NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2025
REKENINGKUNDE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ʼn formuleblad
vir finansiële aanwysers en ʼn 11-bladsy antwoordeboek.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 





View all



--49899c38-504c-42fb-972e-2181fa910731/v1-a1bcb14b453000d507d6/card.webp)
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)
Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 641.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape November Exam 2025
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2025)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word voorsien waarin jy ALLE vrae moet
beantwoord.
3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
TYD
VRAAG ONDERWERP PUNTE
(MINUTE)
1 Periodieke Stelsel, BTW en Vaste Bates 35 30
2 Begrotings 35 30
3 Kosterekeningkunde 40 30
4 Rekonsiliasies 40 30
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 3
VRAAG 1: PERIODIEKE STELSEL, BTW EN VASTE BATES
(35 punte; 30 minute)
1.1 PERIODIEKE STELSEL
Kies die antwoord uit die opsies gegee. Skryf slegs die letter (A‒D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.5 B.
1.1.1 Wat word gebruik om die hoeveelheid voorraad aan die einde van die
finansiële jaar te bepaal?
A Fakture van aankope
B Fisiese voorraadopname
C Kasregisterrolle
D Debiteuregrootboek
1.1.2 ʼn Besigheid het die volgende inligting aan die einde van die jaar:
• Beginvoorraad R30 000
• Aankope R120 000
• Terugsendings R10 000
• Slotvoorraad R25 000
Bereken die koste van verkope:
A R185 000
B R100 000
C R135 000
D R115 000
1.1.3 Wat is die effek van ʼn fisiese voorraadverlies in die periodieke
voorraadstelsel?
A Dit word as ʼn bate aangeteken
B Dit verhoog die eindvoorraad
C Dit verminder die eindvoorraad
D Dit verhoog die verkoopsyfers
1.1.4 Watter van die volgende is NIE ʼn voordeel van die periodieke
voorraadstelsel NIE?
A Minder administrasie
B Goedkoop om te gebruik
C Eenvoudige rekords
D Toegang tot daaglikse voorraadinligting (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2025)
1.2 BTW
INLIGTING:
Siyanda Handelaars is ʼn BTW-geregistreerde besigheid. Die BTW-koers is
15%. Die volgende transaksies het in Mei 2025 plaasgevind:
(i) Kontantverkope van goedere: R11 500 (BTW ingesluit)
(ii) Kredietaankope van goedere: R6 900 (BTW uitgesluit)
(iii) Aankoop van ʼn motor vir die eienaar se persoonlike gebruik: R450 000
(BTW ingesluit)
(iv) Betaal vir herstelwerk aan die afleweringsvoertuig: BTW: R225
GEVRA:
1.2.1 Bereken die BTW-bedrag ingesluit in die kontantverkope. (2)
1.2.2 Bereken die inset-BTW wat Siyanda Handelaars mag eis. (3)
1.2.3 Waarom kan BTW nie op die aankoop van die voertuig geëis word nie? (2)
1.2.4 Gee EEN rede waarom dit vir ʼn besigheid belangrik is om behoorlike
BTW-rekords te hou. (2)
1.2.5 Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel om ʼn BTW-geregistreerde
besigheid te wees. (2)
1.3 BATEVERKOPE
Die inligting het betrekking op VIC Handelaars vir die finansiële jaar geëindig
31 Augustus 2025.
GEVRA:
1.3.1 Bereken die totale waardevermindering afgeskryf op voertuie vir die
finansiële jaar geëindig 31 Augustus 2025. (9)
1.3.2 Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek vir die
finansiële jaar. Die rekeninge moet op 31 Augustus 2025
afgesluit/balanseer word.
(i) Voertuie (5)
(ii) Bateverkope (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 5
INLIGTING:
Saldo’s op 1 September 2024:
Voertuie R940 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie R430 000
Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op kosprys.
Transaksies gedurende die finansiële jaar:
1 Maart 2025 ʼn Ou voertuig is vir R98 000 verkoop en betaling is per EFO
ontvang. Die voertuig is oorspronklik op 1 September 2021
vir R400 000 gekoop.
30 Junie 2025 ʼn Nuwe voertuig is aangekoop. 20% van die kosprys is aan
Kwano Motors betaal en die balans sal in ses maandelikse
paaiemente van R30 500 elk betaal word.
31 Aug 2025 Maak voorsiening vir waardevermindering vir die 2025
finansiële jaar.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2025)
VRAAG 2: BEGROTING (35 punte; 30 minute)
2.1 PASITEMS
Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die frase in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A‒G) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.6 H.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Hierdie item is ʼn nie-kontant/ A Projekteer verwagte inkomstes en
toegerekende uitgawe verwagte uitgawes sodat areas
van kommer geïdentifiseer kan
word
2.1.2 Geprojekteerde Staat van B Finansiële bestuurder
Omvattende Inkomste
2.1.3 Hierdie item sal in die C Toon verwagte kontantontvang-
kontantbegroting verskyn, stes en verwagte kontant-
maar nie in die Geprojek- betalings
teerde Staat van Omvattende
Inkomste nie
2.1.4 Kontantbegroting D Koop ʼn voertuig op krediet
2.1.5 Verantwoordelik vir die E Waardevermindering
voorbereiding van ʼn
kontantbegroting
F Kontantonttrekkings deur eienaar
G Menslike Hulpbronbestuurder
(5 x 1) (5)
2.2 CHW HANDELAARS
Jy word voorsien van die Kontantbegroting van CHW Handelaars vir die drie
maande geëindig 31 Augustus 2025.
GEVRA:
2.2.1 VERWYS NA INLIGTING A EN B
Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Junie tot Augustus 2025. (6)
2.2.2 Bereken die syfers gemerk A tot F in die Kontantbegroting. (15)
2.2.3 VERWYS NA INLIGTING D
SALARISSE:
(i) Bereken die persentasie verhoging wat in Julie 2025 aan
werknemers gegee is. (2)
(ii) ʼn Werknemer is nie tevrede met die verhoging nie. Hy is van
mening dat die R35 000 wat die besigheid beplan om aan
personeelopleiding te spandeer, eerder gebruik moet word om
werknemers se maandelikse salarisse te verhoog. Verduidelik
waarom personeelopleiding noodsaaklik vir die besigheid is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 7
LENING:
(iii) Rente op die lening word nie gekapitaliseer nie. Bereken die
leningsaldo op 1 September 2025. (1)
ADVERTENSIES:
(iv) Die werklike bedrag in Augustus 2025 aan advertensies bestee is
R3 000. Verduidelik EEN moontlike gevolg van die besluit om
minder as die begrote bedrag van R5 000 te spandeer. (2)
BANKKOSTE:
(v) Die eienaar is bekommerd oor die voortdurende toename in
bankkoste. Stel EEN manier voor waarop hulle bankkoste kan
verminder. (2)
INLIGTING:
A. Verkope en Koste van Verkope
• Totale verkope word as volg beraam:
JUNIE 2025 JULIE 2025 AUGUSTUS 2025
R220 000 R182 000 R176 000
• 60% van verkope is vir kontant.
• ʼn Winsopslag van 25% op kosprys word op alle verkope gehef.
B. Debiteure Invordering
• CHW Handelaars gee debiteure 30 dae om alle verskuldigde bedrae
te vereffen.
• Debiteure se betalingstendense op vorige inligting gebaseer:
45% betaal in die maand van verkope om 5% afslag te ontvang
35% betaal in die maand na die verkope
15% betaal in die tweede maand na die verkope
Die oorblywende bedrag word in die derde maand na die verkope
afgeskryf
C. Aankope
• ʼn Vaste basisvoorraad word te alle tye gehandhaaf. Voorraad binne
die maand verkoop, word in dieselfde maand vervang.
• 35% van aankope is op krediet, met die res wat kontant gekoop word.
• Krediteure word twee maande na die aankoopdatum ten volle betaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2025)
D. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die drie maande geëindig
31 Augustus 2025
JUNIE JULIE AUGUSTUS
Ontvangstes 487 980 235 000 ?
Kontantverkope C 109 200 105 600
Invordering van debiteure ? ? ?
Verbandlening: D
BBA Bank (8% p.j.)
Huurinkomste ? ? ?
Betalings 321 580 333 800 ?
Kontantaankope van ? E
voorraad
Betaling aan krediteure ? ? F
Rente betaal op lening 2 100 ?
Terugbetaling van lening 25 000
Salarisse en lone 65 000 69 875 69 875
Bankkoste 3 500 4 000 4 330
Advertensies 5 000 5 000 5 000
Personeelopleiding 35 000
Diverse uitgawes ? ? ?
Surplus/tekort vir die maand 166 400 (98 800) ?
Openingsaldo van bank (103 000) A ?
Sluitingsaldo van bank 63 400 B ?
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 9
VRAAG 3: KOSTEREKENINGKUNDE (40 punte; 30 minute)
3.1 POPSICLE VERVAARDIGERS
GEVRA:
Jy word voorsien van inligting uit die rekeningkundige rekords van Popsicle
Vervaardigers, ʼn besigheid wat verskillende gegeurde roomyse vervaardig.
3.1.1 Bereken die grondstowwe vir produksie uitgereik in 2025. (6)
3.1.2 Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek:
(a) Fabrieksbokoste (13)
(b) Goedere-in-bewerkingvoorraad (7)
3.1.3 Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig
30 September 2025. (4)
INLIGTING:
A. Die volgende saldo’s verskyn in die boeke van Popsicle Vervaardigers:
2025 2024
30 Sept 1 Okt
Direkte materiaal/Grondstof
voorraad R24 000 R55 000
Goedere-in-bewerkingvoorraad R78 000 R41 000
Klaarprodukte R188 000 R210 000
Indirekte materiaalvoorraad R6 500 R5 800
B. Transaksies vir die jaar:
Grondstowwe gedurende die jaar aangekoop R740 000
Vervoerkoste op grondstowwe aangekoop 18 900
Invoerbelasting op grondstowwe 3 900
Fabrieksonderhoud betaal 72 400
Advertensies betaal 18 700
Water en elektrisiteit betaal ?
Huur betaal 196 000
Indirekte materiaal aangekoop 37 000
Diverse uitgawes betaal 13 200
Salaris: Fabrieksvoorman 66 000
Salaris: Kantoorassistent 73 500
C. Addisionele inligting:
1. Die totale direkte arbeidskoste vir die jaar beloop R784 000.
2. Ingesluit in die bedrag vir grondstowwe is goedere wat nie bestel
is nie en dus aan die verskaffers terugbesorg is, R5 000.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2025)
3. Diverse uitgawes moet in die verhouding 3 : 2 : 1 aan die
fabriek, verkoopsafdeling en kantoor toegeken word.
4. Huur moet tussen die drie departemente volgens
vloeroppervlakte verdeel word:
• Fabriek: 400 vierkante meter
• Verkope: 220 vierkante meter
• Kantoor: 380 vierkante meter
5. Waardevermindering vir die jaar:
• Fabrieksmasjienerie: R21 450
• Kantoortoerusting: R13 400
6. 50% van Water en Elektrisiteit is verkeerdelik aan die fabriek
toegeken, R78 400. Die korrekte toewysing is:
• Fabriek: 70%
• Kantoor: 15%
• Verkope: 15%
3.2 BERRY NOK VERVAARDIGERS
Berry Nok Vervaardigers vervaardig selfoonomhulsels. Die inligting
hieronder is geneem uit hul rekords vir die finansiële jaar geëindig
30 September 2025.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die finansiële jaar geëindig
30 September 2025. (4)
3.2.2 Dink jy Berry Nok behoort tevrede te wees met die
gelykbreekpunt? Haal die aantal eenhede waarop ʼn wins
gemaak word in jou verduideliking aan. (4)
3.2.3 Direkte materiaalkoste per eenheid het gedaal. Behalwe vir die
goedkoper verskaffer, noem TWEE moontlike redes vir die
afname. (2)
INLIGTING:
EENHEIDSKOSTE
30 Sept 2025 30 Sept 2024
Vaste koste R47 R50
Veranderlike koste R126 R132
Verkoopprys R220 R210
AANTAL EENHEDE
Vervaardig en
verkoop 23 600 24 960
Gelykbreek ? 16 000
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 11
VRAAG 4: REKONSILIASIES (40 punte; 30 minute)
4.1 REKONSILIASIE BEGRIPPE
Kies die mees gepaste woord(e) uit die opsies tussen hakies. Skryf SLEGS
die korrekte woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 Bankkoste word gewoonlik in die (Kontantontvangstejoernaal /
Kontantbetalingsjoernaal) aangeteken.
4.1.2 ʼn Fout op die bankstaat moet in die (Kontantjoernaal / Algemene
Grootboek / Bankversoeningstaat) reggestel word.
4.1.3 ʼn Gunstige banksaldo word as ʼn (debiet / krediet) in die Bankstaat
getoon.
4.1.4 ʼn Te groot betaling aan ʼn krediteur sal tot ʼn (debiet / krediet / nul)
saldo in die Krediteuregrootboek lei. (4 x 1) (4)
4.2 BANKREKONSILIASIE
Die inligting het betrekking op John Bakers.
GEVRA:
4.2.1 Toon veranderinge in die Kontantjoernale vir Julie 2025. (10)
4.2.2 Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening op 31 Julie 2025. (4)
4.2.3 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2025 op. (7)
4.2.4 Verwys na Inligting D:
Gee EEN moontlike gevolg vir die besigheid as diefstal soos hierdie
onopgemerk sou voortduur. (2)
INLIGTING:
A. Inligting uit die Bankversoeningstaat wat op 30 Junie 2025 opgestel is:
Ongunstige saldo volgens Bankstaat R18 500
Deposito in die Kontantjoernaal, maar nie op die 48 400
Bankstaat van Junie 2025 nie
EFO’s aangeteken in die KBJ Nr. 715 19 500
Nr. 780 16 850
Ongunstige saldo van die Bankrekening in die Groot-
boek 6 450
LET WEL:
Die deposito en EFO Nr. 715 verskyn op die Julie-bankstaat.
EFO Nr. 780 verskyn op die Julie-bankstaat as R14 850. Die bankstaat
is korrek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2025)
B. Voorlopige totale van Kontantjoernale op 31 Julie 2025 voor ontvangs
van die Julie-bankstaat per e-pos van die bank:
- Kontantontvangstejoernaal (KOJ): R75 620
- Kontantbetalingsjoernaal (KBJ): R74 890
C. Inligting uit die Bankstaat van Julie 2025 wat nie in die kontantjoernale
van Julie aangeteken is nie:
Debiet Krediet
EFO (Debteur: J Joubert) R31 350
Debietorder (GSP Versekeraars) R9 750
Debietorder (GSP Versekeraars) R9 750
EFO (Clear View – herstelwerk aan R2 975
vensters)
Rente R150
Internet bankfooie R800
LET WEL: Die bank het die debietorder vir versekering verkeerdelik
gedupliseer. Dit sal in Augustus 2025 reggestel word.
D. Inskrywings vir deposito’s in die Julie-KOJ wat nie met die Julie-
bankstaat ooreenstem nie:
- R25 870 op 30 Julie 2025
- R42 400 op 31 Julie 2025. Die Bankstaat toon dit as R32 400. ʼn
Ondersoek het aan die lig gebring dat die kontantstrokies R42 400
beloop, maar slegs R32 400 is gedeponeer. Die kassier het verdwyn.
Die tekort moet afgeskryf word.
E. Inskrywings in die Julie-KBJ wat nie op die Julie-bankstaat verskyn nie:
- EFO Nr. 880 (Austin, die eienaar, vir privaatgebruik) 29 Julie 2025,
R8 900
- EFO Nr. 889 (Jannas Verskaffers) 31 Julie 2025, R9 000
F. Bankstaat se saldo op 31 Julie 2025 is die balanserende bedrag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V2 13
4.3 KREDITEURE
GEVRA:
4.3.1 Stel die saldo’s van die krediteure in die Krediteuregrootboek reg. (5)
4.3.2 Gebruik die inligting wat verskaf word om die korrekte saldo volgens
die staat wat van Phoenix Verskaffers ontvang is, te bereken. (4)
4.3.3 Identifiseer TWEE moontlike gevolge wat ʼn besigheid kan ondervind
as sy krediteure nie betyds betaal word nie. (2)
4.3.4 Beskryf EEN manier waarop tegnologie ʼn besigheid kan help om
akkurate en opgedateerde krediteure-rekords te handhaaf. (2)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Krediteuregrootboek van ABC Handelaars op
31 Mei 2025:
KREDITEUR SALDO
Phoenix Verskaffers R17 250 Kt
Zahn Handelaars R12 450 Dt
Lara Groothandelaars R8 950 Kt
B. AANSUIWERINGS:
• ʼn Betaling van R12 500 aan Phoenix Verskaffers is verkeerdelik na
Zahn Handelaars oorgeboek.
• ʼn Faktuur vir R13 500 van Zahn Handelaars is nie aangeteken nie.
• ʼn Betaling van R1 500 aan Lara Groothandelaars is as aankope
aangeteken.
C. Rekeningstaat van Phoenix Verskaffers op 31 Mei 2025:
Saldo: R10 850
Die volgende verskille moet nog in ag geneem word:
ʼn Betaling van R5 000 op 30 Mei 2025 verskyn nie op die staat nie.
Phoenix Verskaffers het rente van R100 gehef wat as ʼn betaling ontvang
op die staat aangeteken is.
ʼn Faktuur vir R1 300, gedateer 31 Mei 2025, is verkeerdelik twee keer op
die staat aangeteken.
40
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER2025)
GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Netto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale verdienste van vennoot x 100 Netto wins x 100
Vennoot se gemiddelde ekwiteit 1 Gemiddelde eienaarsekwiteit 1
Bedryfsbates: Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste
(Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Kredietaankope 1
Gemiddelde voorraad x 365 of 12 Koste van verkope
Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad
Nie-bedryfslaste: Eienaarsekwiteit Totale bates: Totale laste
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
Kopiereg voorbehou
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Eng)
More from Grade 11 Accounting

Study guide
GR11 Accounting Practice exam November Paper 1

Question paper and memo
Accounting Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum
Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Eng)

Addendum
Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Addendum
--49899c38-504c-42fb-972e-2181fa910731/v1-a1bcb14b453000d507d6/card.webp)
Memorandum