Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE
NOVEMBER 2016
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye 'n 15 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 







View all

%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)

Accounting Nov 2016 Afr_hlayiso.com_.pdf
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 19
- File size
- 465.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/November 2016
NSS
8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Begrippe
Produksiekostestaat
Vervaardiging
Gelykbreek-ontleding
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Debiteureversoening
Rekonsiliasie, Ouderdomsanalise Debiteure-ouderdomsanalise
en BTW BTW-berekeninge
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 3: 70 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe
Inkomstestaat
Ouditverslag en Inkomstestaat
Ouditverslag
Bestuur van hulpbronne
Vaste bates
VRAAG 4: 75 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe
Kontantvloeistaat
Kontantvloeistaat en Vertolking
Vertolking van finansiële inligting
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 5: 30 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Voorraadwaardasie
Voorrade
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Opstel van 'n Begroting Kontantbegroting
Berekeninge
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 1: VERVAARDIGING (45 punte; 25 minute)
1.1 BEGRIPPE
Gee EEN kostekategorie vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
kostekategorie uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die kostekategorie
langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
direkte materiaalkoste; direkte arbeidskoste; fabrieksbokoste;
administrasiekoste; verkoop- en verspreidingskoste
1.1.1 Salarisse wat aan kantoorwerkers betaal word
1.1.2 Koste van grondstof wat in die produksieproses gebruik word
1.1.3 Kommissie wat aan verkoopspersone betaal word
1.1.4 Huur wat vir fabrieksgeboue betaal word (4 x 1) (4)
1.2 GUGU VERVAARDIGERS
Jy word van inligting voorsien met betrekking tot Gugu Vervaardigers vir die
jaar geëindig 29 Februarie 2016. Die onderneming vervaardig handsakke in
slegs een styl.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die:
• Direkte arbeidskoste (8)
• Direkte materiaalkoste (6)
1.2.2 Stel die Produksiekostestaat op. (8)
1.2.3 Die eienaar is bekommerd oor die produksievlak in 2016.
• Bereken die gelykbreekpunt vir 2016. (5)
• Verduidelik of die eienaar bekommerd moet wees of nie.
Verskaf syfers. (3)
1.2.4 Die eienaar is nie tevrede met die interne beheer oor die grondstof nie.
Bereken die volgende ten opsigte van die grondstof (materiaal):
• Meter materiaal wat uit die stoorkamer gesteel word (5)
• Meter materiaal wat in die fabriek vermors word (4)
Verskaf 'n strategie om die interne beheer in ELKE geval hierbo te
verbeter. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/November 2016
NSS
INLIGTING:
A. Werkers betrokke by die vervaardigingsproses:
GETAL LOON VERDIENSTE
WERKERS PER WERKER
Basies (normale loon) R40 per uur 1 920 uur
5
Oortyd Basiese koers + 75% 90 uur
LET WEL:
Aftrekkings: 8,5% van basiese loon
Werkgewersbydrae: 11,5% van basiese loon
B. Grondstof (materiaal):
Grondstof wat aangekoop word, word in 'n stoorkamer gehou voordat dit
vir produksie aan die fabriek uitgereik word. Voorraad word volgens die
geweegdegemiddelde-metode gewaardeer.
Stoorkamer-voorraadrekords:
TOTALE
METER BEDRAG
(R)
Saldo op 1 Maart 2015 1 350 131 500
Aankope: 5 400 584 000
Mei 2015 2 500 265 000
September 2015 2 900 319 000
Grondstof aan fabriek uitgereik 5 500 ?
Voorraadsaldo op 29 Februarie 2016 940 ?
C. Daar is geen goedere-in-bewerking-voorraad nie.
D. Ander koste vir die finansiële jaar (na al die aansuiwerings):
Fabrieksbokoste Vaste koste R343 340
Administrasiekoste Vaste koste R226 660
Verkoop- en verspreidingskoste Veranderlike koste R217 340
E. Addisionele inligting op 29 Februarie 2016:
• 4 200 handsakke is vervaardig en teen R450 elk verkoop.
• Totale verkope beloop R1 890 000.
• Totale veranderlike koste per eenheid was R300.
• 1,25 meter materiaal is gebruik om een handsak te maak.
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 2: REKONSILIASIE, OUDERDOMSANALISE EN BTW
(40 punte; 25 minute)
2.1 Simply Handelaars verkoop goedere vir kontant en op krediet.
GEVRA:
2.1.1 Simply Handelaars het al hulle debiteure se telefoonnommers. Watter
ander inligting behoort hulle te verkry voordat hulle kliënte toelaat om
rekeninge te open? Noem TWEE punte met 'n rede in ELKE geval. (4)
2.1.2 Verwys na Inligting A, B en C.
Bereken:
• Die korrekte eindsaldo van die Debiteurekontrolerekening op
31 Oktober 2016 (6)
• Die korrekte bedrae deur debiteure verskuldig:
- J Ramsay (D2)
- W Smith (D3)
- C Prince (D5) (12)
2.1.3 Verwys na Inligting D.
• Bereken die persentasie debiteure wat aan die kredietvoorwaardes
voldoen. (4)
• Verduidelik TWEE maatreëls om debiteure-invordering te verbeter. (4)
INLIGTING:
A. Saldo van die Debiteurekontrolerekening op 31 Oktober 2016, R179 500
(voor aansuiwerings).
B. Debiteurelys op 31 Oktober 2016:
DEBITEURE FOLIO BEDRAG
M Coley D1 R60 200
J Ramsay D2 37 500
W Smith D3 19 500
D Cummings D4 42 000
C Prince D5 3 900
TOTAAL R163 100
C. Die volgende foute en weglatings moet in berekening gebring word:
(a) 'n Faktuur vir R2 500 wat aan W Smith uitgereik is, is nie in die
boeke van Simply Handelaars geboekstaaf nie.
(b) Die totaal van die Debiteure-afslagjoernaal is as R20 100 in plaas
van R21 000 na die Debiteure-kontrolerekening oorgeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/November 2016
NSS
(c) 'n Faktuur vir R4 300 wat aan C Prince uitgereik is, is foutiewelik na
die rekening van J Ramsay oorgeboek.
(d) Voorraad wat vir R5 100 aan C Prince verkoop is, is as 'n
terugsending van goedere hanteer toe dit na die
Debiteuregrootboekrekening van C Prince oorgeboek is.
(e) 'n Tjek vir R8 350, wat oorspronklik van J Ramsay ter vereffening
van skuld van R8 500 ontvang is, is deur die bank teruggestuur,
gemerk V/T. Geen inskrywings is in die Debiteuregrootboek gemaak
nie.
(f) 'n Faktuur vir R3 600 wat aan W Smith uitgereik is, is korrek in die
Debiteurejoernaal geboekstaaf, maar as R6 300 na sy rekening in
die Debiteuregrootboek oorgeboek.
(g) Die totaal wat in die KOJ vir korting toegestaan is, is met R500 te
hoog aangegee.
D. Debiteure-ouderdomsanalise op 30 September 2016:
30–60 61–90 MEER AS
TOTAAL TANS
DAE DAE 90 DAE
201 200 35 300 23 300 76 700 65 900
Die krediettermyn is 60 dae.
2.2 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW)
Die inligting hieronder het betrekking op Creamline Handelaars vir hulle
tweemaande-BTW-tydperk geëindig op 31 Augustus 2016. Alle items is
onderhewig aan 14% BTW.
GEVRA:
Bereken die bedrag ontvangbaar van of betaalbaar aan SAID vir BTW op
31 Augustus 2016. Dui aan of die bedrag ontvangbaar of betaalbaar is.
(Jy mag 'n BTW-kontrolerekening opstel.) (10)
INLIGTING:
A. Bedrag verskuldig aan SAID vir Julie 2016, R14 250.
B. Besonderhede ten opsigte van BTW vir Augustus 2016:
BTW BTW
BESONDERHEDE BTW
UITGESLUIT INGESLUIT
Goedere aangekoop/Uitgawes betaal R198 000 R225 720
Voorraad deur eienaar vir eie gebruik geneem R2 940
Terugsendings deur debiteure R1 120
Debiteurerekeninge afgeskryf R9 500
Totale verkope R332 880
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3: OUDITVERSLAG EN INKOMSTESTAAT (70 punte; 40 minute)
3.1 BEGRIPPE
Kies die korrekte term om elk van die volgende stellings te voltooi. Skryf slegs
die term langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
kontant en kontantekwivalente; bedryfsbate; niebedryfsbate; inkomste;
netto bedryfskapitaal; uitgawe; bedryfslas; niebedryfslas
3.1.1 Rente op 'n oortrokke bankrekening is 'n ...
3.1.2 Verbruiksgoedere voorhande is 'n ...
3.1.3 Die gedeelte van 'n lening wat gedurende die volgende finansiële jaar
betaal moet word, word as 'n … in die Balansstaat beskou.
3.1.4 Die verskil tussen bedryfsbates en bedryfslaste staan as … bekend.
(4 x 1) (4)
3.2 OUDITVERSLAG
Jy word voorsien van 'n uittreksel uit die ouditverslag van Fralezi Bpk.
GEVRA:
3.2.1 Aan wie is die ouditverslag gerig? (1)
3.2.2 Wie moet verseker dat die finansiële state opgestel en by die algemene
jaarlikse vergadering voorgelê word? (1)
3.2.3 Kies die korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf die antwoord langs
die vraagnommer (3.2.3) neer en verduidelik jou keuse.
Fralezi Bpk. het 'n (gekwalifiseerde/ongekwalifiseerde/weerhouding-van-
mening-) ouditverslag ontvang. (2)
3.2.4 Verduidelik waarom die onafhanklike ouditeure na bladsy 11–29 in die
verslag verwys het. (2)
INLIGTING:
Ons het die finansiële state nagegaan, soos uiteengesit op bladsy 11–29.
Na ons mening is die jaarlikse finansiële state 'n redelike weergawe, in alle
wesenlike aspekte, van:
• Die finansiële posisie van Fralezi Bpk. op 30 Junie
• Die kontantvloei vir die jaar geëindig, in ooreenstemming met die
Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS) en soos vereis
deur die Maatskappywet van Suid-Afrika
Roux en Pieterse
Geoktrooieerde Rekenmeesters (GR)
Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure
Schilbachstraat, Parys
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/November 2016
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/November 2016
NSS
3.3 INKOMSTESTAAT
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Fralezi Bpk. vir die finansiële
jaar geëindig 30 Junie 2016.
GEVRA:
Voltooi die Inkomstestaat vir die finansiële jaar. (60)
INLIGTING:
Syfers geneem uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 30 Junie 2016:
R
Balansstaatrekeninge
Verbandlening: Parys Bank 333 200
Bank (gunstig) 482 000
Debiteurekontrole 116 500
Handelsvoorraad 209 500
Voorsiening vir oninbare skulde 3 732
Nominale Rekeninge
Verkope (min afslag) 4 777 300
Koste van verkope ?
Direkteursfooie 375 000
Salarisse en lone 365 540
Diverse uitgawes ?
Waardevermindering 124 260
Ouditfooie 23 000
Herstelwerk 100 000
Huurinkomste 101 900
Rente-inkomste ?
Oninbare skulde verhaal 10 540
Verpakkingsmateriaal 13 600
Advertensies 20 596
Verlies van rekenaar deur diefstal 9 300
Gewone aandeledividende 200 000
Aansuiwerings en addisionele inligting:
A. 'n Kredietnota gedateer 27 Junie 2016 wat vir R35 700 aan 'n debiteur
uitgereik is, is nie geboekstaaf nie. Die kosprys van hierdie goedere is
R21 000. Die goedere is in voorraad teruggeplaas.
B. Die onderneming stel die pryse van sy goedere teen 'n winsopslag van
70% op kosprys vas. Handelskorting van R297 200 is op fakture aan
sekere debiteure toegestaan.
C. Pas die voorsiening vir oninbare skulde van debiteure tot 4% aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/November 2016
NSS
D. 'n Voorraadopname op 30 Junie 2016 het die volgende voorhande getoon:
• Handelsvoorraad, R225 500
• Verpakkingsmateriaal, R3 700
E. 'n Verdere R7 250 is aan eksterne ouditeure verskuldig.
F. Rente op die lening word gekapitaliseer en is nog nie geboekstaaf nie.
Die leningstaat op 30 Junie 2016 van Parys Bank toon 'n eindsaldo van
R372 920.
G. Verbeteringe moet ten opsigte van 'n rekenaar wat op 31 Maart 2016
gesteel is, gemaak word.
Die boekhouer het die volgende bladsy in die Vastebateregister voltooi
deur die verkeerde metode van waardevermindering te gebruik:
SUNCREST- KOS- WAARDE- BOEK-
REKENAAR PRYS VERMINDERING WAARDE
1 Julie 2014 R42 000 R42 000
30 Junie 2015 R8 400 R33 600
31 Maart 2016 R6 300 R27 300
Versekeringsuitbetaling R18 000
Verlies van rekenaar deur diefstal R9 300
Waardevermindering op hierdie bate moes teen 20% p.j. op die
verminderdesaldo-metode bereken word.
H. Die maandelikse huur het nie gedurende die jaar verander nie. Die huurder
het in April 2016 R6 000 vir herstelwerk aan die perseel betaal. Hy het dit
van sy huur vir Mei 2016 afgetrek omdat die maatskappy vir herstelwerk
verantwoordelik is. Die herstelwerk is nie geboekstaaf nie. Die huur vir
Julie is in Junie 2016 ontvang en gedeponeer.
I. Advertensies bestaan uit 'n maandelikse kontrak met die plaaslike koerant
vir die hele finansiële jaar. Advertensies is slegs vir 11 maande betaal.
Die tarief op die kontrak is vanaf 1 April 2016 met R152 per maand
verminder.
J. Netto wins na belasting is R504 000.
Gebruik die volgende persentasies om sekere ontbrekende syfers te
bereken:
• Bedryfswins op verkope: 15%
• Inkomstebelastingkoers: 28% van netto wins
70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/November 2016
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING (75 punte; 45 minute)
4.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.5 E.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Vermoë van die onderneming om al A hefboom
sy skuld af te betaal
B opbrengs op ekwiteit
4.1.2 Vermoë van die onderneming om al
sy korttermynskuld af te betaal C solvensie
4.1.3 Die voordeel wat aandeelhouers vir D likiditeit
belegging in die maatskappy
ontvang
4.1.4 Die mate waartoe 'n maatskappy
deur lenings gefinansier word
(4 x 1) (4)
4.2 REID BPK.
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Reid Bpk. vir die finansiële jaar
geëindig 30 Junie 2016.
Waar finansiële aanwysers gevra word om jou antwoord te staaf, noem die
finansiële aanwyser, die werklike syfer/verhouding/persentasie en neigings.
GEVRA:
4.2.1 Stel die volgende notas tot die Balansstaat op:
• Gewone aandelekapitaal (7)
• Behoue inkomste (9)
4.2.2 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:
• Verandering in lening (2)
• Inkomstebelasting betaal (4)
4.2.3 Voltooi die uittreksel uit die Kontantvloeistaat vir kontant en
kontantekwivalente. (4)
4.2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 Junie 2016:
• Vuurproefverhouding (4)
• Skuld-ekwiteit-verhouding (3)
• % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (5)
• Netto batewaarde per aandeel (NBW) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/November 2016
NSS
4.2.5 Die maatskappy se likiditeit het verbeter. Haal DRIE finansiële
aanwysers aan om hierdie stelling te staaf. (6)
4.2.6 Dividendbeleid:
• Verskaf berekeninge om die verandering in die dividend-
uitbetalingsbeleid te toon. (4)
• Verduidelik waarom die direkteure besluit het om die beleid te
verander. Noem EEN punt met syfers. (2)
4.2.7 Mary is die maatskappy se hoofbestuurder. Haar aandeelhouding is
soos volg:
GETAL DATUM %
AANDELE AANGEKOOP AANDEELHOUDING
420 000 10 Januarie 2015 46,7%
(a) Bereken Mary se % aandeelhouding op 1 Oktober 2015 ná die
terugkoop van aandele. (4)
(b) Verduidelik hoe Mary deur die besluit om die aandele terug te
koop, bevoordeel is. (2)
(c) Die onafhanklike ouditeur het uitgevind dat Mary die besluit om die
aandele terug te koop, geneem het sonder om die direksie in
kennis te stel.
Waarom behoort die onafhanklike ouditeur hieroor bekommerd te
wees? (2)
4.2.8 Die Kontantvloeistaat toon vaste bates wat vir die bedrag van
R4,5 miljoen aangekoop is.
• Noem TWEE hoofbronne van befondsing vir hierdie vaste bates met
syfers (meer as R1 000 000 elk). (4)
• Toon vir ELKE bron aan of dit 'n goeie of slegte besluit was.
Verduidelik jou keuse. Haal relevante finansiële aanwysers/syfers
aan om jou mening te staaf. (6)
INLIGTING:
A. Aandelekapitaal en dividende:
• Op 1 Julie 2015 is 900 000 aandele reeds uitgereik.
• Op 1 Oktober 2015 is 75 000 gewone aandele van die boedel van 'n
afgestorwe aandeelhouer teen R10,70 per aandeel teruggekoop.
• Op 1 April 2016 het die maatskappy 125 000 gewone aandele teen
R10,80 per aandeel uitgereik.
• Die 2016 Kontantvloeistaat toon dividende betaal van R434 250.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/November 2016
NSS
B. Uittreksel uit Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2016:
R
Verkope 5 220 000
Koste van verkope 3 600 000
Bedryfswins 1 295 000
Inkomstebelasting 190 500
Netto wins na belasting 444 500
C. Uittreksel uit Balansstaat op 30 Junie:
2016 2015
R R
Vaste bates (drawaarde) 17 420 950 14 683 300
Vaste deposito: Ken Bank 250 000 380 000
Bedryfsbates 1 015 000 456 000
Voorrade (slegs handelsvoorraad) 564 000 281 500
Handels- en ander ontvangbare bedrae
246 000 167 000
(debiteure)
Kontant en kontantekwivalente 205 000 7 500
Aandeelhouersbelang 10 050 750 9 540 000
Gewone aandelekapitaal ? 9 180 000
Behoue inkomste ? 360 000
Lening: Barbie Bank 8 000 000 4 500 000
Bedryfslaste 635 200 1 479 300
Handels- en ander betaalbare bedrae 420 000 683 400
Aandeelhouers vir dividende 209 000 162 000
SAID: Inkomstebelasting 6 200 23 400
Bankoortrekking - 610 500
D. Die volgende finansiële aanwysers is op 30 Junie bereken:
2016 2015
Bedryfsverhouding 1,6 : 1 0,3 : 1
Vuurproefverhouding ? 0,1 : 1
Voorraadomsetsnelheid 8,5 keer 10 keer
Debiteure-invorderingsperiode 36 dae 43 dae
Krediteure-betalingsperiode 63 dae 63 dae
Solvensieverhouding 2,2 : 1 2,6 : 1
Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,5 : 1
Opbrengs op totale kapitaal aangewend
8,2% 9,5%
(OOTKA)
Opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB) ? 6,2%
Verdienste per aandeel (VPA) 51 sent 58 sent
Dividende per aandeel (DPA) 55 sent 35 sent
Netto batewaarde per aandeel (NBA) ? 1 060 sent
Markprys 1 000 sent 1 030 sent
Rentekoers op lenings 12% 12%
75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 5: VOORRADE (30 punte; 20 minute)
5.1 VOORRAADWAARDASIE
Matrix Handelaars verkoop drie verskillende soorte skootrekenaars: Lexus,
Granite en Vision. Hulle gebruik die periodieke voorraadstelsel en die spesifieke
identifikasiemetode om voorraad te waardeer.
GEVRA:
5.1.1 Verduidelik die volgende waardasiemetodes:
• EIEU (2)
• Spesifieke identifikasie (2)
5.1.2 Bereken die kosprys per skootrekenaar voorhande op 1 Oktober 2015. (2)
5.1.3 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 September 2016. (9)
INLIGTING:
Die volgende inligting het betrekking op die jaar geëindig 30 September 2016:
A. Aanvangsvoorraad:
KOSPRYS PER
DATUM MODEL EENHEDE TOTAAL
EENHEID
1 Okt. 2015 Lexus 118 ? R413 000
B. Aankope en terugsendings:
KOSPRYS PER
DATUM MODEL EENHEDE TOTAAL
EENHEID
AANKOPE:
Des. 2015 Granite 410 R3 750 R1 537 500
Mrt. 2016 Vision 630 R4 650 R2 929 500
TERUGSENDINGS:
Mrt. 2016 Vision 20 R4 650 (R93 000)
Netto aankope R4 374 000
C. Verkope vir die jaar:
MODEL EENHEDE BEDRAG
Lexus 118 R598 850
Granite 356 R2 229 375
Vision 502 R4 247 775
R7 076 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/November 2016
NSS
5.2 BESTUUR VAN VOORRADE
Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Kyle Kantoortoerusting vir die
jaar geëindig 29 Februarie 2016. Die onderneming verkoop kantoorlessenaars,
stoele en drukkers.
Kyle het sekere besluite aan die begin van die 2016 finansiële jaar geneem.
GEVRA:
Verskaf relevante syfers vir AL die vrae hieronder.
5.2.1 Lessenaars:
• Watter besluit het Kyle geneem ten opsigte van die verkoopprys van
die lessenaars? (2)
• Hoe het hierdie besluit die onderneming beïnvloed? Noem TWEE
punte. (4)
5.2.2 Stoele:
Was dit 'n goeie idee van Kyle om 'n goedkoper verskaffer van stoele te
kry? Verduidelik TWEE punte. (5)
5.2.3 Drukkers:
Kyle het die verkoopprys van drukkers in die 2016 finansiële jaar
heelwat verlaag in reaksie op 'n nuwe mededinger wat dieselfde model
teen R1 200 verkoop.
Op grond van die inligting hieronder, verskaf TWEE afsonderlike
voorstelle aan Kyle om in 2017 die wins op drukkers te verbeter. (4)
INLIGTING:
LESSENAARS STOELE DRUKKERS
2016 2015 2016 2015 2016 2015
Bestellings van kliënte
300 370 770 730 925 615
ontvang
Bruto eenhede verkoop 300 365 770 730 725 615
Terugsendings deur
0 5 90 0 15 15
klante
Verkoopprys R2 520 R1 920 R490 R714 R975 R1 326
Kosprys R1 400 R1 200 R350 R510 R780 R780
Winsopslag-% 80% 60% 40% 40% 25% 70%
Bruto wins R336 000 R259 200 R95 200 R148 920 R138 450 R327 600
Voorraadomsetsnelheid 6,0 7,2 4,0 4,0 11,8 10,0
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 18 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 6: OPSTEL VAN 'N BEGROTING (40 punte; 25 minute)
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mayhem (Edms.) Bpk.
GEVRA:
6.1 Verwys na Inligting G.
6.1.1 Identifiseer TWEE items wat die boekhouer foutiewelik in die
Kontantbegroting opgeteken het. (2)
6.1.2 Identifiseer TWEE items in die Kontantbegroting wat NIE in 'n
Geprojekteerde Inkomstestaat sou verskyn NIE. (2)
6.2 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Oktober 2016. (9)
6.3 Bereken die ontbrekende bedrae wat deur (a) tot (d) in die Kontantbegroting
aangedui word. (18)
6.4 Die direkteure het die begrote syfers vir September 2016 met die werklike syfers
vergelyk.
BEGROTE WERKLIK
Verkope R288 000 R489 600
Salarisse: Verkoopspersone R40 000 R12 000
Kommissie: Verkoopspersone R0 R66 150
Verpakkingsmateriaal R14 400 R17 280
6.4.1 Die direkteure het die metode van betaling aan die verkoopspersone
verander. Verduidelik hoe dit die verkoopspersone en die onderneming
bevoordeel het. Haal syfers aan. (4)
6.4.2 Die direkteure is nie bekommerd oor die oorbesteding aan
verpakkingsmateriaal nie. Verduidelik waarom dit die geval is. Haal
syfers of berekeninge aan. (5)
INLIGTING:
A. Geprojekteerde Inkomstestaat:
Inligting geneem vir die drie maande geëindig 31 Oktober 2016:
AUGUSTUS SEPTEMBER OKTOBER
R R R
Verkope 252 000 288 000 ?
Koste van verkope ? (160 000) ?
Huurinkomste ? ? 12 960
Korting ontvang 3 600 4 000 ?
Waardevermindering 5 400 5 400 5 400
Oninbare skulde 2 800 3 350 ?
Rente op lening 6 875 6 875 ?
B. Verkope:
• Verkope sal na verwagting in Oktober 2016 met 15% toeneem.
• Kredietverkope maak 60% van totale verkope uit.
• Die winsopslagpersentasie is 80% op kosprys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 19 DBE/November 2016
NSS
C. Debiteure-invordering:
• 50% word in die maand van verkope ingevorder.
• 40% word ingevorder in die maand wat op die maand van verkope volg.
• 7% word twee maande na verkope ingevorder.
• 3% word as oninbaar afgeskryf.
D. Aankope:
• Alle voorraadaankope is op krediet.
• Voorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Basisvoorraad word
gehandhaaf.
• Krediteure word twee maande ná aankope betaal, onderhewig aan 'n
4%-korting.
E. Direkteursfooie:
• Die onderneming het drie direkteure wat dieselfde maandelikse fooi verdien.
• Een van die direkteure het op 30 September 2016 bedank.
• Die oorblywende direkteure sal vanaf 1 Oktober 2016 'n verhoging van 35% in
hul maandelikse fooi ontvang.
F. Lening:
• Die lening is op 30 September 2016 met R52 800 verminder.
• Rente teen 12,5% p.j. is elke maand betaalbaar en word nie gekapitaliseer
nie.
G. Uittreksel uit die Kontantbegroting soos deur die boekhouer opgestel:
SEPTEMBER 2016 OKTOBER 2016
R R
ONTVANGSTE
Kontantverkope (a) 132 480
Kontant van debiteure 155 280 ?
Huurinkomste 12 000 12 960
Korting ontvang 3 600 5 600
Vaste deposito 56 000 0
BETALINGS
Betalings aan krediteure 156 000 (b)
Direkteursfooie 216 000 (c)
Salarisse van verkoopspersone 40 000 40 000
Terugbetaling van lening 52 800 0
Rente op lening 6 875 (d)
Afleweringskoste 27 500 27 500
Ouditfooie 60 000 0
Oninbare skulde 3 200 3 600
Waardevermindering 17 400 17 400
40
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
ACCOUNTING P1 GR12 QP JCT 2025 AFR D_watermark.pdf

Question paper
ACCOUNTING P1 GR12 QP JCT 2025 ENG D_watermark.pdf

Question paper
ACCOUNTING P2 QP GR12 JCT 2025 ENG D_watermark.pdf

Question paper
ACCOUNTING P1 QP GR12 JUNE 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ACCOUNTING P1 GR12 QP SEPT2024_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Accounting P2 Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
ACCN GR12 SEPT2016 ENG QP_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ACCN GR12 SEPT2016 AFR QP_hlayiso.com_.pdf

Question paper
2016 KZN June QP_hlayiso.com_.pdf

Question paper
2016 KZN Prelim QP_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Accounting P1 Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Accounting P2 Nov 2022 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Accounting
Explore more published documents in this catalogue.

Addendum
ACCOUNTING P1 GR12 AB JCT ENG D_watermark.pdf

Memorandum
Acc P2 Memo ENg_watermark.pdf
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting P1 (English) June 2025 Answer Book.pdf
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting P2 (English ) June 2025 Answer Book (1).pdf
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum