Skip to content

Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 11202511 pages

Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2025 REKENINGKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, ʼn formuleblad en ʼn 8 bladsy-antwoordeboek. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. TYD VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) Begrippe en Staat van Omvattende 1 55 45 Inkomste Staat van Finansiële Posisie en Notas tot 2 50 40 die Finansiële State Finansiële Aanwysers en Vertolking van 3 35 25 Finansiële State 4 Besigheidsetiek en AARP-beginsels 10 10 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V1 3 VRAAG 1: BEGRIPPE EN STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (55 punte; 45 minute) 1.1 Vul die ontbrekende woord(e) in. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 ... is ʼn stel beginsels waarvolgens finansiële state opgestel word. 1.1.2 ... is ʼn toegerekende uitgawe. 1.1.3 ... is die oorblywende waarde van ʼn bate nadat dit ten volle afgeskryf is. 1.1.4 Die ... beginsel bepaal dat alle inkomste wat verdien word en uitgawes wat aangegaan word, in dieselfde finansiële periode getoon moet word. (4) 1.2 Die volgende inligting het betrekking op die finansiële rekords van Lee-way Handelaars. Hul finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar. GEVRA: Verwys na inligting B (i) en bereken die volgende: 1.2.1 Wins of verlies met die verkoop van die voertuig. (5) 1.2.2 Totale waardevermindering op voertuie vir die jaar geëindig 30 Junie 2025. (6) 1.3 Stel die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 30 Junie 2025 op. (40) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2025) INLIGTING: A Lys van sommige van die saldo’s en totale van Lee-way Handelaars op 30 Junie 2025. R Lening 1 455 000 Handelsvoorraad 264 000 Voertuie 580 000 Toerusting 450 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie (1/7/2024) 210 000 Opgehoopte waardevermindering op toerusting 168 000 Vaste deposito: Amandla Bank (8,5%) 180 000 Voorsiening vir oninbare skulde (1/07/2024) 9 296 Debiteurekontrole 168 100 Verkope 8 230 200 Koste van verkope ? Salarisse en lone 512 500 Water en elektrisiteit 16 500 Oninbare skulde 7 100 Huurinkomste 98 800 Versekering 89 600 Oninbare skulde verhaal 5 100 Herstelwerk 11 600 Verbruiksgoedere 18 000 Rente op vaste deposito 4 000 Rente op lening ? Diverse uitgawes 174 500 B Aansuiwerings en addisionele inligting: (i) Op 28 Februarie 2025 is ʼn ou voertuig vir R98 000 ingeruil vir ʼn nuwe een wat R180 000 kos. Die voertuig is oorspronklik vir R220 000 gekoop en die drawaarde daarvan op 1 Julie 2024 het R126 000 beloop. Geen inskrywing is in die boeke vir hierdie transaksie gemaak nie. LET WEL: Waardevermindering word teen 20% p.j. op die verminderde saldo-metode bereken. (ii) Totale waardevermindering op toerusting ten bedrae van R89 400 moet nog in berekening gebring word. (iii) ʼn Kredietnota vir R2 200, uitgereik aan ʼn debiteur, A. Smuts, vir goedere wat onderweg heeltemal beskadig is, is nie aangeteken nie. Goedere word teen ʼn winsopslag van 120% op kosprys gemerk. (iv) Verskeie debiteure het agterstallige rekeninge gehad. Die besigheid het besluit om hul rekeninge ter waarde van R3 080 af te skryf. Voorsiening vir oninbare skulde moet dan aangesuiwer word tot 5% van debiteure. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V1 5 (v) ʼn Bedrag van R3 800 wat vir herstelwerk aan die geboue betaal is, is verkeerdelik teen grond en geboue gedebiteer. (vi) Ongebruikte eiendom is op 1 September 2024 verhuur. Die huurder het huur vir Julie en Augustus vooruit betaal omdat sy met vakansie gegaan het. LET WEL: Huur is met R400 per maand verlaag vanaf Januarie 2025. (vii) ʼn Jaarlikse versekeringspremie is op 1 Oktober 2024 aan Ecco-versekeraars betaal. ʼn Verhoging van 10% is vanaf 1 Februarie in werking gestel volgens die getekende ooreenkoms. (viii) ʼn Water- en elektrisiteitsrekening van R405 vir Junie 2025 is ontvang, maar nog nie betaal nie. (ix) ʼn Nuwe werknemer wat op 1 Junie 2025 by die besigheid aangesluit het, is uit die Salarisjoernaal gelaat. Aftrekkings bereken teen 18% van sy salaris het R3 600 beloop. Die besigheid dra ʼn totaal van R2 200 namens hierdie werknemer tot die WVF en pensioenfonds by. (x) Fisiese voorraadtelling op 30 Junie 2025 het die volgende aan die lig gebring: ● Handelsvoorraad voorhande, R259 500 ● Verbruiksgoedere ter waarde van R13 250 is gedurende die jaar gebruik. (xi) ʼn Bykomende vaste deposito van R60 000 is halfpad deur die jaar by Amandla Bank geplaas. Hierdie transaksie is behoorlik aangeteken. Maak voorsiening vir die uitstaande rente. 55 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 2: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE EN NOTAS (50 punte; 45 minute) Vennote Osna en Long is eienaars van die besigheid, Oslo Handelaars. Jy word voorsien van inligting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025. GEVRA: 2.1 Voltooi die Handels- en ander Ontvangbares-nota op 28 Februarie 2025. (7) 2.2 Voltooi die Privaatrekeninge-nota op 28 Februarie 2025. (18) 2.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie 2025. (25) INLIGTING: A. Uittreksel uit die finansiële rekords op 28 Februarie 2025. R Kapitaal: Osna 450 000 Kapitaal: Long 500 000 Privaatrekening: Osna (1 Maart 2024) 34 800 (Kt) Privaatrekening: Long (1 Maart 2024) 28 900 (Dt) Onttrekkings: Osna 159 200 Onttrekkings: Long 88 600 Vaste bates teen drawaarde 1 864 500 Lening: Otto Bank ? Handelsvoorraad 296 400 Debiteurekontrole 226 000 Wisselgeld en kleinkas 5 600 Spaarrekening 140 000 Bankoortrekking ? Voorsiening vir oninbare skulde 7 000 Krediteurekontrole 119 800 Opgelope uitgawes 6 900 SAID: LBS 7 750 B. Vennootskapsooreenkoms het die volgende bepaal: (i) Die vennote is geregtig op 12% rente op hul kapitaal. Osna het sy kapitaal verhoog deur R150 000 kontant op 1 September 2024 by te dra. Hierdie transaksie is in die boeke aangeteken. (ii) Vennote is geregtig op ʼn salaris van R360 000 per jaar. Daar is egter besluit om Long se salaris met 15% per jaar te verhoog, effektief vanaf 1 Desember 2024, weens verhoogde administratiewe pligte. (iii) Vennote ontvang hul bonusse in Desember elke jaar en hulle is geregtig op ʼn bonus gelykstaande aan hul Desember salaris. (iv) Oorblywende winste of verliese word tussen die vennote verdeel deur hul kapitaalsaldo’s aan die einde van die jaar te gebruik. Long het R85 800 as sy sekondêre verdeling ontvang. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V1 7 C. Onttrekkings: Geen inskrywings is in die boeke gemaak vir ʼn rekenaar wat op 28 Februarie 2025 deur vennoot Long geneem is nie. Die volgende besonderhede is uit die Vaste Bateregister rakende die rekenaar verkry: • Kosprys, R18 000. • Opgehoopte waardevermindering op 1 Maart 2024, R9 000. • Waardevermindering vir die huidige jaar op hierdie rekenaar was R1 400. D. Addisionele inligting: (i) Debiteure met kredietsaldo’s van R3 800 moet na die krediteuregrootboek oorgeplaas word. (ii) Ongebruikte skryfbehoeftes ter waarde van R1 200 is op 28 Februarie 2025 deur ʼn voorraadopname aan die lig gebring. (iii) Op 25 Februarie 2025 is voorraad met ʼn kosprys van R18 000 gesteel tydens ʼn inbraak by die pakhuis. Versekering het ingestem om 80% van die eis te betaal om die verlies te dek. Die bepalings en voorwaardes van die versekeringspolis bepaal dat versekeringseise 15 dae neem om verwerk te word vanaf die dag van indiening van die eis. Geen inskrywings is in die boeke gemaak om hierdie transaksie aan te teken nie. (iv) R2 800 ontvang van ʼn debiteur, A. Carl, wie se skuld voorheen afgeskryf is, is in die debiteurekontrolekolom in die Kontantontvangstejoernaal aangeteken en as sodanig geboek. (v) Die leningsstaat wat op 28 Februarie 2025 van Otto Bank ontvang is, het die volgende getoon: Saldo op 1 Maart 2024 808 600 Maandelikse terugbetalings, insluitend rente 19 200 Rente gekapitaliseer, gedurende die jaar 96 000 Saldo op 28 Februarie 2025 ? Die besigheid beplan om R60 000 van die leningsaldo gedurende die volgende finansiële jaar af te betaal. (vi) Die bedryfsverhouding is op 28 Februarie 2025 as 2,5 : 1 bereken. 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 3: FINANSIËLE AANWYSERS; ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (35 punte; 25 minute) Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Asiya Clothing Boutique vir die jaar geëindig 31 Desember 2025, tesame met vergelykende syfers vir 2024. Die besigheid is in besit van twee vennote, Asmal en Yamiz. GEVRA: 3.1 Hieronder is ʼn lys van begrippe wat vrae oor die vertolking van finansiële state beantwoord. Kies die begrip wat VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.4 beantwoord. Likiditeit, opbrengs op ekwiteit, hefboomfinansiering, solvensie, bedryfsdoeltreffendheid 3.1.1 Is die besigheid ʼn goeie belegging vir die vennote? 3.1.2 Het die besigheid beheer oor sy inkomste en uitgawes? 3.1.3 In watter mate word die besigheid deur lenings gefinansier? 3.1.4 Kan ʼn besigheid al sy skuld gemaklik afbetaal? (4) 3.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig 31 Desember 2025. Toon ALLE berekeninge. 3.2.1 Bedryfsuitgawes op verkope (3) 3.2.2 Vuurproefverhouding (4) 3.2.3 Voorraadomsetsnelheid (5) 3.3 In al die vrae hieronder moet jy: Finansiële aanwysers, syfers en tendense aanhaal. 3.3.1 Winsgewendheid Lewer kommentaar oor of die besluit wat deur die vennote geneem is rakende die winsopslag % wat behaal is, die besigheid bevoordeel het of nie. Haal syfers aan. (2) 3.3.2 Likiditeit Lewer kommentaar oor die voorraadhoudingstydperk van die besigheid en die gemiddelde debiteure-invorderingstermyn. Stel maniere voor waarop dit in die toekoms verbeter kan word. (6) 3.3.3 Risiko en hefboomfinansiering Vennoot Asmal is van mening dat dit voordelig vir die besigheid was om die lening gedurende die jaar te betaal. • Lewer kommentaar oor hoe hierdie besluit die risiko van die besigheid beïnvloed het. Haal EEN finansiële aanwyser aan. (3) • Behalwe vir die afbetaling van die lening, watter ander moontlikhede kan vennote ondersoek wat ʼn positiewe impak op die finansiële risiko van die besigheid sal hê? Noem TWEE punte. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V1 9 3.3.4 Opbrengs op eienaarsbelang Behoort vennoot Yamiz tevrede te wees met die opbrengste wat hy uit die vennootskap kry? Lewer kommentaar en haal EEN finansiële aanwyser aan. (4) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste 2025 2024 Verkope 1 760 000 1 410 000 Bruto wins 660 000 528 750 Bedryfsuitgawes 334 400 296 100 Bedryfswins 385 100 360 000 Netto wins vir die jaar 325 600 318 400 B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie 2025 2024 Nie-bedryfsbates 2 334 000 2 140 000 Bedryfsbates Voorrade 304 000 256 000 Handels- en ander ontvangbares 236 000 196 400 Kontant en kontantekwivalente 165 600 209 000 Vennote se belang 651 200 626 800 Nie-bedryfslaste 395 000 490 000 Bedryfslaste 596 000 401 200 C. Finansiële aanwysers 2025 2024 Bedryfsuitgawes op omset ? 21% Winsopslag % behaal 60% 70% Bedryfsverhouding 2,1 : 1 2,2 : 1 Vuurproefverhouding ? 1,0 : 1 Voorraadomsetsnelheid ? 5,4 keer Skuld-ekwiteitsverhouding 0,6 : 1 0,7 : 1 Voorraadhoudingstydperk 94 dae 68 dae Gemiddelde debiteure-invorderingstermyn 45 dae 32 dae Gemiddelde krediteure-betalingstermyn 40 dae 40 dae Opbrengs op vennote se belang 51% 49,8% Opbrengs verdien deur vennoot Asmal 26% 29,4% Opbrengs verdien deur vennoot Yamiz 25% 20,4% Rentekoers op lenings 13,5% 13,5% Rentekoers op vaste deposito 12,5% 11,5% 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 4: BESIGHEIDSETIEK EN AARP-BEGINSELS (10 punte; 10 minute) Jose en Roman is vennote in die besigheid genaamd Joeman Handelaars. Hulle het drie jaar gelede hul besigheid begin wat skootrekenaars verkoop en herstel. Hulle het ooreengekom en besigheidsetiek en ʼn gedragskode opgestel wat deur alle lede gevolg moet word. Roman het onlangs ʼn sakeooreenkoms met ʼn nuwe verskaffer van Noordwes aangegaan wat belowe het om hom beter aanbiedinge op skootrekenaars en verbruiksgoedere te kry, mits hy tot ʼn paar bepalings en voorwaardes instem. Terme en voorwaardes het die volgende ingesluit: Die besigheid moet instem om goedere van nie minder as R100 000 elke maand te bestel nie, maar slegs 50% hiervan moet in die besigheidsboeke aangeteken word en die res sal verkoop word en die opbrengs sal tussen Roman en die verskaffer verdeel word. Roman sal ook ʼn aansporing van R10 000 elke maand van die verskaffer kry. Roman het ook ʼn skootrekenaar vir sy dogter geneem, maar het nie hierdie transaksie in die boeke van die besigheid aangeteken nie en ook nie vir sy vennoot Jose daarvan vertel nie. 4.1 Verduidelik wat met die begrip ‘besigheidsetiek’ bedoel word. (2) 4.2 Watter AARP-beginsel het Roman oortree toe hy ʼn skootrekenaar van die besigheid geneem het, maar hierdie transaksie nie aangeteken het nie? Verduidelik hierdie beginsel kortliks om jou antwoord te staaf. (2) 4.3 Verduidelik watter bekommernisse Jose moet hê wanneer hy van sy vennoot se optrede uitvind. Noem DRIE punte. (6) 10 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) REKENINGKUNDE V1 11 GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE ANWYSERS Brutowins x 100 Brutowins x 100 Nettowins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale verdienste per vennoot x 100 Nettowins x 100 Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1 Bedryfsbates: Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Kredietaankope 1 Gemiddelde voorraad x 365 of 12 Koste van verkope Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad Nie bedryfslaste : Eienaarsbelang Totale bates : Totale laste Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 Accounting

View all