Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
10712
REKENINGKUNDE
V2
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
14 bladsye + ʼn formuleblad
b.o.
Skip to contentAll 2020 papers %20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 347.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
(Vraestel 2) 10712/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die onderstaande instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig na.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
word.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om jou vrae te beantwoord.
6. Waar van toepassing, toon alle berekeninge tot EEN desimale punt.
7. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
(Vraestel 2) 10712/20
8. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ʼn gids om die vraestel te
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk nie.
VRAAG 1: 35 punte; 30 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële Rekeningkunde
Bankversoening
Versoening en BTW BTW
Bestuur van hulpbronne
Internekontrole
Etiek
VRAAG 2: 40 punte; 30 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Vervaardiging Konsepte
Produksiekostestaat
Gelykbreekpuntontleding
VRAAG 3: 45 punte; 35 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële Rekeningkunde
Vaste Bates en Vaste Bates
Voorraadwaardasie Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie
Internekontrole
VRAAG 4: 30 punte; 25 minute
Onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Kontantbegroting
Begroting Berekeninge
Bestuur van hulpbronne
Internekontrole
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
(Vraestel 2) 10712/20
VRAAG 1: VERSOENING EN BTW (35 punte; 30 minute)
1.1 BANKVERSOENING
Die volgende inligting rakende Woodmead Handelaars word aan jou
voorgehou. Hulle benodig jou hulp met die opstelling van die
Bankversoeningstaat vir Junie 2020. Die finansiële jaar eindig jaarliks op
30 Junie 2020.
GEVRA:
1.1.1 Identifiseer die items wat in die KOJ aangeteken moet word. (4)
1.1.2 Identifiseer die items wat in die KBJ aangeteken moet word. (3)
1.1.3 Voltooi die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2020. (7)
1.1.4 Verduidelik hoe die onderneming item 9 moes hanteer het. (2)
1.1.5 Was dit volgens jou ʼn goeie besluit deur Woodmead Handelaars om ʼn
vaste deposito ten bedrae van R100 000 op 15 Junie 2020 aan te
gaan? Verduidelik jou antwoord. Haal syfers of bewyse uit die vraag
aan om jou antwoord te staaf. (3)
INLIGTING:
Die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2020 toon die volgende:
Gunstige saldo volgens Bankstaat R44 000
Uitstaande deposito (gedateer 31 Mei 2020) R55 200
Uitstaande tjeks:
Nr. 7155 (gedateer 15 Desember 2019) R5 000
Nr. 7710 (gedateer 20 Mei 2020) R22 800
Nr. 7747 (gedateer 31 Julie 2020) R136 000
Ongunstige saldo volgens Bankrekening R64 600
Nadat die Bankstaat van Stander Bank met die Kontantontvangstejoernaal
(KOJ) en Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) vergelyk is, het die volgende verskille
aan die lig gekom:
Item 1 ʼn Deposito van R55 200 verskyn slegs op die Bankstaat van
1 Junie 2020 en nie in die Junie joernale nie.
Item 2 ʼn Deposito van R37 200 verskyn in die KOJ op 29 Junie 2020,
maar nie in die Junie Bankstaat nie.
Item 3 ʼn Direkte deposito vir R10 000 is deur Oxford Produkte in die
bankrekening van Woodmead Handelaars gemaak. Dit was ten
opsigte van kommissie-inkomste. Die bedrag verskyn op die
Bankstaat, maar nie in die hulpjoernale nie.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
(Vraestel 2) 10712/20
Item 4 Bankkoste van R1 070 kom voor op die Bankstaat, maar nie in die
hulpjoernale nie.
Item 5 ʼn Bedrag van R410 is op die Bankstaat gekrediteer vir rente. Die
bedrag is nog nie in die joernale aangeteken nie.
Item 6 Die Bankstaat toon ʼn geweierde tjek van R3 800. Die tjek is
oorspronklik ontvang van M McGee ter vereffening van sy skuld
van R4 500. Hierdie tjek is op 5 Junie 2020 in die KOJ
aangeteken.
Item 7 Op 15 Junie 2020 toon die Bankstaat ʼn gunstige saldo van
R120 000. Woodmead Handelaars doen ʼn direkte oorplasing van
R100 000 op dieselfde dag na Maxima Bank, om sodoende ʼn
hoër opbrengs op ʼn vaste deposito vir 6 maande te verkry. Die
transaksie verskyn wel in die joernale, maar nog nie op die
Bankstaat nie.
Item 8 Tjek nr. 7155 is verouderd en moet gekanselleer word. Die tjek is
oorspronklik uitgereik as ʼn donasie ten bate van die
Renosterbewaringstrust, maar het in die pos verlore geraak. Daar
is besluit om die donasie te verhoog en ʼn EFO (elektroniese fonds
oorplasing) vir R6 000 is aan die Renosterbewaringstrust gemaak.
Geen inskrywings is al gedoen nie.
Item 9 Op 30 Junie 2020 het ʼn debiteur J Collins ʼn tjek gedateer 30 Julie
2020, ter vereffening van sy skuld van R12 200 as betaling
aangebied.
Item 10 Tjek nr. 7710 vir R22 800 verskyn op die Bankstaat van Junie,
maar nie in Junie se joernale nie.
Item 11 ʼn EFO (elektroniese fonds oorplasing) van R15 400 verskyn in die
KBJ op 30 Junie 2020. Op die Bankstaat gedateer 29 Junie 2020
is dit uitstaande.
Item 12 Op die Bankstaat verskyn daar ʼn inskrywing vir R44 op 16 Junie
2020, met die opmerking “diverse”. Hierdie onregmatige
inskrywing is deur ʼn bankamptenaar gedoen en is bedrog. Die
bedrag van R44 verskyn ook op die Bankstate van 16 April 2020
en 16 Mei 2020. Woodmead Handelaars het hierdie transaksies
as ‘bankkoste’ aangeteken in die KBJ’s van April en Mei maand.
Stander Bank het ingestem om al drie hierdie bedrae dadelik
terug te skryf.
19
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
(Vraestel 2) 10712/20
1.2 BTW
EKUDIBENG HANDELAARS
Die volgende inligting is verkry uit die rekeningkundige rekords van
Ekudibeng Handelaars. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2020.
Alle goedere aangekoop en verkoop is onderhewig aan 15% BTW.
GEVRA:
Gebruik die onderstaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.
1.2.1 Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (A) tot (C). (7)
1.2.2 Bereken die bedrag BTW betaalbaar aan of ontvangbaar van
SAID op 29 Februarie 2020. Dui aan of die bedrag onder
bedryfsbates of bedryfslaste in die Balansstaat aangeteken sal
word. (7)
1.2.3 Gee TWEE moontlike redes vir die inskrywing van R576 aan die
debietkant van die rekening. (2)
INLIGTING:
A. Die volgende Algemene Grootboekrekening toon die konsolidering
van die BTW Inset en BTW Uitset rekeninge:
BTW- KONTROLEREKENING
2020 Debiteure- 2020
Feb
29 AJ 576 Feb 29 Bank KOJ 15 360
kontrole
Debiteure- Debiteure-
DAJ 2 304 DJ 23 040
kontrole kontrole
Krediteure- KJ (A) Onttrekkings AJ (C)
kontrole
Krediteure-
Bank KBJ (B) KAJ 1 800
kontrole
B. Addisionele Inligting:
• Die totale krediet aankope vir Februarie 2020 is R138 000
(BTW ingesluit).
• 25% van alle goedere word vir kontant aangekoop.
• Die eienaar het handelsvoorraad met ʼn kosprys van R6 000
(BTW uitgesluit) vir persoonlike gebruik geneem. Die
onderneming handhaaf ʼn winsopslag persentasie van 60% op
kosprys.
16
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
(Vraestel 2) 10712/20
VRAAG 2: VERVAARDIGING (40 punte; 30 minute)
2.1 MANGA VERVAARDIGERS
Die volgende inligting is verkry uit die rekeningkundige rekords van Manga
Vervaardigers vir die finansiële jaar geëindig 30 September 2020. Die
onderneming vervaardig etniese komberse.
GEVRA:
2.1.1 Bereken die waarde van die slotvoorraad van grondstofvoorraad. (5)
2.1.2 Bereken die waarde van die direkte materiaalkoste uitgereik vir
produksie. (4)
2.1.3 Bereken die direkte arbeidskoste. (8)
2.1.4 Voltooi die produksiekostestaat vir die jaar geëindig
30 September 2020. (11)
INLIGTING:
A. Grondstofvoorraad (Materiaal):
Die onderneming gebruik die EIEU metode van voorraadwaardering.
Manga Vervaardigers het 16 160 komberse vervaardig vir die jaar
geëindig 30 September 2020.
Aantal Prys per Totale
meter meter Bedrag
(R)
Aanvangsvoorraad 2 400 R162 388 800
Slotvoorraad 6 800 ?
B. Aankope en terugsendings van grondstofvoorraad.
Aantal Prys per Totale
meter meter Bedrag
(R)
Oktober 2019 11 000 R162 1 782 000
aankope
November 2019 16 000 R173 2 768 000
aankope
Maart 2020 aankope 4 000 R168 672 000
Maart 2020 (400) R168 (67 200)
terugsendings
30 600 5 154 800
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
(Vraestel 2) 10712/20
C. Arbeidskoste:
• Daar is tien fabriekswerkers en elkeen het 1 920 uur per jaar, teen ʼn
tarief van R25 per uur gewerk. Gesamentlik het hul 560 uur oortyd,
teen twee keer die normale tarief per uur gewerk.
• Die fabrieksassistent word R80 000 vir die jaar betaal. Sy spandeer
75% van haar tyd om die fabriek skoon te maak en 25% van haar tyd
om etikette op die komberse te stik.
• Die onderneming dra 1% by tot die WVF vir al hul werkers.
D. Ander koste vir die finansiële jaar (na al die aansuiwerings):
2020 2019
(R) (R)
Totale vaste koste per eenheid 252 227
• Fabrieksbokoste per eenheid ? 206
• Administratiewe koste per eenheid 22 21
E. Voorraad saldo’s wat voorgekom het in die boeke van Manga
Vervaardigers:
2020 2019
(R) (R)
Werk in proses voorraad 20 000 60 000
Klaarproduktevoorraad ? 520 000
Daar was 840 voltooide komberse voorhande aan die einde van die jaar.
2.2 MISCHKA MAGIC
Die inligting is aangaande Mischka Magic, ʼn onderneming wat malvalekkers
vervaardig. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2020.
GEVRA:
2.2.1 Verduidelik waarom dit noodsaaklik is om jaarliks die gelykbreekpunt te
bereken. Verskaf TWEE redes. (4)
2.2.2 Verskaf ʼn berekening om die gelykbreekpunt van 3 998 eenhede te
bewys. (4)
2.2.3 Behoort Mischka bekommerd te wees oor die gelykbreekpunt van
2020? (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
(Vraestel 2) 10712/20
INLIGTING:
2020 2109
TOTALE PER
PER EENHEID
KOSTE EENHEID
Totale vaste koste R109 945 R54,97 R52,50
Totale veranderlike
koste R120 000 R60,00 R25,00
Verkoopprys per
houer R87,50 R70,00
Aantal houers
vervaardig en
verkoop 2 000 1 500
Gelykbreekpunt 3 998 1 750
40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
(Vraestel 2) 10712/20
VRAAG 3: VASTE BATES EN VOORRAADWAARDASIE (45 punte; 35 minute)
3.1 TALLIES BPK
Die volgende inligting rakende Tallies Bpk vir die finansiële jaar geëindig
29 Februarie 2020, word aan jou voorgehou.
GEVRA:
Verwys na Inligting A.
Bereken die ontbrekende syfers aangedui deur (A) tot (C) in die Vaste Bate
Nota. (12)
INLIGTING:
A. Onvoltooide Vaste Bate nota:
VOERTUIE TOERUSTING
Drawaarde (01/03/ 2019)
Kosprys 500 000 1 200 000
Opgehoopte
(480 000) (350 000)
waardevermindering
Bewegings:
Toevoegings 460 000 0
Bateverkope ? (C)
Waardevermindering (A) (B)
Drawaarde (29/02/2020) 600 000
Koste 460 000
Opgehoopte
waardevermindering
• ʼn Nuwe voertuig is op 1 Junie 2019 aangekoop.
• Op 1 Oktober 2019 is die onderneming se ou voertuig met ʼn
kosprys van R500 000, aan die plaaslike kinderhuis geskenk. Die
opgehoopte waardevermindering op die voertuig was R480 000 op
1 Maart 2019.
• Verouderde toerusting is op 29 Februarie 2020 teen drawaarde
afgeskryf.
• Waardevermindering word as volg bereken:
Voertuie teen 15% op die kosprys
Toerusting teen 20% op die drawaarde metode
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
(Vraestel 2) 10712/20
3.2 VOORRAADWAARDASIE
Die volgende inligting is verkry uit die rekords van Sak en Pak vir die 2020
finansiële jaar. Die onderneming verkoop handsakke en reistasse. Die syfers
aan jou voorgehou is ten opsigte van die Iccug handsak. Die onderneming
gebruik die periodieke voorraadopnamestelsel en die geweegde gemiddelde
metode vir voorraadwaardasie.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die waarde van die slotvoorraad op 29 Februarie 2020. (10)
3.2.2 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020:
• Koste van Verkope (3)
• Brutowins (3)
• Gemiddelde voorraadhoudingstydperk (in dae) (5)
3.2.3 Behoort die eienaar tevrede te wees met die voorraadhoudings-
tydperk hierbo bereken? Verduidelik. Haal syfers aan om jou antwoord (3)
te staaf.
LET WEL: Die voorraadhoudingstydperk vir 2019 was 65 dae.
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s:
TOTAAL
DATUM EENHEDE (insluitende
vraggeld)
1 Maart 2019 90 R25 640
29 Februarie 2020 194 ?
B. Aankope:
KOSPRYS
PER
DATUM EENHEDE EENHEID TOTAAL
(vraggeld
uitgesluit)
15 Maart 2019 350 R280 R 98 000
20 Julie 2019 624 R310 R193 440
9 September 2019 1 095 R290 R317 550
10 Februarie 2020 515 R300 R154 500
TOTAAL 2 584 R763 490
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
(Vraestel 2) 10712/20
C. Vraggeld op aankope:
Spottie Aflewerings vervoer die handsakke na die onderneming teen ʼn
vaste bedrag van R20 per handsak. Hierdie bedrag het onveranderd
gebly.
D. Terugsendings:
60 van die handsakke wat op 9 September 2019 aangekoop is, is aan
die verskaffer teruggestuur. Die verskaffer het die onderneming met die
kosprys per item gekrediteer, maar geen krediet is op die vraggeld van
hierdie terugsendings toegestaan nie.
E. Verkope: 2 420 eenhede teen R450 elk
3.3 FRIS & FIKS
Fris & Fiks is ʼn afdeling van Sports Groothandelaars. Voorraad word waardeer
deur die EIEU metode te gebruik. Die eienaar is nie tevrede nie, aangesien die
werklike syfers volgens die fisiese voorraadopname nie met die syfers volgens
die Handelsvoorraad in die rekeningkundige rekords ooreenstem nie.
GEVRA:
Identifiseer EEN probleem in terme van hoe elke produk bestuur is ( drie
verskillende probleme). Haal syfers aan om jou antwoord te staaf. Gee raad
hoe elk van die probleme prakties aangespreek kan word. (9)
Gimnasium Gholf T-hemde
handdoeke hoedjies
Aanvangsvoorraad 120 80 150
in eenhede
Aankope in eenhede 5 600 960 1 200
Aantal verkope vir die jaar 4 800 840 930
in eenhede
Slotvoorraad in eenhede 810 200 420
Verkoopprys per eenheid R45 R125 R350
Tydperk van voorraad 50 dae 70 dae 215 dae
voorhande
Kontant gedeponeer vir die R216 000 R100 000 R325 500
jaar
45
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 13
(Vraestel 2) 10712/20
VRAAG 4: BEGROTING (30 punte; 25 minute)
Die inligting aan jou verskaf is ten opsigte van QwaQwa Suiwelprodukte. Die
onderneming verkoop suiwelprodukte met ʼn rakleeftyd van twee maande. Die finansiële
jaar eindig op 31 Mei 2020. Die onervare boekhouer lê die Kontantbegroting voor vir die
drie maande geëindig 31 Augustus 2020. ʼn Aantal foute het in die begroting voorgekom.
GEVRA:
4.1 Identifiseer TWEE items wat nie in hierdie kontantbegroting hoort nie. (2)
4.2 Voltooi die debiteure-invorderingskedule vir Julie en Augustus 2020. (4)
4.3 Die eienaar wil beter beheer oor debiteure verkry. Kredietterme is 30 dae.
4.3.1 Verduidelik waarom die eienaar bekommerd is. Gee TWEE redes met
syfers om jou mening te staaf. (4)
4.3.2 Gee EEN voorstel wat hy kan implementeer om die situasie te
verbeter. (2)
4.4 Bereken die volgende:
4.4.1 Die uitstaande syfers gemerk deur (a) tot (c). (8)
4.4.2 Die verwagte rente op lening wat in Augustus 2020 betaal moet word. (4)
4.4.3 Winsopslag persentasie behaal vir die jaar geëindig 31 Mei 2020. (3)
4.5 Lewer kommentaar of die verandering in winspersentasie ʼn goeie besluit was
al dan nie. Toon relevante syfers om jou antwoord te staaf. (3)
INLIGTING:
A. Die volgende inligting is verkry van die finansiële state op 31 Mei 2020
en 2019.
2019 2020
Verkope ? 1 875 000
Koste van Verkope 900 000 1 250 000
Winsgrens 70% ?
B. Na verwagting sal debiteure hul rekeninge as volg vereffen:
• 30% in dieselfde maand van verkope
• 40% in die daaropvolgende maand
• 25% in die tweede maand na verkope
• Die res sal as oninbaar afgeskryf word in die derde maand.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 14
(Vraestel 2) 10712/20
C. Die onderneming het drie werknemers wat dieselfde salaris verdien. Hulle sal ʼn
verhoging van R900 vanaf 30 Junie 2020 ontvang. Een werker sê sy kind het siek
geword en gevolglik het hy glad nie in Junie vir werk opgedaag nie. Hy het ook
glad nie sy bestuurder gekontak om die situasie te verduidelik nie.
NB: Beleid van QwaQwa Suiwelprodukte is geen werk geen betaling.
D. Munisipaledienste sal na verwagting met 10% daal in Augustus as gevolg van
beurtkrag en wateronderbrekings.
E. Die eienaar, Me Padi beplan om saam met haar familie met vakansie te gaan
gedurende Augustus. Sy sal gevolglik een derde meer as haar gewone
onttrekkings neem.
F. ʼn Lening is op 29 Februarie 2020 ontvang. Die paaiement en rente teen 12% per
jaar sal op 31 Augustus 2020 betaal word.
G. Uittreksel van die Kontantbegroting vir die drie maande geëindig
31 Augustus 2020:
JUNIE JULIE AUGUSTUS
Ontvangstes BEGROOT WERKLIK BEGROOT BEGROOT
Kontantverkope
Kontant ontvang van 57 200 52 500 73 850 ?
debiteure
Korting ontvang 2 300 2 400 2 500 2 500
Huurinkomste 5 000 5 000 5 200 5 200
Betalings
Totale koste van verkope 200 000 210 000 190 000 180 000
Krediet aankope van 145 000 153 000 148 000 137 000
voorraad
Verlies met verkoop van - - 1 900 -
bate
Salaris 23 700 (a) 23 700 23 700
Munisipaledienste 4 000 4 800 4 000 (b)
Waardevermindering 7 500 7 800 7 500 7 500
Lening terugbetaling
(insluitende rente) - - - 26 500
Onttrekkings (Kontant) 27 000 27 000 27 000 (c)
H. Debiteure-ouderdomsanalise op 30 Junie 2020
KREDIETTERME: 30 dae
Bedrag uitstaande 30 dae 60 dae 90 dae 120 dae
121 500 47 385 38 880 21 870 13 365
39% 32% 18% 11%
30
TOTAAL: 150
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 15
(Vraestel 2) 10712/20
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van Verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van Verkope
Koste van Verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins na belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1
(* Sien nota hieronder)
Netto wins voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
Nota:
* In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele
gedurende ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die
praktyk gebruik.
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Addendum (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 2 FS Prelim 2020 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2020 Question Paper

Addendum
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2018 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum