Skip to content
Question paper

Advanced Programme Afrikaans Grade 12 IEB 2018 QP (Afr)

IEB Grade 12 Advanced Programme Afrikaans question paper from the 2018 (Afrikaans), 4 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Advanced Programme AfrikaansGrade 1220184 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN NOVEMBER 2018 GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Tyd: 3 uur 300 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Lees al die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae in hierdie vraestel. Vraag 1: Tekste wat jy bestudeer het uit TWEE van die volgende genres: • Prosa • Drama • Film Vraag 2: TWEE digtydperke uit die Afrikaanse Poësie Vraag 3: Filosofiese besinning oor jou eie leesgeskiedenis 4. Nommer jou antwoorde presies volgens die nommers van die vrae. 5. Begin elke antwoord op 'n nuwe bladsy. 6. Elke antwoord moet die vorm aanneem van 'n presies-beredeneerde en deeglik- gestaafde opstel. Daar is geen voorgeskrewe lengte vir die opstelle nie, slegs 'n verwagting dat jy akkuraat en met insig redeneer oor die tekste wat jy gelees het en dat jy beoog om jou eie stem en sienswyse in jou opstelle na vore te bring. 7. Let asseblief daarop dat die gehalte van jou skryfstyl, die struktuur van jou argument en die vaardigheid en juistheid van jou gebruik van aanhalings (sowel as direkte verwysings na tekste) in aanmerking geneem word wanneer jou antwoorde beoordeel word. 8. Korrekte spelling, taalgebruik en gepaste register, asook leesbaarheid, sal natuurlik in jou guns tel. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Bladsy 2 van 4 VRAAG 1 Skenk aandag aan die tema "Enkeling en Samelewing" by die beantwoording van hierdie vraag. Hierdie vraag vereis dat jy noukeurig verwys na TWEE tekste vanuit elk van die TWEE genres (prosa, drama, film) wat jy bestudeer het: dit is altesaam vier tekste. (Jy mag na meer as twee tekste uit elk van jou gekose twee genres verwys.) Lees die volgende aanhaling noukeurig en reageer daarop volgens die opdrag. Versprei my woorde onder die mensdom! Laat deur my werke 'n oproep tot vreugde, menslikheid en geregtigheid weerklink. (P.B. Shelley: 1792–1822) Beredeneer en evalueer hoe en in watter mate die karakters in die tekste wat jy bestudeer het die samelewing waarbinne hulle funksioneer, beïnvloed het. Het hulle, volgens jou besproke tekste, vreugde, menslikheid en geregtigheid bevorder, of dalk juis die teenoorgestelde effek gehad? [100] IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Bladsy 3 van 4 VRAAG 2 POËSIE Hierdie vraag vereis dat jy na die volgende ongesiene gedig as 'n vertrekpunt sal verwys, EN ook na minstens DRIE gedigte vanuit ELK van TWEE digtydperke wat jy bestudeer het; dit is altesaam 6 gedigte. Die ongetemde gemoed Ons kom af op 'n groep digters - Elkeen van hulle is seker wat poësie is, dit is 'n lied, dit is die taal van die siel, dit is betekenis in sy edelste vorm, dit is die waarheid ingebed in skoonheid, nonsens, dit is nie bedoel om sin te maak nie, dit is eenvoudig daar om die denke te tart … Poësie is die ware taal van die ongetemde gemoed! [Uit: oop sirkel deur De Waal Venter, 2017] WOORDVERKLARINGS: ongetemde = oop, vry, onbeperk tart = uitdaag, uitlok, terg Bespreek hoe en in watter mate jy jou gedigte as "die ware taal van die ongetemde gemoed" beskou. Gebruik die gedig hierbo vir jou bespreking. Jy mag op kritiese wyse omgaan met die idees wat in die gedig uitgedruk word. (Let op die positiewe effek en funksies van gedigte, soos deur sommige digters bedink, maar dat daar ook negatiewe funksies kan wees.) [100] IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Bladsy 4 van 4 VRAAG 3 Hierdie vraag vereis dat jy direk verwys na VIER beduidende fiksiewerke (vier romans of drie romans en 'n bundel kortverhale) wat jy onafhanklik gelees en bedink het vir hierdie eksamen. Lees die volgende aanhaling en reageer daarop volgens die opdrag wat volg: Die groot roman is meer as net goed geskryf en interessant. Dit is 'n poging om in woorde iets van die eindelose rykdom van die werklikheid te gee, iets van die ellende, die grootsheid en die verskrikking van die lewe, iets van die mens in sy bietjie deug (goedheid) en sy groter sondigheid. 'n Volk wat nie van hierdie dinge wil weet nie, bly onvolgroei. (N.P. van Wyk Louw: 1906–1970) Beredeneer hoe en in watter mate die tekste wat jy self gekies het vir die beantwoording van hierdie vraag, jou kan help om insig te kry in die rykdom en die ellende, die goeie en die slegte in die lewe, in jouself, asook in die wêreld waarbinne jy saam met ander moet bestaan. [100] Totaal: 300 punte IEB Copyright © 2018

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.