Skip to content

Mathematics Grade 3 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Afr)

Question paperMathematicsGrade 3201227 pages

Grade 3 Mathematics question paper from the ANA Exemplars 2012 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 3 WISKUNDE STEL 1: 2012 MODELVRAE
Downloaded from hlayiso.com RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA) 1. Algemene oorsig Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir die skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om suksesvol deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle vir Taal- en Wiskunde-onderrig saamgestel. Die voorbeeldvraestelle is op die kurrikulum gebaseer en strek oor die eerste drie kwartale van die skooljaar. Daar is ook 'n volledige Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA). Die voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is slegs aanvullend tot die skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie die skoolgebaseerde assessering nie. 2. Die struktuur van voorbeeldvraestelvrae Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede en/of kennis te assesseer. Sommige van die inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer word deur 'n meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met tekeninge of sketse te toon, ens.). Indien onderwysers en leerders dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend gestruktureer is, maar dieselfde ding vra, moet hulle verstaan dat dit opsetlik is en leerders moet op al die voorbeeldvraestelvrae reageer. Blootstelling aan 'n groot verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om toetse te konfronteer. 3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind. Die voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) vir graad R tot 12, die bepalings van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die Nasionale Protokol vir Assessering. Saam vorm hierdie dokumente, sowel as ander dokumente wat deur die skool voorsien kan word, 'n ryk bron van bronmateriaal wat onderwysers in staat stel om lesse te beplan en om formele assessering uit te voer (assessering van leer). 4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, beteken dit nie dat die onderwyser die hele stel net so aan die leerders moet gee om binne een sessie af te handel nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Kies sorgvuldig die afsonderlike voorbeeldvrae van die betrokke les of 'n hanteerbare hoeveelheid vrae en gebruik dit tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg: 4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd te verloor nie. 1
Downloaded from hlayiso.com 4.2 Gedurende die les as 'n kort informatiewe toets om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en vaardighede ontwikkel soos wat die les ontwikkel en verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie. 4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of leerders voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas. Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê. 4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK) te beantwoord, oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe toets heelwat meer vrae insluit om 'n volwaardige toets te wees, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is egter belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets. 5. Memorandum of riglyne vir antwoorde 'n Tipiese voorbeeld van die verwagte respons (memorandum) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets-antwoorde gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die memorandum geensins rigied is nie. Die memorandum gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar. 6. Kurrikulumdekking Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die voorbeeldvraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en slegs van toepassing op die werk wat in die eerste drie kwartale van die skooljaar behandel word. Die tempo waarteen die werk in sekere kwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV). 7. Gevolgtrekking Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie verbeter, dieselfde bly of verswak. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse gebruik te maak as deel van die onderwyshulpmiddels, sal onderwysers leerders help om vertroud te raak met verskillende vorms en tegnieke van assessering. Indien die voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis en vaardighede bekom om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse. 2
Downloaded from hlayiso.com GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE 1. Kyk na die onderstaande prent. a. Skat hoeveel pennetjies daar in die prent is. ________ b. Tel die gegewe pennetjies. ________ c. Groepeer die pennetjies in viere. ______ d. Merk die helfte van die pennetjies met ‘n “X” ________ e. Wat is die verskil tussen die gekatte aantal en die werklike aantal pennetjies? ________ f. Hoeveel moet ek bytel of aftrek om die geskatte aantal gelyk te maak aan die werklike aantal? ________ g. Onderstreep die regte antwoord. Daar is ____ pennetjies in die prentjie 42 25 44 100 3
Downloaded from hlayiso.com 2. Vul die ontbrekende getalle in. a.600, 500 ,____, 300 , ____, 100. b.4, 8 , 12 ,___ , ____ ,24 , ____. 3. Voltooi die tabel. a. Tel aan in 2’s 128 b. Tel terug in tiene 170 c. Tel in drieë 9 4. Vul die ontbrekende getalle op die oop spasies in. a.173, 172 , 171 ,____ , ____ , 168 , 167 , ____. b.195, 190, ____, ____ , 175 , ____ , 165. 4
Downloaded from hlayiso.com 5. MEDI CLINIC + + Die hospitaal het 3 verdiepings. Die kamers, in die tabel, is vanaf nege-en-neëntig tot eenhonderd een en twintig genommer. Derde 115 117 119 120 verdieping Tweede 106 109 110 113 verdieping Eerste 99 100 103 104 verdieping Ingang Skryf die ontbrekende kamernommers in die oop spasies. Voltooi die kamernommer in elke sin. a. Die derde laaste kamer op verdieping 2 is kamer nommer _____. b. Die vyfde kamer op verdieping 1 is nommer _____. c. Die laate kamer op die derde verdieping is _____. d. Watter getal kom voor 114 _____. e. Na 105 is _____. f. Tussen 99 en 101 is _____. 5
Downloaded from hlayiso.com 6. Vul die ontbrekende getalle in. 23 25 29 33 Watteer reel het jy gebruik. 7. Skryf die getalnaam vir 168 neer. 8. Trek ‘n reguit lyn om die getalnaam met die regte getalsimbool te verbind 134 tweehonderd 200 sewe en sestig 145 eenhonderd vier en dertig 67 eenhonderd vyf en veertig 9. Skryf die getalsimbool vir . a. Eenhonderd nege en neëntig _________ b. Agt en sewentig _________ 6
Downloaded from hlayiso.com 10. Kyk na die prentjie. Tel die aartappels en skryf dan die getalsimbool en die getalnaam neer. a .________________ b. _________________ 11. Voltooi. Die heelgetal: a. voor 88 is _________ b. na 88 is _________ c. tussen 88 en 90 is _________ 12. Vul >, < of = in om die getalsin waar te maak. 24 + 10 ____ 10 x 10 13. 101 > 122 Is die bostaande getalsin waar? Merk die korrekte blokkie. Ja Nee 14. Skryf waar of onwaar. a. 37 + 20 = 50 + 8 ___________ b. 190 > 119 ___________ c. 18 ÷ 2 < 9 x 2 _________ 7
Downloaded from hlayiso.com 15. Rangskik die gegewe getalle van die kleinste tot die grootste. 99 , 13 , 35 , 70 , 9 16. In een van die rye is die getalle van groot na klein gerangskik. Omkring die letter met die korrekte antwoord. A 17 , 35 , 53 , 59 , 95 B 59 , 17 , 95 , 35 , 53 C 95 , 59 , 53 , 35 , 17 D 53 , 17 , 59 , 95 , 35 17. Skryf Ja of Nee. Is die volgende getalle korrek van groot na klein gerangskik? 24 , 27 , 30 , 51 , 64 , 99 __________ 18. Skryf die plekwaarde van die onderstreepte syfer neer. a. 56 __________ b. 74 __________ 19. Wat is die waarde van die onderstreepte syfer? a. 63 __________ b. 19 __________ 20. Breek die gegewe getalle af. a. 61 b. 50 21. Omkring die letter met die korrekte antwoord. Die plekwaarde van die 3 in 93 is A. ene B. tiene C. honderde 8
Downloaded from hlayiso.com 22. Maak ‘n “X” in die blokkie met die regte antwoord. Die waarde van die 6 in die getal 61 is 60 6 23. Bou die volgende getalle op. 100 + 80 + 9 = _______ 100 + 100 + 0 + 0 = _______ 100 + 40 + 30 + 2 + 1 = _______ 24. Breek af. a. 136 = ___ + ___ + ___ b. 36 = ___+ ___ 25. Vul die ontbrekende getalle, op die onderstaande tabel in. Getal verdubbel Getal Getal halveer 42 37 34 26. Vul die ontbrekende getalle op die getallelyn in. I I I I I I I I I 45 __ 55 60 ___ ___ 75 ___ 85 9
Downloaded from hlayiso.com 27. a. Wys hoe jy die getallelyn kan gebruik om 16 en 12 bymekaar te tel. I I I I I I I 0 4 8 12 16 20 24 28 32 36 b. Verdubbel jou antwoord. _________________ c. Halveer jou antwoord. _________________ 28. Omkring die letter met die korrekte antwoord. Die helfte van 50 is: A 20 B 15 C 24 D 25 29. Daar is 67 blikkies koeldrank in die yskas. Pappa sit nog 32 blikkies in. Hoeveel blikkies koeldrank is daar nou in die yskas? ____________ 30. Bob versamel 122 glasbottels vir ‘n herwinningsprojek. 38 van die bottels breek. Hoeveel bottels het nie gebreek nie? ________________ 31. Die graad 1 leerders versamel 67 roomysstokkies. Die graad 2 leerders versamel 56 roomysstokkies en die graad 3 leerders versamel 45. Hoeveel roomysstokkies het die grondslagfase leerders versamel? ___________________ 32. Daar is twintig mandjies met vyf appels in elke mandjie. Hoeveel appels is daar in die mandjies? __________________ 33. Busi het sestien houers met eiers. Elke houer hou twaalf eiers. Sam bring vir Busi nog twaalf houers met eiers. Hoeveel houers het Busi ________ 34. Sally koop tien pakkies Jelly Tots. Een pakkie kos R3,00. Hoeveel betaal sy vir die Jelly Tots? __________________ 10
Downloaded from hlayiso.com 35. Donald het negentig stokkielekkers en wil dit gelykop tussen sy drie Nefies verdeel. Hoeveel stokkielekkers sal elke nefie kry? __________ 36. Mamma bak vier en twintig kolwyntjies en deel hulle gelykop tussen haar vier kinders. Hoeveel kolwyntjies kry elke kind? ____________ 11
Downloaded from hlayiso.com 37. GELD a. Skryf die kleur neer van elk van die volgende Suid-Afrikaanse banknote. 12
Downloaded from hlayiso.com b. Hoeveel van die onderstaande munte is R2,00 munte? ________ Voltooi. 5c + 20c + 50c + 10c = a. Vusi wil rolskaatse wat R90 kos, koop. Sy het tot nou toe al R45 gespaar. Hoeveel moet sy nog spaar? ____________ b. Lefa wil twee balle wat R34 elk kos, koop. Hoeveel geld het sy nodig om die balle te koop? ____________ c. Lebo se ma gee vir haar ‘n 50c munt om te spandeer en haar pa gee vir haar vier 20c munte. Hoeveel kleingeld sal sy kry as sy ‘n pakkie lekkers van 95c koop? ________ 13
Downloaded from hlayiso.com PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA 1. Kleur die laaste diagram in om die patron te voltooi. Beskryf die patroon in jou eie woorde. 2. Teken die volgende diagram in die groeiende diagrampatroon. 3. Teken jou eie patroon met vorms. 4. Vul die ontbrekende getalle in. 60; 70; 80; ____ ; ____ ; ____ . 14
Downloaded from hlayiso.com 5. Susan se ma bak 10 pizza’s en sny elkeen in dieselfde aantal snye. Voltooi die tabel. Aantal 1 2 3 4 10 Pizza Aantal snye 5 15 5 Skryf die volgende vier getalle in elke getalreeks. a. 412 ; 410 ; 408 ; ____ ; ____ ; ____ ; ____ b. 123 ; 126 ; 129 ; ____ ; ____ ; ____ ; ____ . 15
Downloaded from hlayiso.com RUIMTE EN VORM 1 Hoeveel sye het elk van die onderstaande vorms? 2 Verbind elke woord met sy ooreenstemmende vorm. vierkant reghoek sirkel driehoek 3 Skryf die naam van elk van die gegewe vorms. a. b. c. d. 16
Downloaded from hlayiso.com 4 Teken die vorm onder die woord. a. Driehoek b. Reghoek 5 Gebruik die getalle in die vorms om die onderstaande sinne waar te maak. 1 2 3 4 a. Die sirkel is met die getal __________ gemerk. b. Die reghoek is met die getal __________ gemerk. c. Die vierkant is met die getal __________ gemerk. d. Die driehoek is met die getal _________ gemerk. 6 Kleur: a. die driehoeke groen in. b. die vierkante rooi in. c. die reghoeke blou in. d. die sirkel geel in. 17
Downloaded from hlayiso.com METING 1. Bestudeer die almanak van Februarie 2012 en voltooi dan die sinne wat volg. februarie So Ma Di Wo Do Vr Sa 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 a. Februarie 2012 het _____ dae. b. Februarie begin op ‘n ________________ (dag). c. Die eerste week het ____________ dae. d. Februarie eindig op ‘n _______________(dag). e. In Februarie 2012 is daar _______ Sondae. f. Daar is_____ vol weke in Februarie 2012. g. Op die 7de Februarie vertrek die Moloi gesin met vakansie. Hulle keer op die 23ste Februarie terug. Die Moloi gesin se vakansie was ______ dae lank. h. Die graad 3 leerders het vir 16 dae in dieNasionale KrugerWildtuin getoer. Hulle het op die 13de Februarie 2012 vertrek. Hulle het op _____________ teruggekeer. 18
Downloaded from hlayiso.com 2. Skryf die regte tyd wat op die wyserplate van die onderstaande horlosies aangedui word, neer. 12 12 12 11 1 11 1 11 1 10 2 10 2 10 2 9 3 9 3 9 3 8 4 8 4 8 4 7 5 7 5 7 5 6 6 6 a ___________ b___________ c ___________ 3. Skryf die digitaletyd en die analoogtyd wat op die onderstaande wyserplate van die horlosies aangedui word, neer. 12 12 11 1 12 11 1 11 1 10 2 10 2 10 2 9 3 9 3 9 3 8 4 8 4 7 5 8 4 7 5 6 7 5 6 6 a ____________ b__________ c___________ ____________ __________ _________ 19
Downloaded from hlayiso.com 4. Teken die wysers op die onderstaande wyserplate in om die gegewe tyd aan te dui. 12 11 1 12 12 11 1 11 1 10 2 10 2 10 2 9 3 9 3 9 3 8 4 7 5 8 4 8 4 6 7 5 7 5 6 6 half tien 11uur kwart oor 7 5. Liza stap skool toe. 12 12 11 1 11 1 10 2 10 2 9 3 9 3 8 4 8 4 7 5 7 5 6 6 Sy stap 7:00vm. by die huis weg. Sy kom 7:30vm. by die skool aan. Dit neem Liza _____ minute om skool toe te stap. 6. Skryf die ontbrekende minuutintervalle op die horlose wyserplaat. 5 45 . 30 20
Downloaded from hlayiso.com 7. Voltooi: As 1 bottel koeldrank 4 glase vul, dan sal: a. 2 bottels ______________ glase vul. b. 5 bottels ______________ glase vul. c. _______ bottels 40 glase vul. d._______ bottels 12 glase vul. 8. Skryf die kapasiteit van die volgende houers van klein na groot. 500ml blik sap 5 ml teelepel 250 ml koppie 5 l emmer 2l bottel 9. Kyk na die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 5l 1l 10l 2l a. Hoeveel 2l bottels is nodig om die 10l blik te vul? b. Hoeveel 1l houers kan ek met ‘n 2l houer volmaak? 21
Downloaded from hlayiso.com 10. A B C 2 1 500   Bestudeer die prente hierbo en voltooi dan die onderstaande sinne deur JA of NEE te skryf. a. Die kapasiteit van A is dubbel die van B _____________ b. Die kapasiteit van B is dubbel die van A _____________ c. Die kapasiteit van C is dubbel die van A _____________ d. Die kapasiteit van C is dubbel die van B _____________ 22
Downloaded from hlayiso.com 1. DATAHANTERING Die graad 3 leerders is gevra om hul gunsteling kleure te kies. Die uitslae is hieronder gelys. Kleur Aantal leerders rooi 16 blou 20 groen 12 geel 10 23
Downloaded from hlayiso.com Gebruik die bostaande inligting om die staafgrafiek te voltooi. Leerders se gunsteling kleure. Aantal leerders rooi blou groen geel kleure 24
Downloaded from hlayiso.com Voltooi die sinne wat volg. a.____ leerders het deelgeneem aan die ondersoek. b. Die gewildste kleur is ___________ c. Die ongewildste kleur is___________ d.______ leerders verkies rooi bo geel. e. Die totale aantal leerders wat groen en geel gekies het is______________________ 2. Ons plaaslike vrugtewinkel het ‘n houer met vrugte aan die Tshabalalagesin geskenk. Die houer het ‘n verskeidenheid vrugte, soos in die prent hieronder aangedui, bevat. 25
Downloaded from hlayiso.com Voltooi die frekwensie-tabel. Vrugtesoort Telmerkies Frekwensie Appel Piesang Aarbei 26

Study this subject

More from Grade 3 Mathematics

View all