Downloaded from hlayiso.com
NASIONAL E
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
View all
Agricultural Sciences P1 Feb March 2017 Afr_hlayiso.com_.pdf
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 16
- File size
- 565.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.11 A B C D
1.1.1 Die gedeelte in die maag van herkouers wat ooreenstem met die
enkelvoudige maag van die vark:
A Abomasum
B Omasum
C Rumen
D Retikulum
1.1.2 Meganiese vertering van voedsel by pluimvee vind plaas in die …
A krop.
B proventrikel.
C ventrikel.
D kloaak.
1.1.3 … het 'n alkaliese afskeiding met baie mukus in die duodenum wat
dit teen suur chym beskerm.
A Duodenale kliere
B Die Brunner-klier
C Die parotisklier
D Die klier van Lieberkühn
1.1.4 Gal word in die ... vervaardig en in die galblaas gestoor.
A galbuisies
B lewer
C pankreas
D dunderm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1.5 Die beste beskrywing van eksterne parasiete op beeste:
(i) Leef op die vel van beeste
(ii) Kan die vel beskadig
(iii) Kan toksiese stowwe produseer
(iv) Aangetref in die lewer
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (i), (ii) en (iii)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.6 Die liggaamstemperatuur van plaasdiere is gewoonlik … as die
omgewingstemperatuur.
A dieselfde
B in dieselfde verhouding
C hoër
D laer
1.1.7 Watter van die stellings hieronder oor 'n voerkraal-produksie-
onderneming is WAAR?
(i) Skaduwee en beskutting word aan diere gegee.
(ii) Alle weidings en voere word geoes en dan aan die diere
gevoer.
(iii) Rotasieweiding word toegepas.
(iv) Hierdie onderneming is arbeids- en kapitaalintensief.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.8 Die doel van inenting is hoofsaaklik om siektes onder plaasdiere
te ...
A beheer.
B behandel.
C verleng.
D voorkom.
1.1.9 'n Bakteriese geslagsiekte wat aanleiding gee tot die ergste graad
van aborsie en tot onvrugbaarheid by koeie lei:
A Antraks/Miltsiekte
B Trigomoniase
C Brusellose
D Besmetlike rinotrageïtis by beeste
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1.10 Die aangebore defek waar die testes onderontwikkel is:
A Hipoplasie
B Impotensie
C Kriptorkidisme
D Hermafroditisme (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A: Hoë RP-inhoud Voerkonsentraat geskik vir groei,
1.2.1
B: Lae veselinhoud melkproduksie en reproduksie
A: VV van 1 : 6 Voerverhouding geskik vir die
1.2.2
B: VV van 1 : 10 vetmesting van plaasdiere
A: Lewerslak en hoenderluis Voorbeelde van eksterne parasiete
1.2.3
B: Bloubosluis en haarwurm in braaikuikens
A: Onderhuids Spuit diere tussen die lae van die
1.2.4
B: Intradermaal vel in
1.2.5 A: Natriumsitraat en penisillien Verdunningsmiddels gemeng met
B: Eiergeel en water semen
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die ensiem in die speeksel van varke wat vir die chemiese
verandering van stysel na eenvoudige suikers verantwoordelik is
1.3.2 'n Boer wat op groot skaal produseer en winsgedrewe is
1.3.3 Die verskynsel waar 'n meerderwaardige koei met hormone behandel
word om baie ova af te skei
1.3.4 'n Kragtige sametrekking van die uretra wat semen in die vagina van 'n
koei deponeer
1.3.5 Die stadium van paring waartydens manlike en vroulike diere tot
mekaar aangetrokke is (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Fundiese spiere voorkom dat voedsel vanaf die slukderm by die maag
van 'n vark ingaan.
1.4.2 Vrylopend is 'n sisteem waar hoenders op die grond van 'n gebou
aangehou word totdat hul ophou eiers lȇ.
1.4.3 Die dragtigheidstydperk in melkkoeie verwys na die tydperk tussen
twee laktasies.
1.4.4 Dolly, die beroemde skaap, het sewe identiese lammers deur die
proses van genetiese modifikasie voortgebring.
1.4.5 'n Spermatosoon is die eindproduk van die oögenese-proses. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van 'n plaasdier.
B C D E
A
2.1.1 Noem die plaasdier wat deur die spysverteringskanaal in die diagram
hierbo voorgestel word. (1)
2.1.2 Dui die belangrikheid van deel A en C aan in die vertering van voer
van die plaasdier wat in VRAAG 2.1.1 geïdentifiseer is. (2)
2.1.3 Verduidelik meganiese vertering soos dit in die spysverteringskanaal
van die plaasdier hierbo geïdentifiseer, plaasvind. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.2 Die diagram hieronder toon die absorpsie van voedingstowwe vanaf die
dunderm na die bloedstroom.
●
Voedingstowwe
● ●
A
●
C
● ●
● ● B
● ● ● ● ● ●
● ●
● ● ● ●
●
● ●
● ● ● ●
● ●
● Voedingstowwe
2.2.1 Identifiseer die tipes voedingstofooordrag in A en B. (2)
2.2.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1. (2)
2.2.3 Identifiseer struktuur C. (1)
2.2.4 Noem die voedingstof wat deur elk van die volgende geabsorbeer
word:
(a) Bloedhaarvate (1)
(b) Kylvaat (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.3 Die grafiek hieronder toon die voerkomponente van 'n rantsoen.
Die samestelling van 'n rantsoen
80
70
Hoeveelheid (kg)
60
50
40
30
20
10
0
MiMieliemeel
el iemeel Ureum
Ureum LusLusernhooi
ernhooi Ha werhooi
HawerhooiKa l siumsout
Kalsium MelMelasse
a sse
Voerkomponente
2.3.1 Identifiseer EEN voorbeeld van 'n energieryke konsentraat in die
grafiek hierbo. (1)
2.3.2 Identifiseer die voeraanvulling in die grafiek hierbo wat hoofsaaklik by
lekke as 'n bron van energie gevoeg word. (1)
2.3.3 Lewer kommentaar, met 'n rede, oor die geskiktheid van ureum as 'n
aanvulling vir varke. (2)
2.3.4 Tabuleer, met gebruik van die rantsoene in die grafiek hierbo:
(a) 'n Bron van natuurlike proteïen
(b) 'n Bron van NPN-proteïen (3)
2.4 Die tabel hieronder is 'n voervloeiprogram van 'n plaas vir 'n tydperk van
120 dae in die winter.
TIPES GETAL LEWENDE INNAME BEHOEFTE BEHOEFTE KOSTE
DIERE MASSA PER DIER PER DAG VIR 120 DAE R1 127
(kg) (kg) (kg) (ton) (per ton)
Koeie 60 500 10 600 A R81 144,00
Bulle 3 750 15 45 5,4 R6 085,80
Kalwers 50 200 4 200 B R27 048,00
TOTAAL 113 R114 277,80
2.4.1 Gebruik die data hierbo en bereken A en B. (4)
2.4.2 Gebruik die data hierbo en bepaal die gemiddelde koste om EEN dier
vir EEN dag te voer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.5 Die tabel hieronder toon die samestelling van twee dierevoere.
VOER A VOER B
80% TVV 70% TVV
10% VP 12% VP
VV = 1 : 7 …
2.5.1 Gebruik 'n formule om die voedingsverhouding (VV) van VOER B te
bereken. (3)
2.5.2 VOER A kan nie vir melkproduserende koeie aanbeveel word nie.
Verwys na die voedingsverhouding hierbo om hierdie stelling te
regverdig. (2)
2.6 Die tabel hieronder toon inligting oor dierevoere.
PRODUK RUPROTEÏENPERSENTASIE (% )
Hawermeel 9
Sonneblom-oliekoekmeel 38
Finale rantsoen 14
Gebruik die Pearson-vierkantmetode om die verhouding van die twee voere
wat hierbo genoem is, te bereken. (4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Diereproduksie-ondernemings behoort al die natuurlike hulpbronne wat
beskikbaar is, optimaal te gebruik om produksie te maksimaliseer.
In die meeste ekstensiewe diereproduksie-ondernemings eet herkouers
natuurlike veld as hul hoofbron van voedingstowwe. Ongelukkig kan hierdie
praktyk tot uitbuiting lei wat nie vir diere en die omgewing voordelig is nie.
Verduidelik hoe ELK van die volgende op 'n ekstensiewe produksiestelsel
inwerk:
3.1.1 Natuurlike hulpbronne (2)
3.1.2 Voeding (2)
3.1.3 Uitbuitende praktyke (2)
3.2 Die prente hieronder toon bestuurspraktyke wat op varkies toegepas word.
A B
3.2.1 Identifiseer bestuurspraktyk A en B in die prente hierbo. (2)
3.2.2 Gee 'n rede vir bestuurspraktyk A en B. (2)
3.2.3 Verwys na A en noem die mineraal wat gewoonlik aan klein
varkies gegee word. (1)
3.2.4 Gee TWEE redes om die antwoord op VRAAG 3.2.3 te motiveer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.3 Skuiling is belangrik vir diereproduksie aangesien dit die effek van uiterste
omgewingstoestande verminder. Dit voorkom dat die liggaamstemperatuur tot
onder die laagste kritieke temperatuur daal.
Die tabel hieronder toon die laagste kritieke liggaamstemperature van
verskillende plaasdiere.
PLAASDIER LAAGSTE KRITIEKE
TEMPERATUUR (°C)
Melkkoeie 5
Klein varkies 30
Sôe 10
Dagoudkuikens 20
Lêhenne 10
Spekvarke 15
3.3.1 Gebruik die data in die tabel hierbo en teken 'n staafgrafiek om die
laagste kritieke temperatuur van die verskillende plaasdiere aan te
dui. (6)
3.3.2 Watter plaasdier in die tabel hierbo sal die voer NIE doeltreffend by 'n
omgewingstemperatuur van 24 °C kan benut NIE? (1)
3.3.3 Melkkoeie kan melk produseer selfs al is die omgewingstemperatuur
6 °C. Motiveer hierdie stelling. (1)
3.4 Die illustrasie hieronder stel die lewensiklus voor van 'n parasiet wat
plaasdiere affekteer.
F
A
B
C
E
D
3.4.1 Klassifiseer en noem die parasiet wat hierbo voorgestel word. (2)
3.4.2 Identifiseer die letter (A–F) wat ELK van die volgende voorstel:
(a) Tussengasheer (1)
(b) Larwes wat uit eiers uitbroei (1)
3.4.3 Stel EEN voorsorgmaatreël voor wat 'n boer kan tref om te verseker
dat diere nie met hierdie parasiet besmet word nie. (1)
3.4.4 Noem DRIE ekonomiese implikasies van hierdie parasiet vir boere. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.5 Behuising vir kuikens word hoofsaaklik gebruik om hulle teen predatore te
beskerm en om 'n omgewing vir groei en ontwikkeling te skep. Aspekte soos
oriëntasie, die tipe muur en dakmateriaal, behoort oorweeg te word.
Toerusting en gereedskap is ook belangrik.
3.5.1 Identifiseer TWEE doelwitte van behuising vir kuikens in die
uittreksel hierbo. (2)
3.5.2 Noem TWEE faktore om in gedagte te hou wanneer behuising vir
kuikens gebou word. (2)
3.5.3 Noem TWEE voorbeelde van toerusting in pluimveebehuising. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder toon die embrio en fetusontwikkeling in plaasdiere.
A B C
D
E
F
4.1.1 Identifiseer struktuur B, E en F. (3)
4.1.2 Noem die volgende oor struktuur D:
(a) EEN funksie (1)
(b) EEN bestanddeel (1)
(c) Plek waar dit aangetref word (1)
4.1.3 Dui die tyd (in maande) aan waartydens die melkboer met 'n
rektale swangerskapondersoektoets die teenwoordigheid van 'n
fetus sal kan bepaal. (1)
4.2 Hormone speel 'n belangrike rol in die reproduksiesiklus van plaasdiere.
4.2.1 Verduidelik die term hormoon. (2)
4.2.2 Gee die hooffunksie vir ELK van die volgende hormone:
(a) Testosteroon (1)
(b) Luteïniserende hormoon (LH) (1)
(c) Estrogeen (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
4.2.3 Noem die hormoon verantwoordelik vir:
(a) Onderhoud van die corpus luteum (1)
(b) Groei en ontwikkeling van die Graafse follikel (1)
4.3 Die grafiek hieronder toon inligting oor die estrussiklus van melkkoeie.
Getal koeie in estrus op verskillende tye
50
45
40
35
Getal koeie
30
25
20
15
10
5
0
06:00-12:00 12:00-18:00 18:00-00:00 00:00-06:00
Tyd
4.3.1 Bepaal die getal koeie wat van 12:00 tot 18:00 in estrus is. (1)
4.3.2 Dui die tyd aan wanneer 20 koeie in estrus sal wees. (1)
4.3.3 Verwys na die grafiek en voorspel die tendens van die aantal koeie
wat van 12:00 tot 06:00 in estrus is. (1)
4.3.4 Bereken die getal koeie wat van 18:00 tot 06:00 in estrus is. (2)
4.3.5 Verwys na die grafiek hierbo en stel die beste tyd voor om die
koeie te insemineer. (1)
4.3.6 Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 4.3.5. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
4.4 Die diagram hieronder stel die uier van 'n melkkoei voor.
A
BB
Uier
C
4.4.1 Identifiseer deel A, B en C. (3)
4.4.2 Definieer die term laktasie in melkkoeie. (2)
4.4.3 Vergelyk die verandering in melkproduksie en bottervetproduksie
gedurende EEN laktasietydperk. (2)
4.5 Moeilike geboortes vereis meer arbeid en aandag. Dit kan daartoe lei dat die
plasenta in die koei vassit/agterbly en die dood van beide die kalf en die koei
tot gevolg hê. Dit is 'n oorerflike eienskap en kom meer dikwels by verse en
bulkalwers voor. Dit kan deur goeie bestuur reggestel word.
4.5.1 Gee 'n toepaslike term wat algemeen vir moeilike geboortes
gebruik word. (1)
4.5.2 Verduidelik die rede vir moeilike geboortes by verse. (2)
4.5.3 Dui TWEE bestuursmaatreëls aan om die moontlikheid van
moeilike geboortes te verminder. (2)
4.5.4 Definieer die term vassit/agterbly van die plasenta. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 Eng.pdf
Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024_Sesotho_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 Afr.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 MG Afr.pdf
Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
Agricultural Sciences P1 Feb March 2017 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Feb March 2017 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P1 May June 2017 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P1 Feb March 2015 Eng (1)_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Agricultural Sciences P2 Feb March 2017 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Agricultural Sciences P1 Nov 2017 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Agric Sciences Backup Memo_watermark.pdf
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025_English_watermark.pdf
Memorandum
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Memorandum
Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng.pdf
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024_English_hlayiso.com_.pdf
Memorandum