Skip to content
Question paper

Advanced Programme Afrikaans Grade 12 IEB 2017 QP (Afr)

IEB Grade 12 Advanced Programme Afrikaans question paper from the 2017 (Afrikaans), 3 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Advanced Programme AfrikaansGrade 1220173 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN NOVEMBER 2017 GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Tyd: 3 uur 300 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 3 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Lees al die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae in hierdie vraestel. Vraag 1: Tekste wat jy bestudeer het uit TWEE van die volgende genres:  Prosa  Drama  Film Vraag 2: TWEE Digtydperke uit die Afrikaanse Poësie Vraag 3: Filosofiese besinning oor jou eie leesgeskiedenis 4. Nommer jou antwoorde presies volgens die nommers van die vrae. 5. Begin elke antwoord op 'n nuwe bladsy. 6. Elke antwoord moet die vorm aanneem van 'n presies-beredeneerde en deeglik- gestaafde opstel. Daar is geen voorgeskrewe lengte vir die opstelle nie, slegs 'n verwagting dat jy akkuraat en met insig redeneer oor die tekste wat jy gelees het en dat jy beoog om jou eie stem en sienswyse na vore te bring in jou opstelle. 7. Let asseblief daarop dat die gehalte van jou skryfstyl, die struktuur van jou argument, en die vaardigheid en juistheid van jou gebruik van aanhalings (sowel as direkte verwysings na tekste) in aanmerking geneem word wanneer jou antwoorde beoordeel word. 8. Korrekte spelling, taalgebruik en gepaste register, sowel as leesbaarheid, sal natuurlik in jou guns tel. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Bladsy 2 van 3 VRAAG 1 Skenk aandag aan die tema, "Enkeling en Samelewing", by beantwoording van hierdie vraag. Hierdie vraag vereis dat jy noukeurig verwys na TWEE tekste vanuit elk van die TWEE genres (prosa, drama, film) wat jy bestudeer het: dit is, altesaam vier tekste. (Jy mag na meer as twee tekste uit elk van jou gekose twee genres verwys.) Lees die volgende aanhaling noukeurig en reageer daarop volgens die opdrag. Dit neem net 'n klein groepie denkende, toegewyde enkelinge om 'n samelewing, hoe klein of uitgebreid ook al, te laat groei en verryk, of te laat ondergaan. Margaret Mead Beredeneer en evalueer hoe en in watter mate die karakters in die tekste wat jy bestudeer het dié samelewing waarbinne hulle funksioneer en optree, beïnvloed het (ten goede of ten kwade) en dit laat groei en verryk het, óf dalk benadeel het. [100] IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12-EKSAMEN: GEVORDERDEPROGRAM-AFRIKAANS Bladsy 3 van 3 VRAAG 2 POËSIE Hierdie vraag vereis dat jy na die volgende ongesiene gedig as 'n vertrekpunt sal verwys, EN ook na minstens DRIE gedigte vanuit ELK van TWEE Digtydperke wat jy bestudeer het: dit is, altesaam 6 gedigte. Arte Poética Vicente Huidebro Laat die vers 'n sleutel wees om 'n duisend deure oop te sluit. Laat wat ons oë sien, geskep word weer en só twee keer lewe. Ontdek steeds nuwe wêrelde. Laat bloei die roos, o digter in jou gedig! Vir ons alleen leef alles hier onder die son, die kweperboom in bloei die kind wat groei. Die digter is 'n kleine God In 'n opstel, interpreteer en gebruik van die funksies van poësie wat Huidebro beskryf om ook jou SES gedigte uit TWEE tydperke te ondersoek vir relevansie in die wêreld waarbinne jy leef.  Let op die positiewe effek en funksies van gedigte, maar bedink ook die moontlikheid van ander, pynlike betekenisse van "bloei" en "groei" waarvan gedigte hul lesers kan bewus maak. Is die "wêrelde" wat gedigte beskryf noodwendig positief?  Gebruik die gedig hierbo as 'n vertrekpunt vir jou bespreking. Jy mag op kritiese wyse omgaan met die idees wat in die gedig uitgedruk word. [100] VRAAG 3 Wanneer jy hierdie vraag beantwoord, moet jy direk verwys na VIER beduidende fiktiewe werke (vier romans of drie romans en 'n bundel kortverhale) wat jy onafhanklik gelees en bedink het vir hierdie eksamen. Stories help ons om te verstaan wie ons is, waarvoor ons staan, waarteen ons staan en wat ons begeer. Stories is die wyse waarop ons die lewe verstaan en om ons plek daarbinne te vind. Daniel Kahneman Beredeneer in watter mate en op watter wyse die "stories" wat jy gekies het vir die beantwoording van hierdie vraag lesers kan help om insig in hulself te kry, asook in die wêreld waarbinne hulle saam met ander moet bestaan. [100] Totaal: 300 punte IEB Copyright © 2017

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

Advanced Programme Afrikaans Grade 12 IEB 2017 QP (Afr) | Hlayiso