Skip to content

Agricultural Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paperAgricultural TechnologyGrade 12202415 pages

Grade 12 Agricultural Technology question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LANDBOUTEGNOLOGIE NOVEMBER 2024 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND. 1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 1.6 Toon ALLE berekeninge. 1.7 Skryf netjies en leesbaar. 2. AFDELING A: KORTVRAE 2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. 2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord. 3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE 3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae. 3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. Nov 1.1.1 'n Toestel wat gebruik word om die weidingspatroon van 'n plaasdier te bepaal: A Tweerigtingradio B GPS C VTT D RFID 1.1.2 'n Watersuiweringsmetode wat water deur twee verskillende vloeistowwe, geskei deur 'n deurlatende lagie, stuur en water op 'n molekulêre vlak deurlaat: A Sandfilter B Waterversagter C Koolstoffilter D Omgekeerde osmose 1.1.3 Onvoldoende ... sal spatsels klein metaalballetjies gedurende die sweisproses veroorsaak en sal die sweislas na die kleure bruin en groen verkleur. A draadspoed B afskermgas C stroomsterkte D hitte 1.1.4 EEN van die volgende is NIE deel van die driepunt- koppelingsmeganisme van 'n trekker NIE: A Nivelleerkas B Opligarms C Kragaftak-as ('PTO shaft') D Stabiliseerkettings 1.1.5 Lopende kapitaal sluit implemente en ... in. A brandstof B boorgate C plaasgereedskap D herstelwerk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.6 Die funksie van die outomatiese dieptebeheermeganisme van 'n trekker is om die ... aan te pas. A agterkant van die ploeg B ploegdiepte volgens die grondtoestande C hoek van die implement ten opsigte van die trekker se beweging D kruishoek van die implement ten opsigte van die trekker 1.1.7 … is enige plant- of dieremateriaal wat brandbaar is en as 'n alternatiewe brandstof gebruik kan word. A Biobrandstof B Steenkool C Fossielbrandstof D Petroleum 1.1.8 Die proses om geelkoper te las: A Silwersoldering B Sweissoldering C Plasma-las D MIG-sweising 1.1.9 EEN van die volgende moet in ag geneem word wanneer 'n kleefmiddel gekies word vir aanwending in toestande waar uiterste hitte 'n groot rol speel: A Hitteweerstand B Vlambaarheid C Ontvlambaarheid D Al die bogenoemde 1.1.10 … word as 'n kleefvrye materiaal gebruik om ruitveërlemme te vervaardig. A Bakeliet B Teflon C Vesconite D PVC (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.2 Verander die onderstreepte woord in die volgende om die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die toepaslike woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker. 1.2.1 'n Reguittandrat draai teen 'n hoek oor die buitenste omtrek van die rat. 1.2.2 Hidro-energie word diep onder die aardoppervlak ontgin en as een van die mees volhoubare energiebronne beskou. 1.2.3 Die kant van 'n hidrouliese silinder, wat die suier bevat, skep 'n baie swakker stootkrag as die teenoorgestelde kant. 1.2.4 Elektriese heinings moet nie diagonaal onder oorhoofse kraglyne opgerig word nie. 1.2.5 'n Weerligstraal vind altyd die langste pad na die grond. (5 x 2) (10) 1.3 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 'n Toestel wat elektriese energie A standaardisering deur fotovoltaïese tegnologie produseer B windturbines 1.3.2 'n Voorbeeld van pneumatiese C omsetter toerusting wat in 'n plaas se werkswinkel gebruik word D alternator 1.3.3 'n Toestel wat direkte stroom na E sonpanele wisselstroom verander F meganisasie 1.3.4 'n Toestel wat energie, wat deur 'n windturbine opgewek word, G kompressor stoor H battery 1.3.5 Maak dit moontlik om onderdele by enige agent te koop, in plaas I anemometer van by 'n spesifieke een (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Verskeie allooi-elemente het 'n positiewe invloed op vlekvrye staal. Kies die invloed op vlekvrye staal (KOLOM B) wat by die allooi-element (KOLOM A) pas. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.4 F. KOLOM A KOLOM B ALLOOI-ELEMENT INVLOED OP VLEKVRYE STAAL 2.1.1 Mangaan A bevorder die verharding van staal 2.1.2 Nikkel B verhoog magnetisme 2.1.3 Chroom C verlaag sterktes D gee 'n redelike mate van taaiheid by lae temperature E gee aan staal 'n growwer struktuur (3 x 1) (3) 2.2 Voltooi die volgende tabel deur 'n woord/frase uit die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord/frase langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Elke woord/frase mag slegs EEN keer gebruik word. hamer; sag; brons; oppervlakbedekking vir blikkieskos; koper; silwerwit metaal NAAM VAN NIE-YSTERHOUDENDE EIENSKAP GEBRUIK METAAL 2.2.1 2.2.2 Elektriese geleiers 2.2.3 Genereer nie 'n vonk 2.2.4 wanneer dit teen 'n harde oppervlak gekap word nie Tin 2.2.5 2.2.6 (6) 2.3 Noem TWEE belangrike faktore wat in ag geneem moet word by die keuse van 'n kleefmiddel vir 'n spesifieke taak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.4 Die prent hieronder toon 'n beskadigde veselglas-bootromp. 2.4.1 Gee 'n rede waarom veselglas gebruik word om beskadigde bootrompe te herstel. (1) 2.4.2 Maak 'n lys van DRIE items wat vir persoonlike beskerming benodig word wanneer daar met veselglas gewerk word. (3) 2.4.3 Noem 'n skoonmaakmiddel wat gebruik kan word om hars of katalisator van jou vel te verwyder wanneer daar met veselglas gewerk word. (1) 2.5 Gee EEN gebruik van Vesconite vir ELK van die gebruike deur 'n term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. Elke term mag slegs EEN keer gebruik word. spilpunt-bus; opligarm-bus; metaal-teen-metaal-bus; sluitpenbus 2.5.1 Trekkers (1) 2.5.2 Windpomp (1) 2.5.3 Trekkersleepwaens (1) 2.5.4 Besproeiingstoerusting (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.6 Die prente hieronder toon verskillende tipes elektriese plaasheinings. A B 2.6.1 Identifiseer die tipe elektriese heining wat in prent A en in prent B getoon word. (2) 2.6.2 Noem 'n voordeel van die elektriese heining in prent A. (1) 2.6.3 Verduidelik waarom doring- of lemmetjiesdraad nooit in die oprigting van 'n elektriese heining gebruik moet word nie. (2) 2.7 Voltooi die tabel hieronder oor spesifikasies van elektriese heinings. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. VRYHOOGTE TUSSEN VOORGESKREWE SPANNING ELEKTRIESE HEINING EN DIE OORHOOFSE KRAGDRAAD 2.7.1 3 meter-vryhoogte Tussen 1 000 en 33 000 volt 2.7.2 2.7.3 8 meter-vryhoogte (3) 2.8 Ontwerp 'n netjiese waarskuwingsteken, met byskrifte, wat op 'n elektriese heining geplaas moet word om mense teen onmiddellike gevaar te waarsku. Sluit die vereiste teken en afmetings op die waarskuwingsteken in, soos in die Wet op BGV vervat. Gebruik die volgende kriteria: Afmetings wat die werklike grootte van die teken aandui 2 punte Beskrywing/Inskripsie 2 punte Korrekte tekening op die waarskuwingsteken 1 punt (5) 2.9 Die aardingstelsel van die energieopwekker moet ten minste 5 meter van die hoofkragbron af wees. Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: ENERGIE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 Noem VIER verskillende hernubare alternatiewe energiebronne wat op 'n plaas gebruik kan word om vir beurtkrag voorsiening te maak. (4) 3.2 Die prent hieronder toon 'n windturbine. 3.2.1 Noem 'n toestel wat op 'n windturbine geïnstalleer word om die turbine in die rigting van die aankomende wind te rig. (1) 3.2.2 Noem DRIE belangrike vereistes om te oorweeg voordat 'n windturbine gekies word om elektrisiteit op 'n plaas op te wek. (3) 3.2.3 Noem TWEE faktore wat kan veroorsaak dat 'n windturbine onklaar raak. (2) 3.3 Tabuleer TWEE voordele en TWEE nadele van sonenergie. (4) 3.4 Die prent hieronder toon metanol. Metanol CH3OH 3.4.1 Noem 'n brandstof waarin metanol maklik omgeskakel kan word. (1) 3.4.2 Noem TWEE natuurlike bronne wat op 'n plaas beskikbaar is, wat gebruik kan word om metanol te vervaardig. (2) 3.5 Beskryf die vervaardigingsproses van biodiesel. (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Die prent hieronder toon 'n MIG-sweismasjien. 4.1.1 Wat verteenwoordig ELK van die letters in die afkorting MIG? (3) 4.1.2 Benoem dele A tot D van die MIG-sweismasjien in die prent hierbo. (4) 4.1.3 Verduidelik die rol wat gas in die MIG-sweisproses speel. (2) 4.1.4 Verduidelik die doel van puntsweising. (2) 4.2 Verduidelik die uitwerking van gravitasie op die vertikaal opwaartse boogsweisproses en noem TWEE metodes wat gebruik kan word om hierdie uitwerking te beheer. (3) 4.3 Wat word die sweisproses genoem waar verslete onderdele van 'n padskraperlem met 'n slytbestande metaal opgebou word? (1) 4.4 Beskryf die proses om 'n gebreekte gietysteronderdeel voor te berei voordat die sweisproses begin. (5) 4.5 Noem TWEE tipes slytasie waaraan metale onderwerp kan word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.6 Noem die effek van ELK van die volgende aksies wanneer snywerk met die oksiasetileen-snytoestel gedoen word: 4.6.1 Beweeg die snybrander te vinnig (1) 4.6.2 Beweeg die snybrander te stadig (1) 4.7 Die prent hieronder toon 'n plasmasnymasjien. 4.7.1 Noem TWEE faktore wat oorweeg moet word voordat 'n plasmasnymasjien gekoop word. (2) 4.7.2 Noem TWEE gasse wat in die plasmasnyproses gebruik kan word om die gesmelte metaal te verwyder. (2) 4.7.3 Verduidelik die plasmasnyproses. (4) 4.7.4 Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat in gedagte gehou moet word wanneer daar met 'n plasmasnymasjien gewerk word. (3) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 5.1 Die prent hieronder toon 'n baalmasjien wat gebruik word om ronde bale te maak. 5.1.1 Noem die tipe baalvormingstelsel wat in die prent hierbo gebruik word. (1) 5.1.2 Beskryf die baalvormingsproses in die baalkamer van hierdie tipe baalmasjien. (5) 5.1.3 Noem DRIE take wat uitgevoer moet word wanneer instandhouding op hierdie baalmasjien gedoen word. (3) 5.1.4 Ronde bale het die vermoë om teen 'n heuwel af te rol. Verduidelik TWEE voorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word wanneer ronde bale teen 'n heuwel uitgelaat word. (2) 5.2 Voltooi die tabel hieronder deur die wrywingskoppelaar met die hidrouliese koppelaar te vergelyk. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. WRYWINGS- HIDROULIESE KOPPELAAR KOPPELAAR TOEPASSING 5.2.1 5.2.3 LADINGSKAPASITEIT 5.2.2 5.2.4 (4) 5.3 Gee VIER voorbeelde van onverantwoordelike menslike gedrag wat kan veroorsaak dat 'n trekker omslaan. (4) 5.4 Verduidelik die gevolge van die volgende installasiefoute: 5.4.1 Die massa van bewegende dele van 'n hamermeul is nie eweredig oor die laers versprei nie (2) 5.4.2 Die sikloon van die hamermeul hang nie waterpas nie (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 5.5 Noem die tipe hidrouliese silinder wat in die kragstuurmeganisme van 'n trekker geïnstalleer word. Motiveer jou antwoord. (2) 5.6 Die diagram hieronder toon 'n V-band-katrolstelsel. C B A 5.6.1 Noem 'n toestel wat tussen onderdeel A en B geïnstalleer moet word om dit as 'n eenheid te laat draai. (1) 5.6.2 Bereken die spoedverhouding van die katrolstelsel, as katrol B teen 'n spoed van 1 200 r/min draai en katrol C teen 'n spoed van 600 r/min draai. Toon ALLE berekeninge. (4) 5.6.3 Noem DRIE nadele van V-bande. (3) 5.7 Die prent hieronder toon 'n ratkas wat op 'n spilpuntbesproeiingstelsel geïnstalleer is. 5.7.1 Identifiseer die tipe ratte wat A en B gemerk is. (2) 5.7.2 Noem TWEE funksies van hierdie tipe ratsamestelling. (2) 5.7.3 Dui aan watter middel in hierdie ratkas gebruik word om slytasie en wrywing te verminder. (1) 5.8 Noem TWEE voordele van meganisasie in moderne landbou. (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 6: WATERBESTUUR Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 6.1 Bestudeer die prente van twee verskillende besproeiingstelsels hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B 6.1.1 Identifiseer die tipe besproeiingstelsel in prent A. (1) 6.1.2 Noem 'n tipe filterstelsel wat in 'n besproeiingstelsel geïnstalleer kan word om blokkasie van die sproeier-spuitkoppe te voorkom. (1) 6.1.3 Gee DRIE redes waarom 'n boer besproeiingstelsel A in plaas van besproeiingstelsel B sou verkies. (3) 6.1.4 Verduidelik die funksie van die afvoerpype wat aan die gansnekke op besproeiingstelsel B gekoppel is. (2) 6.2 Noem TWEE voordele van 'n besproeiingstydreëlaar wat in 'n besproeiingstelsel geïnstalleer is. (2) 6.3 Verduidelik die ontwerp van 'n septiese tenk soos dit in 'n huishoudelike rioolstelsel gebruik word. (5) 6.4 Ontwerp 'n verspreidingsveld wat gebruik word om die afvalwater eweredig vanaf 'n septiese tenk na die absorpsieveld te versprei. Die tekening moet die volgende insluit: Verspreidingsboks 1 punt Afmetings 1 punt Byskrifte 1 punt Vloeirigting 1 punt Pypstelsel 1 punt (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 15 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 6.5 'n Plaaswerker gebruik 'n waterpomp om 'n watertenk vol te maak. Die watertenk het 'n kapasiteit van 10 000 liter. Dit neem 1 uur 20 minute om die tenk vol te maak. Gebruik die volgende formule om die vloeitempo van die water deur die stelsel te bereken. Formule: Vloeitempo = Inhoud Tyd (3) 6.6 Die prente hieronder toon verskeie komponente wat in 'n besproeiingstelsel gevind word. A B C D 6.6.1 Noem TWEE verskillende stelsels wat gebruik kan word om die motor in prent A aan die sentrifugale pomp in prent B te koppel. (2) 6.6.2 Prent C toon 'n drupper wat in 'n drupbesproeiingstelsel gebruik word. Noem VIER nadele van hierdie tipe besproeiingstelsel. (4) 6.6.3 Prent D toon 'n binnelyn-waterfilter wat 'n sif gebruik om onsuiwerhede uit die water te filtreer. Noem TWEE ander waterfiltrasiemetodes wat gebruik kan word om besproeiingswater te filtreer. (2) [30] TOTAAL AFDELING B: 160 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Technology

View all