Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUTEGNOLOGIE
NOVEMBER 2022
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo
Grade 12 Agricultural Technology memorandum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 650.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C
1.1.2 A
1.1.3 A
1.1.4 D
1.1.5 C
1.1.6 D
1.1.7 B
1.1.8 D
1.1.9 C
1.1.10 A/D (20)
1.2 1.2.1 Hitte/warmte/magma/stoom
1.2.2 lopende kapitaal
1.2.3 standaardisering
1.2.4 meer
1.2.5 battery/ akkumulator (10)
1.3 1.3.1 G
1.3.2 D
1.3.3 F
1.3.4 B/ H
1.3.5 A
(10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE
2.1 Die allooi metaal wat spesifiek gebruik word vir die vervaardiging van die
volgende produkte en 'n rede hoekom die produk gebruik word.
2.1.1 Wyntenke
Vlekvrye staal
Weerstand teen lug, water en baie chemiese sure en alkalië
Weerstand teen korrosie
Kan goed gesweis word (Enige 1) (2)
2.1.1 Koppelstukke vir warmwaterkoperpype.
Geelkoper
Sterkte
Masjineerbaarheid
Slytasiebestand
Hardheid
Korrosiebestand (Enige 1) (2)
2.1.3 Hamers wat gebruik kan word in plofbare omgewing.
Brons
Veroorsaak geen vonke nie
Lae wrywing (Enige 1) (2)
2.2 EEN voorbeeld waar die volgende materiale op die plaas gebruik sal word.
2.2.1 Trekvaste staal.
Trekstang
Aste
Ratte
Koevoet (Enige 1) (1)
2.2.2 Gietyster
Enjinblok
Ewenaar van trekker
Remdrom
Hulse vir plaasimplemente
Potte
Trekker gewigte (Enige 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
2.3 Beskrywing van die uitgloeiingsproses van koper.
Verhit die metaal tot 500-550o C. Koel dan af in lug of sand. (2)
2.4 2.4.1 Die TWEE belangrikste aspekte wat in berekening gebring moet
word wanneer 'n hegmiddel gekies word om die waterkrip te
herstel.
Die tipe materiaal wat geheg moet word.
Die toestand waaronder die las gebruik word. (2)
2.4.2 Voorbereidingsproses van die waterkrip voordat die hegmiddel
aangewend word.
Maak die oppervlakte rondom die kraak droog, skoon en skuur dit
liggies totdat daar geen tekens van vullis is, voordat die hegmiddel
aangewend word. (2)
2.4.3 TWEE metodes wat gebruik word om glasveselonderdele te heg.
Plofnael. ('Pop rivet')
Skroewe
Boute en moere (Enige 2) (2)
2.4.4 TWEE metodes hoe om die glasveselwaterkrip te kleur.
Verf.
Kleursel gemeng met hars
(2)
2.5 Die effek wat uiterste hitte op die volgende materiale het.
2.5.1 Bakeliet
Geen veranderinge sal plaasvind want Bakeliet is teen uiterste
temperature bestand. Sal baie warm raak
en of van kleur verander. (Enige 1) (1)
2.5.2 Perspex
Dit verander vinnig van vorm as dit verhit word. Rede: Perspex is nie
hitte bestand nie./Smelt/ brand (1)
2.5.3 Silikoon
Silikoon sal smelt./ Verander van vorm (1)
2.6 Beskryf die wrywingsvermoë van Vesconite.
Vesconite het 'n lae statiese en dinamiese wrywingsvermoë, dit behou sy
werking in moeilike omstandighede ongeag of dit droog of nat is, of ligte en
swaer belaste omstandighede./ Geen wrywing, is self smeerend (Enige 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
2.7 2.7.1 DRIE ontwerpvereistes wat voorgeskryf word vir waarskuwings-
tekens op elektriese heinings.
Die tekens moet ten minste 100 mm x 200 mm wees.
Die agtergrond kleur op beide kante moet geel wees.
Die inskripsie moet swart wees en moet lees. "WAARSKUWING –
ELEKTRIESE HEINING"
Die inskripsie moet onuitwisbaar wees, geskryf aan beide kante en
met syfergrootte van ten minste 25 mm.
Ten minste twee tale moet sigbaar op die teken wees. (Enige 3) (3)
2.7.2 TWEE situasies waar 'n elektriese heining op 'n plaas aangewend
kan word.
Beskerming
Tydelike heining
Gevaarlike diere. bv. leeus
Om jou plaas (Enige 2) (2)
2.7.3 TWEE alternatiewe energiebronne wat gebruik kan word om
energie vir 'n elektriese heining te verskaf.
Wind
Battery/ Kragopwekker
Solar/sonkrag (Enige 2) (2)
2.8 DRIE komponente wat nodig is om 'n vuur te laat ontstaan.
Brandbare materiaal
Suurstof
Hitte/ wrywing/ vuurhoutjies/Weerlig (3)
2.9 TWEE redes hoekom harsgietwerk as 'n isolasiemateriaal gebruik word
wanneer DRIE-fase elektriese kabels gelas word.
Waterdig
Nie-geleier van elektriese tyd
Taaiheid/ Sterker
Voorkom roes en korrosie (Enige 2) (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: ENERGIE
3.1 3.1.1 Die energiebron wat van 'n generator gebruik maak.
Bron B/ C. (Enige 1) (1)
3.1.2 Beskrywing van die werking van energiebron B.
Koue water beweeg deur glasbuise waar dit verhit word deur
sonenergie.
Die verhitte water gaan in die geiser in deur 'n geslote koperpyp
netwerk en hardloop deur die geiser.
Die warmwater in die koperpype verhit die koue water in die
Geyser.
Die koue water vloei afwaarts in die solarbuise waar dit weer verhit
word. (Enige 3)
Alternatiewe geisersisteem.
Die son verhit die vloeistof in die glasbuise.
Dit verhit die element in die geiser.
Die koperelement verhit die water. (3)
3.1.3 Die toestel wat aan bron A gekoppel moet word om die stroom vanaf
gelykstroom na wisselstroom te verander.
Omsetter/Inverter (1)
3.1.4 Identifiseer energiebron C.
Gekonsentreerde solar/ Son toring/ Son Stelsel (Enige 1) (1)
3.2 TWEE nadele van windturbinelemme wat te vinnig draai.
Die lemme kan beskadig word.
Die rotor ondergaan te veel spanning.
Die struktuur kan inmekaar tuimel.
Geraasbesoedeling.
Voëls deur lemme getref. (Enige 2) (2)
3.3 DRIE geotermiese uitdagings wat kan voorkom tydens die navorsing vir 'n
geotermiese kragstasie.
Is die rots sag genoeg om deur te boor?
Is daar genoeg ondergrondse hitte?
Sal die hittebron lank genoeg hou?
Is die omgewing geskik vir 'n kragstasie?
Vulkaniese aktiwiteite.
Toeganklikheid.
Moeilik om op te spoor. (Enige 3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
3.4 3.4.1 'n Alternatiewe wedrenbrandstof wat saam met petrol gebruik kan
word.
Metanol (1)
3.4.2 DRIE materiale waarmee die alternatiewe brandstof (Metanol)
vervaardig kan word.
Houtagtige plantmateriaal
Metaangas in stortingsterreine
Steenkool
Natuurlike gas
Fermentering van afval =produkte soos riool en mis (Enige 3) (3)
3.5 3.5.1 DRIE nadele wat geassosieer word met 'n hidroëlektriese kragstasie.
Beperkte beskikbare bronne
Hoë aanvangskoste
Koolstofvrylating
Vloedmoontlikhede
Ontvanklikheid vir aardbewings/skuddings
Benadeel marine-lewe.
Hoë koste .......................................(Enige 3) (3)
3.5.2 TWEE redes hoekom hidroëlektriese kragstasies in Suid-Afrika
beperk is.
Waterskaarste
Onvoldoende watervloei
Nie-standhoudende riviere
Onreelmatige gradiënt (Enige 2) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE
4.1 4.1.1 Onderdele A en B.
A – Aardklamp./ Klamp
B – Sweisspuitstuk/ Sweisgeweer (2)
4.1.2 Die apparaat wat gekoppel kan word om aluminium te sweis.
Stoot Trek Sweisspuitstuk (1)
4.1.3 TWEE gasse wat tydens MIG-sweising gebruik kan word.
Argon
Helium
Mengsel van Co2 en Argon (Enige 2) (2)
4.1.4 DRIE verskillende metale wat suksesvol met die MIG-
sweismasjien gesweis kan word.
Vlekvrye staal
Aluminium
Sagtestaal
Gietyster (Enige 1) (3)
4.2 4.2.1 Die materiaal wat gebruik word vir onderdeel A.
Tungsten
Koper met Hafnium
Zirkonium (Enige 1) (1)
4.2.2 Beskrywing van die plasmasnyproses.
Die proses gebruik 'n Tungsten-elektrodeen hoë druk plasma (dit is
saamgeperste lug) om 'n elektriese stroom te genereer en tussen 'n
koperspuitstuk en werkstuk te dra.
Die elektriese boog veroorsaak die sny, maar die saamgeperste lug
help om die sny skoon te hou deur die gesmelte metaal weg te blaas.
(Enige 3) (3)
4.3 TWEE soorte metaal wat gesny kan word met oksiasetileen.
Sagtestaal
Gietyster
Vlekvrye staal
Enige tipe ysterhoudende metaal (Enige 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
4.4 Beskrywing van die doodmaakproses van die oksiasetileenvlam en die
luglaat van die sisteem.
Draai die asetileenklep op die branderhandstuk toe. Dit sal die vlam
doodmaak.
Draai nou die suurstofklep op die handstuk toe.
Draai die twee silinderkleppe kloksgewys toe op die gasbottels.
Draai nou die twee kleppe op die handvatsel oop om die gas uit te laat.
Draai nou die suurstof en asetileen reguleerder stelknoppe antikloksgewys
tot hulle los is.
Maak al twee kleppe op die handvatsel toe.
Plaas die handstuk, brander, silinders en pype op hul stoorplek.
(Enige 5) (5)
4.5 4.5.1 Beskrywing van die vertikale op boogsweisproses.
'n Spesiale elektrode word vir vertikale op boogsweising gebruik.
Die gesmelte metaal stol vinniger.
Die Ampère word verlaag in vergelyking met normale bohandse
verstelling.
Die punt van die elektrode moet opwaarts wys, sodat die elektrode
'n 30° hoek vorm met die horisontale as.
Die boog moet kort gehou word en die spoed moet net voldoende
wees om te keer dat die gesmelte metaal nie afloop nie.
Tydens vertikale sweising moet baie min sywaartse beweging uit
gevoer word. (5)
4.5.2 Teken DRIE verskillende soorte sweislopies wat gebruik word vir
vertikale sweising.
(Enige 3 tekeninge) (3)
4.6 4.6.1 Bereken die volume beton wat benodig word.
Formule: Volume = Lengte x breedte x hoogte
2 500 mm x 1 200 mm x 250 mm = 750 000 000mm³
OF
2,5 m x 1,2 m x 0,25 m = 0,750m³ (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
4.6.2 Ontwerp en skets 'n afdak om die kragopwekker te beskerm teen
die weerstoestande. Dui ten minste TWEE afmetings aan.
Dak en konstruksie (2)
Hoekpale (1)
Mates (1)
Netheid (1)
(5)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
5.1 5.1.1 TWEE maatreëls wat die boer kan tref om te verseker dat die
mielies betyds geoes word.
Maak gebruik van kontrakteurs.
Werk langer ure.
Oes totdat reën begin.
Maak gebruik van groter stropers. (Enige 2) (2)
5.1.2 'n Alternatiewe metode wat gebruik kan word, behalwe die stroper.
Regverdig jou antwoord.
Handplukmetode/ Sleepstroper
Regverdiging:
Jy kan bly oes as dit reën.
Die stroper sal vassit in die modder. (Enige 1) (2)
5.2 5.2.1 DRIE faktore wat in gedagte gehou moet word met die aankoop van
'n nuwe baler.
Prys
Plaaslike beskikbaarheid van onderhoud
Parte plaaslik beskikbaar
Dryfkrag nodig vir gebruik
Soort baler
Eenvoud van werking (Enige 3) (3)
5.2.2 DRIE punte om in gedagte te hou voordat jy 'n tweedehandse baler
aankoop.
Betroubaarheid van die verkoper
Prys
Trekkrag van trekker
Bindingstipe
Beskikbaarheid van onderdele
Is dit 'n model wat homself al bewys het
Waarborg van die handelaar of verkoper
Algemene slytasie
Toets voor gebruik (Enige 3) (3)
5.3 5.3.1 Die baal wat die minste spasie benodig.
A (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
5.3.2 Regverdiging van antwoord verskaf in VRAAG 5.3.1.
Meer bale sal op die vragmotor pas.
Bale is kompak
Geen spasies tussen die bale.
Bale is reghoekig. (Enige 1) (1)
5.3.3 Die een wat toegedraai kan word.
A of B (1)
5.3.4 'n Rede hoekom baalproses B kan voortgaan totdat dit begin reën.
Water loop vanaf die ronde baal. Hy kan buite gestoor word. (1)
5.3.5 VYF rondebaler veiligheidswenke aan jong opkomende boere.
Bestudeer die operateur se handleiding.
Voldoende opleiding moet geskied.
Maak seker alle veiligheidskerms is in posisie.
Wees versigtig met terugstoot. Baler is groot en belemmer uitsig.
Vermy skerp draaie.
Maak seker niemand is naby die agterste hek wanneer dit opgelig of
laat sak word nie.
Hou almal weg van die agterkant van die baler as aflaai.
Ronde bale kan rol na aflaai indien teen ʼn helling.
Voordat enige diens, skoonmaak of verstellings diskonnekteer
die PTO.
Sluit die hek voordat onder dit gewerk word. Gebruik
veiligheidsmeganisme van die baler.
Hou die PTO behoorlik afgeskerm.
Moet nooit passasiers op die baler tydens werk of vervoer toelaat
nie.
Wees ekstra versigtig as op ongelyke en skuins terrein gewerk
word.
Verhoog die opraper as oor walle en obstruksies beweeg.
(Enige 5) (5)
5.4 5.4.1 Die soort band wat die beste op die katrol sal pas en EEN rede vir
jou keuse.
V- band
EN
Sal nie maklik afgly nie.
Trek stywer om die katrol.
Geen smeermiddel nodig nie.
Hou langer. (Enige 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
5.4.2 Verandering van die rigting waarin katrol A roteer.
Deur die bande te kruis.
Swaai die motor om.
Indien ‘n 3-fase motor, ruil die bedrading. (Enige 1) (1)
5.5 5.5.1 Die verskillende soorte ratte, A en B.
A – Reguit tandrat.
B – Heliese tandrat. (2)
5.5.2 Berekening van die ratverhouding van ratstelsel.
Dryfrat ÷ Gedrewe rat
= 128 ÷ 16
= 8 : 1 (3)
5.5.3 EEN voordeel en EEN nadeel van elk van die ratstelsels.
RAT VOORDEEL NADEEL
Reguit Maklik om te Raserig.
tandrat vervaardig. Kan nie in gesinkroniseerde
Goedkoper om te ratkas gebruik.
vervaardig. (Enige 1) Koppe moeilik.
Onderhewig aan slytasie.
(Enige 1)
Heliese Hou langer. Onderhewig aan sywaartse
tandrat Skakel maklik in drukking.
mekaar. Duurder om te vervaardig.
Minder slytasie. (Enige 1)
Meer
kontakpunte.(Enige 1) (4)
5.5.4 Die ratkombinasies wat spoed vermeerder.
A (2)
5.6 5.6.1 Soorte silinders.
A – Dubbelwerkende silinder.
B – Enkelwerkende silinder. (2)
5.6.2 Die beste gemonteerde silinder op 'n voorlaaigraaf.
A – Dubbelwerkende silinder. (1)
5.6.3 Verduideliking ter ondersteuning van antwoord in VRAAG 5.6.2
Dit maak dit moontlik vir die operateur om die hefboom in 'n af en op
drukkrag posisie te plaas. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
5.6.4 TWEE redes om die gebruik van transmissie-olie in die trekker se
hidrouliese stelsel te regverdig.
Niesaampersbaar.
Goeie smerings eienskappe.
Nievlugtig.
Redelik goedkoop. (Enige 2) (2)
[40]
VRAAG 6: WATERBESTUUR
6.1 Besproeiingskomponente en hulle funksie.
6.1.1 Besproeiings tydreëling/ Besproeiings reguleerder/kontroleerder. (1)
6.1.2 Dit beheer die vloei van die water deur dit aan en af te skakel/
Waterskedulering. (1)
6.1.3 Elektroniese klep/Solenoïde klep/Besproeiings klep. (1)
6.1.4 Die besproeiingsklep beheer die eenrigting vloei van die water in die
stelsel. (1)
6.1.5 Sproeier/ klapspuit. (1)
6.1.6 Die sproeier plaas water op die land soos reëndruppels. (1)
6.2 6.2.1 TWEE redes vir die berekening van die vloeitempo van die pomp.
Vir die kalibrering van die sproeiers.
Vir die effektiewe skedulering van die besproeiing.
Om die oor/ onder gebruik van die waterbron te voorkom.
(Enige 2) (2)
6.2.2 Berekening van die vloeitempo.
Vloeitempo = Inhoud ÷ Tyd
= 10 000 ÷ 8
= 1 250 ℓ / min. (3)
6.3 Soort apparaat geskik om posisie te stuur.
GPS
Selfoon/ Tablet/ Slimhorlosie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 15 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
6.4 6.4.1 Die besproeiingstelsel wat die beste geskik is vir lande teen 'n steil
helling met motivering.
B
EN
Voorkom afloopwater.
Spilpunte word hoofsaaklik op gelyk oppervlaktes
gebruik.Veroorsaak nie gronderosie nie. (3)
(Enige 2)
6.4.2 Redes vir die keuse van besproeiingstelsel A.
Nie nodig om stelsel te verwyder nie.
Kan met implemente op land werk.
Diere kan nie die stelsel beskadig nie.
Minder tyd en arbeid nodig.
VTT. (Enige 2) (2)
6.5 6.5.1 Ontwerpers fout van die septiese tenk.
Die uitlaat is hoër as die inlaat.
Geen afskortingsmuur.
Terugvloei van afvalwater. (Enige 2) (2)
6.5.2 Die belangrikheid van installering van 'n mangat in 'n septiese
tenk.
Algemene onderhoud
Verwydering van vaste stowwe
Inspeksie
Byvoeging van bakterieë
Skoonmaak van verstopte in- en uitlaat (Enige 4) (4)
6.5.3 Geskikte dreineringstelsel om aan die septiese tenk se uitlaat te
koppel.
Franse drein/ Klipdrein/ Dreineringsveld (Enige 1) (1)
6.6 Die hoofoorsake van blokkasies in 'n dorp se dreineringstelsel.
Die afspoel van nie-oplosbare produkte
Gebrek aan onderhoud
Mangatdeksels wat verwyder is
Wortelobstruksies
Te veel mense wat stelsel gebruik. (Enige 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 16 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
6.7 6.7.1 Die soort filter om aan 'n waterversagter te koppel.
A (1)
6.7.2 Die filter wat op 'n mikrobesproeiingstelsel geïnstalleer word.
F (1)
6.7.3 EEN voorbeeld waar die filter vertoon in C, gebruik sal word.
Mikrobesproeiing
Swembad (Enige 1) (1)
6.7.4 Korrekte stelling
Filtrasie vind altyd vanaf die buitekant na die binnekant van die
filter plaas. (2)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2023 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2021 Memo
More from Grade 12 Agricultural Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Tech ATP 2023 24

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper