Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
REKENINGKUNDE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*XACCA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, ʼn 1 bladsy-formuleblad en
ʼn 9 bladsy-antwoordeboek.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Accounting Grade 10 P1 National November 2019 QP (Afr)
Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the National November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 247.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
National November Exam 2019
- Paper 1Question paper · AfrAnswer book · AfrMemo · Eng
- Paper 2Answer bookMemo
- Other filesQuestion paper
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin AL die vrae beantwoord
moet word.
3. ʼn FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is by hierdie vraestel aangeheg.
Jy mag dit gebruik indien nodig.
4. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon alle bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. ʼn Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde
tyd vir die beantwoording van elke vraag te hou.
VRAAG 1: 25 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Rekeningkundige begrippe, x Begrippe
Rekeningkundige vergelyking x Rekeningkundige vergelyking
VRAAG 2: 73 punte; 58 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer
AARP-beginsels. x Inkomstestaat, Balansstaat en Nota
Inkomstestaat, Nota, x Interne beheer
Balansstaat en Interne beheer
VRAAG 3: 27 punte; 22 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Vertolking van Finansiële x Begrippe
State x Berekening van finansiële aanwysers
x Vertolking van finansiële state
VRAAG 4: 25 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Salarisse, Interne beheer x Salarisjoernaal
x Interne beheer oor Salarisse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V1 3
VRAAG 1: REKENINGKUNDIGE BEGRIPPE EN REKENINGKUDIGE
VERGELYKING (25 punte; 20 minute)
1.1 BEGRIPPE
Kies die korrekte woord(e) uit KOLOM A om by die beskrywing in KOLOM B te
pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Eienaarsbelang A Die dokument word gebruik om klein bedrae
wat vir aankope uitgereik is, aan te teken
1.1.2 Onttrekkings B Die dokument word gebruik om goedere wat
op rekening verkoop is, aan te teken
1.1.3 Kleinkasbewys C Geld wat deur die eienaar van die
onderneming vir persoonlike gebruik, onttrek
word
1.1.4 Duplikaatfaktuur D Bronne van verdienste vir die onderneming
1.1.5 Inkomste E Geld wat deur die eienaar in die onderneming
belê is
F Die eienaar se netto belegging in die
onderneming (5)
1.2 REKENINGKUNDIGE VERGELYKING
GEVRA:
Ontleed die volgende transaksies volgens die formaat wat in die antwoordeboek
voorsien word.
1.2.1 Koop handelsvoorraad op krediet van Emon Voorsieners vir R8 000.
1.2.2 Verkoop goedere op krediet aan X. View vir R3 400. Goedere word
verkoop teen ʼn winsopslag van 60% op die kosprys.
1.2.3 Die eienaar het besluit om sy kapitaal van R500 000 met 20% te verhoog
deur ʼn tjek direk in die onderneming se bankrekening te deponeer.
1.2.4 ʼn Tjek is van G. Gift ontvang as betaling van sy rekening nadat ʼn korting
van 5% aan hom vir vroeë betaling toegestaan is. (20)
25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 2: AARP-BEGINSELS, INKOMSTESTAAT, BALANSSTAAT EN
INTERNE BEHEER
(73 punte; 58 minute)
2.1 AARP-BEGINSELS
Kies ʼn kategorie uit die lys voorsien vir elke voorbeeld hieronder. Skryf slegs die
kategorie langs die vraagommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Historiese kostesreël; omsigtigheidsbegrip; besigheidsentiteitsreël;
wesenlikheidskonsep; lopende-saak konsep
2.1.1 Wees konserwatief en realisties in die openbaarmaking van inligting.
2.1.2 Items wat van belang is, moet afsonderlik behandel word.
2.1.3 Die besigheid en die sake van die eienaar moet afsonderlik gehou word.
2.1.4 Bates word altyd teen die oorspronklike kosprys weerspieël. (4)
2.2 Die inligting hou verband met LOLO HANDELAARS vir die finansiële jaar
geëindig 30 Junie 2019.
GEVRA:
2.2.1 Met inagneming van die aansuiwerings (INLIGTING B) hieronder, voltooi
die INKOMSTESTAAT (Staat van Omvattende Inkomste) vir die jaar
geëindig 30 Junie 2019. (40)
2.2.2 Stel die NOTA vir eienaarsbelang tot die Balansstaat (Staat van
