Skip to content

Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12201616 pages

Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 REKENINGKUNDE PUNTE: 300 TYD: 3 uur *ACCNA* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ʼn 15 bladsy-antwoordeboek.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENINGKUNDE (OK/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin ALLE vrae beantwoord moet word. 3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ’n donker potlood of swart/blou ink gebruik om die vrae te voltooi. 6. Waar van toepassing, maak alle berekeninge korrek tot EEN desimale punt. Kopiereg voorgehou Blaai om assebliefle turn over
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2016) REKENINGKUNDE 3 7. ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde tyd vir elke vraag te hou. VRAAG 1: 45 punte; 25 minute Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Koste berekeninge  Begrippe, Produksiekostestaat  Eenheidskoste en ontleding van gelykbreekpunt VRAAG 2: 40 punte; 25 minute Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde  Bank- en Krediteurerekonsiliasie. Rekonsiliasies Bestuur van hulpbronne  Interne beheer en Etiek VRAAG 3: 70 punte; 40 minute Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde Vaste bates en Maatskappye  Begrippe, Inkomstestaat, Balansstaat en notas. Finansiële state Bestuur van hulpbronne  Waardevermindering, berekeninge en vaste batebestuur VRAAG 4: 70 punte; 40 minute Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde Finansiële state, Kontantvloei en  Begrippe, Kontantvloeistaat, Ontleding van verhoudings en Interpretasie interpretasie van finansiële inligting. VRAAG 5: 40 punte; 25 minute Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Bestuur van hulpbronne Voorraadwaardasie, BTW en  Berekening en interpretasie van voorraadinligting Probleemoplossing Finansiële rekeningkunde  BTW berekeninge VRAAG 6: 35 punte; 25 minute Hoofonderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde  Begrippe, berekeninge en ontleding van begrotingsinligting Begroting Bestuur van hulpbronne  Interne beheer prosesse en korporatiewe beheer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENINGKUNDE (OK/SEPTEMBER 2016) VRAAG 1: KOSTE BEREKENINGE (45 punte; 25 minute) 1.1 Kies ʼn gepaste voorbeeld/verduideliking uit KOLOM B om te pas by die term in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–E) teenoor die vraagnommer, (1.1.1– 1.1.5 ) in die ANTWOORDEBOEK. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Vaste koste A Koste van grondstowwe gebruik in die produksieproses 1.1.2 Indirekte arbeid B Klaar vervaardigde goedere gereed vir verspreiding na kleinhandelaars 1.1.3 Verkoops- en C Debietorderbetalings vir die maande- verspreidingskoste likse fabriekshuur en versekering 1.1.4 Veranderlike koste D Lone betaal vir fabrieksonderhoud en aan skoonmaakpersoneel 1.1.5 Klaar produkte E Tjekbetalings aan die Daily Dispatch vir ʼn 3 maande advertensiekontrak (5) 1.2 SIDDHI BASKETS INK Siddhi Baskets Ink. vervaardig mandjies wat gebruik word vir blomme- rangskikkings en geskenkpakke. Die boekhouer het die produksiekostestaat vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016 voorberei. Sommige relevante inligting is nie in ag geneem nie. GEVRA: 1.2.1 Voltooi die volgende vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016:  Nota vir Fabrieksbokoste. (9)  Die Produksiekostestaat. (14) INLIGTING: A. Voorraad voorhande: 1 Maart 2015 29 Februarie 2016 Grondstowwe 42 400 37 600 Goedere in bewerking 27 600 36 800 B. Direkte grondstowwe aangekoop gedurende die finansiële jaar was R745 500. Vraggeld op die aankoop van die grondstowwe beloop R38 500. Kopiereg voorgehou Blaai om assebliefle turn over
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2016) REKENINGKUNDE 5 C. Fabrieksbokoste Voorman se salaris 198 000 Waardevermindering op fabriekstoerusting 86 560 Huuruitgawe 107 240 Water en elektrisiteit 118 520 Versekering 34 845 Diverse uitgawes 22 600  Die huuruitgawe moet in die verhouding 5 : 1 : 1 verdeel word tussen die fabriek, verkope en kantore.  75% van die water en elektrisiteit is vir die fabriek.  2/ van die versekering uitgawe moet aan die fabriek toegedeel word. 3  Diverse uitgawes moet as volg verdeel word: 10% aan die administrasie afdeling, 25% aan die verkope-afdeling en die balans aan die fabriek. D. Gedurende die finansiële jaar is 18 400 mandjies vervaardig teen ʼn koste van R87 per mandjie. E. Die direkte arbeidskoste is die balanserende bedrag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENINGKUNDE (OK/SEPTEMBER 2016) 1.3 KUNAL SE VEILIGHEIDSHEKKE Kunal se Veiligheidshekke, eienaar Sbu Kunal, vervaardig veiligheidshekke volgens bestelling. Die inligting hieronder is vir die finansiële jaar geëindig 31 Augustus 2016. GEVRA: 1.3.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die tydperk geëindig, 31 Augustus 2016. (6) 1.3.2 Vergelyk en lewer kommentaar oor die gelykbreekpunt en die vlak van produksie gedurende die afgelope 2 jaar. Haal syfers aan. (6) 1.3.3 Gee TWEE gepaste redes vir die toename in direkte grondstofkoste en maak EEN voorstel aan Kunal hoe om hierdie koste te beheer. (5) INLIGTING: A. Koste inligting vir die jaar geëindig 31 Augustus 2016: 2016 2015 TOTALE EENHEIDS EENHEIDS BEDRAG KOSTE KOSTE Direkte grondstofkoste Veranderlike 86 400 R180 R156 koste Direkte arbeidskoste Veranderlike 122 400 R255 R242 koste Fabrieksbokoste Vaste koste 76 800 R160 R156 Verkoops- en Veranderlike 74 400 R155 R152 verspreidingskoste koste Administrasiekoste Vaste koste 60 000 R125 R129 B. Addisionele inligting vir die finansiële jaar geëindig 31 Augustus: 2016 2015 Totale verkope R412 800 R459 000 Verkoopprys per eenheid R860 R850 Aantal eenhede vervaardig en verkoop 480 eenhede 540 eenhede Gelykbreekpunt ? 508 eenhede 45 Kopiereg voorgehou Blaai om assebliefle turn over
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2016) REKENINGKUNDE 7 VRAAG 2: REKONSILIASIES (40 punte; 25 minute) 2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is: 2.1.1 Vooruitgedateerde tjeks uitgereik, moet op die datum van uitreiking in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken word. 2.1.2 Volgens die wesenlikheidsbeginsel van AARP moet ’n besigheid kontant- verliese onmiddellik aanteken sodra hulle dit vermoed. 2.1.3 ’n Debietsaldo op die bankstaat is ’n aanduiding van ’n oortrokke bank. (3) 2.2 Bankrekonsiliasie Lucky Jimmy, die kassier van Franco se Deli, is verantwoordelik vir die insameling van kontant, die uitskryf van kwitansies en die bank van alle kontantontvangstes asook die uitreiking van tjeks. Hy voel dit is nie nodig om ’n bankrekonsiliasiestaat op te stel nie, aangesien die bank akkurate rekords hou van alle transaksies en dit op die bankstaat aanteken. GEVRA: 2.2.1 Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening in die Algemene grootboek op 31 Julie 2016. (9) 2.2.2 Voltooi die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2016. (7) 2.2.3 Gee EEN rede waarom die interne ouditeur bekommerd is oor Lucky se werksomskrywing. (2) 2.2.4 Verduidelik aan Lucky waarom dit nodig is om elke maand ’n bankrekonsiliasiestaat op te stel. Verskaf TWEE punte. (4) INLIGTING: A.  Op 31 Julie 2016 toon die Bankrekening ’n batige saldo van R11 743 voordat die bankstaat van Money Bank ontvang is.  Saldo volgens die bankstaat op 31 Julie 2016, R? B. Items in die Julie bankstaat wat nie in die Kontantjoernale verskyn nie: Diensgeld R45 Kontant deposito fooi R132 Rente-inkomste R23 Debietorderbetaling vir versekering aan X! Versekeraars Hierdie bedrag verskyn foutiewelik twee keer op die bankstaat. R325 ’n Geweierde tjek – van debiteur, Y. Knot R475 Kommissie-inkomste van LUVLI Pastries R522 C. Tjeknr. 1226, uitgereik op 24 Julie 2016 aan Nosy Tom vir aflewerings, verskyn as R576 op die bankstaat. Die joernaal toon die verkeerde bedrag van R765. D. Tjeknr. 1287 en nr. 1299 vir R675 en R2 010, onderskeidelik, uitgereik gedurende Julie 2016, verskyn nie op die bankstaat nie. E. ’n Deposito van R4 410 op 28 Julie 2016 verskyn nie op die bankstaat nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENINGKUNDE (OK/SEPTEMBER 2016) 2.3 Krediteurerekonsiliasie Port Handelaars koop goedere op krediet van Sout Voorsieners. GEVRA: 2.3.1 Toon die veranderinge in die saldo van die Krediteuregrootboekrekening en die saldo van die staat vir elkeen van die verskille hieronder aangedui. Dui aan of die bedrag moet bygetel word (+) of afgetrek word van (-) die gegewe saldo’s. Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK. (12) 2.3.2 Verwys na inligting vi): By nadere ondersoek is vasgestel dat hierdie goedere bestel is deur die eienaar vir sy persoonlike gebruik. Watter advies kan jy, as interne ouditeur, gee aan die eienaar aangaande die aankoop van goedere deur die besigheid se rekening? Verwys na ’n AARP-beginsel in jou verduideliking. (3) INLIGTING: A. Saldo verskuldig aan Sout Voorsieners op 30 Junie 2016 volgens die rekening in die Krediteuregrootboek van Port 87 320 (Kt) Handelaars. Saldo verskuldig deur Port Handelaars op 26 Junie 2016 95 400 (Dt) volgens die rekeningstaat ontvang van Sout Voorsieners. B. Verskille opgemerk: (i) ’n Betaling van R6 500 deur Port Handelaars is uitgelaat in die Krediteuregrootboekrekening van Sout Voorsieners en op die rekeningstaat ontvang. (ii) ’n Faktuur vir R14 300 ontvang van Sout Voorsieners is korrek aangeteken deur Port Handelaars. Die rekeningstaat toon die faktuur as R13 400. (iii) Port Handelaars het R800 as korting vir vroeë betaling korrek aangeteken. Die rekeningstaat toon nie hierdie korting nie. (iv) Port Handelaars het ʼn debietnota vir R1 250 foutiewelik aangeteken in die krediteuregrootboekrekening van Sout Verskaffers. Dit was goedere teruggestuur aan ’n ander verskaffer. (v) ’n Kredietnota vir R2 000 ontvang van Sout Verskaffers vir afslag toegestaan, is deur Port Handelaars foutiewelik aangeteken as ’n faktuur. (vi) Die rekeningstaat toon die volgende items wat nie deur Port Handelaars aangeteken is nie:  Afleweringskoste vir die maand, R3 530.  Faktuur vir goedere aangekoop, R2 400. (vii) ’n Betaling van R5 000 gemaak op 28 Junie 2016 deur Port Handelaars is aangeteken in die Krediteuregrootboekrekening van Sout Verskaffers. Die rekeningstaat is gedateer 26 Junie 2016. 40 Kopiereg voorgehou Blaai om assebliefle turn over
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2016) REKENINGKUNDE 9 VRAAG 3: VASTE BATES EN FINANSIЁLE STATE VAN MAATSKAPPYE (70 punte; 40 minute) Micaila Bpk. is ’n genoteerde maatskappy met ’n gemagtigde aandelekapitaal van 1 000 000 gewone aandele. Die inligting is vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016. GEVRA: 3.1 Verwys na inligting (i): 3.1.1 Voltooi die Bateverkoperekening op 31 Desember 2015. (6) 3.1.2 Bereken die totale waardevermindering op toerusting vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. (5) 3.1.3 Bereken die drawaarde van toerusting op 29 Februarie 2016. (5) 3.2 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. (38) 3.3 Voltooi die nota tot die Balansstaat vir HANDELS- EN ANDER ONTVANGBARE BEDRAE. (8) 3.4 Voltooi die BEDRYFSBATES afdeling van die Balansstaat. (8) INLIGTING: A. Inligting uit die voor-aansuiweringsproefbalans op 29 Februarie 2016. Grond en geboue 2 870 000 Toerusting 966 200 Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Maart 2015) 549 600 Vaste deposito (8,5% p.a. rente) 220 000 Handelsvoorraad 415 400 Debiteurekontrole 280 200 Voorsiening vir oninbare skuld 9 025 Bank 34 172 Dt Lening: Shark Bank 975 400 Krediteurekontrole 420 180 SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 50 340 Verkope 3 402 000 Koste van verkope ? Ouditfooie 27 500 Diverse uitgawes 76 120 Munisipale dienste 215 800 Salarisse en lone 235 820 Direkteursfooie 316 100 Verbruiksgoedere 24 770 Huurinkomste 98 523 Bateverkope 15 000 Kommissie-inkomste 60 281 Rente op vaste deposito 9 350 Korting toegestaan 6 330 Dividende op gewone aandele 326 250 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENINGKUNDE (OK/SEPTEMBER 2016) B. Addisionele inligting en aansuiwerings: (a) Goedere word verkoop teen ’n winsopslag van 50% op kosprys. Die bedrag vir verkope sluit R27 000 in vir die kontantverkope van ou voorraad, aan ’n kliënt teen 10% minder as die kosprys. (b) Transaksies met debiteure wat nie in ag geneem is nie:  ’n Tjek ontvang vir die vereffening van ’n uitstaande skuld van R3 600 min 5% korting, is geweier a.g.v. onvoldoende fondse.  ’n Debiteur met ’n kredietsaldo van R1 200 moet oorgedra word na haar rekening in die krediteuregrootboek.  Die voorsiening vir oninbare skuld moet aangepas word tot 2,5% van debiteurekontrole. (c) Tydens die voorraadtelling op 29 Februarie 2016 is ontdek dat voorraad ter waarde van R2 540 nie opgespoor kan word nie. Verbruiksgoedere ter waarde van R1 970 is nie gebruik nie. (d) Die huur vir Februarie 2016 is uitstaande. Neem in ag dat die huur op 1 Januarie 2016 met 7% verhoog het. (e) Kommissie-inkomste van R5 577 vir Maart 2016 is ontvang en gedeponeer. (f) Die maatskappy het twee direkteure wat dieselfde fooie verdien, vanaf 1 Maart 2015. ’n Derde direkteur is op 1 September 2015 aangestel op dieselfde fooi-struktuur. Hierdie direkteur se fooi vir Februarie 2016 is nog nie betaal nie. (g) Uitstaande rente op vaste deposito moet nog in berekening gebring word. Die vaste deposito is op 1 Junie 2015 gemaak. Rente op vaste deposito is nie gekapitaliseer nie. (h) Rente op lening word gekapitaliseer. Die leningstaat toon ’n sluitingsaldo van R1 064 000 op 29 Februarie 2016. ’n Vaste maandelikse paaiement, wat rente insluit, is betaal. Hierdie betalings is aangeteken. (i) Die bedrag vir Bateverkope bestaan uit die kontant wat ontvang is vir die verkope van toerusting op 31 Desember 2015, soos aangeteken in die Kontantontvangstejoernaal. Behalwe die inskrywing in die Bateverkope- rekening, is geen ander inskrywings gemaak vir hierdie transaksie nie. Die kosprys van die toerusting wat verkoop is, was R66 200. Opgehoopte waardevermindering op die toerusting wat verkoop is, was R43 225 op 1 Maart 2015. Waardevermindering op toerusting word bereken teen 15% p.j. op kosprys. (j) Die inkomstebelasting vir die jaar beloop R46 770. 70 Kopiereg voorgehou Blaai om assebliefle turn over
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2016) REKENINGKUNDE 11 VRAAG 4: FINANSIЁLE STATE, KONTANTVLOEI EN INTERPRETASIE (70 punte; 40 minute) Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Sazi Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2016. Die maatskappy is genoteer op die aandelebeurs met ’n gemagtigde aandelekapitaal van 1 200 000 gewone aandele. GEVRA: 4.1 Voltooi die nota tot die Balansstaat vir Aandelekapitaal op 30 Junie 2016. (7) 4.2 Vul die ontbrekende bedrae in die Kontantvloeistaat in. Toon alle bewerkings. (22) 4.3 Bereken die volgende: (Toon berekeninge tot een desimale punt.) 4.3.1 Persentasie bedryfswins op totale verkope (3) 4.3.2 Gemiddelde debiteure invorderingstermyn (in dae) (5) 4.3.3 Netto batewaarde per aandeel (4) 4.3.4 Skuld/ekwiteitsverhouding. (3) 4.4 Lewer kommentaar oor die likiditeit van die besigheid. Haal DRIE finansiële aanwysers (met syfers) aan in jou verduideliking. (8) 4.5 Sommige aandeelhouers voel die maatskappy het te veel van die lening terugbetaal. Wat sal jou antwoord aan hulle wees.? Verwys na TWEE finansiële aanwysers, met relevante syfers, om jou antwoord te motiveer. (6) 4.6 Lewer kommentaar oor die dividendbeleid van die besigheid en verduidelik die effek hiervan op die besigheid. Haal TWEE finansiële aanwysers aan in jou antwoord. (6) 4.7 ’n Aandeelhouer het gekla oor die uitgifteprys van die nuwe aandele op 1 April 2016. Waarom, dink jy, het sy gekla? Haal TWEE finansiële aanwysers, met syfers, aan in jou antwoord. (6) INLIGTING: A. Uittreksel van inligting uit die Staat van omvattende inkomste (Inkomstestaat) vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2016: Kontantverkope 7 392 000 Kredietverkope 7 392 000 Koste van verkope 9 240 000 Waardevermindering 1 256 340 Bedryfswins 2 810 000 Rente-uitgawe 675 000 Netto wins voor inkomstebelasting 2 187 000 Inkomstebelasting 656 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENINGKUNDE (OK/SEPTEMBER 2016) B. Bedrae uit die Balansstaat en Notas: 30 JUNIE 2016 30 JUNIE 2015 Vaste bates (drawaarde) 11 935 460 12 363 550 Vaste deposito 620 000 950 000 Nie-bedryfslaste 4 110 000 5 300 000 Bedryfsbates 2 051 300 1 432 400 Bedryfslaste 1 157 750 1 310 690 Aandeelhouersekwiteit 9 339 010 8 135 260 Gewone aandelekapitaal ? 7 134 000 Behoue inkomste ? 1 001 260 Bedryfsbates sluit in: Debiteurekontrole 892 800 575 500 SAID: Inkomstebelasting - 15 500 Kontant en kontantekwivalente 394 300 8 000 Bedryfslaste sluit in: Bankoortrekking - 56 370 SAID: Inkomstebelasting 34 600 - Aandeelhouers vir dividende 490 250 369 000 C. Aandelekapitaal  820 000 aandele reeds uitgereik op 1 Julie 2015.  180 000 aandele uitgereik op 1 April 2016 teen 920 sent per aandeel.  75 000 aandele teruggekoop op 1 Mei 2016 teen 930 sent per aandeel. D. Dividende ’n Interim dividend van 97 sent per aandeel is betaal op 31 Desember 2015. ʼn Finale dividend is verklaar op 30 Junie 2016. Slegs aandeelhouers geregistreer ten tyde van die dividendverklaring, kom in aanmerking vir hierdie dividend. E. Beweging van vaste bates gedurende die huidige finansiële jaar: Vaste bates ter waarde van R856 450 is aangekoop. Ou toerusting is verkoop teen drawaarde. F. Kredietverkope beloop 50% van totale verkope. Kredietterme is 30 dae. G. Die volgende finansiële aanwysers is bereken: 30 Junie 2016 30 Junie 2015 Bedryfsverhouding 1,8 : 1 1,1 : 1 Vuurproefverhouding 1,1 : 1 0,5 : 1 Bedryfswins op verkope ? 28% Gemiddelde debiteure invorderingstermyn ? 42 dae Gemiddelde krediteure betalingstermyn 42 dae 54 dae Solvensieverhouding 2,8 : 1 2,2 : 1 Skuld/ekwiteitsverhouding ? 0,7 : 1 Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 21,3% 17% Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit 17,5% 15,8% Verdienste per aandeel 180 sent 164 sent Dividend per aandeel 150 sent 164 sent Netto batewaarde per aandeel ? 992 sent Markprys per aandeel by die JSE 1100 sent 1000 sent Rentekoers op lenings 11% 10,5% 70 Kopiereg voorgehou Blaai om assebliefle turn over
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2016) REKENINGKUNDE 13 VRAAG 5: VOORRAADWAARDERING, BTW EN PROBLEEMOPLOSSING (40 punte; 25 minute) 5.1 VOORRAADWAARDERING ± 27 Handelaars verkoop wetenskaplike sakrekenaars. Die besigheid se eienaar is Piet Fountain. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 31 Augustus 2016. Die besigheid gebruik die periodieke voorraadhoudingstelsel en die geweegde gemiddelde metode om die waarde van die sakrekenaars te bepaal. GEVRA: 5.1.1 Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig 31 Augustus 2016:  Waarde van die slotvoorraad (10)  Koste van verkope (2)  Bruto wins (4) 5.1.2 Piet het probleme ondervind met diefstal van voorraad en het sekuriteitskameras geïnstalleer. Ten spyte hiervan, is hy daarvan oortuig dat sakrekenaars nog steeds gesteel word.  Bereken die aantal eenhede wat vermis word. (4)  Gee ’n ander opsie wat Piet kan gebruik om die probleem op te los. (2) 5.1.3 Die tydperk van voorraad voorhande vir sakrekenaars is akkuraat bereken op 64 dae. Lewer kommentaar en sê of dit voldoende is vir hierdie produk. Gee EEN gepaste punt. (2) INLIGTING: A. TOTAAL EENHEDE (R) Voorraad sakrekenaars voorhande op 200 30 550 1 September 2015, vraggeld ingesluit. Voorraad sakrekenaars op 31 Augustus 2016 160 ? B. Aankope van sakrekenaars gedurende die jaar: VRAGGELD TOTAAL (R) EENHEIDS- MAAND EENHEDE (R per (Vraggeld KOSTE (R) eenheid) ingesluit) November 2015 265 135 5 37 100 Januarie 2016 380 142 8 57 000 April 2016 190 156 9 31 350 Junie 2016 170 168 12 30 600 TOTAAL 1 005 156 050 C. 10 sakrekenaars van die November 2015-aankope is as ’n donasie aan ’n plaaslike skool geskenk as pryse vir ’n lootjieverkoping. D. 5 sakrekenaars van die Januarie 2016-aankope is teruggebring omdat dit stukkend is. Dit is teruggestuur aan die verskaffers en ’n kredietnota vir die kosprys plus vraggeld is ontvang. E. 993 eenhede is gedurende die finansiële jaar verkoop teen ’n vaste verkoopprys van R220 elk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENINGKUNDE (OK/SEPTEMBER 2016) 5.2 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW) Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Mosco Winkels vir die BTW- periode wat eindig op 31 Julie 2016. BTW word teen die standaardtarief van 14% gehef op alle goedere verkoop. GEVRA: Vul die BTW-bedrae in aan die toepaslike kant van die BTW-KONTROLE- REKENING. Gebruik slegs positiewe bedrae in die voltooiing van die tabel.  Toon die bedrag betaalbaar aan of ontvangbaar vanaf SAID in die ruimte voorsien. (10) INLIGTING: (a) Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Julie 2016 4 778 (b) BTW op verkope 25 844 (c) Aankope van voorraad, BTW uitgesluit 124 800 (d) BTW op goedere deur eienaar geneem vir persoonlike 210 gebruik (e) BTW op totale kortings ontvang van verskaffers 490 (f) BTW op debiteure se rekeninge wat afgeskryf is 448 (g) BTW op toerusting aangekoop 2 212 (h) BTW op ou toerusting op krediet verkoop 2 310 5.3 PROBLEEMOPLOSSING: BESTUUR VAN VOORRAAD Sizi het twee stalletjies wat sakke en pette verkoop. GEVRA: Identifiseer ʼn verskillende probleem in elke stalletjie en gee EEN oplossing of punt van advies. Haal relevante syfers aan vir elke probleem geïdentifiseer. (6) INLIGTING: vir Oktober 2016 SMARTSTRAAT JAMESSTRAAT Assistent Fraser Andi Weeklikse toelaag per assistent R1 200 R1 200 SAKKE PETTE SAKKE PETTE Openingsaldo (eenhede) 80 120 50 120 Voorraad voorsien deur Sizi 120 200 120 200 (eenhede) Slotvoorraad (eenhede) 82 60 40 250 Eenhede verkoop 110 260 130 70 Verkoopprys (per eenheid) R45 R20 R45 R20 Kontant oorhandig aan Sizi (Rand) R4 950 R5 200 R5 500 R1 400 40 Kopiereg voorgehou Blaai om assebliefle turn over
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2016) REKENINGKUNDE 15 VRAAG 6: BEGROTINGS (35 punte; 25 minute) 6.1 Verduidelik waarom: 6.1.1 oninbare skuld nie in ’n kontantbegroting verskyn nie. (2) 6.1.2 ’n kontantbegroting ’n effektiewe vorm van interne kontrole is. (2) 6.2 ALGOA BPK. Algoa Bpk. is geregistreer met ’n gemagtigde aandelekapitaal van 750 000 gewone aandele. Op 1 September 2016 was 515 000 gewone aandele reeds uitgereik. GEVRA: 6.2.1 Verwys na Inligting A. Bereken die kontant wat na verwagting van debiteure ingevorder sal word gedurende November 2016. Let op die volgende:  Geen kortings word aan debiteure toegestaan nie.  Daar is oninbare skuld (7) 6.2.2 Bereken die ontbrekende bedrae wat as (a) tot (e) aangedui word in die kontantbegroting in Inligting F. (13) 6.2.3 Bereken: (i) Die leningsbedrag wat terugbetaal sal word op 1 November 2016 (3) (ii) Die totale koste van ’n nuwe voertuig aangekoop op 31 Julie 2016 (4) 6.2.4 ’n Jong aandeelhouer is van mening dat die maatskappy nie geld moet spandeer aan personeelopleiding nie – hulle moet opgeleide personeel aanstel.  Verduidelik waarom die maatskappy geld spandeer aan personeel- opleiding. Gee EEN punt. (2)  Wat kan die besigheid doen om te verseker dat opgeleide personeel in diens van die besigheid aanbly? Gee EEN punt. (2) INLIGTING: A. Onvolledige debiteure invorderingskedule vir drie maande van 2016. MAANDE KREDIETVERKOPE SEPTEMBER OKTOBER NOVEMBER Julie 108 000 12 960 Augustus 104 400 46 980 12 528 September 93 000 37 200 41 850 ? Oktober 102 000 40 800 ? November 111 600 ? Totale invorderings van ? debiteure B. Kontantverkope is 40% van totale verkope. C. Koste van verkope: SEPTEMBER OKTOBER NOVEMBER 96 875 106 250 116 250 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 REKENINGKUNDE (OK/SEPTEMBER 2016) D. Kontantaankope is 20% van totale aankope. Voorraad verkoop gedurende ’n maand word in dieselfde maand vervang (die besigheid handhaaf ’n basis voorraad). E. Krediteure vir die aankoop van voorraad word betaal in die maand wat volg op aankope (30 dae) om voordeel te trek uit die 5% afslag vir vroeë betaling. F. Kontantbegroting vir die twee maande geëindig November 2016 OKTOBER NOVEMBER Ontvangstes Kontantverkope 68 000 74 400 Kontant van debiteure 95 178 6.2.1 Huurinkomste (a) 16 985 Rente op belegging Addisionele aandele uitgereik 513 000 Totale ontvangstes Betalings Kontantaankope van voorraad 21 250 (b) Betalings aan krediteure 73 625 (c) Salarisse en lone 126 400 133 984 Rente op lening 2 000 1 750 Personeelopleidingsprogram - 18 000 Advertensies 8 160 (d) Dividende op gewone aandele - (e) Paaiement op voertuig 4 750 4 750 Diverse uitgawes Totale betalings G. Die huur sal op 1 November 2016 verhoog met 7,5%. H. Advertensies is ’n vaste persentasie van die kontantverkope. I. ’n Nuwe voertuig is aangekoop op 31 Julie 2016. ’n Deposito van R40 000 is betaal en die balans moet betaal word as vaste maandelikse betalings oor die volgende vier jaar. J. Addisionele aandele is uitgereik op 1 Oktober 2016 teen R5,40 per aandeel. ’n Interim dividend van 15 sent per aandeel sal op 30 November 2016 betaal word. Die nuwe aandeelhouers kom in aanmerking vir die interim dividende. K. ʼn Gedeelte van die lening sal op 1 November 2016 terugbetaal word. Rente op lening teen 10% p.a. is betaalbaar op die laaste dag van elke maand. Rente op lening word nie gekapitaliseer nie. 35 TOTAAL: 300 Kopiereg voorgehou Blaai om assebliefle turn over

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all