Skip to content

Accounting Grade 12 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12201821 pages

Grade 12 Accounting question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE NOVEMBER 2018 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye en 'n 17 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 2 DBE/November 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 3 DBE/November 2018 NSS 8. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG 1: 40 punte; 25 minute Onderwerp: Dit integreer: Bestuursrekeningkunde Produksiekostestaat Vervaardiging Gelykbreekanalise Bestuur van hulpbronne Interne beheer VRAAG 2: 35 punte; 20 minute Onderwerp: Dit integreer: Finansiële rekeningkunde Krediteureversoening BTW en Krediteureversoening BTW-berekeninge Bestuur van hulpbronne Interne beheer VRAAG 3: 75 punte; 45 minute Onderwerp: Dit integreer: Finansiële rekeningkunde Finansiële State en Begrippe, Inkomstestaat, Balansstaat en Ouditverslag Ouditverslag VRAAG 4: 70 punte; 40 minute Onderwerp: Dit integreer: Finansiële rekeningkunde Kontantvloeistaat en Vertolking Kontantvloeistaat Vertolking van finansiële inligting VRAAG 5: 45 punte; 30 minute Onderwerp: Dit integreer: Bestuur van hulpbronne Begrippe Voorraadwaardasie en Vaste Voorraadberekeninge Bates Vastebatewaardasie Interne beheer VRAAG 6: 35 punte; 20 minute Onderwerp: Dit integreer: Bestuursrekeningkunde Kontantbegroting Kontantbegrotings Bestuur van hulpbronne Interne beheer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 4 DBE/November 2018 NSS VRAAG 1: VERVAARDIGING (40 punte; 25 minute) 1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Oninbare skulde is 'n administrasiekoste. 1.1.2 Indirekte arbeid is 'n fabrieksbokoste. 1.1.3 Huuruitgawe is 'n vaste koste. (3) 1.2 KRIGE HEMDE Die onderneming vervaardig hemde. Die finansiële jaareinde is 31 Julie 2018. GEVRA: 1.2.1 Verwys na Inligting C. Bereken direkte arbeidskoste. (9) 1.2.2 Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Julie 2018 (12) INLIGTING: A. 31 JULIE 2018 1 AUGUSTUS 2017 Goedere-in-bewerking- ? R35 570 voorraadsyfer B. Grondstowwe uitgereik aan fabriek: R528 300 C. Direkte arbeid: Getal fabriekswerkers 4 Gewone tyd verwag per werker per jaar 1 960 ure Gewone tydtarief R90 per uur Bonusse aan werkers: 12% van gewone lone LET WEL: Een werker het slegs 1 680 ure gewerk en ontvang 'n verminderde bonus van R12 146. D. Fabrieksbokoste is bereken op R360 880 vir die jaar. Dit sluit egter versekering van R48 750 wat vir die tydperk 1 Augustus 2017 tot 31 Augustus 2018 betaal is, uit. Versekering moet aan die fabriek, administrasie en verkope in die verhouding 4 : 3 : 2 toegeken word. E. Produksie vir die jaar: 17 500 hemde teen 'n koste van R95 per hemp Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 5 DBE/November 2018 NSS 1.3 GEMMA VERVAARDIGERS Hierdie onderneming vervaardig veiligheidshekke. Die finansiële jaareinde is 31 Augustus 2018. GEVRA: 1.3.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 31 Augustus 2018. (5) 1.3.2 Vergelyk en lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en die produksievlak wat oor die afgelope twee jaar bereik is. Haal syfers aan. (6) 1.3.3 Gee TWEE redes vir die toename in direkte materiaalkoste. Stel EEN wyse voor om hierdie koste te beheer. (5) INLIGTING VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 AUGUSTUS: A. 2018 2017 KOSTE TOTALE EENHEIDS- EENHEIDS- BEDRAG KOSTE KOSTE Direkte materiaal 75 600 R180 R148 Direkte arbeid Veranderlik 105 840 R252 R244 Verkoop en verspreiding 60 900 R145 R136 TOTALE VERANDERLIKE KOSTE 242 340 R577 Fabrieksbokoste 67 200 R160 R156 Vas Administrasie 51 660 R123 R127 B. Addisionele Inligting: 2018 2017 Totale verkope R382 200 R475 200 Verkoopprys per eenheid R910 R880 Eenhede vervaardig en verkoop 420 eenhede 540 eenhede Gelykbreekpunt ? 435 eenhede 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 6 DBE/November 2018 NSS VRAAG 2: BTW EN KREDITEUREVERSOENING (35 punte, 20 minute) 2.1 BTW Samson Handelaars is vir BTW geregistreer. Die BTW-koers is 15%. GEVRA: 2.1.1 Bereken die syfers deur (a) tot (d) in die tabel hieronder aangedui. (10) 2.1.2 Jy is die interne ouditeur. Die alleeneienaar, Samson, het 'n besigheidstjek gebruik om 'n nuwe motor vir R460 000, BTW ingesluit, te koop. Hierdie motor word vir sy vrou se gebruik tuis gehou. Samson sê die voertuig moet as 'n besigheidsbate geboekstaaf word en R60 000 moet as 'n BTW-inset in die onderneming se boeke geboekstaaf word. Verduidelik wat jy aan Samson sal sê. Verskaf TWEE punte. (4) INLIGTING: BTW BTW- BTW UITGESLUIT BEDRAG INGESLUIT Terugsendings van verkope 960 (a) 1 104 Aankoop van voorraad 52 600 (b) Korting ontvang (c) 720 Kontantverkope (d) 112 470* * Dit sluit nulkoersgoedere in wat vir R5 500 verkoop moes gewees het. Die boekhouer het foutiewelik BTW van R825 op hierdie goedere ingesluit. Dit moet reggestel word. 2.2 KREDITEUREVERSOENING Claire Handelaars koop goedere op krediet by Mariti Verskaffers. GEVRA: 2.2.1 Gebruik die tabel wat verskaf is om die veranderinge aan te dui in die: • Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Claire Handelaars • Krediteureversoeningstaat op 31 Julie 2018 (13) 2.2.2 Die interne ouditeur dring daarop aan dat direkte betalings (EFO's) gebruik moet word om verskaffers te betaal. Verduidelik: • EEN rede om sy besluit te ondersteun (2) • EEN interne prosedure om beheer oor hierdie stelsel te verseker (2) 2.2.3 Verwys na Faktuur 301. Daar word ontdek dat die winkelbestuurder, Vernon, 'n fiktiewe bestelvorm geteken het en die goedere by ontvangs daarvan vir homself geneem het. Behalwe om Vernon te ontslaan, verskaf: • EEN voorstel om teen hom op te tree • EEN voorstel om hierdie probleem in die toekoms te voorkom (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 7 DBE/November 2018 NSS INLIGTING: A. Krediteuregrootboek van Claire Handelaars MARITI VERSKAFFERS (KG5) DEBIET KREDIET SALDO 2018 1 Saldo a/b 67 500 Julie 10 Faktuur 209 81 000 EFO 33 750 17 Debietnota 674 8 640 Faktuur 282 40 950 Faktuur 301 25 000 21 Faktuur 360 50 250 24 Debietnota 995 8 100 27 Joernaalbewys 570 5 400 31 Tjek en korting 77 190 147 820 B. Rekeningstaat van Mariti Verskaffers MARITI VERSKAFFERS Claire Handelaars 25 Julie 2018 Krugerweg 108 DEBIET KREDIET SALDO 2018 1 Saldo 67 500 Julie 10 Faktuur 209 81 000 Kwitansie 695 33 750 17 Kredietnota 741 6 840 Faktuur 301 25 000 21 Faktuur 360 20 250 24 Kredietnota 811 8 100 145 060 C. Verskille genoteer: (a) Die foutiewe inskrywing vir Debietnota 674 in die Krediteure- grootboekrekening van Mariti Verskaffers het betrekking op die korrekte Kredietnota 741 op die rekeningstaat. (b) Faktuur 282 is foutief in die rekening van Mariti Verskaffers in die Krediteuregrootboek getoon. Die goedere is van Genesis Verskaffers aangekoop. (c) Faktuur 360 is foutief op die rekeningstaat van Mariti Verskaffers aangeteken. (d) Mariti Verskaffers het ook goedere op krediet by Claire Handelaars aangekoop. Claire Handelaars het 'n debietsaldo van die Debiteuregrootboek oorgedra (Joernaalbewys 570). Mariti Verskaffers sal dit op die volgende staat verreken. (e) Die transaksie op 24 Julie 2018 is vir goedere wat deur Mariti Verskaffers teruggestuur is. (f) Die rekeningstaat toon transaksies tot en met 25 Julie 2018. 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 8 DBE/November 2018 NSS VRAAG 3: FINANSIËLE STATE EN OUDITVERSLAG (75 punte; 45 minute) 3.1 Dui aan waar ELK van die volgende items in die finansiële state geplaas sal word deur 'n term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. niebedryfsbates; bedryfsbates; ekwiteit; bedryfsuitgawes; bedryfsinkomste 3.1.1 Handels- en ander ontvangbare bedrae 3.1.2 Aansuiwerings van voorsiening vir oninbare skulde (vermindering) 3.1.3 Vaste deposito wat oor drie jaar verval 3.1.4 Handelsvoorraadtekort (4) 3.2 TEMBISO BPK. Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018. GEVRA: Voltooi die volgende vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018: 3.2.1 Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) (28) 3.2.2 Notas tot die Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) vir: • Gewone aandelekapitaal (7) • Behoue inkomste (7) 3.2.3 Ekwiteit en Laste-afdeling van die Balansstaat (16) INLIGTING: A. Saldo's/Totale op 28 Februarie: 2018 2017 Gewone aandelekapitaal 8 816 000 6 976 000 Behoue inkomste 384 600 376 600 Lening: LSO Bank ? 1 725 500 Handelskrediteure 414 120 SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 341 800 Verkope ? Koste van verkope 4 856 000 Totale bedryfsinkomste 879 440 Salarisse en lone 501 200 Ouditfooie 65 400 Huuruitgawe 79 240 Direkteursfooie 497 800 Diverse uitgawes 91 680 Rente op vaste deposito ? Rente op lening 242 500 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 9 DBE/November 2018 NSS B. Aansuiwerings en addisionele inligting: (a) Verkoop van goedere: Die maatskappy handhaaf 'n winsopslag van 40% op kosprys. Let daarop dat ou goedere wat R96 000 gekos het (by koste van verkope ingesluit), teen 10% onder kosprys verkoop is. (b) Ouditfooie: 75% van die jaarlikse fooie is betaal. (c) Direkteursfooie: Die maatskappy het drie direkteure wat dieselfde fooi verdien. Een direkteur is twee maande vooruit betaal. (d) Verhuring: 'n Stoorkamer is vanaf 1 Junie 2017 teen R11 200 per maand verhuur. Huur het op 1 Desember 2017 met 7,5% verhoog. Maak voorsiening vir uitstaande huur. (e) Lening: LSO Bank • Vaste maandelikse terugbetalings, rente ingesluit, is R31 600. • Gekapitaliseerde rente vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018 het R242 500 beloop. • Rente vir die volgende finansiële jaar sal na verwagting R162 000 wees. • 'n Gedeelte van die lening sal binne die volgende finansiële jaar terugbetaal word. (f) Inkomstebelasting vir 2018: • R31 300 is nog aan SAID verskuldig. • Die korrekte netto wins na belasting is R959 400. (g) Aandelekapitaal en dividende: Gemagtigde aandelekapitaal: 1 600 000 gewone aandele 1 Maart 2017 80% van die aandele is reeds uitgereik. 1 Mei 2017 300 000 aandele is teen R465 000 meer as die gemiddelde aandeleprys teruggekoop. 31 Augustus 2017 Interim/Tussentydse dividende betaal: 30 sent per aandeel. 31 Oktober 2017 Addisionele aandele is uitgereik. 28 Februarie 2018 Finale dividende is verklaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 10 DBE/November 2018 NSS 3.3 OUDITVERSLAG Uittreksels uit die ouditverslag van Tembiso Bpk. word verskaf. INLIGTING: Aan Aandeelhouers Ons het die finansiële state, wat op bladsye 8 tot 52 uiteengesit is, geoudit ... Mening Punt 1 Na ons mening is die finansiële state 'n redelike weergawe, in alle wesentlike opsigte, van die finansiële posisie van die maatskappy soos op 28 Februarie 2018 … Punt 2 ... volgens Internasionale Finansiële Verslagdoening-standaarde ('IFRS') en die vereistes van die Maatskappywet (Wet 71 van 2008) van Suid Afrika. Basis vir Mening Punt 3 Ons is onafhanklik van die maatskappy … Punt 4 Ons het aan ons etiese verantwoordelikhede voldoen wat met internasionale standaarde in ooreenstemming is … Punt 5 … en die ouditbewyse verkry, is voldoende en geskik om 'n basis vir ons mening te verskaf. GEVRA: 3.3.1 Verwys na punte 1 tot 3. Waarom het die ouditeure besluit om hierdie punte te noem? Gee EEN verduideliking vir ELKE punt. (5) 3.3.2 Verwys na punte 4 en 5. Verduidelik TWEE voorbeelde van: • Etiese verantwoordelikhede • Ouditbewyse (8) 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 11 DBE/November 2018 NSS HOU HIERDIE BLADSY BLANKO. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 12 DBE/November 2018 NSS VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING (70 punte; 40 minute) Jy word voorsien van inligting oor Vooma Beperk vir die afgelope twee finansiële jare geëindig 30 Junie. Die maatskappy is in KZN geleë en dryf handel met resiesfietse. GEVRA: LET WEL: Verskaf syfers of finansiële aanwysers (verhoudings of persentasies) en vergelykings met die vorige jaar om kommentaar of verduidelikings te ondersteun. 4.1 Bereken die volgende vir 2018: 4.1.1 % bedryfsuitgawes op verkope (2) 4.1.2 Vuurproefverhouding (4) 4.1.3 % opbrengs op aandeelhouersbelang (4) 4.2 Bereken die volgende syfers wat in die 2018 Kontantvloeistaat sal verskyn: 4.2.1 Verandering in beleggings (2) 4.2.2 Inkomstebelasting betaal (4) 4.2.3 Vaste bates verkoop (teen drawaarde) (5) 4.3 Kontantvloei en finansiële aktiwiteite: 4.3.1 Verduidelik waarom die direkteure met die verbetering in kontant en kontantekwivalente sedert 1 Julie 2016 tevrede is. (3) 4.3.2 Besluite en hefboomfinansiering in 2018: • Identifiseer DRIE besluite wat die direkteure geneem het om vir grond en geboue te betaal. (6) • Verduidelik hoe hierdie besluite 'n invloed gehad het op: - Kapitaal aangewend - Finansiële hefboom (Haal TWEE aanwysers aan.) (6) 4.3.3 Uit die Kontantvloeistaat hierbo, identifiseer EEN besluit wat die direkteure in 2017 geneem het wat hulle NIE in 2018 geneem het NIE, behalwe die punte hierbo. Gee 'n moontlike rede vir die besluit in 2017. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 13 DBE/November 2018 NSS 4.4 Dividende, opbrengste en aandeelhouding vir die 2018 finansiële jaar: • 800 000 aandele is reeds op 1 Julie 2017 uitgereik. • Interim dividende is op 31 Desember 2017 betaal. • 200 000 aandele is op 1 Januarie 2018 aan bestaande aandeelhouers uitgereik. • Finale dividende van 75 sent per aandeel is op 30 Junie 2018 op alle aandele verklaar, maar is nog nie betaal nie. 4.4.1 Bereken vir die 2018 finansiële jaar: • Totale interim dividende betaal (3) • Interim dividende per aandeel (3) 4.4.2 Bereken totale dividende wat deur Dudu Mkhize vir die 2018 finansiële jaar verdien is. Haar aandeelhouding is: AANDELE GEKOOP AANKOOPPRYS 31 Augustus 2016 380 000 aandele R7,00 1 Januarie 2018 110 000 aandele R20,00 TOTAAL 490 000 shares (5) 4.4.3 Elke aandeelhouer is op 1 Januarie 2018 twee aandele aangebied vir elke vyf aandele wat hy/sy besit. Dudu het nie genoeg aandele gekoop om die meerderheidsaandeelhouer te word nie. Bereken die minimum getal addisionele aandele wat Dudu moes gekoop het. (3) 4.5 Die direkteure het in 2018 besluit om grond en geboue in twee ander provinsies te koop om die probleem van lae verkope, wat hulle voorheen in KZN gehad het, op te los. 4.5.1 Verduidelik: • Hoekom dit nodig was om eiendom in ander provinsies in plaas van in KZN aan te koop (2) • Of die besluit om hierdie eiendomme aan te koop, die gewenste uitwerking op verkope gehad het (3) • 'n Ander strategie wat hulle gebruik het om die probleem van lae verkope op te los (3) 4.5.2 Die HUB, Ben Palo, wil ander goeie nuus aan die aandeelhouers op die AJV oordra. Gee raad oor wat hy oor die volgende onderwerpe moet sê: • Verdienste per aandeel (3) • % opbrengs verdien (3) • Aandeleprys op die JSE (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 14 DBE/November 2018 NSS INLIGTING VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE: A. SYFERS UIT INKOMSTESTAAT GEÏDENTIFISEER: 2018 2017 Verkope R13 182 000 R7 740 000 Getal fietse verkoop 1 750 fietse 900 fietse Winsopslag % 58% 72% Koste van verkope 8 330 000 4 500 000 Bruto wins 4 852 000 3 240 000 Bedryfsuitgawes 1 900 000 1 500 000 Waardevermindering 412 000 275 000 Inkomstebelasting 819 000 444 000 Netto wins na belasting 1 911 000 1 036 000 B. UITTREKSEL UIT BALANSSTAAT OP 30 JUNIE: 2018 2017 Vaste bates (drawaarde) R12 154 000 R8 031 000 Beleggings 625 000 600 000 Bedryfsbates 2 427 000 2 090 000 Voorrade 1 652 000 1 250 000 Handels- en ander ontvangbare bedrae 365 000 820 000 SAID: Inkomstebelasting 0 15 000 Kontant en kontantekwivalente 410 000 5 000 Aandeelhouersbelang 12 112 000 7 191 000 Niebedryfslaste (Lening) 1 850 000 2 600 000 Bedryfslaste 1 244 000 930 000 Handels- en ander betaalbare bedrae 420 000 515 000 Aandeelhouers vir dividende 750 000 280 000 SAID: Inkomstebelasting 74 000 0 Oortrokke bankrekening 0 135 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 15 DBE/November 2018 NSS C. KONTANTVLOEISTAAT: 2018 2017 Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite R1 850 000 R1 046 000 Kontant uit bedrywighede gegenereer 3 322 000 1 989 000 Rente betaal ? (260 000) Dividende betaal (520 000) (254 000) Inkomstebelasting betaal ? (429 000) Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite (4 560 000) (167 000) Aankope van grond en geboue 4 840 000 0 Verkoop van vaste bates ? 383 000 Verandering in beleggings ? (550 000) Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite 3 250 000 (400 000) Aandelekapitaal uitgereik 4 000 000 0 Aandele teruggekoop 0 (1 000 000) Verandering in niebedryfslaste (750 000) 600 000 Kontant en kontantekwivalente: Netto verandering 540 000 479 000 Beginsaldo (130 000) (609 000) Eindsaldo 410 000 (130 000) D. FINANSIËLE AANWYSERS: 2018 2017 Winsopslag-% bereik 58% 72% Bedryfsuitgawes op verkope ? 19,4% Skuld-ekwiteit-verhouding 0,2 : 1 0,4 : 1 Vuurproefverhouding ? 0,9 : 1 Opbrengs op aandeelhouersbelang ? 14,4% Opbrengs op kapitaal aangewend 20,8% 17,8% Verdienste per aandeel 208 sent 130 sent Dividende per aandeel ? 70 sent Dividenduitbetalingskoers 50% 54% Netto batewaarde per aandeel 1 211 sent 899 sent Markprys op aandelebeurs 2 800 sent 2 100 sent Rente op lenings 12% 12% 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 16 DBE/November 2018 NSS VRAAG 5: VOORRAADWAARDASIE EN VASTE BATES (45 punte; 30 minute) 5.1 Kies 'n metode in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 5.1.1 Aanvaar dat voorraad in A reguitlynmetode datumvolgorde soos aangekoop, verkoop word. B geweegdegemiddelde-metode 5.1.2 'n Unieke waarde word aan C eerste-in-eerste-uit-metode elke voorraaditem toegeken. D verminderdesaldo-metode 5.1.3 Waardevermindering is konstant oor die bruikbare E spesifieke identifikasiemetode lewe van die vaste bate. 5.1.4 Waardevermindering word op die drawaarde van die vaste bate bereken. (4 x 1) (4) (Sien VRAAG 5.2 op die volgende bladsy.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 17 DBE/November 2018 NSS 5.2 PACKER TASWINKEL Charles Packer verkoop reistasse. Die jaareinde is 30 Junie 2018. GEVRA: 5.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 Junie 2018 met gebruik van die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-metode. (5) 5.2.2 Charles vermoed dat tasse gesteel is. Verskaf 'n berekening om sy bekommernis te staaf. (5) 5.2.3 Charles is bekommerd oor die hoeveelheid voorraad voorhande. • Bereken vir hoe lank sy eindvoorraad na verwagting sal hou. (6) • Noem EEN probleem met te veel voorraad voorhande en EEN probleem met onvoldoende voorraad voorhande. (4) INLIGTING: • Voorraadsaldo's: EENHEIDS- EENHEDE TOTAAL PRYS Beginvoorraad 420 R2 175 R913 500 Eindvoorraad 496 ? • Aankope, terugsendings en vraggeld: EENHEIDS- EENHEDE TOTAAL PRYS Aankope 3 155 R8 460 850 September 2017 850 R2 250 R1 912 500 Desember 980 R2 670 R2 616 600 Maart 2018 875 R2 930 R2 563 750 Junie* (sien terugsendings) 450 R3 040 R1 368 000 Terugsendings * (uit Junie- 25 R3 040 R76 000 aankope) • Verkope: 3 050 reistasse is teen R4 200 elk verkoop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 18 DBE/November 2018 NSS 5.3 MINDEW BEPERK Die finansiële jaareinde is 31 Mei 2018. GEVRA: 5.3.1 Bereken die ontbrekende syfers wat deur (i) tot (v) in die tabel hieronder aangedui is. (17) 5.3.2 Verduidelik hoe die interne ouditeur moet kontroleer dat roerende vaste bates nie gesteel is nie. (2) 5.3.3 Grond en geboue is vyf jaar gelede vir R6 m. aangekoop. Eiendomspryse het sedertdien met 20% gestyg. Die direkteure wil die waarde van hierdie bate verhoog en 'n wins van R1 200 000 in die finansiële state toon. As 'n onafhanklike ouditeur, watter raad sou jy gee? Verskaf EEN punt. (2) INLIGTING VIR JAAREINDE 31 MEI 2018: A. VASTE BATES GROND EN REKENAARS TOERUSTING VOERTUIE GEBOUE Drawaarde: Begin 6 000 000 13 000 1 027 500 1 300 000 Kosprys 6 000 000 108 000 1 250 000 2 100 000 Opgehoopte - (95 000) (222 500) (800 000) waardevermindering Bewegings Toevoegings (i) 0 172 500 0 Verkope 0 0 0 (iv) Waardevermindering 0 (ii) (iii) (256 000) Drawaarde: Einde Kosprys Opgehoopte (v) waardevermindering B. Grond en geboue: Grant Konstruksies is R882 000 vir die bou van nuwe kantore (R610 000) en die herstel van vensters (R272 000) betaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 19 DBE/November 2018 NSS C. Rekenaars: • Die drie rekenaars is almal op dieselfde dag teen R36 000 elk aangekoop. • Waardevermindering is 33⅓% op kosprys. • Daar word verwag dat hierdie rekenaars nog twee jaar sal hou. D. Toerusting: • Addisionele toerusting is op 1 Februarie 2018 aangekoop. • Waardevermindering is 10% p.j. op kosprys. E. Voertuie: • Waardevermindering is 20% p.j. op drawaarde. • 'n Voertuig is op 31 Desember 2017 vir kontant teen drawaarde verkoop. Die Vaste Bateregister het die volgende getoon: Kosprys R176 000 Opgehoopte waardevermindering (1 Junie 2017) R128 000 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 20 DBE/November 2018 NSS VRAAG 6: KONTANTBEGROTINGS (35 punte; 20 minute) Donald May besit Breezy Handelaars wat lugversorgereenhede verkoop. Die begrotingstydperk eindig op 31 Oktober 2018. GEVRA: 6.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Oktober 2018. (7) 6.2 Bereken die bedrae wat deur (i) tot (iii) in die uittreksel van die Kontantbegroting aangedui is. (9) 6.3 Bereken die % verhoging van verkoopsassistente se salarisse vir Oktober 2018. Verduidelik of hulle met hierdie verhoging tevrede behoort te wees. (5) 6.4 Verwys na Inligting E. 'n Nuwe mededinger het gedurende September 2018 na die omgewing toe getrek. Donald was nie bewus van die mededinger nie en het nie gedurende September opgetree nie. 6.4.1 Verduidelik die uitwerking van die nuwe mededinger op enige TWEE items in die begroting vir September. Verskaf syfers. (4) 6.4.2 Identifiseer TWEE veranderinge wat Donald in Oktober in reaksie op die nuwe mededinger geïmplementeer het. Haal syfers aan. Gee EEN rede vir ELKE verandering. (6) 6.4.3 Verduidelik waarom Donald voel dat sy besluite suksesvol was. Verskaf TWEE punte (met syfers). (4) INLIGTING: A. Kontantverkope maak 60% van totale verkope uit. Winsopslag is 75% op kosprys. B. Debiteure betaal soos volg: • 20% in die maand van verkope en ontvang 5% korting • 55% in die maand wat op die maand van verkope volg • 22% twee maande na die maand van verkope C. Voorraad wat verkoop is, word in die maand van verkope vervang. 50% van aankope is op krediet. Krediteure word betaal in die maand wat op die maand van aankope volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekeningkunde 21 DBE/November 2018 NSS D. Uittreksel uit Kontantbegroting SEPTEMBER OKTOBER ONTVANGSTE Kontantverkope (i) 630 000 Kontant van debiteure 369 340 ? Huurinkomste* 25 600 (ii) BETALINGS Betalings aan krediteure 276 000 (iii) Salarisse: Bestuurder 32 400 40 500 Salarisse: Verkoopsassistente 92 400 102 102 *LET WEL: Huurinkomste sal in Oktober 2018 met 9% verhoog. E. BEGROTE EN WERKLIKE SYFERS VIR SEPTEMBER EN OKTOBER SEPTEMBER OKTOBER BEGROTE WERKLIKE BEGROTE WERKLIKE Eenhede te koop/ 240 200 250 300 verkoop Verkoopprys per eenheid R4 200 R4 200 R4 200 R4 200 Kontantverkope ? 336 000 630 000 378 000 Kredietverkope 403 200 504 000 420 000 882 000 Totale verkope 1 008 000 840 000 1 050 000 1 260 000 Kontantaankope ? ? 300 000 252 000 Advertensies 10 000 10 000 10 000 10 000 Afleweringskoste 80 000 67 200 80 000 138 240 Kommissie op verkope 30 240 25 200 31 520 46 080 Kontantsurplus/-tekort 63 000 22 500 86 500 (12 700) Kontant: Begin 98 000 98 000 161 000 120 500 Kontant: Einde 161 000 120 500 247 500 107 800 35 TOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all