Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 897.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekenings, insluitend formules, waar toepaslik.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die chemiese simbool vir die element wat verantwoordelik is vir die
vorming van hemoglobien in rooibloedselle:
A Ca
B P
C Na
D Fe
1.1.2 Die proses wat die vervoer van water- en voedingstofmolekule
vanaf die dunderm na die bloedstroom insluit:
A Fynmaal
B Absorpsie
C Vertering
D Assimilasie
1.1.3 Die dier met die grootste proteïenbehoefte:
A Ou ooi tydens die reënseisoen
B Bul buite seisoen
C Droë sog
D Melkkoei in melk
1.1.4 Soos wat die omgewingstemperatuur bo die normale gemaksone
styg, is herkouers geneig om …
A minder te eet en meer water te drink.
B meer te eet en minder water te drink.
C meer te eet en meer water te drink.
D minder te eet en minder water te drink.
1.1.5 'n Koei gooi haar kalf direk na geboorte weg. Hierdie kondisie kan
direk aan onvoldoende … gekoppel word.
A moedersinstinkte
B bevorderlike klimaatstoestande
C hantering
D bestuur
1.1.6 'n Voorbeeld van 'n aangebore gebrek:
A 'n Gebreekte penis
B Sistiese eierstokke
C Impotensie
D Dubbele serviks
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.1.7 In die diagram hieronder word die aanvulling van die
voedingselement, …, voorgestel.
A antibiotika
B oplosbare vitamiene gemeng met water
C lekke
D groeistimulante
1.1.8 Die korrekte manier om hoenders te hanteer sluit die volgende in:
(i) Jaag die hoenders rond en gryp hulle.
(ii) Jaag die hoenders stadig aan om 'n digte groep te vorm.
(iii) Gryp 'n hoender aan sy vlerk of stert.
(iv) Hou die hoender stewig vas, maar nie te styf nie, sodat dit
veilig voel.
(v) Gryp hoenders aan hul pote.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (ii), (iii) en (v)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iv) en (v)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.9 'n Proses waar superieure koeie met hormone behandel word om
baie meer ova tydens 'n enkele estruskringloop af te skei:
A Superovulasie
B Sinchronisasie
C Spoeling
D Stoming
1.1.10 Die membraan rondom die fetus wat vir die verwydering van urine
verantwoordelik is:
A Plasenta
B Chorion
C Amnion
D Allantoïs (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Slegs B.
Voorbeeld: 1.2.6 KOLOM A KOLOM B
A: Ruvoer 'n Voer met 'n hoë TVV-%
B: Kragvoer
Antwoord: 1.2.6 slegs B
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Wyd 'n Voedingsverhouding (VV) van 1 : 8
B: Geskik vir vetmesting
1.2.2 A: Val slegs perde aan Rooiwater is verantwoordelik vir die
B: Protosoïese siekte vernietiging van rooibloedselle
1.2.3 A: Batterystelsel 'n Stelsel waar elke lêhen in haar eie
B: Agterplaasstelsel klein draadhokkie vir haar hele
produktiewe lewe aangehou word
1.2.4 A: Spene Plek van melksintese
B: Melkare
1.2.5 A: Distosie Die tydperk wat net na kalwing begin
B: Laktasie en gewoonlik 'n gemiddeld van 305
dae duur om suiwel te produseer
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die indeks wat gebruik word om die proteïenkwaliteit van 'n voer te
bepaal
1.3.2 'n Mineraaltekort wat vir parakeratose in varke verantwoordelik is
1.3.3 'n Bord met vashouplek wat gebruik word om varke te hanteer
1.3.4 Die proses waartydens ova deur die ovarium geproduseer word
1.3.5 Die tipe kloning wat gebruik word om 'n embrio te produseer wat in
die baarmoeder van 'n koei ingeplant word (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die Punnett-vierkant is 'n metode om die gekombineerde
verhouding van twee voerkomponente te bepaal om 'n vereiste
voedingswaarde te verkry.
1.4.2 'n Produksierantsoen wat net genoeg voedingstowwe voorsien om
'n dier aan die lewe en in dieselfde kondisie te hou.
1.4.3 Die kolon is 'n gedeelte van die spysverteringstelsel waar
onverteerde voedsel finaal gestoor word voordat dit deur die anus
uitgeskei word.
1.4.4 Die gedeelte van die spermsel wat met indringing in die ovum help,
staan as die middelstuk bekend.
1.4.5 Spoeling is die inplanting van 'n eiersel wat reeds bevrug is van 'n
superieure dier in 'n ontvangerdier. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING B
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: DIEREVOEDING
2.1 Die diagramme hieronder verteenwoordig die spysverteringskanale van twee
plaasdiere.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
2.1.1 Voltooi die tabel hieronder deur die antwoorde op (a), (b), (c) en (d)
neer te skryf. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer
(2.1.1 (a)–(d)) in die ANTWOORDEBOEK neer.
SPYSVERTERINGSTELSELS VAN PLAASDIERE
DIAGRAM TIPE DIER VOORBEELD VAN
'N PLAASDIER
Diagram 1 (a) (b)
Diagram 2 (c) (d) (4)
2.1.2 Dui die letter (A–E) en die naam aan van die gedeelte waar
soutsuur in DIAGRAM 1 hierbo afgeskei word. (2)
2.2 Voervloeibeplanning maak voorsiening vir eie voerproduksie, beskikbare
voere en die voedingsbehoeftes van diere in 'n produksiestelsel.
2.2.1 Definieer die konsep voervloei. (2)
2.2.2 Verduidelik die volgende aspekte wanneer 'n voervloei beplan
word:
(a) Ekonomiese lewensvatbaarheid (2)
(b) Volhoubaarheid (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
2.3 'n Vers word gevoer met 25 kg voer met 'n voginhoud van 15%. Hierdie vers
het 8 kg droë mis uitgeskei.
2.3.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer. (5)
2.3.2 Verduidelik die implikasie van die verteerbaarheidskoëffisiënt in
VRAAG 2.3.1. (2)
2.4 Die tabel hieronder dui rantsoene en hul onderskeie voedingsverhouding (VV)
-waardes aan.
RANTSOENE VOEDINGSVERHOUDING (VV)
A 1 : 10
B 1:4
2.4.1 Dui die rantsoen (A of B) aan wat meer geskik sal wees vir:
(a) Vetmesting van ou ooie (1)
(b) Ooie in die laaste 4 weke van dragtigheid (1)
(c) Jong, groeiende diere (1)
2.4.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.1(a). (1)
2.4.3 Identifiseer die rantsoen hierbo wat die hoogste vlakke van die
volgende voere bevat:
(a) Mieliemeel (1)
(b) Vismeel (1)
2.4.4 Beskryf die implikasie van die voedingsverhouding in rantsoen B. (2)
2.5 Die diagram hieronder stel 'n vorm van mineraalaanvulling by beeste voor.
2.5.1 Dui die mineraalaanvullingsmetode aan wat in die diagram hierbo
voorgestel word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
2.5.2 Noem TWEE minerale wat met die metode in VRAAG 2.5.1
aangevul kan word. (2)
2.5.3 Stel 'n moontlike gedeeltelike plaasvervanger vir proteïen voor wat
in die rantsoen van herkouers gebruik kan word. (1)
2.5.4 Verduidelik kortliks hoe die volgende groeireguleerders die
produksie-uitset van 'n plaasdier sal verhoog:
(a) Hormone (2)
(b) Antibiotika (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die illustrasies hieronder toon twee diereproduksiestelsels.
A: BEESTE WAT OP DIE PLATTELAND B: BEESTE IN 'N VOERKRAAL
OPGEPAS WORD
3.1.1 Identifiseer die diereproduksiestelsels wat deur A en B in die
illustrasies hierbo voorgestel word. (2)
3.1.2 Vergelyk die volgende aspekte van die diereproduksiestelsels soos
hierbo geïllustreer:
(a) Kapitaalinvestering (2)
(b) Area/Oppervlakte van grond wat beslaan word (2)
3.1.3 Gee TWEE voorbeelde van intensiewe produksiestelsels vir
pluimvee. (2)
3.2 Hieronder is 'n lys strukture of praktyke wat in die hantering en bestuur van
plaasdiere in 'n diereproduksiestelsel gebruik word.
• 'n Melkstal
• 'n Tou met 'n halter om diere aan 'n paal vas te maak
• 'n Enkele stuk verskuifbare, elektriese draad
• 'n Aparte drukgang
• Volstruise/Eende en donkies
Dui aan watter van die items hierbo die geskikste vir elk van die volgende
omstandighede sal wees:
3.2.1 'n Tydelike struktuur vir melkkoeie om aangeplante weidings te
benut (1)
3.2.2 Om diere in 'n klein area aan te hou (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.2.3 Om Holstein-koeie te insemineer (1)
3.2.4 Om skape teen klein predatore, rondloperhonde en indringers te
beskerm (1)
3.3 Sonstraling is 'n belangrike oorsaak van hittestres en dit verhoog die
liggaamstemperatuur van plaasdiere. Wanneer plaasdiere gestres is, neem
hul produksie ook af.
3.3.1 Stel DRIE maatreëls voor wat 'n boer kan volg om hittestres by
beeste onder intensiewe produksietoestande te verminder. (3)
3.3.2 Beskryf die korrelasie tussen hoë omgewingstemperatuur en voer-
inname by diere wat nie by warm omgewingstoestande aangepas
is nie. (2)
3.4 Tydens 'n eksperiment is 'n groep verse met 'n groeistimulant ingespuit om
die doeltreffendheid van die nuut ontwikkelde stimulant te toets. Die resultate
van die groeirespons by die verse in die eksperiment is in die tabel hieronder
getabuleer.
GROEISTIMULANT GROEIRESPONS
(VOLUME IN ml) (kg)
0 120
5 250
10 340
15 395
20 410
25 415
30 420
3.4.1 Teken 'n lyngrafiek om die volume groeistimulant en die
groeirespons van hierdie verse te illustreer. (6)
3.4.2 Noem TWEE groeistimulante wat in diereproduksiestelsels gebruik
word. (2)
3.4.3 Bepaal die groeirespons van die verse met 'n groeistimulant-
toediening van 15 ml. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.5 Die skematiese voorstelling hieronder toon die lewensiklus van 'n parasiet.
Metacercaria
Eier
Eier wat
Cercaria miracidium
bevat
Stadia in
die slak
Redia
Miracidium wat
die dop van die
slak penetreer
3.5.1 Identifiseer die tipe parasiet in die skematiese voorstelling hierbo. (1)
3.5.2 Noem TWEE negatiewe gevolge wat die parasiet in die skematiese
voorstelling op die produksie van diere het. (2)
3.5.3 Verduidelik die manier waarop die dier in die skematiese
voorstelling deur hierdie parasiet besmet word. (2)
3.5.4 Noem die tussengasheer in die skematiese voorstelling hierbo. (1)
3.5.5 Stel DRIE maatreëls voor hoe weidingsbestuur gebruik kan word
om hierdie tipe parasiet te beheer. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder stel die voortplantingstelsel van 'n plaasdier voor.
4.1.1 Dui die proses aan wat in deel D plaasvind. (1)
4.1.2 Identifiseer deel A, B en E. (3)
4.1.3 Noem en verduidelik TWEE aangebore defekte van deel D wat tot
onvrugbaarheid lei. (4)
4.1.4 Noem TWEE funksies van deel C. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
4.2 Koeie laat normaalweg paring toe as hulle bronstig is.
4.2.1 Definieer die term bronstigheid. (2)
4.2.2 Noem DRIE sigbare tekens van bronstigheid in koeie. (3)
4.2.3 Dui DRIE praktiese metodes aan wat 'n boer kan gebruik om te
help met die identifisering van koeie wat op hitte is. (3)
4.3 'n Nie-dragtige koei is van die res van die kudde geïsoleer vir 'n
navorsingsprogram. Bloedmonsters is daagliks by die koei geneem om die
estrogeen- en progesteroonvlakke oor 'n tydperk van 22 dae te analiseer. Die
resultate is aangeteken en word hieronder grafies voorgestel.
Grafiek van estrogeen-/progesteroonvlakke teenoor tyd
Estrogeen Progesteroon
Estrogeen/progesteroon-
konsentrasievlakke
Tyd (dae)
4.3.1 Identifiseer die geskikste dag waarop die boer die koei uit isolasie
kan haal sodat sy met 'n bul kan paar. (1)
4.3.2 Gee TWEE redes vir die antwoord op VRAAG 4.3.1. (2)
4.3.3 Dui die dag aan waarop ovulasie moontlik plaasgevind het. (1)
4.3.4 Noem die stadium van estrus wanneer progesteroon op die
hoogste vlak sal wees. (1)
4.3.5 Lei af of die koei dragtig geraak het. Motiveer die antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
4.4 Moderne tegnologie soos kunsmatige inseminasie (KI), sinchronisasie van
estrus en embrio-oorplasings word tans deur boere gebruik om vinniger en
beter produksie, produktiwiteit en genetiese superioriteit by plaasdiere te
verseker.
4.4.1 Beskryf die sinchronisasie van bronstigheid. (2)
4.4.2 Noem DRIE voordele van KI vir melkkoeie. (3)
4.4.3 Dui VIER prosesse in die korrekte volgorde aan wat tydens embrio-
oorplasing gevolg word. (4)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum