Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2023 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
1.1.1 EEN van die volgende is NIE deel van die voormaagkompartemente
van 'n herkouer NIE:
A Rumen
B Omasum
C Abomasum
D Retikulum
1.1.2 'n Voorbeeld van 'n proteïenryke konsentraat:
A Mieliemeel
B Hawermeel
C Koringmeel
D Karkasmeel
1.1.3 Buisvormige induikings van die epiteel tussen die villi wat succus
entericus afskei:
A Eilande van Langerhans
B Pankreasbuise
C Kliere van Lieberkühn
D Galbuise
1.1.4 'n Voedingsverhouding van 1 : 4 impliseer dat:
(i) Die voer 'n hoë proteïeninhoud het
(ii) Die voer vir groei en reproduksie geskik is
(iii) Vir elke een deel koolhidrate, daar vier dele proteïen is
(iv) Vir elke een deel proteïen, daar vier dele nie-stikstof-
komponente is
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/November 2023
NSS
1.1.5 'n Boer wat gewasse of lewende hawe produseer om wins te maak
deur die gebruik van hoogs gevorderde tegnologie:
A Kommersiële boer
B Nomadiese boer
C Bestaansboer
D Kommunale boer
1.1.6 Die volgende is die vereistes vir 'n ideale pluimveebehuisingsfasiliteit:
(i) Lengte-oriëntasie moet in 'n noord-suid-rigting wees.
(ii) Die dak moet hoog en geïsoleerd wees.
(iii) Symure moet afloopwater van die huis af weghou.
(iv) Symure moenie lugbeweging deur die huis moontlik maak nie.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.7 Die mikroskopiese organismes wat buite die liggaam van die gasheer
lewe, wat korse op die vel met 'n verlies aan wol veroorsaak:
A Bloubosluise
B Myte
C Bontbosluise
D Luise
1.1.8 EEN van die volgende is NIE 'n teken van swak gesondheid by
plaasdiere NIE:
A Growwe en dowwe haarkleed met haarverlies
B Te sagte mis en verkleurde urine
C Helder oë met pienk membrane
D Hoë liggaamstemperatuur en verhoogde polsslag
1.1.9 'n Teken van 'n koei wat binnekort gaan geboorte skenk:
A Ruik aan en spring op ander koeie
B Melkproduksie daal drasties
C Volg die bulle en ander koeie
D Urineer en mis baie
1.1.10 'n Faktor wat tot onvrugbaarheid by koeie lei:
A Super-ovulasie
B Metritis
C Kastrasie
D Kriptorgidisme (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/November 2023
NSS
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Gal Breek vette in fyn druppeltjies af
B: Lewer
1.2.2 A: Farinks 'n Orgaan wat plaasdiere help om tussen
B: Tong verskillende voere te onderskei
1.2.3 A: Heterotermies Die vermoë van plaasdiere om 'n
konstante liggaamstemperatuur te
B: Homeotermies
handhaaf
1.2.4 A: Olieboom Gifplante wat voorkom moet word deur
B: Slangkop voer nie onder nat toestande te stoor nie
1.2.5 A: Prostaglandien Hormone wat vir die sinchronisasie van
B: Progesteroon estrus in koeie gebruik word
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die ensiem wat styselmolekule afbreek, veral by varke
1.3.2 Die klein area waar skape onder intensiewe toestande aangehou en
gevoer word vir maksimum produksie
1.3.3 'n Voortplantingstegniek waar semen van 'n meerderwaardige bul
versamel en in die voortplantingskanaal van 'n koei in estrus geplaas
word
1.3.4 Koeie wat drie of meer maal moet paar voordat hulle bevrug raak
1.3.5 Die onvermoë van 'n bul om koeie wat in estrus is, te dek, alhoewel
hy belangstelling toon (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/November 2023
NSS
1.4 Verander die onderstreepte woord(e) in elk van die volgende stellings om
hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Verteerbare energie verwys na die energie wat oorbly nadat
energieverlies deur hitte vanaf metaboliese energie afgetrek is.
1.4.2 Die bekendstelling van natuurlike vyande om parasietbesmetting te
beheer, is 'n chemiese metode.
1.4.3 Die sentriool stel 'n ensiem vry wat die spermsel help om die ovum te
penetreer.
1.4.4 Di-estrus vind plaas wanneer geslagsryp vroulike diere geen tekens
van staande bronstigheid toon nie.
1.4.5 Dragtigheidsperiode verwys na die periode by koeie tussen twee
laktasies. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die prent hieronder toon die spysverteringskanaal van 'n skaap.
B C D
A
G
F E
2.1.1 Identifiseer in die prent hierbo slegs die LETTER van die DEEL waar
ELK van die volgende plaasvind:
(a) Mikrobiese fermentasie (1)
(b) Meganiese vertering (1)
(c) Chemiese vertering (1)
2.1.2 Noem EEN funksie van die dunderm. (1)
2.1.3 Vergelyk die struktuur van die slukderm in skape met dié van
pluimvee. (2)
2.2 Die biologiese waarde van proteïen word deur die aminosuursamestelling en
sommige ander faktore bepaal. Diere benodig aminosure wat hulle liggame
nie kan produseer nie, maar by herkouerdiere is die proteïenkwaliteit van
voere minder belangrik.
2.2.1 Gee 'n kollektiewe naam vir die aminosure wat nie in die diereliggaam
geproduseer kan word nie. (1)
2.2.2 Verduidelik waarom die proteïenkwaliteit van voere by herkouerdiere
minder belangrik is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/November 2023
NSS
2.3 'n Os is 24 kg droë materiaal gevoer en het 7 kg mis met 81% droë materiaal
uitgeskei.
Bereken die verteerbaarheidskoëffisiënt van die voer. Toon ALLE
berekeninge, die formule ingesluit. (5)
2.4 Die skematiese voorstelling hieronder toon die komponente van 'n voer.
Voerkomponente
Droë materiaal Water
Organiese komponente A
B Lipiede Vitamiene C
e s
Maltose
2.4.1 Voorsien byskrifte vir voerkomponente A en C onderskeidelik. (2)
2.4.2 Noem TWEE funksies van water. (2)
2.4.3 Skryf die letter neer wat die komponent verteenwoordig wat vir die
voeding van jong groeiende diere geskik is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/November 2023
NSS
2.5 'n Boer het sojaboon-oliekoekmeel en hawermeel gemeng om 'n rantsoen te
verkry met die verlangde proteïeninhoud, soos hieronder aangetoon.
VOER A: 9% VP 29 dele
15%
%
'
VOER B: 44% VP 6 dele
2.5.1 Verwys na die Pearson-vierkant hierbo om die dele van hierdie
rantsoen aan te dui wat ELK van die volgende verteenwoordig:
(a) Sojaboon-oliekoekmeel (1)
(b) Hawermeel (1)
2.5.2 Bereken die persentasie hawermeel in die gegewe mengsel. Toon
ALLE berekeninge. (3)
2.6 Die tabel hieronder toon 'n voervloeiprogram oor die voorsiening en
benodighede van voer vir vleisbeeste oor 'n periode van een jaar.
MAAND VAN VELD TEFHOOI LUSERN DIEREVOER
DIE JAAR (TON) BESKIKBAAR BESKIKBAAR BENODIG (TON)
(TON) (TON)
Januarie 31 20 50
Februarie 35 15 50
Maart 30 10 12 50
April 25 20 50
Mei 30 10 55
Junie 20 30 60
Julie 20 40 65
Augustus 20 45 65
September 20 55 60
Oktober 10 45 50
November 12 30 55
Desember 20 25 50
2.6.1 Bereken die hoeveelheid voer benodig (in kg) gedurende die eerste
ses maande van die jaar. Toon ALLE berekeninge. (3)
2.6.2 Gee TWEE redes waarom voervloeibeplanning belangrik is. (2)
2.6.3 Gebruik die data in die tabel hierbo om 'n lyngrafiek te teken vanaf
Augustus tot Desember oor die hoeveelhede voer deur vleisbeeste
benodig en die produksie van lusern. (6)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die prente hieronder verwys na 'n produksiestelsel by varke.
PRENT A PRENT B
3.1.1 Dui aan:
(a) Die produksiestelsel deur die varkboer gebruik wat deur prent A
hierbo voorgestel word (1)
(b) 'n Voorbeeld van die varkproduksiestelsel wat deur prent B
hierbo voorgestel word (1)
3.1.2 Identifiseer die dierehanteringsfasiliteit in prent A. (1)
3.1.3 Gee EEN rede waarom varke in die fasiliteit in prent A gehuisves
word. (1)
3.1.4 Lei TWEE faktore vanuit prent A af wat tot verhoogde produksie
bydra. (2)
3.2 Kies 'n verduideliking uit die lys hieronder wat by die dieregedrag in
VRAAG 3.2.1 tot 3.2.5 pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Sien skaduwee op hulle pad of gesigsarea
B Normale moederlike gedrag
C Normale dieregedrag
D Diere bevestig hulle dominansie in die kudde
E Normale voortplantingsgedrag
3.2.1 Vroulike diere in die kudde spring op ander vroulike diere en laat toe
dat ander diere op hulle spring (1)
3.2.2 'n Kudde plaasdiere lyk gesond en wei rustig op natuurlike weiding (1)
3.2.3 Diere wat onder mekaar kopstamp (1)
3.2.4 Diere wil nie deur 'n hek na 'n deurgangsarea beweeg nie (1)
3.2.5 Diere raak aggressief nadat hulle geboorte geskenk het (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/November 2023
NSS
3.3 Die fasiliteite hieronder word gebruik om plaasdiere te hanteer.
A B
3.3.1 Identifiseer fasiliteit A en B hierbo. (2)
3.3.2 Dui die doel van die gebruik van fasiliteit B aan. (1)
3.3.3 Gee TWEE redes vir die hantering van plaasdiere deur gebruik te
maak van die fasiliteite hierbo. (2)
3.4 Noem TWEE basiese vereistes vir die vervoer van plaasdiere. (2)
3.5 'n Virussiekte wat deur muskiete oorgedra word en skape, beeste en bokke
affekteer, veroorsaak aborsie, 'n bloederige neusafskeiding en diarree wat tot
die dood van plaasdiere kan lei. Mense kan besmet word indien hulle bloed,
weefsel of ander liggaamsvloeistowwe hanteer van diere wat met hierdie
siekte besmet is. Boere moet owerhede in kennis stel indien hulle vermoed
dat diere op hulle plase met die siekte besmet is.
3.5.1 Noem die siekte wat in die scenario hierbo beskryf word. (1)
3.5.2 Identifiseer 'n voorbeeld van ELK van die volgende in die scenario
hierbo:
(a) Vektor (1)
(b) Patogeen (1)
3.5.3 Die siekte in die scenario hierbo word as aanmeldbaar beskou.
Regverdig hierdie stelling. (1)
3.5.4 Gee 'n term vir die beskrywing wat aandui dat die siekte mense kan
besmet indien hulle besmette bloed, weefsel en ander
liggaamsvloeistowwe hanteer. (1)
3.5.5 Stel TWEE ekonomiese implikasies van dieresiektes vir 'n boer voor. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/November 2023
NSS
3.6 Die diagram hieronder toon die lewensiklus van 'n parasiet.
Volwassenes heg
aan die gasheer
Nimf word
volwasse
Volwasse
wyfies val van
die gasheer af
om eiers te lê
Larwe word Eiers broei uit
nimf op eerste as larwes met
gasheer ses pote
3.6.1 Klassifiseer die parasiet hierbo aan die hand van die lewensiklus. (1)
3.6.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.6.1 deur na die diagram
hierbo te verwys. (1)
3.6.3 Identifiseer DRIE stadia in die lewensiklus van die parasiet hierbo. (3)
3.7 Hieronder is 'n lys van inwendige parasiete wat plaasdiere affekteer.
lintwurm; lewerslak; rondewurm
Kies die parasiet hierbo wat by ELK van die volgende beskrywings pas:
(a) Veroorsaak knoppies in die lewer (1)
(b) Het nie 'n intermediêre gasheer nodig nie (1)
(c) Swaar besmetting veroorsaak 'n boepens en die teenwoordigheid
van proglottisse in mis (1)
3.8 Noem TWEE basiese beginsels van goeie gesondheid wat 'n boer kan toepas
om inwendige parasiete te beheer. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagramme hieronder toon manlike en vroulike geslagsorgane.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
E F
A
B
G
C Blaas
D H
I
I
4.1.1 Gee byskrifte vir B, C en G in die diagramme hierbo. (3)
4.1.2 Identifiseer die LETTER (A–I) van die deel in DIAGRAM 1 en
DIAGRAM 2 waar ELK van die volgende plaasvind:
(a) Plek waar spermatogenese plaasvind (1)
(b) Voer die funksie van inplanting uit (1)
(c) Plek waar bevrugting plaasvind (1)
(d) Skei 'n taai vloeistof af wat energie aan die spermselle verskaf (1)
4.2 Die prent hieronder toon 'n koei en 'n bul tydens 'n voortplantingsproses.
BUL
KOEI
4.2.1 Identifiseer die voortplantingsproses wat in die prent hierbo
voorgestel word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/November 2023
NSS
4.2.2 Dui die werklike stadium van die proses in VRAAG 4.2.1 aan wat in
die prent voorgestel word. (1)
4.2.3 Noem TWEE geslagtelike gedragstekens wat deur bulle vertoon word
voor die proses in VRAAG 4.2.1. (2)
4.2.4 Noem TWEE faktore wat, tydens die proses in VRAAG 4.2.1
geïdentifiseer, die gedrag by bulle reguleer. (2)
4.3 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die prosesse van 'n
voortplantingstegniek by plaasdiere.
Voortplantingstegniek
Nukleus wat die DNA bevat, word
van 'n skenker geneem en na 'n
ontkernde eiersel oorgedra wat tot
samesmelting lei
A B
Blastosist word in die Embrioniese stamselle
baarmoeder van 'n word uit die blastosist
ontvangerskaap ingeplant onttrek
B
4.3.1 Identifiseer die tipe voortplantingstegniek wat in A en B hierbo
geïllustreer word. (2)
4.3.2 Dui die doel van ELKE tipe voortplantingstegniek in VRAAG 4.3.1
aan. (2)
4.3.3 Noem TWEE nadele van die voortplantingstegniek wat in die
voorstelling hierbo geïllustreer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/November 2023
NSS
4.4 Die diagramme hieronder illustreer twee verskillende prosesse wat by
plaasdiere plaasvind.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
Primêre kiemsel Primêre
kiemsel
Primêre
spermatosiet
Sekondêre
oösiet Polêre
liggaam
Spermatiede
Polêre liggaampies
4.4.1 Identifiseer die prosesse wat in DIAGRAM 1 en DIAGRAM 2 hierbo
voorgestel word. (2)
4.4.2 Voorsien byskrifte vir A, B en C. (3)
4.4.3 Noem die tipe selverdeling wat C tot gevolg gehad het. (1)
4.5 Dit is belangrik vir die boer om 'n koei voor, tydens en na kalwing dop te hou
aangesien hierdie proses deur baie faktore negatief beïnvloed kan word.
4.5.1 Gee die term wat na geboorteprobleme by koeie verwys. (1)
4.5.2 Noem TWEE probleme wat met die fetus geassosieer word, wat met
die normale geboorteproses kan inmeng. (2)
4.5.3 Noem TWEE faktore wat moontlik retensie van die plasenta kan
veroorsaak. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/November 2023
NSS
4.6 Die diagram hieronder verteenwoordig die uier van 'n koei.
Lob
Speenholte
Speenopening
4.6.1 Identifiseer dele A en B. (2)
4.6.2 Dui die LETTER aan wat die deel verteenwoordig waar die melk
geproduseer word. (1)
4.6.3 Noem die hormoon verantwoordelik vir ELK van die volgende
funksies:
(a) Die sintese van melk (1)
(b) Die melklatingsproses (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum