy bekommerd is. (4) INLIGTING: 1. Vastebatenota: Grond en Toerusting Voertuie Geboue Drawaarde (1 April 2012) 3 000 000 184 000 560 000 Kosprys 3 000 000 258 000 780 000 Opgehoopte ( - ) (220 000) waardevermindering Bewegings: Toevoegings (kosprys) 360 000 Verkope (drawaarde) A Waardevermindering B Drawaarde (31 March 2013) 2 100 000 Kosprys 2 100 000 240 000 1 140 000 Opgehoopte ( - ) C waardevermindering 2. Onbenutte grond is teen kosprys vir kontant verkoop om die kontantvloeiprobleme op te los. Hierdie eiendom is deur Pedoma (Edms.) Bpk. aangekoop. Die meerderheidsaandeelhouer in hierdie maatskappy is Betty Benson, die HUB se vrou. Inligting 3 op volgende bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 22 DBE/November 2013 NSS 3. 'n Rekenaar (toerusting) is op 31 Januarie 2013 aan die HUB, Ben Benson, vir R800 kontant verkoop. VASTEBATEREGISTER E22189 Item: IT3-skootrekenaar Kosprys: R18 000 Datum aangekoop: 1 Oktober 2010 Waardeverminderingskoers: 25% p.j. op kosprys OPGEHOOPTE WAARDE- DRA- WAARDE- VERMINDERING WAARDE VERMINDERING 31 Maart 2011 R2 250 R2 250 R15 750 31 Maart 2012 R4 500 R6 750 R11 250 31 Januarie 2013 ? ? ? 4. 'n Nuwe voertuig wat R360 000 gekos het, is op 30 Junie 2012 aangekoop. 5. Waardevermindering op Voertuie word teen 20% p.j. op die verminderendesaldo-metode afgeskryf. 6.2 VOORRAADWAARDASIE EN INTERNE BEHEER Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Fast Save Handelaars, waarvan Mohammed Khan die eienaar is. Die besigheid verkoop skoolhemde. Hulle finansiële jaar eindig op 31 Julie 2013. Die besigheid gebruik die EIEU (eerste in, eerste uit) -metode om voorraad te waardeer. Die periodieke voorraadstelsel word gebruik. 6.2.1 Bereken die waarde van eindvoorraad volgens die EIEU-metode op 31 Julie 2013. (7) 6.2.2 Bereken: • Winsopslagpersentasie (%) behaal op kosprys (4) • Voorraadhoudingstydperk (gebruik gemiddelde voorraad in jou berekening) (4) 6.2.3 Die besigheid mik na 'n 30%-winsopslag op kosprys. As die interne ouditeur, wat sou jy ondersoek? Verduidelik. Noem TWEE punte. (4) 6.2.4 Die voorraadhoudingstydperk was 30 dae vir 2012. Behoort Mohammed tevrede te wees met die voorraadhoudingstydperk vir 2013? Verduidelik. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 23 DBE/November 2013 NSS INLIGTING: 1. Verkope en koste van verkope vir die jaar: TOTAAL Verkope (3 600 hemde teen R140 elk) R504 000 Koste van verkope R415 500 2. Voorraad hemde: GETAL PRYS PER TOTAAL EENHEDE EENHEID 1 Augustus 2012 600 R80 R48 000 31 Julie 2013 970 ? ? 3. Aankope en terugsendings: GETAL PRYS PER TOTAAL EENHEDE EENHEID Aankope: 12 Oktober 2012 750 R110 R82 500 18 Desember 2012 1 900 R130 R247 000 6 Maart 2013 680 R100 R68 000 24 Junie 2013 880 R120 R105 600 4 210 R503 100 Terugsendings: 7 Maart 2013 (60) R100 (R6 000) 24 Junie 2013 (150) R120 (R18 000) NETTO TOTAAL 4 000 R479 100 6.3 Sien volgende bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 24 DBE/November 2013 NSS 6.3 INTERNE BEHEER Sizwe Sibiya is die eienaar van drie drukkerswinkels wat elk deur 'n ander persoon bestuur word. Elke winkel het een hoëkapasiteit-drukker wat ontwerp is om 50 000 kopieë per maand te druk. Hulle vra R1,20 per kopie. GEVRA: Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke winkel, deur syfers aan te haal by die identifisering van elke probleem. In ELKE geval, gee vir Sizwe raad oor hoe om die probleem op te los. INLIGTING VIR OKTOBER 2013: WINKEL 1 WINKEL 2 WINKEL 3 Datum van aankoop van drukker 2007 2011 2012 Naam van bestuurder Thandeka Dludlu Sipho Kosprys van drukker R30 000 R50 000 R70 000 Opgehoopte waardevermindering R29 999 R20 000 R14 000 Getal kopieë gedruk en verkoop 70 000 50 000 20 000 Getal bedorwe kopieë 965 5 870 180 Kontant van klante gedeponeer R66 000 R60 000 R24 000 Ink en ander verbruiksgoedere gebruik R14 800 R19 500 R4 400 Herstel en instandhouding R4 000 R1 400 R200 Ander maandelikse bedryfsuitgawes R17 000 R17 000 R17 000 (9) 55 TOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all