You're offline
Skip to content
Question paper

ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans hlayiso.com

Subject: AccountingGrade 12202311 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 REKENINGKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye insluitend ʼn formuleblad en ʼn 10-bladsy antwoordeboek.
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Rekonsiliasies 35 30 2 Kosterekeningkunde 40 30 3 Voorraadwaardasie en BTW 40 30 4 Begroting 35 30 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 3 VRAAG 1: REKONSILIASIES (35 punte; 30 minute) 1.1 KREDITEUREREKONSILIASIE Candy Winkels koop goedere op krediet van Awesome Verskaffers. GEVRA: Gebruik die tabel wat verskaf word om die nodige aanpassings te maak: • In die Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Candy Winkels. • In die Krediteurerekonsiliasiestaat op 28 Februarie 2023. Toon ʼn “+” vir toename en ʼn “–” vir afname langs elke bedrag. (10) INLIGTING: Die saldo op die staat van Awesome Verskaffers ontvang, stem nie ooreen met die saldo van hul rekening in die Krediteuregrootboek nie. A. Saldo van Awesome Verskaffers in die Krediteuregrootboek: R52 900. B. Rekeningstaat van Awesome Verskaffers ontvang: AWESOME VERSKAFFERS Nr. 2169 Pineridge Singel 205 Gqeberha 5820 Debiteur: Candy Winkels 25 Februarie 2023 DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO Jan. 26 Saldo 45 300 28 Kwitansie 110 12 000 33 300 Feb. 01 Faktuur A12 14 600 47 900 03 Kredietnota 34 800 48 700 10 Kwitansie 0076 12 000 36 700 Korting toegestaan 600 36 100 18 Faktuur 588 16 340 52 440 24 Faktuur 1132 54 820 107 260 25 Aflewering 1 540 108 800 C. ʼn Ondersoek het die volgende foute en weglatings aan die lig gebring: (i) Faktuur A12 is verkeerdelik as R16 400 in die kediteuregrootboek- rekening aangeteken. Die bedrag op die staat is korrek. (ii) Kredietnota 34 was vir beskadigde goedere wat op 2 Februarie 2023 teruggestuur is. (iii) Candy Winkels het die korting as R1 200 aangeteken. Awesome Verskaffers het aangedui dat die besigheid slegs op R600, soos op die staat aangedui, geregtig is. (iv) Awesome Verskaffers het 5% handelskorting op Faktuur 588 toegestaan. Candy Winkels het dit nie in aanmerking geneem toe hulle na die Krediteuregrootboek oorgeboek het nie. (v) Faktuur 1132 op die staat was vir goedere wat Awesome Verskaf- fers aan Sweets Galore verkoop het. (vi) Awesome Verskaffers hef ʼn afleweringsfooi van al hul klante. Dit is nie in die Krediteuregrootboek aangeteken nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.2 BANKREKONSILIASIE Die inligting verskyn in die boeke van Donald Handelaars vir Mei 2023. GEVRA: 1.2.1 Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening deur die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien is, te voltooi. (12) 1.2.2 Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Mei 2023 op. (7) 1.2.3 Verskaf EEN voorstel hoe die probleem van vervalste note voorkom kan word. (2) 1.2.4 Donald is bekommerd oor die uitstaande deposito’s. Verskaf TWEE interne beheermaatreëls wat hy kan implementeer om hierdie probleem aan te spreek. (4) INLIGTING: A. Uittreksel: Bankrekonsiliasiestaat op 30 April 2023 Deposito nog nie aangeteken: 18 April 2023 R 24 300 27 April 2023 7 100 EFO nog nie op staat: Nr. 245 11 300 Nr. 246 6 750 Batige saldo volgens bankrekening 8 800 LET WEL: • Die deposito op 18 April 2023 en EFO Nr. 245 verskyn op die bankstaat vir Mei 2023 met die korrekte bedrae soos hierbo getoon. • Die deposito op 27 April 2023 verskyn as R5 000 op die staat as gevolg van die vervalste note wat by die deposito ingesluit was. Hierdie bedrag moet afgeskryf word aangesien die geld nie ingevorder kan word nie. • EFO 246 verskyn op die Mei 2023-staat met die korrekte bedrag van R6 250. B. Voorlopige totale vir die Kontantjoernale op 31 Mei 2023: Kontantontvangstejoernaal R76 270 Kontantbetalingsjoernaal R88 625 C. Inligting op die bankstaat, nie in die Kontantjoernale vir Mei 2023 nie: Bankkoste R 235 Debietorder vir die maand se versekering 1 140 Direkte deposito deur die huurder vir huur 4 600 Deposito deur ʼn debiteur ter vereffening van sy rekening 7 030 van R7 500 Deposito deur Uzu Tegniese Kollege 15 000 * Dit is ʼn fout op die staat aangesien die besigheid nie sake met die kollege doen nie. Dit sal op die volgende staat reggestel word. D. Inligting in die Kontantjoernale vir Mei 2023, nie op die staat nie: • Uitstaande deposito’s: 19 Mei 2023 R11 400 26 Mei 2023 R10 800 • Uitstaande EFO Nr. 658 R 6 900 E. Die saldo volgens bankstaat is R? 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 5 VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (40 punte; 30 minute) 2.1 JABE REISTOERUSTING Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023. Die besigheid vervaardig sportsakke en John is die eienaar. GEVRA: 2.1.1 Bereken die totale Fabrieksbokoste. Gebruik die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien word. Toon ALLE berekeninge. (12) 2.1.2 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 op. (8) INLIGTING: A. Voorraadsaldo’s: 28 FEBRUARIE 2023 28 FEBRUARIE 2022 Goedere-in-bewerking R 23 600 R 35 400 Indirekte fabrieksmateriaal 9 300 12 700 B. Transaksies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023: Materiaal in fabriek vir produksie gebruik R 374 500 Indirekte materiaal vir gebruik in fabriek aangekoop 87 600 Diverse fabriekskoste 65 570 Salarisse en lone: Produksielone ? Fabriekskoonmaakpersoneel 48 510 Administrasiepersoneel 283 500 Verkoopspersoneel 217 400 Huuruitgawe 126 000 Water en elektrisiteit 82 000 Versekering 33 600 C. Addisionele inligting en aansuiwerings: • Lone van die fabriekskoonmaakpersoneel is uit die joernaal vir Februarie 2023 uitgelaat. Besonderhede is as volg: Totale bruto Totale Totale netto Totale werkgewers- lone aftrekkings lone bydre R4 200 R504 R3 696 R210 Werkgewersbydraes word by salarisse en lone bygetel. • 2/ 3 van die huuruitgawe het op die fabriek betrekking. • ʼn Bedrag van R7 400 vir water en elektrisiteit vir Februarie 2023 is steeds uitstaande. Die fabriek gebruik 65% van die water en elektrisiteit. • Versekering is vanaf 1 Maart 2022 tot 30 Junie 2023 betaal. Hierdie uitgawe moet in die verhouding 4 : 2 : 1 tussen die fabriek, administrasie- en verkoopsafdelings onderskeidelik verdeel word. D. Die besigheid het 10 500 sportsakke teen ʼn koste van R112,80 per sak vervaardig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.2 FAZEL VERVAARDIGERS Fazel Khan is die eienaar van die besigheid en hulle vervaardig rokke. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2023 geëindig. GEVRA: 2.2.1 Beheer oor grondstowwe • Fazel is bekommerd oor die vermorsing van materiaal tydens produksie. Bereken die aantal meters materiaal wat vermors is. (4) • Verskaf TWEE moontlike redes vir hierdie vermorsing. (4) 2.2.2 Gelykbreekontleding • Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023. (4) • Verduidelik of die besigheid tevrede behoort te voel met die die aantal eenhede gedurende die huidige finansiële jaar vervaardig. Verskaf TWEE punte. (4) • Fazel is bekommerd oor die toename van R81 900 in totale vaste koste. Verskaf EEN rede waarom hy nie bekommerd behoort te wees nie. Haal syfers aan. (4) INLIGTING: A. Direkte materiaal voorraad: Materiaal Beginvoorraad 1 720 meters Aankope 14 230 meters Materiaal aan die fabriek uitgereik 13 050 meters LET WEL: 1,8 meter materiaal word vir elke rok gebruik. B. Produksie, verkope en gelykbreek-eenhede: 2023 2022 Aantal eenhede vervaardig en verkoop 7 200 6 750 Aantal eenhede vir gelykbreek ? 7 074 C. Addisionele inligting: 28 Februarie 2023 2022 Totaal Per eenheid TOTAAL R R R Verkope 4 176 000 580 3 813 750 Vaste koste 1 850 400 257 1 768 500 Veranderlike koste 2 304 000 320 2 126 250 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 7 VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE EN BTW (40 punte; 30 minute) VOORRAADWAARDASIE 3.1 Kies ʼn woord/term van die lys verskaf vir elke beskrywing hieronder. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. deurlopende; spesifieke identifikasie; geweegde gemiddelde; periodieke; eerste-in-eerste-uit 3.1.1 Metode wat aanvaar voorraad word in volgorde van aankope verkoop 3.1.2 Die stelsel verseker koste van verkope word by punt van verkope bereken 3.1.3 ʼn Unieke of individuele waarde word aan voorraaditems toegeken 3.1.4 Hierdie metode is gepas vir lae-waarde items wat in massa aangekoop word (4) 3.2 LYON WINKELS Die besigheid wat besit word deur Lyon, verkoop een soort leerbeursie. Die besigheid gebruik die geweegde-gemiddeldemetode en die periodieke voorraad- stelsel om die waarde van voorraad te bepaal. GEVRA: Verwys na Inligting A: 3.2.1 Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023: • Waarde van eindvoorraad (7) • Aantal eenhede vermis (4) 3.2.2 Verduidelik TWEE strategieë wat Lyon kan gebruik om die probleem van klante wat items steel, aan te spreek. (2) 3.2.3 Die gemiddelde voorraadhoudingsperiode is 73,7 dae. Verduidelik of Lyon hieroor bekommerd moet wees. Verskaf EEN punt. (2) Verwys na Inligting B: Gedurende Oktober het Lyon twee soorte skootrekenaarsakke begin vewaardig. 3.2.4 Bereken die koste van verkope van die skoot rekenaarsakke. (5) 3.2.5 Lyon verstaan nie hoekom die verkope van die Coma-sakke beter was as die verkope van Komfi nie. Verskaf TWEE moontlike redes. (4) INLIGTING: A. Leerbeursies: Aantal Kosprys Datum Totale waarde beursies per beursie Voorraad- 1 Maart 2022 480 R71 040 saldo’s 28 Feb 2023 360 ? Aankope Mei 2022 450 R155 R 69 750 Augustus 2022 800 R180 144 000 Oktober 2022 500 R195 97 500 Januarie 2023 250 R205 51 250 TOTAAL 2 000 362 500 Terugsendings Januarie 2023 30 R205 6 150 Vraggeld op Totale vraggeld van R20 960 is gedurende die jaar op aankope aankope betaal. Lyon Winkels is nie vir vraggeld op terugsendings vergoed (terugbetaal) nie. Verkope 2 050 eenhede is teen R295 elk verkoop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) B. Skootrekenaarsakke: Handelsnaam (model) KOMFI COMA Eenhede gekoop 200 300 Kosprys per eenheid R680 R920 Totale aankope-bedrag R136 000 R276 000 Eenhede verkoop 112 220 Verkoopprys per eenheid R1 190 R1 380 Totale bedrag van verkope R133 280 R303 600 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW) 3.3 Die inligting het betrekking op Big Winkels vir die 2-maande BTW-periode wat op 30 April 2023 eindig. Die standaard BTW-koers is 15%. GEVRA: 3.3.1 Bereken die BTW-bedrag aan SAID betaalbaar op 30 April 2023. LET WEL: Die gegewe foute en weglatings moet in ag geneem word. (10) 3.3.2 Die interne ouditeur het ontdek dat die eienaar, Benjamin, die BTW wat van klante ingevorder is, gebruik het om salarisse en bonusse te betaal en dat hy nie die volle bedrag verskuldig aan SAID op die sperdatums betaal het nie. Verskaf EEN punt van advies aan Benjamin en ʼn verduideliking of rede om die advies te ondersteun. (2) INLIGTING: A. Bedrag verskuldig aan SAID op 1 April 2023 was R12 750. B. Bedrae uit die joernale op 30 April 2023: BTW INGESLUIT BTW Totale Verkope R 486 450 R 63 450 Krediet Aankope van voorraad 167 900 21 900 C. Foute en weglatings opgemerk: • Voorraad, kosprys R4 300 (BTW uitgesluit), wat die eienaar geneem het, is nog nie aangeteken nie. • Nulkoers-items met ʼn verkoopprys van R25 000 (BTW uitgesluit) is by Verkope ingesluit. • BTW op korting toegestaan aan debiteure is nie aangeteken nie. Die totale korting toegestaan is R14 720. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 9 VRAAG 4: BEGROTING (35 punte; 30 minute) Die gedeeltelik-voltooide Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste is deur die boekhouer van Grandma Handelaars vir die periode 1 Augustus 2023 tot 30 September 2023 voorberei. Die eienaar van die besigheid is Prudence John. GEVRA: 4.1 Lys TWEE items wat nie in ʼn Kontantbegroting sal voorkom nie. (2) 4.2 Bereken die ontbrekende bedrae soos deur (i) tot (iv) op die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste aangedui. (13) 4.3 Bereken die volgende: • Die kosprys van die nuwe voertuig op 1 Augustus 2023 aangekoop (5) • Die besparing op rente op lening na die terugbetaling op die lening (3) 4.4 Verwys na die werklike en begrote bedrae vir Augustus 2023: Lewer kommentaar op die beheer oor die volgende items: Haal syfers aan. • Telefoon, water en elektrisiteit (3) • Advertensies (4) 4.5 ʼn Nuwe mededinger het gedurende Augustus 2023 vanaf ʼn nabygeleë perseel begin sake doen. Prudence het besluit om die winsopslag % te verlaag en om meer goedere op krediet te verkoop. • Verduidelik die effek van die verlaging van die winsopslag % op bruto wins. Haal syfers aan. (3) • Verskaf EEN nadeel verbonde aan die verkoop van meer goedere op krediet. (2) INLIGTING: A. Die besigheid gebruik ʼn winsopslag persentasie van 60% op kosprys. Voorraad verkoop, word in die maand van verkope vervang. B. Daar word verwag dat verkope met 10% per maand sal styg. C. Bestuurders se salarisse: Die besigheid het ʼn verkoopsbestuurder en ʼn kantoorbestuurder in diens. Die kantoorbestuurder verdien R300 (per maand) meer as die verkoopsbestuurder. Die verkoopsbestuurder sal vanaf 1 September 2023 ʼn 5% verhoging ontvang. D. ʼn Afleweringsvoertuig is op 1 Augustus 2023 aangekoop. Waardevermindering op voertuie word teen 15% p.j. op kosprys bereken. E. Huurinkomste sal vanaf 1 September 2023 met 7,5% p.j. verhoog. F. Rente op lening word teen 14% p.j. op die uitstaande saldo gehef. Rente word op die laaste dag van elke maand betaal en word nie gekapitaliseer nie. Die besigheid beplan om R90 000 van die lening op 1 September 2023 te betaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/SEPTEMBER 2023) G. Inligting uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste vir Augustus en September 2023 onttrek: AUGUSTUS AUGUSTUS SEPTEMBER BEGROOT WERKLIK BEGROOT Verkope 224 000 252 000 246 400 Koste van verkope (140 000) (168 000) (i) Bruto wins 84 000 Ander inkomstes Huurinkomste (ii) 16 340 Kommissie-inkomste 13 440 15 450 14 784 Korting ontvang 2 320 Bruto bedryfsinkomste Bedryfsuitgawes (48 700) Salarisse (twee bestuurders) 18 700 18 700 (iii) Lone (skoonmaker) 2 180 2 180 2 289 Onderhoud 7 000 2 000 7 000 Voertuiguitgawes 0 3 600 0 Administrasie-uitgawes Telefoon, water en elektrisiteit 2 800 4 480 2 800 Versekering 2 200 2 200 2 200 Advertensies 6 800 7 375 7 390 Waardevermindering 12 000 14 875 14 875 Handelsvoorraadtekort 0 3 200 Bedryfswins (iv) Rente-inkomste (teen 8% p.j.) 640 640 640 Wins voor rente-uitgawe 59 940 Rente op lening (6 300) (6 300) (5 250) Netto wins 53 640 35 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 11 GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedyfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en Kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope of kredietaankope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Interim dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividend per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste. Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: * In hierdie geval, indien daar gedurende ʼn finansiële jaar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Accounting

Explore more published documents in this catalogue.

View all
ACCOUNTING P2 QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans hlayiso.com | Hlayiso