Finansiële Posisie) op. (7)
2.2.3 Stel die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Balansstaat op. (11)
2.2.4 G. Grey, die eienaar van LOLO Handelaars, is besorg oor die grootte van
sy tekort op die handelsvoorraad.
(a) x Wat is die oorsake vir die tekort in handelsvoorraad?
Gee TWEE punte.
x Stel TWEE realistiese maatreëls voor om die tekort op die
handelsvoorraad te beheer en te verminder. (8)
(b) Die rekenmeester het die eienaar (G. Grey) aangeraai om die vaste
deposito in te betaal en die geld te gebruik om ʼn deel van die lening
af te betaal. Stem jy saam met die rekenmeester? Gee ʼn rede vir jou
antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V1 5
INLIGTING:
A. Uittreksel van die vooraansuiweringsproefbalans van Lolo Handelaars vir
die jaar geëindig 30 Junie 2019
Kapitaal 1 000 000
Onttrekkings 42 600
Grond en geboue 4 000 000
Voertuie 780 000
Toerusting 350 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie (01/07/2018) 468 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting (01/07/2018) 105 000
Vaste deposito (rente van 8% p.j.) 200 000
Handelsvoorraad 418 400
Debiteurekontrole 280 200
Oortrokke bankrekening 124 000
Lening: BM Bank (12% p.j.) 652 000
Krediteurekontrole 380 000
Verkope 4 350 000
Debiteurafslag 18 000
Koste van verkope 2 900 000
Huur inkomste 200 700
Oninbare skulde verhaal 1 800
Rente in vaste deposito 9 000
Skryfbehoeftes 2 100
Telefoon 9 000
Versekering 12 100
Oninbare skuld 3 800
Bankkoste 1 200
Verbruiksgoedere 4 000
B Addisionele inligting en aansuiwerings:
1. Goedere word teen ʼn winsopslag van 50% op kosprys verkoop.
2. ʼn Kredietnota vir R12 000 is aan ʼn debiteur uitgereik vir die
terugbesorging van goedere, wat totaal beskadig is. Geen inskrywings is
vir hierdie transaksie gemaak nie.
3. Lolo het voorraad teen kosprys, R4 800, vir haar eie gebruik geneem. Dit
is nog nie opgeteken nie.
4. Die voorraadopname het aan die lig gebring dat die volgende op
30 Junie 2019 voorhande was:
x Handelsvoorraad, R406 100
x Skryfbehoeftes, R500
x Verbruiksgoedere, R800
5. x Die volgende inskrywings verskyn in die bankstaat vir Junie, maar was
nog nie in die boeke van die onderneming opgeteken nie:
x Bankkoste, R1 000,
x ʼn Direkte deposito van ʼn debiteur wie se skuld voorheen as oninbaar
afgeskryf is, R1 200.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
6. ʼn Debiteur, C. Coward, is insolvent verklaar. Hy skuld R1 500. Sy insolvente
boedel sal 60c in die rand uitbetaal en die res moet as oninbaar afgeskryf
word.
7. Die huurinkomste is op 1 Maart 2019 met R900 verhoog. Die huurder het
nog nie die huur vir Junie 2019 betaal nie.
8. Uitstaande rente op vaste deposito moet in ag geneem word. Die vaste
deposito is op 1 Oktober 2018 belê. Rente op vaste deposito word nie
gekapitaliseer nie.
9. ʼn Versekeringspremie van R5 600 is op 1 April 2019 vir die tydperk
1 April 2019 tot 31 Oktober 2019 betaal.
10. Die leningstaat van BM Bank op 30 Junie 2019 dui die volgende aan:
Saldo op 1 Julie 2018 R665 600
Totale betalings vir die jaar, rente ingesluit R103 200
Saldo op 28 Junie 2019 R652 000
x Die rente vir die jaar moet gekapitaliseer word.
x R70 000 word as kapitaal in die volgende finansiële jaar op die lening
afbetaal.
11. Waardevermindering vir die jaar beloop R195 150.
12. Die telefoonrekening vir Junie 2019 is nie betaal nie, R1 600.
13. Die eienaar het ʼn verdere R100 000 in die onderneming belê om haar
kapitaalbydrae te verhoog. Dit is behoorlik opgeteken.
73
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V1 7
VRAAG 3: REKENINGKUNDIGE BEGRIPPE EN VERTOLKING
(27 punte; 22 minute)
3.1 REKENINGKUNDIGE BEGRIPPE
Dui aan waar ELK van die volgende items in die finansiële state geplaas sal
word deur 'n term uit die onderstaande lys te kies. Skryf slegs die antwoord
langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
bedryfsuitgawes; bedryfsbates; niebedryfslaste; bedryfsinkomste;
niebedryfsbates; bedryfslaste
3.1.1 Beleggings soos ʼn vaste deposito teen 8% p.j. rente oor ʼn tydperk van
vyf jaar.
3.1.2 Handelsvoorraadsurplus.
3.1.3 Verbandlenings om die aankoop van nuwe eiendom te finansier.
3.1.4 Verbruiksgoedere wat nie aan die einde van ʼn finansiële jaar gebruik
word nie. (4)
3.2 Die inligting is uit die rekeningkundige rekords van Asanda’s geneem op
28 Februarie 2019, die einde van die finansiële jaar.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers.
x Bedryfswins op verkope (3)
x Vuurproefverhouding (3)
x Opbrengs op die gemiddelde eienaarsbelang (5)
3.2.2 Lewer kommentaar of die onderneming minder of meer winsgewend
was as verlede jaar. Haal ʼn finansiële aanwyser met syfers aan om jou
mening te staaf. (3)
3.2.3 Lewer kommentaar op die likiditeit van die onderneming. Haal TWEE
finansiële aanwysers met syfers aan om jou mening te staaf. (5)
3.2.4 Dink jy die eienaar behoort tevrede te wees met die opbrengs op die
gemiddelde eienaarsbelang? Verduidelik deur syfers aan te haal. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
A. Inligting verkry uit die algemene grootboek van Asanda op 28 Februarie 2019.
Die teiken winsopslag is 60% op die koste.
Verkope R1 200 000
Koste van verkope 800 000
Ander inkomste 100 000
Bedryfsuitgawes 200 000
Bedryfswins 300 000
Netto wins 160 000
Handelsvoorraad 210 000
Bedryfsbates 400 000
Vaste/Tasbare bates 2 100 000
Niebedryfs/Langtermynlaste ?
Eienaarsbelang (01/03/2018) 400 000
Eienaarsbelang (28/02/2019) 900 000
Bedryfslaste 240 000
B. Finansiële aanwysers op 28 Februarie:
2019 2018
Bedryfskapitaalverhouding 1,7 : 1 3,5 : 1
Vuurproefverhouding ? 1,6 : 1
Solvensieverhouding 1,6 : 1 2,9 : 1
% opbrengs op die eienaarsbelang ? 34,2%
% netto wins op verkope 12,6% 18,3%
% werklike winsopslag behaal 50% 60%
% bedryfswins op verkope ? 26%
% bedryfsuitgawes op verkope 16,7% 18%
27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) REKENINGKUNDE V1 9
VRAAG 4: SALARISJOERNAAL EN INTERNE BEHEER
(25 punte; 20 minute)
4.1 SALARISSE
Die volgende inligting is uit die rekords van EC Diensstasie vir April 2019
gehaal.
GEVRA:
4.1.1 Voltooi die SALARISJOERNAAL van EC Diensstasie vir die maand
van April 2019. (14)
4.1.2 Hoeveel het dit EC Diensstasie in totaal gekos om D. Dan vir die
maand April 2019 in diens te neem? (4)
4.1.3 Wat interne beheer betref, wat moet ʼn effektiewe beleid rakende
salarisse en lone behels? Noem enige TWEE punte. (4)
INLIGTING:
A. Basiese salaris en aftrekkings:
Werknemers C. Can B. Breeze D. Dan
Basiese salaris R122 400 p.j. R10 000 p.m. R144 000 p.j.
Aftrekkings:
SA Pensioenfonds 8% 8% 8%
Care Mediesefonds ? ? ?
LBS R1 500 R1 250 R1 800
WVF 1% 1% 1%
LET WEL:
Mediesefonds is R500 per gesinslid per maand. C. Can is getroud met
twee kinders, B. Breeze is onlangs getroud en D. Dan is ongetroud.
B. Werkgewersbydraes:
x EC Diensstasie het 10% van die werknemers se basiese salarisse tot SA
Pensioenfonds bygedra.
x EC Diensstasie dra op ʼn Rand vir Rand-basis tot die WVF by.
x EC Diensstasie dra R2 by vir elke R1 wat die werknemer aan die Care
Mediesefonds betaal.
4.2 Die onderstaande salarisskaal is opgestel vir J. Jerry, ʼn sekuriteitswag wat
op 1 Januarie 2019 by Let's Hope Handelaars werksaam was.
R288 000 x R14 400 →R331 200 x R22 600→R376 400 x R28 400→R433 200
GEVRA
4.2.1 Wat is J. Jerry se maandelikse beginsalaris? (1)
4.2.2 In watter jaar van diens sal J. Jerry ʼn jaarlikse salaris van R404 800
verdien. (2)
25
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2019)
GRAAD 10
REKENINGKUNDE:
Brutowins x 100 Brutowins x 100 Nettowins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste
(Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Nettowins x 100
Totale bates : Totale laste
Eienaarsbelang 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Accounting Grade 10 P1 National November 2019 Addendum (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 10 P1 National November 2019 Memo (English)

Question paper
Accounting Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)

Addendum
Accounting Grade 10 P2 National November 2019 Addendum (Afr)
More from Grade 10 Accounting

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo March Test 2026 Paper & Memo

Addendum
Accounting Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Addendum

Addendum
Accounting Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 10 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo (Eng)

Question paper and memo
Accounting Grade 10 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo