Skip to content
Question paper

Advanced Programme Afrikaans Grade 12 IEB 2019 QP (Afr)

IEB Grade 12 Advanced Programme Afrikaans question paper from the 2019 (Afrikaans), 4 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Advanced Programme AfrikaansGrade 1220194 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN NOVEMBER 2019 GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Tyd: 3 uur 300 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Lees al die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae in hierdie vraestel. Vraag 1: Tekste wat jy bestudeer het uit TWEE van die volgende genres: • Prosa • Drama • Film Vraag 2: TWEE digtydperke uit die Afrikaanse Poësie Vraag 3: Filosofiese besinning oor jou eie leesgeskiedenis 4. Nommer jou antwoorde presies volgens die nommers van die vrae. 5. Begin elke antwoord op 'n nuwe bladsy. 6. Elke antwoord moet die vorm aanneem van 'n presies-beredeneerde en deeglik- gestaafde opstel. Daar is geen voorgeskrewe lengte vir die opstelle nie, slegs 'n verwagting dat jy akkuraat en met insig redeneer oor die tekste wat jy gelees het en dat jy beoog om jou eie stem en sienswyse in jou opstelle na vore te bring. 7. Let asseblief daarop dat die gehalte van jou skryfstyl, die struktuur van jou argument, en die vaardigheid en juistheid van jou gebruik van aanhalings (sowel as direkte verwysings na tekste) in aanmerking geneem word wanneer jou antwoorde beoordeel word. 8. Korrekte spelling, taalgebruik, en gepaste register, asook leesbaarheid, sal natuurlik in jou guns tel. 9. Alhoewel hierdie eksamen 'n individuele reaksie van die kandidaat verwag, word akkurate analitiese skryfstukke vereis deur die gebruik van korrekte literêre terminologie, en nie bloot uitdrukkings van die kandidaat as leser se entoesiasme nie! IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Bladsy 2 van 4 VRAAG 1 Skenk aandag aan die tema, "Die waarheid neem 'n duisend vorme aan", by beantwoording van hierdie vraag. Hierdie vraag vereis dat jy noukeurig verwys na TWEE tekste vanuit elk van die TWEE genres (prosa, drama, film) wat jy bestudeer het: dit is altesaam vier tekste. (Jy mag na meer as twee tekste uit elk van jou gekose twee genres verwys.) Lees die volgende aanhaling noukeurig en reageer daarop, volgens die opdrag. 'n Goeie verhaal, drama of prosa, betrek die leser vanuit die staanspoor. Jy wil die boek klaar lees, jy moet die drama se einde beleef, al is dit net om uit te vind: waar gaan die skrywer met die storie heen? Murray la Vita [Uit: Gesprekke met merkwaardige mense, 2011] Beredeneer en evalueer hoe en in watter mate die verhale, prosa/drama/film, wat jy bestudeer het, jou so aangegryp het, dat jy nie kon wag vir die slot nie. Versterk en verdiep jou argument deur te verwys na genre-kenmerke van prosa, drama/ film in jou bespreking. [100] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Bladsy 3 van 4 VRAAG 2 POËSIE Hierdie vraag vereis dat jy na die volgende ongesiene gedig as 'n vertrekpunt sal verwys, EN ook na minstens DRIE gedigte vanuit ELK van TWEE digtydperke wat jy bestudeer het: dit is altesaam 6 gedigte. Die gedig is 'n skildery Phoebe Hesketh 'n Gedig is 'n onsigbare skildery 'n Skildery is 'n onhoorbare gedig Die gedig is – 'n Skildery in jou gedagtes. Sonder palet en kwas meng dit woorde tot beelde. Skerp gedagtes slyp die lem en sny die rots met ruwe rotse wat bome en takke vervorm soos Van Gogh van ouds of, betower deur grasieuse beweging, vang dit die opaalglans rompies van Degas se dansers. Maar woorde op papier, soos verf op 'n doek is vas. Dis eers tussen die spasies dat die gedig begin lewe. [Afrikaans vertaling uit: The Leave Train, 1995] In 'n opstel, interpreteer en gebruik die aard en funksie van poësie wat Hesketh beskryf om ook jou SES gedigte uit TWEE tydperke te interpreteer en ondersoek vir daardie "lewe" wat in gedigte opgesluit lê en lesers betower. • Let op die positiewe effek en funksie van gedigte, maar bedink ook die moontlikheid van ander waarhede en pynlike betekenisse waarvan gedigte hul lesers kan bewus maak. • Gebruik die gedig hierbo as 'n vertrekpunt vir jou bespreking. Jy mag op kritiese wyse omgaan met die idees wat in die gedig uitgedruk word. • Maak seker dat jy verwys na struktuur, beeldspraak en ander poëtiese elemente in jou bespreking van die gedigte, waar van toepassing. [100] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Bladsy 4 van 4 VRAAG 3 Wanneer jy hierdie vraag beantwoord, moet jy direk verwys na VIER beduidende fiktiewe werke (vier romans of drie romans en 'n bundel kortverhale) wat jy onafhanklik gelees en bedink het vir hierdie eksamen. Bestudeer die volgende aanhaling en reageer daarop, volgens opdrag. In die verhale wat jy lees, sal jy voor die boosheid self te staan kom; jy sal hartseer en trauma ervaar, jy sal trots en haat teëkom en dalk ook skuldgevoelens en skande beleef. Bly oopkop, want stories spreek ook van liefde en vreugde. Leer uit hierdie stories en probeer aansluiting vind by ander lesers, ander mense in jou omgewing. Elaine Bing [Uit: Die stories wat ons lees: 'n Praatjie met hoërskoolleerlinge, 2016] Beredeneer in watter mate en op watter wyse die "stories" wat jy gekies het vir die beantwoording van hierdie vraag, lesers kan help om insig in hulself te kry asook in die wêreld waarbinne hulle saam met ander moet bestaan. Verwys ook na struktuur- en verhaalelemente van die genre(s) wat jy bespreek om jou respons te verryk. [100] Totaal: 300 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

Advanced Programme Afrikaans Grade 12 IEB 2019 QP (Afr) | Hlayiso