Skip to content

Afrikaans HL Grade 5 ANA 2012 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 5201212 pages

Grade 5 Afrikaans HL question paper from the ANA 2012, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

ANA 2012

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2012 GRAAD 5 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS PUNTE: 40 TYD: 1½ uur PROVINSIE _______________________________________________________________________ STREEK _________________________________________________________________________ DISTRIK _________________________________________________________________________ NAAM VAN SKOOL______________________________________________________________ NASIONALE OBIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 5A) ____________________________________________________________________ VAN ______________________________________________________________________________ NAAM ____________________________________________________________________________ GESLAG (✓) SEUN DOGTER GEBOORTEDATUM C C Y Y M M D D *5AFHL* Hierdie toets bestaan uit 11 bladsye, die voorblad uitgesluit.
Downloaded from hlayiso.com Instruksies aan leerders 1. Lees alle instruksies noukeurig deur. 2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Hierdie toets duur 90 minute. 4. Die onderwyser sal jou deur die praktiese voorbeeld lei, voor jy met die toets begin. 5. Skryf netjies en leesbaar. Praktiese oefening Omkring die letter voor die regte antwoord. Koeie gee vir ons ... A beesvleis. B varkvleis. C skaapvleis. D wildsvleis. Jy het die vraag korrek beantwoord indien jy A omkring het. Die toets begin op die volgende bladsy. Graad 5 Afrikaans HT 1
Downloaded from hlayiso.com Lees die leesstuk hieronder aandagtig deur en beantwoord dan Vraag 1 tot 4. Yanx was heeltemal té ondeund. Poetse bak was haar spesialiteit. Verlede somer het sy eendag saam met haar ma na ʼn winkel gegaan nadat sy ʼn paar sulke suksesse gehad het. Sy het dit op die een of ander manier, sonder dat iemand haar gesien het, reggekry om ʼn groot stuk suurlemoenjellie bo-op die waaier te gooi. Die gevolg hiervan was net so rampspoedig vir haar as vir die mense wat daar naby gesit en eet het. Dit het op al die mense gespat. Haar ma was baie verleë. Eers na vele soortgelyke mislukkings het Yanx haar les geleer. Die volgende dag het hulle dieretuin toe gegaan om na die diere te kyk. Sy het skaars die olifant gesien, toe kry sy ʼn idee. Sy was vinnig by die koekwinkel en het die grootste oliebol wat sy kon kry, gekoop. Toe sy by die huis aankom, het sy dit oopgesny en die binneste gedeelte uitgehaal. Daarna het sy dit met ʼn hele paar lepels mosterd gevul en op die mosterd soveel peper gegooi as wat daaraan vasgesit het. Sy het ewe ongemerk met die gestopte oliebol na die dieretuin gegaan en aangebied om die olifant te voer. Die stomme olifant het verbaas en verskrik gelyk toe hy die bolletjie met sy slurp na sy mond bring. Hy het skril en donderend gehoes. Yanx was verheug en in haar noppies. Baie seker dat sy ʼn goeie ent weg van die olifant was, het sy gebrul van die lag. Intussen het die olifant water met sy slurp opgesuig en dit in sy mond gespuit. Toe hy ʼn bietjie koeler van binne was, het hy nog meer koue water opgeslurp en dit hierdie keer reguit langs Yanx se nek af gespuit. Die gelag het skielik opgehou. [Verwerk uit: Mischievous Archie deur Ronald Ridout] Graad 5 Afrikaans HT 2
Downloaded from hlayiso.com Omkring die letter voor die korrekte antwoord in Vraag 1–6. 1. Kies ʼn gepaste woord om die volgende titel vir die storie te voltooi. Yanx, die … meisie. A stoute B astrante C saggeaarde D vervelige (1) 2. Die woord wat die olifant die beste beskryf toe hy die oliebol geproe het, is … A kwaad. B geskok. C verbaas. D dapper. (1) 3. Toe die jellie op die mense gespat het, was Yanx se ma … A verheug. B vreugdevol. C verstom. D verleë. (1) Graad 5 Afrikaans HT 3
Downloaded from hlayiso.com 4. Waar het Yanx die olifant gesien? Sy het die olifant by die … gesien. A dieretuin B sirkus C diereplaas D koekwinkel (1) 5. Toe Yanx die jellie op die waaier gooi, … A het die waaier in stukke gebreek. B het dit op die mense gespat. C moes sy die jellie opeet. D moes sy die gemors skoonmaak. (1) 6. Wanneer het Yanx die idee gekry om ʼn poets by die dieretuin te bak? Onmiddellik nadat sy … A haar ma gesien het. B die olifant gesien het. C die oggend opgestaan het. D bed toe gegaan het. (1) 7. Onderstreep slegs die korrekte antwoord tussen hakies. 7.1 Die jellie was suur, maar ook (bitter/soet/groen) soos suiker. (1) 7.2 Die olifant het so hard soos (weerlig/musiek/donderweer) gehoes. (1) Graad 5 Afrikaans HT 4
Downloaded from hlayiso.com 8. Oorsaak en Gevolg Oorsaak en gevolg beteken dat as jy een ding doen, sal iets anders gebeur. VOORBEELD: Oorsaak: Jy eet te veel lekkers. Gevolg: Jy sal siek raak. Skryf neer wat jy dink die oorsaak van die gegewe gevolg hieronder sal wees. 8.1 Oorsaak: Yanx het die olifant ʼn branderige oliebol gegee. Gevolg: _______________________________________________ (1) 8.2 Oorsaak: Yanx het die jellie op die waaier gegooi. Gevolg: ________________________________________________ (1) Graad 5 Afrikaans HT 5
Downloaded from hlayiso.com Lees die leesstuk hieronder noukeurig deur en beantwoord dan Vraag 9 tot 12. Nelson Mandela is op 18 Julie 1918 in die dorp, Mthatha, gebore. In 1950 is hy tot president van die Jeugliga verkies. Hy is van hoogverraad aangekla. In Junie 1964 is hy tronk toe gestuur op Robbeneiland. Daar het hy 27 jaar as ʼn politieke gevangene deurgebring. Hy is in 1990 uit die gevangenis vrygelaat. Die Nobelprys vir Vrede is in 1993 aan hom toegeken. Hy het in 1994, op die ouderdom van 75 jaar, Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president geword. Hy het baie veranderinge vir die mense van Suid-Afrika meegebring. ʼn Huis vir weeskinders is geopen en fondse uit verskillende projekte is deur hom beskikbaar gestel. Hy het uit die politiek getree en woon in Gauteng. Hy is op 18 Julie 1998 met Graça getroud. Hy word wêreldwyd as ʼn ikoon beskou. Ons moet almal van hom leer en geïnspireer word deur sy voorbeeld. Elke jaar op 18 Julie, word erkenning aan hom gegee en dit staan as “Internasionale Mandeladag” bekend. Ons almal moet hierdie dag gebruik om iets inspirerends te doen. 9. Omkring die letter voor die korrekte antwoord in Vraag 9–12. Die teks hierbo leer ons om … A geïnspireer te word. B met ander te baklei. C dankbaar te wees. D beleefd te wees. (1) Graad 5 Afrikaans HT 6
Downloaded from hlayiso.com 10. Waar is Nelson Mandela gebore? A Gauteng B Mthatha C Robbeneiland (1) D Kaapstad 11. Watter prys het Mandela in 1993 ontvang? A Die Nobelprys vir Vrede B Die Novelprys vir Demokrasie C Die Vredesprys vir Harmonie D Die Nobelprys vir Menslikheid (1) 12. Met wie is Nelson Mandela nou getroud? A Zinzi B Graça C Lerato D Thandi (1) Graad 5 Afrikaans HT 7
Downloaded from hlayiso.com 13. Plaas die volgende gebeurtenisse in Mandela se lewe in die korrekte volgorde. Gebruik nommer 1 tot 6 om die korrekte volgorde van die gebeurtenisse aan te dui. GEBEURTENIS KORREKTE VOLGORDE 1. Nelson Mandela is in 1994 tot president van Suid-Afrika verkies. 2. Hy is in 1964 tronk toe gestuur. 3. Hy is op 18 Julie 1998 met Graça getroud. 4. Nelson Mandela is op 18 Julie 1918 gebore. 5. Hy is in 1990 uit die gevangenis vrygelaat. 6. Mandela is tot president van die Jeugliga in 1950 verkies. (2) 14. Skryf die volgende sinne oor in die toekomende tyd. 14.1 Ons mis Nelson Mandela se sterk leierskap. _______________________________________________________________ (2) 14.2 Die verkiesings was vry en regverdig. _______________________________________________________________ (2) Graad 5 Afrikaans HT 8
Downloaded from hlayiso.com 15. Verbind die volgende twee sinne om een sin te vorm. Gebruik “maar” OF “alhoewel”. Mandela is baie sleg behandel. Mandela het nie hoop op vryheid verloor nie. _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ (2) 16. Skryf die sin hieronder oor en gebruik korrekte leestekens. biskop tutu het gesê Nelson Mandela is ʼn ware inspirasie vir die hele Suid-Afrika _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ (3) 17. Skryf die volgende sin in die indirekte rede. Nelson Mandela het gesê: “Die stryd is my lewe.” ____________________________________________________________ (2) Graad 5 Afrikaans HT 9
Downloaded from hlayiso.com 18. Gebruik die inligting in die tabel hieronder om die paragraaf te voltooi. SPYSKAART VIR DIE LAASTE WEEK VAN DIE KWARTAAL DAE VAN DIE WEEK EERSTE POUSE: TWEEDE POUSE: ONTBYT MIDDAGETE MAANDAG Pap met melk Vis en skyfies Vrug: Appel DINSDAG Kaastoebroodjie Pastei, sous en skyfies Vrug: Peer WOENSDAG Pap met melk Hoendersop met ʼn bruin rolletjie Vrug: Lemoen DONDERDAG Pap met Vis en skyfies melk Vrug: Piesang VRYDAG Pap met melk Verpakte middagete en Vrug: Appel een sjokoladestafie Die kinders by ons skool ontvang twee maaltye per dag. Gedurende eerste pouse eet ons ʼn gesonde (18.1) ______________ en gedurende tweede pouse eet ons middagete. Maandae en (18.2) ________________ eet ons dieselfde middagete. Ons eet elke dag ʼn (18.3) ____________ met ontbyt. Ons skool moedig gesonde eetgewoontes aan. Ons eet (18.4) ____________-sop op Woensdae. Op Vrydae kry ons ʼn (18.5) _________________ middagete omdat die skool vroeg uitkom. Ons word toegelaat om ons middagete huis toe te (5) neem. Graad 5 Afrikaans HT 10
Downloaded from hlayiso.com 19. Skryf TWEE paragrawe van omtrent 8 tot 10 sinne oor watter straf jy dink Yanx se ma moontlik vir haar gegee het toe sy by die huis kom. Punte sal vir die volgende gegee word: a. As jy oor die onderwerp skryf b. Hoe jy jou sinne saamstel c. Spelling en taal d. As jy twee paragrawe van 8 tot 10 sinne skryf Begin jou eerste paragraaf met die volgende sin: Toe hulle by die huis aankom, het Yanx se ma besluit om haar te straf vir haar swak gedrag by die restaurant. _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ (8) TOTAAL: 40 Graad 5 Afrikaans HT 11

Study this subject

More from Grade 5 Afrikaans HL

View all