Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUTEGNOLOGIE
NOVEMBER 2023
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Toon ALLE berekeninge.
1.7 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die ... van die hamermeul fasiliteer die voerproses van die hooi na
die masjien.
A sikloon
B glygeut ('hopper')
C waaier
D hamer
1.1.2 Die toestel wat die kragaftak-as ('PTO shaft') fasiliteer om teen 'n
hoek te werk:
A Kruiskoppeling
B Ewenaar
C Stabiliseerketting
D Boonste koppeling
1.1.3 'n Metode wat gebruik word om 'n trekker se massaverplasing
positief te verander:
A Verhoog die spoed van die trekker
B Verkort die as-afstand van die trekker
C Vermeerder die sleepvrag
D Verlaag die trekstang
1.1.4 Waar kan die trekker se sensitiwiteitselement geïnstalleer word?
A Voor die kragaftak-as ('PTO shaft')
B By die basis waar die opligarms aan die trekker gekonnekteer
word
C In die koppelaaromhulsel
D By die punt van die stuurmeganisme
1.1.5 Die materiaal wat gebruik word om die hoofstruktuur van 'n spilpunt-
besproeiingstelsel te vervaardig:
A Vesconite
B Koper
C PVC
D Gegalvaniseerde staal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/November 2023
NSS
1.1.6 'n Toestel wat gebruik word om die voginhoud van die grond te
meet:
A Verdampingspan
B Besproeiingsreguleerder
C Neutronvogstaaf ('probe')
D Termometer
1.1.7 Reguleer die eenrigtingvloei van water in 'n besproeiingstelsel:
A Eenrigtingklep
B Besproeiingstydreëlaar
C Waterfiltreerder
D Sproeier
1.1.8 'n ... is nie 'n onderdeel van die oksiasetileen-snyspuitstuk nie.
A Snyhefboom
B Blaaspyp
C Naaldklep
D Wateropvanger
1.1.9 'n Toestel wat voorkom dat 'n vlam terug in die gasbottel inskiet
wanneer daar met die oksiasetileen-snyapparaat gewerk word:
A Terugflitsweerder
B Blaaspyp
C Naaldklep
D Vonk-voorkomer
1.1.10 Persoonlike beveiligingstoerusting beskerm die sweisoperateur
teen ... tydens sweiswerk.
A X-strale
B ultraviolet strale
C gammastrale
D neonstrale (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/November 2023
NSS
1.2 Verander die onderstreepte woord(e) in die volgende om die stellings WAAR
te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.
1.2.1 Die finale aandrywing word in die agter-as van 'n trekker ingebou om
die rotasie tussen die agterwiele gelyk te stel.
1.2.2 Die reguittand-rat draai teen 'n hoek oor die buitenste omtrek van die
rat.
1.2.3 Bakterieë, muf, stof en virusse is voorbeelde van chemiese gevare.
1.2.4 Die uitvloeisel vanuit die septiese tenk word deur gedraaide pype in
'n verspreidingsveld versprei.
1.2.5 Die gasvlam smelt metaal wanneer die plasmasnyer gebruik word.
(5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Die meganisme in die trekker se A wisselstroom
aandrywingstelsel wat die enjin in
staat stel om aandryfkrag te B ghries
ontkoppel wanneer ratte
verwissel word C water/vog
1.3.2 Die toestel wat 'n afname in D koppelaar
spoed en 'n toename in wringkrag
in 'n trekker veroorsaak E gelykstroom
1.3.3 'n Passtuk wat op 'n F finale aandrywing
aandryfstelsel gebruik word om
smeermiddels aan te wend G ghriesnippel
1.3.4 'n Tipe stroom wat deur 'n H vliegwiel
fotovoltaïese sonpaneel opgewek
word
1.3.5 Kan interne boogvorming
veroorsaak wat skade aan die
brander van 'n plasmasnymasjien
veroorsaak
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die prente hieronder toon TWEE tipes waterkrippe. Waterkrip A is van
veselglas gemaak en B van beton.
A B
2.1.1 Noem 'n sintetiese materiaal, buiten veselglas, wat gebruik kan word
om 'n waterkrip te vervaardig. (1)
2.1.2 Gee TWEE redes waarom waterkrip A bo waterkrip B verkies sal
word. (2)
2.1.3 Noem die toestel wat in die krip geïnstalleer sal word om watervloei
na die krip deur te laat wanneer die watervlak daal. (1)
2.2 Die prent hieronder toon 'n voorbeeld van 'n tipiese kleefmiddel.
2.2.1 Wat word met die dravermoë van 'n kleefmiddel bedoel? (2)
2.2.2 Verduidelik hoe die adhesie-eienskappe van 'n kleefmiddel verbeter
kan word om die binding tussen twee materiale te verhoog. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/November 2023
NSS
2.3 Die tabel hieronder toon verskillende sintetiese materiale. Voltooi die tabel
deur slegs die antwoord langs die vraagnommers (2.3.1 tot 2.3.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer te skryf.
PVC TEFLON
Verwringingstemperatuur 220 °C 2.3.1
Effek van hitte 2.3.2 Geen effek nie
Toepassings Waterpype 2.3.3 (3)
2.4 Noem TWEE invloede wat nikkel op vlekvrye staal het. (2)
2.5 Die prent hieronder toon 'n geelkoperbus.
2.5.1 Noem TWEE metale wat gebruik word om geelkoper te vervaardig. (2)
2.5.2 Noem TWEE permanente hegtingsmetodes wat hitte gebruik om
geelkoper te heg. (2)
2.5.3 Noem TWEE eienskappe van 'n geelkoper-allooi-bus wat dit meer
geskik vir gebruik in 'n spesifieke toepassing maak as 'n suiwer
koperbus. (2)
2.6 Gee DRIE redes waarom 'n Vesconite-bus bo 'n laer verkies word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/November 2023
NSS
2.7 Die prent hieronder toon 'n elektriese heining.
2.7.1 Noem die diepte waarop die aardelektrode die grond moet penetreer
wanneer 'n hoë-lewering-energiewekker gebruik word. (1)
2.7.2 Noem 'n kostedoeltreffende metode wat gebruik kan word om
staalpale teen roes te beskerm. (1)
2.7.3 Noem DRIE oorsake van kortsluitings op 'n elektriese heining. (3)
2.7.4 Verduidelik waarom koper die voorkeurmateriaal is om die
aardpenne wat in 'n elektriese heining gebruik word, mee te
vervaardig. (3)
2.8 'n Boer moet 'n elektriese heining installeer met ses draadlyne met 'n omtrek
van 300 meter en met een hek.
Gebruik die volgende inligting en bereken die totale koste van die heining:
Vier hoekpale en twee hekpale R180,00 per paal
Eenhonderd sparre R13,00 per spar
Draadlyn R1,50 per meter
Isolators R5,00 per isolator (5)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Voltooi die tabel hieronder. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
TIPE ALTERNATIEWE BRON VAN BRANDSTOF
BRANDSTOF
Etanol 3.1.1
3.1.2 Houtagtige plantvesel, steenkool of
natuurlike gas
Metaangas 3.1.3 (3)
3.2 Die illustrasie hieronder toon die interne dele van 'n windturbine.
B A
3.2.1 Benoem deel A. (1)
3.2.2 Beskryf die funksie van die ratkas wat as deel B gemerk is. (2)
3.2.3 Noem die deel wat op 'n windturbine geïnstalleer word om
windspoed te meet. (1)
3.2.4 Verduidelik die effek wat 'n verandering in die hoek van die
rotorlemme op die windturbine het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/November 2023
NSS
3.3 Bestudeer die prent van 'n sonkragstelsel hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
3.3.1 Identifiseer VIER aspekte wat 'n negatiewe invloed op die
opwekkingsdoeltreffendheid van die sonpaneelstelsel het. (4)
3.3.2 Verduidelik aan 'n boer waarom 'n sonkrag- elektriese stelsel verkies
word bo elektrisiteit wat deur die nasionale elektrisiteitsnetwerk
voorsien word. (3)
3.3.3 Noem DRIE beskermingsmaatreëls wat geïnstalleer kan word om
die sonkragstelsel teen diefstal en vandalisme te beskerm. (3)
3.4 Noem EEN voorsorgmaatreël wat geïmplementeer moet word om
oorverkoeling van die hittebron by 'n geotermiese energieaanleg te voorkom. (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Veiligheidsmaatreëls is van die belangrikste aspekte wanneer take in die
werkswinkel, soos hieronder getoon, uitgevoer word.
4.1.1 Maak 'n lys van VIER veiligheidstoerustingitems wat teenwoordig
moet wees voordat enige taak in die werkswinkel uitgevoer word. (4)
4.1.2 Bespreek VYF maniere waarop 'n boer risiko's kan verlaag en die
veiligheid van werkers kan verbeter wanneer daar met gastoerusting
in 'n werkswinkel gewerk word. (5)
4.1.3 Verduidelik waarom dit nie aanbeveel word dat take uitgevoer word
wanneer 'n persoon alleen in 'n werkswinkel is nie. (2)
4.2 Prente A en B hieronder toon twee verskillende tipes sweismasjiene.
A B
4.2.1 Identifiseer die tipe sweismasjien by A en B. (2)
4.2.2 Dui aan watter EEN van die sweismasjiene hierbo meer tegniese
vaardighede sal vereis om mee te werk. Motiveer jou antwoord. (2)
4.2.3 Verduidelik waarom dit nie aanbeveel word om met sweismasjien A
in 'n oop area te werk nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/November 2023
NSS
4.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
C
4.3.1 Die gasdrukreguleerder wat hierbo getoon word, moet met 'n
skroefdraadkoppelstuk (C) aan die CO2-silinder gekoppel word.
Dui aan of die skroefdraadkoppelstuk kloksgewys of antikloksgewys
moet wees. (1)
4.3.2 Identifiseer die komponent (A of B) wat die spoed aandui waarteen
die gas vloei. (1)
4.3.3 Noem 'n defek wat sal voorkom wanneer die werkende druk van die
gas te laag is. (1)
4.4 Die tabel hieronder toon algemene MIG-sweisdefekte. Voltooi die tabel deur
slegs die antwoord langs die vraagnommers (4.4.1 tot 4.4.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer te skryf.
MOONTLIKE
DEFEK OPLOSSING
OORSAAK
4.4.1 Stroom te laag 4.4.2
Wortelgaping te klein
Spatsels Onvoldoende induktansie 4.4.3
Geroeste of geverfde plaat
Te veel metaal in 4.4.4 Verlaag draadspoed
die sweispoel
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/November 2023
NSS
4.5 Voorsien byskrifte vir onderdele A, B, C, D en E in die MIG-sweisdiagram
hieronder.
(5)
4.6 Die prent hieronder toon 'n boogsweis-T-las.
4.6.1 Noem die korrekte hoek van die sweiselektrode in verhouding met
die werkstuk wanneer 'n T-las gesweis word. Gee 'n rede vir jou
antwoord. (2)
4.6.2 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om krimping en
verwringing te voorkom wanneer twee stukke metaal gesweis word. (2)
4.7 Verduidelik ELK van die volgende tipes metaalverswakking:
4.7.1 Wrywing (1)
4.7.2 Metaalvermoeidheid (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Die prent hieronder toon 'n randsnyer.
5.1.1 Noem DRIE items van persoonlike beveiligingstoerusting wat gedra
moet word wanneer met 'n randsnyer gewerk word. (3)
5.1.2 Maak 'n lys van VIER veiligheidswenke wanneer daar met 'n
randsnyer gewerk word. (4)
5.2 Die prent hieronder toon 'n hidrouliese silinder wat op 'n plaasimplement
gemonteer is.
5.2.1 Identifiseer die tipe hidrouliese silinder wat in die prent hierbo
getoon word. (1)
5.2.2 Noem VIER voordele van die transmissie-olie wat in die hidrouliese
silinder gebruik word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 15 DBE/November 2023
NSS
5.3 Die illustrasie hieronder toon 'n band-en-katrolstelsel wat op 'n stroper gevind
word.
5.3.1 Verduidelik, deur na die illustrasie hierbo te verwys, waarom 'n
V-band bo 'n platband verkies sal word. (3)
5.3.2 Bereken die spoed van katrol B indien die spoed van katrol A
100 r/min is. Die diameter van katrol A is 300 mm en die diameter
van katrol B is 120 mm.
Gebruik die volgende formule:
Na x Da = Ng x Dg
Na = spoed van dryfkatrol
Da = diameter van dryfkatrol
Ng = spoed van gedrewe katrol
Dg = diameter van gedrewe katrol (4)
5.3.3 Benoem katrol C en verduidelik die funksie daarvan soos dit in
hierdie stelsel toegepas word. (3)
5.4 Die prente hieronder toon verskillende probleme wat met die aanhaak van 'n
implement geassosieer kan word.
Voltooi die tabel deur die antwoorde langs die vraagnommers (5.4.1 tot 5.4.3)
in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf.
PROBLEEM OPLOSSING
Die agterkant van 5.4.1
die implement
penetreer nie die
grond nie.
Die implement werk 5.4.2
teen 'n verkeerde
kruishoek ten
opsigte van die
trekker.
Die voorkant van 5.4.3
die trekker lig op.
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 16 DBE/November 2023
NSS
5.5 Die illustrasie hieronder toon 'n rondebaler wat gebruik kan word om ronde
bale vir dierevoer te baal. Bestudeer die illustrasie en beantwoord die vrae
wat volg.
5.5.1 Identifiseer die tipe rondebaler in die illustrasie hierbo en gee 'n
rede vir jou antwoord. (2)
5.5.2 Gee TWEE redes vir die installering van 'n glykoppelaar op die
kragaftakas ('PTO shaft') van die rondebaler. (2)
5.5.3 Verduidelik VIER take wat voltooi moet word wanneer 'n baler vir
die baalseisoen voorberei word. (4)
5.5.4 Stel voor wat gedoen moet word om te voorkom dat bale wegrol
wanneer daar teen 'n helling gebaal word. (2)
5.6 Die prent hieronder toon 'n stroper wat gebruik word om koring te oes.
5.6.1 Beskryf die werking van die stroper vanaf die oomblik wat die koring
gesny en in die stroper ingevoer word totdat die geoeste koring in
die trok val. (3)
5.6.2 Verduidelik die nadele daarvan as 'n stroper NIE korrek ingestel is
voordat die koring gestroop word NIE. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 17 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Die foto hieronder toon 'n besproeiing-sproeier wat aan 'n veranderliketempo-
toepassing gekonnekteer is.
6.1.1 Noem die voordele van hierdie tipe besproeiing-sproeier. (3)
6.1.2 Noem TWEE tipes materiaal wat hierdie tipe besproeiing-sproeier
kan blokkeer of versper. (2)
6.1.3 Noem 'n toestel wat in die besproeiingstelsel geïnstalleer kan word
om blokkasies te voorkom. (1)
6.1.4 Noem 'n spesifieke toestel wat in 'n land geplaas word om te bepaal
wanneer die spilpuntbesproeiingstelsel moet aanskakel om 'n
sekere hoeveelheid water volgens die behoeftes aan die gewasse
toe te dien. (1)
6.2 Die spilpuntbesproeiingstelsel hieronder neig om in baie nat kleigrond vas
te sit. Stel TWEE maniere voor waarop dit voorkom kan word.
(2)
6.3 Gee die term wat gebruik word om die korrekte frekwensie en duur van
besproeiing in 'n land te beskryf. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 18 DBE/November 2023
NSS
6.4 Verduidelik wat verdamp-transpirasie is en noem 'n toestel wat gebruik word
om dit te meet. (2)
6.5 Die prent hieronder toon 'n septiese tenk wat gebruik word om afvalwater
vanaf die plaashuis te behandel.
6.5.1 Wat is die doel van die twee ronde strukture bo-op die septiese
tenk? (1)
6.5.2 Noem DRIE tipes stof wat in die eerste kompartement van 'n
septiesetenkstelsel gevind kan word. (3)
6.5.3 Gee TWEE bruikbare wenke wat in ag geneem moet word wanneer
instandhouding op 'n septiese tenk gedoen word. (2)
6.5.4 Verduidelik die funksies van bruikbare bakterieë wat in 'n septiese
tenk gevind word. (3)
6.6 Bespreek die funksie van die GPS-toestel wat op 'n trekker geïnstalleer word. (2)
6.7 Verduidelik die rol van besproeiingsagteware in gewasproduksie. (5)
6.8 Gee die naam van ELK van die volgende watersuiweringstelsels:
6.8.1 Verwyder onsuiwerhede uit water deur 'n proses van kook en
kondensering (1)
6.8.2 Water word deur twee verskillende vloeistowwe gestuur, deur 'n
deurlatende lagie geskei, wat slegs water op molekulêre vlak
deurlaat (1)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Agricultural Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Tech ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo

Memorandum