Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 2.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
1.1.1 Die eerste drie kompartemente van 'n herkouer se maag:
A Rumenkompleks
B Voormaag
C Abomasum
D Spysverteringstelsel
1.1.2 Vlugtige vetsure wat eindprodukte van mikrobiese fermentasie in
die rumen is, sluit … -suur in.
A metanoë- en botter
B asyn- en propion
C asyn- en etanoë
D metanoë- en etanoë
1.1.3 'n Voorbeeld van 'n proteїenryke konsentraat:
A Hawermeel
B Sorghummeel
C Vismeel
D Mieliemeel
1.1.4 Tydens die aktiewe absorpsie van voedsel …
A beweeg CO 2 en metaan langs die konsentrasiehelling.
B verskaf die ATP die energie wat benodig word.
C beweeg molekules van 'n hoër na 'n laer konsentrasie.
D word glukose en aminosure langs die konsentrasiehelling
geabsorbeer.
1.1.5 Die beste verduideliking van eksterne parasiete op beeste:
(i) Leef op die vel
(ii) Kan die vel beskadig
(iii) Kan toksiene produseer
(iv) Kan die lewer beskadig
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/November 2018
NSS
1.1.6 Toerusting wat 'n vleisbeesboer nodig het om die gemiddelde
daaglikse toename te bepaal:
A Elektriese porstok
B Nekklamp
C Voerbak/-krip
D Elektroniese weegskaal
1.1.7 Die volgende oor 'n voerkraal-produksieonderneming is WAAR:
(i) Verskaf skaduwee en skuiling aan diere
(ii) Oes weidings om voer aan diere te verskaf
(iii) Pas wisselweiding toe
(iv) Arbeids- en kapitaalintensief.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.8 Watter EEN van die volgende moet NIE gedoen word wanneer
kuikens hanteer word NIE?
A Gryp die kuiken aan die stert of vlerke.
B Gebruik een hand om die kuiken van onder te ondersteun.
C Posisioneer die kuiken onder die arm om dit te ondersoek.
D Gryp die kuiken aan die voete.
1.1.9 Die pad wat melk in die uier volg totdat dit deur die spene vrygestel
word:
A Alveoli melkbuis klierholte speenholte
B Alveoli klierholte melkbuis speenholte
C Melkbuis alveoli klierholte speenholte
D Klierholte alveoli melkbuis speenholte
1.1.10 Oögenese in vroulike diere vind in die … plaas.
A spermatogonium
B corpus luteum
C eierbuis
D eierstok (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/November 2018
NSS
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items
in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
Al die proteïene wat opgeneem,
A: Ideale proteïen
geabsorbeer en geïnkorporeer is om al
1.2.1 die noodsaaklike aminosure in die regte
B: Onvolledige proteïen hoeveelhede en verhoudings aan die
liggaam te voorsien
A: Vitamien A 'n Tekort kan vertraagde bloedstolling
1.2.2
B: Vitamien D veroorsaak
A: Intradermaal
1.2.3 Spuit diere tussen die lae van die vel in
B: Onderhuids/Subkutaan
A: Diepskropstelsel Intensiewe produksiestelsel waar
1.2.4 kuikens vir solank as wat hulle leef in
B: Batterystelsel 'n huis aangehou word
A: Kondisie Die fetus se voorbene en neus wys
1.2.5 tydens geboorte na die pelvis terwyl die
B: Presentering kop op die voorbene rus
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Gebreksimptoom by varke wat deur 'n gebrek aan sink veroorsaak
word en tot velletsels en haarverlies lei
1.3.2 Toerusting wat met 'n waterklep en spuitkop toegerus is en gebruik
word om water aan die sog en klein varkies te verskaf
1.3.3 'n Kragtige sametrekking van die uretra waardeur semen in die
vagina van 'n koei gedeponeer word
1.3.4 Die proses van seldeling waardeur die primêre spermatosiete in
sekondêre spermatosiete verdeel
1.3.5 Die manlike voortplantingsel wat tydens die bevrugtingsproses met
die ovum saamsmelt (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/November 2018
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die wetenskaplike metode wat gebruik word om die presiese
hoeveelhede van twee voere in 'n voermengsel te bepaal om die
verlangde proteïeninhoud te kry, word die voedingsvierkant genoem.
1.4.2 Diepskropstelsels laat diere toe om bedags vrylik rond te beweeg,
maar saans word hulle tot skuilings beperk.
1.4.3 Voëlgriep, bek-en-klouseer en tuberkulose is metaboliese siektes
wat oorgedra kan word.
1.4.4 Daar word na dragtigheid verwys as 'n verlengde en moeilike
geboorte waartydens hulp dikwels benodig word.
1.4.5 Die endoderm is die middelste embrioniese laag waaruit die hart,
geraamte, spiere, urogenitale en vaskulêre stelsels ontwikkel. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die foto's hieronder toon die interne dele in die spysverteringskanaal van
herkouers.
DEEL A DEEL B DEEL C
2.1.1 Identifiseer deel B en deel C. (2)
2.1.2 Beskryf kortliks EEN funksie van deel B. (1)
2.1.3 Noem die strukture in deel A wat vir die produksie van hitte
verantwoordelik is. (1)
2.1.4 Noem EEN vereiste van rumenmikrobes. (1)
2.2 In 'n voedingsproefneming is 'n dier 12 kg hooi met 'n 10%-voginhoud gevoer
en die dier het 7 kg droë mis uitgeskei.
2.2.1 Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van hierdie hooi. (Gebruik 'n
formule en toon ALLE berekeninge.) (5)
2.2.2 Beskryf kortliks die gevolg van die verteerbaarheidskoëffisiënt wat in
VRAAG 2.2.1 bereken is. (1)
2.2.3 Klassifiseer die voer wat in die voedingsproefneming hierbo gebruik is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/November 2018
NSS
2.3 Die tabel hieronder toon die voedingsamestelling van twee voere.
VOEDINGSTOFSAMESTELLING VOER A VOER B
Totale verteerbare voedingstowwe (TVV) 80% 55%
Verteerbare proteïen 18% 5%
Voedingsverhouding (VV) 1 : 3,4 1 : 10
Ruveselinhoud 9% 17%
2.3.1 Identifiseer die voer (A of B) wat die geskikste vir jong groeiende
plaasdiere sal wees. (1)
2.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.3.1. (1)
2.3.3 Voer B kan nie as 'n hoofvoer vir nie-herkouers aanbeveel word nie.
Regverdig die stelling deur die data hierbo te gebruik. (2)
2.3.4 Verduidelik kortliks die verwantskap tussen die ruveselinhoud en die
totale verteerbare voedingstowwe van voer A. (2)
2.4 Die tabel hieronder toon die bruto energiewaarde en die energieverliese
nadat 1 kg en 5 kg van 'n voer deur 'n plaasdier verbruik is.
ENERGIE WAARDES WAARDES
(joule/1 kg) (joule/5 kg)
Bruto energie 18,5 92,5
Energieverlies in mis 8,5 42,5
Energieverlies in urine 1,2 6
Energieverlies as hitte 1,8 9
Energieverlies as metaan 2,5 12,5
2.4.1 Dui die energieverlies deur mis aan indien die plaasdier 5 kg voer
verbruik het. (1)
2.4.2 Identifiseer die gas met die hoogste energieverlies in die tabel hierbo. (1)
2.4.3 Bereken die hoeveelheid energie wat vir groei en produksie in
1 kg voer beskikbaar sal wees. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/November 2018
NSS
2.5 Die voervloeiprogram hieronder is vir 'n tydperk van een jaar.
JUL. AUG. SEP. OKT. NOV. DES. JAN. FEB. MRT. APR. MEI JUN.
Veld
- - - 10 12 20 20 15 13 12 - -
(ton)
Weiding
- - - - 30 30 38 39 43 44 44 -
(ton)
Lusern
40 45 55 45 30 25 20 10 - - 10 30
(ton)
Totale
beskikbare 40 45 55 55 72 75 78 64 56 56 54 30
voer (ton)
Diere se
voer-
63 65 66 60 56 56 49 49 49 49 54 59
vereiste
(ton)
Voertekort
23 20 - 5 29
(ton)
Voersurplus
16 19 29 15 7 7 -
(ton)
2.5.1 Bereken die voertekort vir September. (2)
2.5.2 Teken 'n staafgrafiek om die totale hoeveelheid voer beskikbaar en
die dierevoervereistes vir die jaar te toon. (6)
2.6 Verskillende wyses waarop voedingstowwe by diere aangevul kan word
Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord(e)
uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(2.6.1 tot 2.6.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
lekke; grondsooie; ureum; inplantings;
aanvullende rantsoene; waterkrippe
2.6.1 Ysteraanvulling vir varke in hokke met betonvloere (1)
2.6.2 Goedkoopste proteïenaanvulling in herkouers se winterrantsoen (1)
2.6.3 Groeibevorderingshormone om die voeromsettempo te verhoog (1)
2.6.4 Aanvulling van wateroplosbare vitamiene (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die foto's hieronder toon diereproduksiestelsels.
PRODUKSIESTELSEL A PRODUKSIESTELSEL B
3.1.1 Identifiseer produksiestelsel A en produksiestelsel B hierbo. (2)
3.1.2 Vergelyk produksiestelsel A met produksiestelsel B met verwysing na
kapitaalinvestering. (2)
3.2 Die tabel hieronder toon die voedingsprogram wat gebruik word om
braaikuikenproduksie te verhoog.
GROEIFASE VOEDINGSBEHOEFTES
A. Dagoudkuiken Hoog in proteïene
B. 3 tot 4 week-oue kuikens Dieet met 'n hoë energiepersentasie
3.2.1 Vergelyk die voedingsbehoeftes van braaikuikens in groeifase A en
groeifase B. (2)
3.2.2 Gee 'n rede vir die voedingsbehoefte in groeifase A. (1)
3.2.3 Noem TWEE ander faktore wat die produksie van braaikuikens sal
verhoog, behalwe voedingsbehoeftes. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/November 2018
NSS
3.3 Die foto hieronder toon 'n huisvestingsfasiliteit vir teelvarke.
3.3.1 Identifiseer die fasiliteit in die foto hierbo. (1)
3.3.2 Noem 'n ontwerpkenmerk van die fasiliteit in VRAAG 3.3.1 wat sal
voorkom dat die klein varkies seerkry. (1)
3.3.3 Noem die toerusting of materiaal, behalwe die dak, wat in die fasiliteit
hierbo gebruik kan word om:
(a) Hitte aan die varkies te verskaf (1)
(b) Koue sementvloere te isoleer (1)
3.4 In ongunstige weerstoestande is die produksie van lewende hawe in 'n
ekstensiewe produksiestelsel ondoeltreffend met betrekking tot die
hoeveelheid voer wat verbruik word. Diere in oormatige warm of koue
toestande benodig meer energie om hul basiese metabolisme te handhaaf en
hulle het dus minder energie beskikbaar om hulle liggaamsmassa of
produksie te verhoog.
3.4.1 Identifiseer die belangrikste toestand wat negatief op produksie in die
scenario hierbo inwerk. (1)
3.4.2 Beskryf kortliks TWEE ekonomiese gevolge van hierdie toestand vir
die boer. (2)
3.4.3 Noem 'n maatreël wat 'n boer kan tref om die gevolge van
veranderende temperature in 'n ekstensiewe beesproduksiestelsel te
verminder tydens:
(a) Warm toestande (1)
(b) Koue toestande (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/November 2018
NSS
3.5 Die foto's hieronder toon dierehanteringsfasiliteite in 'n intensiewe
produksiestelsel.
A B C
3.5.1 Identifiseer hanteringsfasiliteit A en hanteringsfasiliteit C. (2)
3.5.2 Gee die hoofdoel van struktuur B wat aan hanteringsfasiliteit C
verbind is. (1)
3.5.3 Noem TWEE ontwerpkenmerke van hanteringsfasiliteit C vir die
behoorlike hantering van plaasdiere. (2)
3.6 Die tabel hieronder toon inligting oor die tipes siektes by plaasdiere.
SIEKTE VEROORSAAK OORDRAG- SIMPTOME
DEUR METODE
opgewonde,
aggressief en
A virus B oormatige
speeksel-
afskeiding
tuberkulose C direkte kontak asemnood
donkerrooi/bruin
D protosoön E
urine
omloop fungi direkte kontak F
Verwys na die tabel hierbo en identifiseer A, B, C, D, E en F. Moet NIE die
tabel oorteken NIE. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/November 2018
NSS
3.7 Die diagram hieronder verteenwoordig die lewensiklus van 'n parasiet by
plaasdiere.
3.7.1 Identifiseer die parasiet in die diagram hierbo. (1)
3.7.2 Dui die getal gashere aan wat die parasiet in VRAAG 3.7.1 benodig
om sy lewensiklus te voltooi. (1)
3.7.3 Noem TWEE ekonomiese gevolge van hierdie parasiet vir boere. (2)
3.7.4 Noem TWEE rolle van die staat om die verspreiding van interne
parasiete te beheer. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder verteenwoordig die manlike geslagstelsel van 'n bul.
4.1.1 Identifiseer deel A en deel B. (2)
4.1.2 Noem TWEE funksies van die afskeiding van die vesikulêre klier. (2)
4.1.3 Gee 'n aangebore defek van deel D wat tot 'n onvermoë om koeie te
dek, kan lei. (1)
4.1.4 Identifiseer die uitwerking op die vrugbaarheid van die bul indien
deel E:
(a) Ten alle tye baie na aan die liggaam hang as gevolg van
'n korter skrotum (1)
(b) Heeltemal verwyder word (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/November 2018
NSS
4.2 Die skematiese voorstelling hieronder dui op die volgorde van hormoonvlakke
wat lei tot veranderinge wat tydens die estrussiklus plaasvind asook sekere
ander strukture betrokke.
anterior pituïtêre klier
follikelstimulerende
hormoon (FSH) B
luteïniserende
hormoon
corpus luteum
veranderinge
in follikel
A
C
hormoonvlakke
op hitte
een estrussiklus
tyd
4.2.1 Identifiseer hormoon A en hormoon C. (2)
4.2.2 Verduidelik die proses by B. (2)
4.2.3 Beskryf kortliks TWEE sigbare tekens wat die koei sal vertoon
wanneer hormoon A sy hoogste vlak bereik. (2)
4.2.4 Noem die hooffunksie van FSH in die skematiese voorstelling
hierbo. (1)
4.3 Die data hieronder toon teelprosesse by skape.
A Kunsmatige inseminasie (KI)
B Lamtyd
C Sinchronisering van estrus
D Bevrugting
E Dragtigheid
4.3.1 Rangskik die prosesse hierbo in die korrekte chronologiese
volgorde. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommer
(4.3.1) in die ANTWOORDEBOEK neer. (5)
4.3.2 Definieer die term sinchronisering van estrus. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/November 2018
NSS
4.4 Die diagram hieronder is 'n skematiese voorstelling van die
voortplantingsiklus van 'n melkkoei.
TYD VAN DIE JAAR
Jan. Feb. Mrt. April Mei Junie Julie Aug. Sep. Okt. Nov. Des.
Droë koei
Dragtigheid
Melkproduksie begin Droog op
4.4.1 Identifiseer die maand waarin hierdie melkkoei kunsmatig
geïnsemineer moet word. (1)
4.4.2 Noem TWEE moontlike oorsake waarom hierdie koei nie na
kunsmatige inseminasie dragtig raak nie. (2)
4.4.3 Noem DRIE oorsake van aborsie by melkkoeie. (3)
4.4.4 Noem die laaste reproduksieproses net voor die aanvang van
melkproduksie by hierdie melkkoei. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 17 DBE/November 2018
NSS
4.5 Die grafiek hieronder illustreer 'n melkkoei se gemiddelde melkproduksie
asook die vet- en ruveselinhoud van die melk oor 'n tydperk van 10 maande.
Melkproduksie (liter) Vetinhoud (%) Ruvesel (eenhede)
Hoeveelheid (in liter)
Maande
4.5.1 Dui die maand aan toe 'n gemiddeld van 35 liter melk geproduseer is. (1)
4.5.2 Identifiseer die hoeveelheid melk wat tydens die piekmaand van
laktasie geproduseer is. (1)
4.5.3 Gee DRIE moontlike redes vir die afname in melkproduksie in
MAAND 8. (3)
4.5.4 Beskryf die verband tussen die ruvesel en die vetinhoud van melk
vanaf MAAND 6 tot MAAND 10, soos in die grafiek hierbo geïllustreer. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum