NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
REKENINGKUNDE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, insluitend
ʼn formuleblad en ʼn 11 bladsy-antwoordeboek.
Skip to contentAll 2023 papers 


%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)


View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 541.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
TYD
VRAAG ONDERWERP PUNTE
(minute)
Berekening van korrekte netto wins en
1 60 45
Staat van Finansiële Posisie
Notas tot Finansiële State,
2 40 30
Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers
3 Vertolking van Finansiële State 35 30
4 Korporatiewe Bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 3
VRAAG 1: BEREKENING VAN NETTO WINS EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE
(60 punte; 45 minute)
1.1 Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is.
1.1.1 Aandeelhouers is verantwoordelik vir die bestuur van die maatskappy.
1.1.2 Die Staat van Finansiële Posisie toon die finansiële posisie van ʼn
maatskappy op ʼn spesifieke datum.
1.1.3 Die Staat van Omvattende Inkomste toon die wins of verlies vir die
finansiële jaar.
(3 x 1) (3)
1.2 LUX BPK.
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op 30 Junie 2023.
GEVRA:
1.2.1 Verwys na Inligting B (i).
Bereken die waarde van eindvoorraad deur die EIEU-metode te gebruik. (4)
1.2.2 Verwys na Inligting A en B:
Gebruik die tabel wat gegee word om die korrekte netto wins na
belasting vir die jaar geëindig 30 Junie 2023 te bereken.
Dui '+' vir vermeerdering en '-' vir vermindering by elke aangesuiwerde
bedrag aan. (21)
1.2.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 30 Junie 2023. (32)
LET WEL:
• Aansuiwerings van Inligting B moet oorweeg word wanneer die Staat
van Finansiële Posisie voltooi word.
• Toon bewerkings.
• Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingevul.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
INLIGTING:
A. Uittreksel van Voor-aansuiweringsproefbalans op 30 Junie.
2023 2022
(R) (R)
Gewone aandelekapitaal ? 6 800 000
Behoue inkomste 895 000
Verbandlening: Govee Bank ? 3 985 000
Vaste bates (drawaarde) 7 711 501
Vaste deposito ?
Handelsvoorraad 2 024 500
Debiteurekontrole 942 460
Bank (gunstig) 53 440
Krediteurekontrole 1 962 260
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 914 600
Aandeelhouers vir dividende 616 500
Voorsiening vir oninbare skulde ? 25 300
Versekering 128 400
Huur inkomste 168 000
B. Die netto wins voor belasting, R3 551 841, is bereken voordat die volgende in
ag geneem is:
(i) Die voorraadstaat hieronder is weggelaat toe die finale voorraadsyfers
bereken is.
LET WEL: Die EIEU voorraadwaardasiemetode is gebruik.
Eenhede Eenheidsprys Totaal
Beginvoorraad 850 R60 R51 000
Aankope:
November 2022 640 R90 R57 600
April 2023 350 R100 R35 000
Eindvoorraad 400
(ii) Toerusting gekoop op 1 Januarie 2017, kosprys R360 000, is vir kontant
vir R43 000 op 29 Junie 2023 verkoop. Geen inskrywings is vir die verkoop
van die toerusting gemaak nie.
Die toerusting se waarde het teen in vaste bedrag oor 6 jaar verminder.
(iii) Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R28 500 aangesuiwer word.
(iv) Versekering sluit ʼn bedrag van R40 800 in, wat vir die tydperk
1 Januarie 2023 tot 31 Desember 2023 betaal is.
(v) Huur is vir die tydperk 1 Julie 2022 tot en met 30 September 2023 ontvang.
Dit sluit ʼn verhoging van R800 per maand vanaf 1 April 2023 in.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 5
(vi) ʼn Krediteur met ʼn debietsaldo van R11 000 moet na die debiteuregrootboek
oorgeplaas word.
(vii) Inligting van die leningstaat ontvang vanaf Govee Bank:
• Maandelikse terugbetalings, insluitend rente van R45 000.
Rente op die lening word gekapitaliseer.
• Saldo op 30 Junie 2023, R3 755 000.
LET WEL: Die huidige gedeelte van die lening sal in die volgende
finansiële jaar met R70 000 verhoog word.
C. Nadat die bogenoemde weglatings in ag geneem is, is daar vasgestel dat
R65 500 aan SAID verskuldig is.
D. ʼn Finale dividend van 45c per aandeel is verklaar.
E. Die volgende finansiële aanwyser is op 30 Junie 2023 bereken:
• Netto batewaarde per aandeel (NBW): 420 sent
F. ʼn Vaste deposito is op 25 Junie 2023 by Best Bank gemaak.
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
(40 punte; 30 minute)
2.1 Kies die korrekte woord uit die lys hieronder wat die beste by elke stelling
hieronder pas. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
Likiditeit; Hefboomfinansiering; Winsgewendheid; Solvensie
2.1.1 Gebruik van geleende kapitaal (lenings) om die besigheid te finansier.
2.1.2 Vermoë van die besigheid om korttermynskuld te betaal.
2.1.3 Vermoë om alle skuld te delg deur die bates van die besigheid te
gebruik. (3 x 1) (3)
2.2 TUMBA BPK.
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 30 April 2023.
GEVRA:
2.2.1 Voltooi die Gewone Aandelekapitaal-nota. (6)
2.2.2 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:
• Inkomstebelasting betaal (5)
• Dividende betaal (3)
2.2.3 Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat.
• Kontantgevolge van beleggingsaktiwiteite (7)
• Netto verandering in kontant en kontantekwivalente (4)
2.2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 April 2023.
• Vuurproefverhouding (4)
• % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (4)
• Tussentydse dividende per aandeel (4)
LET WEL: Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingevul.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 7
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste op 30 April 2023
Verkope 3 188 150
Waardevermindering 413 000
Rente-uitgawe 78 000
Netto wins na belasting 637 630
LET WEL: Die inkomstebelastingkoers is 30%.
B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 30 April:
2023 2022
Vaste bates (drawaarde) 4 094 900 3 830 000
Finansiële bates 190 000
Voorrade 720 800 520 000
Handels- en ander ontvangbares 240 000 356 000
Kontant en kontantekwivalente 56 600 6 500
Aandeelhouersbelang 6 062 000 5 124 800
Gewone aandelekapitaal 5 852 000 4 704 000
Behoue inkomste 210 000 420 800
Handels- en ander betaalbares 90 440
SAID: Inkomstebelasting Dt 21 270 Kt 36 600
Aandeelhouers vir dividende ? 265 000
Bankoortrekking 0 38 400
Bedryfslaste 360 700 430 440
C. Vaste bates:
• Uitbreidings aan grond en geboue is gedurende die jaar teen ʼn koste van
R830 400 voltooi.
• Toerusting is gedurende die jaar teen drawaarde verkoop.
D. Aandelekapitaal en dividende:
• Die gemagtigde aandelekapitaal het uit 2 100 000 aandele bestaan.
• Op 1 Mei 2022 was 70% van die gemagtigde aandele reeds uitgereik.
• Op 30 Junie 2022 is 300 000 addisionele aandele uitgereik.
• Op 30 September 2022 is ʼn tussentydse dividend van R318 600 betaal.
• 230 000 aandele is op 31 Januarie 2023 teruggekoop.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (35 punte; 30 minute)
JMP BPK.
Die inligting hou verband met die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie 2023.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf syfers, tendense, finansiële aanwysers of berekeninge in ELKE
geval om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun.
3.1 Die maatskappy se totale verkope het van 2022 tot 2023 toegeneem en die
bedryfsaktiwiteite is in 2023 beter beheer.
• Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers wat beter beheer oor
bedryfsaktiwiteite aandui. (4)
• Haal aan en verduidelik EEN gepaste aanwyser wat direk tot die toename in
verkope bygedra het. (2)
3.2 Identifiseer TWEE finansiële aanwysers wat ʼn verbetering in die likiditeit van die
maatskappy aandui. (2)
3.3 Die direkteure het besluit om die lening aan die begin van 2023 te verhoog.
Verduidelik hoekom jy met hul besluit saamstem. Haal TWEE finansiële
aanwysers met tendense aan. (8)
3.4 Aandeelhouers koop aandele in maatskappye as ʼn korttermynbelegging terwyl
ander dit as ʼn langtermynbelegging doen.
Verduidelik hoe die verandering in die dividenduitbetalingsbeleid die
beleggingskeuses van elke tipe aandeelhouer beïnvloed. Haal vergelykende
syfers aan. (6)
3.5 Aandeelhouers is verdeeld oor die prys wat vir die terugkoop van aandele betaal
is.
Verskaf EEN punt ter ondersteuning van, en EEN punt teen die prys wat vir die
aandele betaal is. Haal EEN finansiële aanwyser vir elke punt aan. (4)
3.6 Verwys na inligting C.
Die direkteure van die maatskappy het besluit om ʼn bykomende 50 000 aandele
in die nuwe finansiële jaar uit te reik.
• Bereken die minimum aantal aandele wat S. Lucus moet koop om ʼn
meerderheidsaandeelhouer te word. (5)
• Noem TWEE punte waarom S. Lucus ʼn meerderheidsaandeelhouer wil word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 9
INLIGTING:
A. Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie:
2023 2022
Winsopslag % behaal 55% 70%
% bedryfsuitgawes op verkope 17,3% 21,2%
% bedryfswins op verkope 22,1% 16,5%
% netto wins op verkope 17,2% 13,9%
Debiteure-invorderingsperiode 31 dae 44 dae
Voorraadhoudingstydperk 65 dae 62 dae
Krediteure-betalingsperiode 62 dae 45 dae
% opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB) 19,5% 17,6 %
Dividenduitbetalingskoers 40% 80%
Skuld-ekwiteit verhouding 0,4 : 1 0,3 : 1
% opbrengs op totale kapitaal aangewend
12 % 11.5%
(OOTKA)
Netto batewaarde per aandeel (NBW) 1 200 sent 900 sent
B. Addisionele inligting op 28 Februarie:
2023 2022
Markprys van aandele 1 320 sent 1 150 sent
Terugkoopprys van aandele 1 420 sent
Rente op lenings 10% 10%
Rente op alternatiewe beleggings 6% 6%
C. Aandele en persentasie aandeelhouding op 28 Februarie 2023:
Aantal uitgereikte aandele 650 000
% aandeelhouding van S. Lucus 48%
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute)
4.1 Die volgende is drie tipes verslae wat uitgereik kan word nadat die finansiële
state van ʼn maatskappy geoudit is.
Gekwalifiseerde verslag Vrywaring van mening Ongekwalifiseerde
verslag
• Watter tipe ouditverslag sal aandeelhouers ontmoedig om aandele in ʼn
maatskappy te koop? (1)
• Verskaf TWEE redes waarom aandeelhouers nie sal belangstel om aandele
in so ʼn maatskappy te koop nie. (4)
4.2 Verduidelik waarom ʼn maatskappy se finansiële state deur onafhanklike
ouditeure geoudit moet word. Verskaf TWEE punte. (4)
4.3 Die volgende is aan die maatskappy gerapporteer.
Een van die direkteure, die Hoof Finansiële Beampte (HFB) en die Onafhanklike
Ouditeur van die maatskappy blyk goeie vriende te wees aangesien hulle elke
tweede week sosiaal vergader.
As ʼn aandeelhouer, hoekom sou jy oor hierdie soort verhouding bekommerd
wees? Verduidelik DRIE punte (een vir elke persoon betrokke soos in die
ANTWOORDEBOEK aangedui). (6)
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 11
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende
ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum