Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUTEGNOLOGIE
NOVEMBER 2015
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Die geraasvlak wat in 'n werkswinkel ervaar word, word volgens
die regulasies in die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid,
1993 (Wet 85 van 1993) as te hard geklassifiseer wanneer ...
A 'n selfoon nie gehoor kan word wanneer dit lui nie.
B die klopgeluid van 'n enjin nie gehoor kan word nie.
C 'n los klep in 'n enjin skaars gehoor kan word.
D iemand wat 'n meter van jou af staan, hard moet praat om
gehoor te word.
1.1.2 'n Plasmasnymasjien werk deur 'n baie hoë spanning en
... te gebruik.
A 'n waterstraal om die werkstuk af te koel
B lae stroomsterkte
C 'n oksiasetileenvlam
D hoë stroomsterkte
1.1.3 'n Voordeel van die gebruik van 'n MIG-sweismasjien is dat ...
A koper gesweis kan word.
B baie dik metaal gesweis kan word.
C die aanvanklike opstelkoste baie laag is.
D geen vloeimiddel na sweising verwyder hoef te word nie.
1.1.4 Die punt van 'n MIG-sweispyp is bedek met 'n ... wat die elektrode
beskerm en die gasvloei rig.
A rubberomhulsel
B Vesconite-buis
C ghrieslaag
D brandervoering/branderskerm
1.1.5 'n Voorbeeld van 'n biobrandstofgewas wat as 'n alternatief vir
diesel gebruik kan word:
A Mielies
B Sonneblomsaad
C Suikerriet
D Houtagtige plantvesel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/November 2015
NSS
1.1.6 EEN van die volgende veroorsaak NIE dat 'n trekker na die kant
toe omslaan as gevolg van 'n verandering in die trekker se
swaartepunt NIE:
A Vul die trekker se agterste bande met water
B Dra 'n baal te hoog op die voorlaaigraaf
C Ry te vinnig om 'n draai
D Vervoer vragte wat die vragkapasiteit van die voertuig oorskry
1.1.7 ..., soos teistering, is 'n gesondheidsgevaar wat beroepsiektes kan
veroorsaak.
A Werkplekstres
B Biologiese gevare
C Fisiese agente
D Chemiese gevare
1.1.8 Die spoedverhouding van 'n ratsamestelling as die dryfrat 60 tande
en die aangedrewe rat 20 tande het:
A 1:3
B 3:1
C 1:1
D 1:2
1.1.9 Die voorgeskrewe mengverhouding op 'n houer Roundup-
onkruiddoder is 5 mℓ onkruiddoder gemeng met 1 ℓ water.
Bepaal hoeveel van die onkruiddoder by 20 ℓ water in 'n rugspuit
gevoeg moet word:
A 50 mℓ
B 100 mℓ
C 5ℓ
D 1ℓ
1.1.10 Die agtergrondkleur van veiligheidstekens op elektriese heinings
wat mense teen elektriese skok waarsku:
A Geel
B Swart
C Wit
D Rooi (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/November 2015
NSS
1.2 Verander die ONDERSTREEPTE woord(e) in elk van die volgende stellings
om die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Trekker.
1.2.1 'n Suiwer chroom-sweisstafie word gebruik om gebreekte of
gekraakte gietysteronderdele te sweis.
1.2.2 Huishoudelike rioolwater in 'n septiese tenk word deur sure
afgebreek.
1.2.3 Die boonste stang word gebruik om die kruishoek van 'n implement
in verhouding tot 'n trekker te verstel.
1.2.4 'n Veranderliketempo-tegnologiestelsel word gebruik om 'n
presiese ligging te bepaal deur verskillende satelliete te gebruik.
1.2.5 Die rotor van 'n windturbine word aan 'n hoofas verbind wat 'n
motor draai wat elektrisiteit opwek. (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Huisves die skutplate en slytplate van A rotor en hamers
'n hamermeul
B waaier
1.3.2 Vergemaklik die proses om grondstof
in 'n hamermeul in te voer C sikloon
1.3.3 Vergruis die voer tot 'n vasgestelde D raamwerk
grootte in 'n hamermeul
E sif
1.3.4 Bepaal die grootte van die finale
gemaalde materiaal wat deur 'n F glygeut
hamermeul geproduseer is
G kragaftakas
1.3.5 Skei die gemaalde materiaal en lug in
'n hamermeul
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die instrument hieronder toon dat koper in baie toepassings in en om die huis
gebruik word.
2.1.1 Skryf die materiaal neer wat by koper gevoeg word om die
volgende te vorm:
(a) Geelkoper
(b) Brons (2)
2.1.2 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om koperprodukte
permanent te las. (2)
2.1.3 Noem 'n middel wat tin kan oplos. (1)
2.2 Daar is 'n kraak in jou trekker se dieseltenk en jy benodig 'n kleefmiddel om
die kraak tydelik te herstel.
2.2.1 Noem die TWEE belangrikste aspekte wat in ag geneem moet
word wanneer 'n kleefmiddel gekies word om die dieseltenk te
herstel. (2)
2.2.2 Verduidelik die proses om die dieseltenk voor te berei voordat die
kleefmiddel aangewend word. (1)
2.3 Beskryf die volgende eienskappe van Vesconite:
2.3.1 Delamineringsvermoë (2)
2.3.2 Wrywingsvermoë (2)
2.3.3 Verweringsvermoë (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/November 2015
NSS
2.4 Elektriese heinings is 'n baie effektiewe manier om diere veilig te hou en kan
in verskeie tydelike en permanente toepassings gebruik word.
2.4.1 Stel TWEE metodes voor om weerligskade aan 'n elektriese
heining se energieopwekker te voorkom. (2)
2.4.2 Bespreek die prosedure wat gevolg moet word wanneer die
aardingstelsel van 'n elektriese heining getoets word. (4)
2.4.3 Beskryf kortliks die aardterugleidingstelsel van 'n elektriese heining
en noem TWEE moontlike oorsake van 'n spanningsval in die
elektriese heining se kring. (3)
2.5 Die draad van 'n elektriese heining moet baie sterk wees as gevolg van die
hoë spanning in die draad.
2.5.1 Dui die korrekte soort draad aan wat gebruik word om 'n elektriese
heining op te rig. (1)
2.5.2 Noem die voorgeskrewe minimum dikte van die draad wat vir 'n
elektriese heining gebruik word. (1)
2.5.3 Stel TWEE metodes voor wat gebruik kan word om die kaal drade
van 'n elektriese heining teen verwering te beskerm. (2)
2.6 Isoleermateriaal wat op die plafon van 'n plaasgebou gebruik word om die
gebou in die somer koel en in die winter warm te hou, moet aan sekere
veiligheidsvereistes voldoen.
Noem VIER van hierdie veiligheidsvereistes. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/November 2015
NSS
2.7 Die foto's hieronder toon vier komponente wat die energie verskaf wat vir die
energieopwekker van 'n elektriese heining benodig word.
Herrangskik die onderdele in 'n logiese gebruiksvolgorde.
Sonreëlaar GS/WS-omsetter
Sonpaneel Battery
(4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die windturbine hieronder word gebruik om elektrisiteit op te wek waar geen
elektrisiteit beskikbaar is nie of om die nasionale kragnetwerk aan te vul.
Beskryf kortliks elk van die volgende windturbine-onderdele:
3.1.1 Rotorlemme (1)
3.1.2 Hoofas (1)
3.1.3 Ratkas (1)
3.1.4 Generator/Opwekker (1)
3.2 Die son straal elke dag 'n groot hoeveelheid sonenergie na die aarde uit.
Nege-en-negentig persent van die son se energie gaan verlore as gevolg
van mense se beperkte vermoë om sonenergie na elektriese energie om
te skakel.
3.2.1 Noem die TWEE tipes energie waaruit sonstrale bestaan en noem
'n metode wat gebruik kan word om elkeen te benut. (4)
3.2.2 Noem TWEE faktore wat die doeltreffendheid van 'n
sonkragpaneel bepaal. (2)
3.2.3 Noem die apparaat wat gebruik word om die gelykstroom van 'n
sonpaneel in bruikbare wisselstroom te verander. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/November 2015
NSS
3.3 'n Geotermiese kragstasie gebruik die aarde se hitte-energie om elektrisiteit
op te wek.
Identifiseer TWEE probleme wat met geotermiese energie geassosieer
kan word. (2)
3.4 Plant- en diermateriaal, soos kanola, alge en diervet, kan verbrand word om
as biobrandstof gebruik te word.
(3)
Name DRIE nadele van biobrandstof.
3.5 Beskryf kortliks die begrippe etanol en metanol as alternatiewe brandstof in
die landboubedryf. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die foto hieronder toon 'n plaaswerker wat met 'n boogsweismasjien sweis.
Noem DRIE veiligheidsrisiko's wat jy in die foto kan identifiseer wat die werker
ignoreer en wat tot beserings kan lei.
(3)
4.2 'n Foto van 'n oksiasetileen-snyapparaat word hieronder getoon.
Oksiasetileen-snyspuitstuk
4.2.1 Noem die tipe metaal waaruit die snyspuitstuk vervaardig word. (1)
4.2.2 Gee VIER wenke om sweislasse van hoë gehalte te verseker
wanneer oksiasetileen-sweiswerk in die oorhoofse sweisposisie
gedoen word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/November 2015
NSS
4.3 'n Sweisoperateur kan sekere foute begaan wanneer daar met 'n
MIG-sweismasjien gesweis word.
Noem die sweisdefek wat tydens MIG-sweising deur die volgende veroorsaak
kan word. Skryf slegs die defek langs die vraagnommer (4.3.1–4.3.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
MOONTLIKE OORSAAK DEFEK
- Winderige toestande 4.3.1
- Geverfde, nat of olierige plaat
- Nat of geroeste vullerdraad
- Voorbereiding is te nou 4.3.2
- Wortelgaping is te klein
- Verslete kontakpunt wat onreëlmatige boog
veroorsaak
- Onvoldoende induktansie 4.3.3
- Spanning is te laag
- Geroeste plaat of plaat met grondlaag geverf
- Sweisspoed te vinnig 4.3.4
- Stroom te hoog
- Swak tegniek
(4)
4.4 Beskryf die MIG-sweisproses van die oomblik wat die boog geslaan word
totdat die sneller gelos word. (5)
4.5 Noem TWEE gasse wat in die MIG-sweisproses as 'n skermgas rondom die
sweislasarea gebruik kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/November 2015
NSS
4.6 SCENARIO
Jy is gevra om 'n veiligheidshek te maak vir die stoorkamer op die plaas
waar gevaarlike stowwe geberg word. Die buite-afmetings van die hek is
2 000 mm (hoogte) by 900 mm (breedte). Die buiteraamwerk van die hek
moet met 19 mm vierkantige pyp gemaak word. Die prys van die vierkantige
pyp is R25,00 per meter. Die binnekant van die hek moet met Ø 12 mm-
sagtestaalstawe gemaak word. Die spasies tussen aangrensende staalstawe
moet 100 mm wees. Die prys van die Ø 12 mm-staalstawe is R6,00 per
meter. Die prys van die slot is R80,00 en die twee skarniere is R10,00 elk.
4.6.1 Berei 'n materiaallys voor van al die materiaal wat benodig word
om die veiligheidshek te maak. (4)
4.6.2 Bereken die totale koste van die materiaal wat gebruik word om die
veiligheidshek te maak. Toon ALLE berekeninge. (5)
4.6.3 Teken 'n netjiese skets van die veiligheidshek met die dele wat in
die SCENARIO genoem word.
Punte sal vir die volgende toegeken word:
Skarniere (1)
Slot (1)
Afmetings (1)
Netheid (1) (4)
4.7 Die gasse in die lys hieronder word in plasmasnywerk gebruik vir die sny van
verskillende soorte metale.
Dui aan watter gas in elk van die volgende toepassings gebruik sal word.
Skryf slegs die gas langs die vraagnommer (4.7.1–4.7.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
lug/suurstof; waterstof; stikstof; argon
TOEPASSING GAS
Beste kwaliteit snit vir sagte aluminium, vlekvrye 4.7.1
staal of koolstaal
Word gebruik om dik staal en metaal te sny en 4.7.2
is die warmste gas beskikbaar
Sny teen 'n konstante spoed en verleng die 4.7.3
masjien se leeftyd
(3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Bestudeer die foto hieronder van 'n kragaftakas wat in die aandryfstelsel van
'n snymasjien gebruik word en beantwoord die vrae wat volg.
5.1.1 Noem die meganisme wat deur die pyl in die foto hierbo aangetoon
word. (1)
5.1.2 Gee TWEE redes vir die installering van die meganisme wat deur
die pyl aangedui word in die aandryfstelsel van die snymasjien. (2)
5.1.3 Beskryf TWEE prosedures wat gevolg moet word indien die
snymasjien vir 'n lang tydperk gestoor moet word. (2)
5.2 Die illustrasie hieronder toon twee tipes rondebalers.
A B
VERMEER WELGER
5.2.1 Verduidelik kortliks die baalvormingsmeganisme van elke baler. (2)
5.2.2 Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat 'n arbeider in
gedagte moet hou wanneer bale teen 'n helling of heuwel gebaal
moet word. (2)
5.3 Beskryf die rol van gevorderde tegnologiese toestelle, soos rekenaars en
satellietposisionering-stelsels, in moderne trekkers. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 15 DBE/November 2015
NSS
5.4 Die hidrouliese olie in die transmissiestelsel van 'n trekker moet tydens 'n
diens vervang word.
5.4.1 Waar kan jy betroubare inligting kry om die korrekte graad olie vir
die trekker te kies? (1)
5.4.2 Noem DRIE voordele van die gebruik van outomatiese transmissie-
olie in die hidrouliese stelsels van trekkers. (3)
5.5 Bestudeer die illustrasie van die driepunt hidrouliese stelsel van 'n trekker
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
.
5.5.1 Benoem onderdeel A en B soos in die illustrasie hierbo getoon. (2)
5.5.2 Beskryf die werking van onderdeel C soos in die illustrasie hierbo
getoon. (2)
5.6 Die illustrasie hieronder toon 'n trekker wat probeer om 'n boomstomp uit die
grond te trek.
5.6.1 Noem TWEE maniere waarop 'n trekker se massaverplasing
positief teengewerk kan word om sodoende te voorkom dat die
trekker agteroorslaan. (2)
5.6.2 Noem die DRIE faktore wat 'n invloed op die dieptebeheerstelsel
van 'n trekker het wanneer ploegwerk gedoen word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 16 DBE/November 2015
NSS
5.7 Noem DRIE vereistes van die skerms wat gebruik word om alle bewegende
dele van implemente te beveilig. (3)
5.8 Die agterste as van 'n trekker bestaan uit twee hoofdele, naamlik die ewenaar
en die finale aandrywing, soos hieronder getoon.
5.8.1 Noem die TWEE hooffunksies van 'n trekker se agterste ewenaar. (2)
5.8.2 Verduidelik die volgende stelling:
'n Geslote ewenaar het 'n beduidende traksie-/trekkragvoordeel bo
'n oop ewenaar. (2)
5.9 Stel 'n werkbare oplossing voor om rukkerige rotasie te voorkom wanneer die
soort kruiskoppeling in die foto hieronder gebruik word.
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 17 DBE/November 2015
NSS
5.10 Skryf die naam van die plaaswerkswinkeltoestelle, A, B en C, hieronder neer.
A B C (3)
5.11 Alle plaasimplemente en trekkeronderdele moet aan sekere vereistes
voldoen.
Noem DRIE voordele van die standaardisering van plaasimplemente en
trekkeronderdele. (3)
5.12 Wat is fout met 'n dieseltrekker wanneer swart rook by die uitlaatstelsel
opgemerk word? (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 18 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Die foto's hieronder toon verskillende besproeiingsmetodes. Skryf die naam
van elke besproeiingsmetode neer en noem EEN voordeel van die soort
besproeiingstelsel.
A B
C (6)
6.2 Beskryf die stappe wat jy moet volg wanneer 'n geskikte pomp vir 'n nuwe
besproeiingstelsel gekies word. (6)
6.3 Gee TWEE redes waarom 'n boer die watervloeitempo in 'n
pypbesproeiingstelsel moet bepaal. (2)
6.4 Beveel TWEE voorsorgmaatreëls aan wat 'n boer in gedagte moet hou om
diefstal te voorkom wanneer elektriese besproeiingskabels aangelê word. (2)
6.5 Dui aan hoe rekenaarsagteware kan help om 'n besproeiingstelsel effektief te
reguleer om 'n beter oes te verseker. (2)
6.6 Noem TWEE toestelle wat gebruik word om verdamping in 'n mielieland
te bepaal. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 19 DBE/November 2015
NSS
6.7 'n Bespoeiingsproeier word hieronder getoon.
6.7.1 Onsuiwerhede soos roes en kalkaanpaksels in besproeiingspype
kan sproeiers verstop. Hoe kan hierdie onsuiwerhede doeltreffend
verwyder word sonder om die hele stelsel uitmekaar te haal? (1)
6.7.2 Beskryf die interne konstruksie van die sproeierkop van 'n
besproeiingsproeier en verduidelik die rede vir die ontwerp. (3)
6.8 Noem die dreineringsmetode wat in elk van die volgende gevalle gebruik kan
word:
6.8.1 Rioolwater van 'n toilet (1)
6.8.2 Water van 'n kombuisopwasbak (1)
6.8.3 Oortollige tuinwater (1)
6.9 Beskryf kortliks hoe 'n septiese tenk funksioneer. (3)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2015 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2015 Memo

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Agricultural Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Tech ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo

Memorandum