Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Agricultural SciencesGrade 12201713 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONAL E SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 1.1.11 A B C D 1.1.1 Die faktor wat die vraag en aanbod van 'n produk beïnvloed: A 'n Verhoging in die aanbod van die produk B Reeks produkte beskikbaar C Prys van die produk D Gesindheid en waardes van verbruikers 1.1.2 EEN van die volgende verwys na die beweging van produkte vanaf die produsent na die verbruiker: A Gradering B Prosessering C Waardetoevoeging D Bemarking 1.1.3 Die faktor wat 'n veilige mark en prys vir produkte waarborg: A Vraag B Aanbod C Kontrak D Risiko 1.1.4 Die mate van hoeveel die vraag na 'n produk met 'n prysverandering verander: A Ekwilibrium B Fluktuasie C Pryselastisiteit van vraag D Prysonelastisiteit van vraag 1.1.5 'n Voorbeeld van produksiekapitaal in 'n melkboerdery- onderneming: A Voer B Aanteelkoeie C Omheinings D Melkmasjiene Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.1.6 Netto waarde van 'n boerderyonderneming kan as ... gedefinieer word. A die waarde van die bates minus die laste B die eienaar se eie kapitaal C uitgawes minus inkomste D bates plus laste 1.1.7 Kapitaal wat in items met 'n meer permanente aard, soos 'n dam, belê word, staan as … kapitaal bekend. A flottende B roerende C werks- D vaste 1.1.8 'n Werker wat slegs tydens die oes van lemoene op 'n plaas werk, word as 'n … werker geklassifiseer. A seisoens- B los C permanente D semi-permanente 1.1.9 Nguni-beeste word vir teeldoeleindes in Suid-Afrika verkies as gevolg van die volgende eienskappe: (i) Baie vrugbaar (ii) Bestand teen bosluise en siektes (iii) Groot liggaamsbou (raam) (iv) Baie aanpasbaar onder moeilike omstandighede Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (i), (ii) en (iv) C (i), (iii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.10 Die struktuur wat deur genetiese modifikasie verander word: A Sel B Gene C Kern D Antigeen (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.2 Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 'n Uitdaging wanneer A natuurlike seleksie landbouprodukte bemark word B halfgeskoolde arbeid 1.2.2 Formulering van 'n visie en 'n missie C onderkapitalisasie D seleksie deur telers 1.2.3 Plaaswerkers sonder enige tersiêre kwalifikasie E lae waarde in verhouding tot volume 1.2.4 Te min geld spandeer in verhouding tot ander produksie- F besluitneming faktore G arbeidswetgewing 1.2.5 Seleksie vir oorlewing H oorkapitalisasie I hoë-intensiteit-bemarking J strategiese plan (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Vertel mense meer van 'n produk om hulle te oorreed om die produk te koop 1.3.2 Die produksie-uitset in verhouding tot die finansiële inset in 'n boerderyonderneming 1.3.3 'n Instrument wat gebruik word om die verlangde gene na plantmateriaal oor te dra 1.3.4 'n Vorm van biotegnologie wat die manipulasie van gene behels om die verlangde eienskappe te verkry 1.3.5 Eienskappe wat deur die uitkoms van slegs een geen bepaal word (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Gradering is die verskaffing van standaardspesifikasies wat eenvormigheid aan 'n groep produkte sal gee. 1.4.2 'n Batelys is 'n rekord van kapitaalgoedere op 'n plaas. 1.4.3 'n Enkele oorerfbare faktor staan as dihibriede oorerwing bekend. 1.4.4 'n Alleel wat deur 'n hoofletter verteenwoordig word, is altyd resessief. 1.4.5 Die wet van onafhanklike klassifisering/groepering noem dat allele in aparte gamete verdeel sodat elke gameet slegs een geen vir die eienskap het. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Die grafiek hieronder dui die hoeveelhede van 'n spesifieke landbouproduk wat aangebied en gekoop is, aan. 60 A B 50 Ewewigsprys 40 Prys 30 20 10 0 Hoeveelheid 2.1.1 Identifiseer kurwe/kromme A en B. (2) 2.1.2 Definieer die term ewewigsprys. (2) 2.1.3 Verduidelik die verwantskap tussen kurwe/kromme A en B ten opsigte van prys. (3) 2.2 Die volgende is kanale van 'n vrye bemarkingstelsel. Internetbemarking; veeverkope; varsproduktemark; plaashekbemarking; bemarking met 'n kontrak 2.2.1 Pas die kanale van 'n vrye bemarkingstelsel hierbo by ELK van die volgende: A Die boer verkoop spinasie direk aan verbruikers op die plaas. (1) B Bokke, skape en beeste word aan die hoogste bieër verkoop. (1) C 'n Ooreenkoms of reëling om direk aan 'n groothandelaar te verkoop. (1) D Mango's en appels word onmiddellik aan markte gelewer. (1) E Goedere word elektronies geadverteer en verkoop. (1) 2.2.2 Noem TWEE nadele van 'n vrye bemarkingstelsel vir 'n boer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 2.3 Die vloeidiagram hieronder illustreer die pad van landbouprodukte vanaf die produsent na die verbruiker. A F Navorsing oor 'n nuwe Naverkoopdiens perskekultivar B E Aanplanting van die Verbruikers koop perskes by perskeboord die mark C D Oes, bewerking en Perskes vir verbruikers te verpakking koop aangebied 2.3.1 Dui die letter (A–F) in die vloeidiagram hierbo aan wat ELK van die volgende verteenwoordig: (a) Vraag (1) (b) Aanbod (1) 2.3.2 Watter faktor kan bemarking tussen stadium C en D belemmer? (1) 2.3.3 Noem TWEE riglyne vir verpakking in stadium C. (2) 2.3.4 Noem TWEE faktore wat die vraag na perskes sal bepaal. (2) 2.4 Die tabel hieronder toon die getal sakkies botterskorsies wat teen verskillende pryse op 'n plaaslike mark gekoop is. PRYS (RAND PER SAKKIE) GETAL SAKKIES R5 200 R10 150 R15 140 R20 120 R25 100 R30 50 2.4.1 Gebruik die data in die tabel hierbo en teken 'n lyngrafiek om die getal sakkies botterskorsies wat teen verskillende pryse gekoop is, voor te stel. (6) 2.4.2 Verwys na die lyngrafiek en identifiseer die tendens in die prys, soos wat die getal sakkies botterskorsies afneem. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 2.5 Verskillende fases in die entrepreneurskapsproses word hieronder getoon: A Fokus op die uitvoer van die plan om goedere of dienste te lewer B Bepaal die beskikbare kapitaal, arbeid en toerusting C Besef die afwesigheid van geskikte produkte en dienste D Beplan die onderneming om fondse te bekom 2.5.1 Herrangskik hierdie entrepreneurskapsfases (A–D) hierbo in die korrekte volgorde. (4) 2.5.2 Noem DRIE probleme wat tydens die beplanningsfase ondervind kan word. (3) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 'n Boer kan nie bekostig om 'n boerderyonderneming te finansier nie. Die enigste opsie is om by 'n finansiële instelling om 'n lening aansoek te doen. 'n Lening van R190 000 teen 'n rentekoers van 12,5% word toegestaan. Na die oes verkoop die boer die oes vir R212 500. 3.1.1 Bereken die rente wat die boer aan die finansiële instelling sal moet betaal. (2) 3.1.2 Gebruik 'n formule om die winsgewendheid van hierdie boerdery- onderneming te bereken. (3) 3.1.3 Doen 'n aanbeveling of die boer met hierdie onderneming moet voortgaan. Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 3.2 Wetgewing, veral arbeidswetgewing soos die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), speel 'n baie belangrike rol in enige boerderyonderneming. 3.2.1 Verduidelik kortliks die doel van hierdie Wet. (2) 3.2.2 Noem DRIE riglyne waaraan die boer moet voldoen, volgens die wetgewing hierbo. (3) 3.3 Die prent hieronder toon die koördinering van produksiefaktore vir effektiewe landbouproduksie. Ek moet toesig oor hierdie werkers hou en die instruksies noukeurig volg om hierdie gebou te voltooi. B C A D E F 3.3.1 Identifiseer die letter (A–F) wat ELK van die volgende voorstel: (a) Plaasbestuurder (1) (b) Plaasarbeider (1) (c) Roerende kapitaal (1) (d) Vaste kapitaal (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 3.3.2 Gee die hoofbestuursbeginsel in die prent op die vorige bladsy. Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 3.3.3 Noem DRIE entrepreneursvaardighede in die prent. (3) 3.4 Verskillende maatreëls kan deur 'n boer toegepas word om die produksie- uitset en produktiwiteit van die plaas per hektaar te verhoog. 3.4.1 Gee die maatreël om grondproduktiwiteit te verbeter soos in ELK van die volgende stellings aangedui word: (a) Kombineer graangewasse en peulplantgewasse (1) (b) Gebruik 'n groter land eerder as individuele kleiner stukkies om te verbou (1) (c) Begrawe waterpype om beskadiging en lekplekke te verminder (1) (d) Bepaal die tipe en hoeveelheid kunsmis wat vir 'n gewas gebruik moet word (1) 3.4.2 Noem DRIE ekonomiese funksies van grond. (3) 3.5 Die tabel hieronder toon die rekords van 'n boerderyonderneming vir 'n tydperk van drie maande. JANUARIE FEBRUARIE MAART Beginsaldo R500 R10 150 R13 538 Ontvangste Banklenings R3 500 R3 500 R2 000 Saadrekening R4 300 0 0 Kapitaal R5 500 R4 500 R2 200 Ontvangste totaal R13 300 R8 000 R4 200 Betalings Rekeninge betaal R2 800 R3 700 R4 600 Lone R500 R500 R3 500 Rente op geleende bedrag R350 R412 R674 Betalings totaal R3 650 R4 612 R8 774 Netto kontant R9 650 R3 388 -R4 574 Eindsaldo R10 150 R13 538 R8 964 3.5.1 Identifiseer die plaasrekord in die tabel hierbo. (1) 3.5.2 Verwys na TWEE items in die rekord hierbo om die antwoord op VRAAG 3.5.1 te ondersteun. (2) 3.5.3 Noem 'n dokument wat die boer kan gebruik om die netto waarde van 'n boerderyonderneming te bepaal. (1) 3.5.4 Noem TWEE voordele vir 'n boer om 'n rekord soos die een hierbo te hê. (2) 3.5.5 Dui die implikasies van negatiewe netto kontant in Maart aan. (1) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Deesdae vereis boerdery dat verskillende metodes en tegnologieë vir die teel van diere gebruik moet word. 4.1.1 Identifiseer die teelmetode wat deur ELK van die volgende scenarios voorgestel word: (a) Kommersiële Holsteinkoei x stoet-Holsteinbul met kunsmatige inseminasie (b) Sussexbul x Sussexkoei (die bul se dogter) (c) Afrikanerbul x Korthoringkoeie (3) 4.1.2 Kies die teelmetode in VRAAG 4.1.1 wat die beste opsie sal wees om die onderneming van 'n kommersiële melkkudde na 'n stoetmelkkudde te verander. (1) 4.1.3 Noem die teelmetode in VRAAG 4.1.1 wat heterose of basterkrag sal bewerkstellig. (1) 4.1.4 Noem TWEE nadele van kruisteling. (2) 4.2 'n Onlangse ontwikkeling in die verbetering van mielies is die genetiese modifisering daarvan om dit teen die mieliestronkboorder bestand te maak. 'n Grondbakterium, Bacillus thuringiensis (Bt), maak op natuurlike wyse 'n toksien (gif) wat die mieliestronkboorder doodmaak. Genetiese manipulasietegnieke word gebruik om die Bt-toksiengeen van die bakterie na die DNS van die mielieplant oor te dra. 4.2.1 Identifiseer TWEE moontlike voordele van hierdie geneties gemodifiseerde (GM) gewasse. (2) 4.2.2 Noem TWEE negatiewe effekte van GM gewasse op die omgewing. (2) 4.2.3 Verduidelik die tegniek om die bakterium in die scenario hierbo te gebruik om mielieplante geneties te modifiseer. (2) 4.3 Variasie is 'n verskynsel wat vir seleksie en teling gebruik word. 4.3.1 Gee TWEE voordele van variasie in 'n teelprogram. (2) 4.3.2 Noem TWEE interne oorsake van variasie. (2) 4.3.3 Onderskei tussen variasie en seleksie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 4.4 Die geen vir 'n bruin haarkleed in bokke is dominant oor die geen vir 'n wit haarkleed. In die diagram hieronder het twee bokke met 'n bruin haarkleed met mekaar gepaar. (Gebruik die simbool B/b vir haarkleed.) Ouers 1 x 2 bruin haarkleed bruin haarkleed F1 3 4 (Bb) 5 6 (bb) 4.4.1 Bepaal die genotipes van individu 1 en 2. (2) 4.4.2 Identifiseer die fenotipes van nakomeling 3 en 5 in die F1-nageslag. (2) 4.4.3 Verwys na die diagram en gee die persentasie F1-nageslag wat heterosigoties vir 'n bruin haarkleed is. (1) 4.4.4 Voorspel die kleur van die nageslag se haarkleed indien individu 6 met 'n ander individu met dieselfde genetiese samestelling gekruis word. Gee 'n rede om die antwoord te staaf. (2) 4.5 Die patroon van oorerwing kan tot verskille in die fenotipe lei. Indien wit blomme (W) met rooi blomme (R) gekruis word, sal die nakomelinge in die F1-generasie almal pienk wees. 4.5.1 Gebruik die Punnet-vierkantmetode om die nakomelinge van die F2-generasie vanuit die F1-ouers hierbo te toon. (4) 4.5.2 Dui die tipe dominansie in die nakomelinge in die F1-generasie aan wat almal pienk is. (1) 4.5.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.5.2. (1) 4.5.4 Gee die fenotipiese verhouding van die F2-generasie. (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP | Hlayiso