Skip to content
Memorandum

Advanced Programme Afrikaans Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Advanced Programme Afrikaans memorandum from the 2018 (Afrikaans), 3 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Advanced Programme AfrikaansGrade 1220183 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN NOVEMBER 2018 GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 300 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiseringsvergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die bepunting van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende interpretasies mag wees oor die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 3 Vlak Omskrywing 7+ 100–90 Die respons kan beskryf word as boeiend, weldeurdag, buitengewoon. Dit vertoon volgehoue, gesofistikeerde beredenering en denke. Die kandidaat se insig in die voorgeskrewe tekste en tema, eie-keuse tekste, en/of gedigte is uitstaande. Die kandidaat se vermoë om 'n reeks tekste/voorgeskrewe gedigte samehangend en naatloos te integreer met die gegewe aanhaling of ongesiene gedig, word uitstekend geformuleer. Die argument is hoogs intelligent, en maak 'n buitengewone indruk op die nasiener. Die respons toon uitsonderlike diepte en reikwydte van die bestudeerde tekste/interpretasie van die gedigte en die kandidaat het die belangrike kwessies wat in die teks(te)/gedigte voorkom, gebruik om sy/haar respons op die vraag oortuigend te artikuleer. Die kandidaat se eie stem is skitterend en sy/haar siening is opreg en kreatief. Die skryfstyl is buitengewoon onderhoudend en 'n voorreg om te lees. Aanhalings en/of direkte, spesifieke verwysings na tekste/gedigte word op 'n gereelde basis gebruik, is toepaslik en baie intelligent. Buitengewone inleiding, slot, struktuur/paragrafering. 7– 89–80 Die respons is boeiend, kreatief-nadenkend en oortref verwagtinge. Dit toon helder beredenering en denke. Die kandidaat se insig in die voorgeskrewe tekste en tema, eie-keuse tekste en/of gedigte is uitsonderlik. Die kandidaat integreer 'n aantal tekste/voorgeskrewe gedigte op samehangende en volgehoue wyse met die gegewe aanhaling/ongesiene gedig. Die argument is besonders, intelligent en dit beïndruk. Die respons toon die diepte en breedte van die tekste/interpretasie van gedigte wat bestudeer is en die belangrike kwessies in die tekste/bestudeerde gedigte word op suksesvolle wyse in sy/haar bespreking van die vraag gebruik. Die kandidaat se persoonlike benadering is duidelik merkbaar en sterk. Die skryfstyl is onderhoudend en dit is 'n plesier om te lees. Aanhalings en/of direkte, spesifieke verwysings na tekste/gedigte word op 'n gereelde, toepaslike en intelligente wyse gebruik. Eiesoortige en gepaste inleiding, slot en struktuur/paragrafering. 6 79–70 Die respons is effektief, deurdag en oor die algemeen baie goed. Dit word onderlê deur helder beredenering en denke hoewel enkele leemtes mag voorkom. Insig in die voorgeskrewe tekste en tema, eie-keuse tekste en/of gedigte is duidelik. Die kandidaat is in staat om 'n aantal tekste/voorgeskrewe gedigte op 'n helder en relevante wyse te integreer met die aanhaling of ongesiene gedig en die verwysings is duidelik en relevant. Die argument is logies en stimuleer nadenke. Die leerder toon genoegsame diepte en breedte by die interpretasie van die tekste/ gedigte wat hy/sy bestudeer het en gebruik die belangrike kwessies wat in die tekste/gedigte voorkom om sy/haar insig in die vraag te reflekteer. Die kandidaat se persoonlike benadering is duidelik waarneembaar. Die skryfstyl is effektief en dit lees vlot. Aanhalings en/of direkte, spesifieke verwysings na die tekste word deurgaans en gepas gebruik. Goeie inleiding, slot, struktuur/paragrafering. 5 69–60 Die respons is deurdag en redelik oortuigend. Daar is grondige beredenering en denke hoewel dit nie deurgaans volgehou word nie. Insig in die voorgeskrewe tekste en tema, eie-keuse tekste en/of gedigte is goed. Die kandidaat kan tekste/gedigte meesal op 'n relevante wyse in sy/haar respons op die aanhaling of ongesiene gedig, integreer. Die argument is oor die algemeen helder en gepas. Alhoewel daar tog aanduidings van breedte en diepte van kennis en insig is, is dit nie konsekwent nie en daar is soms leemtes wat die algemene kwaliteit verminder. Die kandidaat se persoonlike benadering is wel waarneembaar. Die skryfstyl is oor die algemeen goed en dit lees gemaklik alhoewel stilistiese swakhede soms voorkom. Aanhalings en/of direkte, spesifieke verwysings na tekste word nie altyd effektief gebruik nie. Struktuur en paragrafering is goed, maar leemtes kom voor. IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 3 4 59–50 Die kandidaat het 'n poging aangewend om die vraag te beantwoord en toon kennis, hoewel oppervlakkig, van die tekste. Die respons is net voldoende. Die beredenering en denke is middelmatig en is nie volgehoue en altyd duidelik nie. Insig in die voorgeskrewe tekste mis dikwels kennis, diepte en voldoende insig en verwysing na die tema is gebrekkig. Verwysing na en gebruik van die ongesiene gedig is nie heeltemal geslaagd nie. Die argument is nie altyd logies, suksesvol of gefokus nie. Die reikwydte en diepte van kennis is nie genoegsaam nie en is soms onakkuraat. Die kandidaat se persoonlike siening kom nie effektief na vore nie. Die skryfstyl is redelik aanvaarbaar, maar daar is stilistiese leemtes. Aanhalings en/of direkte, spesifieke verwysings na tekste word oneffektief of lukraak gebruik. Struktuur en paragrafering is net voldoende. 3 49–40 Die respons is swak, alhoewel die kandidaat probeer het om die vraag te beantwoord en verskillende tekste te inkorporeer. Die beredenering en denke is gebrekkig en nie logies nie. Insig in die voorgeskrewe tekste en tema is swak en die kandidaat se begrip is vaag en baie oppervlakkig. Die argument word nie volgehou nie en dwaal dikwels af van die onderwerp. Die kandidaat se respons toon nie breedte of diepte van kennis en begrip van die gedigte en die ongesiene gedig nie. Eie-keuse tekste is dikwels onvanpas en nie goed gebruik by die beantwoording van die vraag nie. Daar is foute in die teksverwysings wat die respons benadeel. Die persoonlike siening is oppervlakkig. Die skryfstyl is gebrekkig en word gekenmerk deur foutiewe gebruik van basiese taalstrukture. Die kandidaat ken nie die tekste/gedigte goed genoeg om dit direk te betrek nie. Struktuur/paragrafering is swak. 1–2 39–0 Die kandidaat voer 'n basiese poging uit om te skryf oor idees in die bestudeerde literêre tekste en tema/voorgeskrewe gedigte en eie-keuse tekste. Die kwaliteit van beredenering en denke is geheel en al onvoldoende en die kandidaat toon minimale insig in die voorgeskrewe tekste oor die algemeen. Die argument is baie gefragmenteerd en daar is deurgaans min fokus op die onderwerp. Eie-keuse tekste is onvanpas en nie geskik vir die beantwoording van die vraag nie. Die respons is so beperk dat daar geen tekens is van diepte OF breedte nie behalwe vir die mees basiese teksverwysings. Daar is geen tekens van 'n persoonlike, verbandhoudende siening nie. Die skryfstyl is heeltemal onaanvaarbaar. Die kandidaat besit nie genoegsame kennis van of insig in die tekste om hoegenaamd daarop te kan steun nie. Struktuur/paragrafering is foutief, en oor die algemeen eintlik afwesig. Bostaande nasientabel word gebruik om die volgende Leeruitkomste te evalueer in al drie die vrae se respons op die gegewe prikkel en opdrag: 1. LO 1: Bepaling van verbande tussen verskillende genres, sub-genres, tekste, kontekste en tendense. 2. LO 2: Strukturering van argumente en insig op 'n samehangende wyse deur die gebruik van gepaste tekstuele verwysings. 3. LO 3: Gebruik van kognitiewe vaardighede om kritiese oordele te bedink en voor te lê. Denkvlakke: Die vraestelle word so opgestel dat die volgende denkvlakke gedek word: Evaluering 7; Sintese 6; Analise 5. Sommige opstelle sal egter wel laer uitmerk. (volgens rubriek) Tipe Vraag: Kandidate reageer op 'n literêre prikkel en opdrag deur middel van 'n literêre opstel/essay. Puntetoekenning: 100 punte per opstel. Totaal: 100% IEB Copyright © 2018

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.