Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUTEGNOLOGIE
NOVEMBER 2025
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Agricultural Technology Nov 2025 Afr
Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 17
- File size
- 2.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Landboutegnologie 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Toon ALLE berekeninge.
1.7 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A 2025
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 In 'n gevaarsituasie moet jy eers die potensiële gevaar identifiseer,
dan die risiko assesseer en laastens moet jy …
A onverantwoordelik optree.
B plat lê en vir hulp wag.
C paniekerig raak.
D veranderinge maak om die gevaar te elimineer of te beheer.
1.1.2 Om 'n besering te voorkom wanneer daar met die kragaftak(KAT)-
as gewerk word, moet die operateur …
A nooit die sensitiwiteitselement deaktiveer nie.
B die kragaftakker stop voordat daar van die trekker afgeklim
word.
C 'n glykoppelaar gebruik om die kragaftak-as veilig te gebruik.
D oor die kragaftak-as klim om toeskouers weg te hou.
1.1.3 Die hoofstruktuur van die spilpuntbesproeiingstelsel bestaan uit
verskeie pypseksies, gewoonlik van … gemaak.
A gegalvaniseerde staal
B gietyster
C aluminium
D magnesium
1.1.4 Watter EEN van die volgende is NIE 'n werksontwerp-gevaar
(ergonomies) NIE?
A Die oplig van 'n trekkerband
B Werk met hoë spanning
C Die skuif van swaar werkswinkelmasjinerie
D Herposisionering van I-balk-seksies
1.1.5 Die …-klep moet eerste oopgemaak word wanneer 'n
oksiasetileenvlam aangesteek word.
A suurstof
B argon
C asetileen
D koolstofdioksied
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.6 Watter EEN van die volgende sal 'n positiewe invloed op 'n trekker
se ewewigspunt hê?
A Vul die trekker se agterwiele met water.
B Vergroot die drahoogte van die voorlaaigraaf.
C Verhoog spoed wanneer daar om 'n draai gery word.
D Verhoog die lading op die sleepwa.
1.1.7 Werksplekstres, soos teistering, is 'n gesondheidsgevaar wat 'n …
siekte kan veroorsaak.
A beroeps-
B parasitiese
C aansteeklike
D genetiese
1.1.8 Die drywende … van die rambaler draai voortdurend en voer die
hooi na die pakarms.
A roller
B awegaar
C opraperwiel
D vliegwiel
1.1.9 'n Onkruiddoder het 'n mengverhouding van 5 mℓ onkruiddoder tot
1 ℓ water. Bepaal die hoeveelheid onkruiddoder wat by 20 ℓ water
gevoeg moet word:
A 50 mℓ
B 0,1 ℓ
C 100 ℓ
D 1ℓ
1.1.10 Die agtergrondkleur van die veiligheidstekens wat op elektriese
heinings gevind word, moet … wees.
A geel
B swart
C wit
D rooi (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.2 Verander die onderstreepte woord(e) in ELK van die volgende stellings om
die stellings WAAR te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs
die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.2.6 Trekker.
1.2.1 'n Reguleerder beheer die eenrigting-vloei van water in 'n
besproeiingstelsel.
1.2.2 Sagte staal wat met magnesium bedek is, moet versigtig gesweis
word omdat dit giftige gasse afgee.
1.2.3 Driefase-stroom bestaan uit 220–240 volt.
1.2.4 Veranderliketempo-tegnologie word gebruik om ligging deur gebruik
van verskillende satelliete te bepaal.
1.2.5 Die rotor van 'n windturbine is aan 'n hoofas gekoppel wat 'n motor
draai wat elektrisiteit opwek. (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Word hoofsaaklik vir laers gebruik en A biobrandstof
brand en swel nie op aste vas nie
B Harry Ferguson
1.3.2 'n Alternatiewe brandstof wat van
plantolie gemaak word C ghries
1.3.3 'n Permanente lagie wat op D hars
metaalheiningpale aangewend word
om korrosie te voorkom E tin en lood
1.3.4 Die ontwerper van die driepunt- F Vesconite
meganisme
G etanol
1.3.5 Laeviskositeit-vloeistowwe wat in 'n
sterk, buigbare vaste stof verander H petrol
kan word deur 'n verhardingsmiddel
by te voeg I verf
J Henry Ford
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Bestudeer die prent van vlekvryestaalpype hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
2.1.1 Noem DRIE allooi-elemente wat in vlekvrye staal gevind word en
noem EEN invloed van ELK. (6)
2.1.2 Watter van die volgende sweismasjiene, MIG of TIG, word verkies
wanneer vlekvrye staal gesweis word? Motiveer jou antwoord. (3)
2.2 'n Boer moet 'n geelkoperklok deur middel van sweissoldering herstel. Watter
voorsorgmaatreëls moet hy/sy tref om krake en brosheid te voorkom? (2)
2.3 Beskryf wat met die adhesie-eienskappe van 'n kleefmiddel bedoel word. (2)
2.4 Bespreek VIER fisiese gevare vir die menslike liggaam wanneer daar met
veselglas gewerk word en noem 'n voorkomende maatreël om ELKE gevaar te
voorkom. (8)
2.5 Maak 'n lys van DRIE stappe wat gedoen kan word om die aardingseffektiwiteit
van 'n elektriese heining te verbeter. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.6 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term
uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers
(2.6.1 tot 2.6.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Elke woord/term mag slegs
EEN keer gebruik word.
aardpen; isolator; 10 kVA; oorvonking; energiewekker;
weerligafleier; kragbron
BESKRYWING WOORD/TERM
Vind plaas as daar 'n kraak in of 'n los konneksie op 2.6.1
'n elektriese heining is
Maksimum spanning toegelaat vir 'n elektriese 2.6.2
heining
Die negatiewe pool van die energiewekker is aan 2.6.3
hierdie komponent gekoppel
Voorkom skade aan die energiewekker as gevolg van 2.6.4
weerligstrale
Skakel batterykrag om na 'n hoëspanningspuls om 2.6.5
Voorkom dat die drade van die elektriese heining aan 2.6.6
die heiningpale raak (6)
2.7 Identifiseer die komponente van 'n elektriese heining in die diagram hieronder.
Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.7.6 Sonkrag.
(5)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Bestudeer die prent van 'n windturbine hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
3.1.1 Noem die funksie van ELK van die volgende windturbine-onderdele,
soos aangedui deur die byskrifte in die prent hierbo:
(a) Rotorlem (1)
(b) Toring (1)
(c) Ratkas (1)
(d) Kragopwekker (1)
3.1.2 Beskryf hoe hierdie stelsel elektrisiteit opwek. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.2 Geotermiese energie is een van die mees onderbenutte hernubare
energiebronne op Aarde. Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
GEOTERMIESE KRAGAANLEG
3.2.1 Noem VYF voordele van geotermiese energie. (5)
3.2.2 Noem EEN geval waar die gebruik van geotermiese energie die
omgewing kan besoedel. (1)
3.2.3 Noem die gevolg indien te veel koue water in die geotermiese
hittebron ingepomp word. (1)
3.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Noem TWEE produkte wat in die vervaardiging van etanol gebruik
word. (2)
3.3.2 Identifiseer die prosesse, deur A en B aangedui, wanneer etanol
vervaardig word. (2)
3.4 Noem TWEE plante wat gebruik word om biodiesel te vervaardig. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die prent hieronder toon 'n oksiasetileen-sweisapparaat.
4.1.1 Noem die tipe materiaal wat gebruik is om die snyspuitstuk, aangedui
deur pyltjie A in die prent hierbo, te maak. (1)
4.1.2 Maak VIER voorstelle om hoëkwaliteit-sweislasse te verseker
wanneer oksiasetileensweis in die oorhoofse sweisposisie gedoen
word. (4)
4.2 Identifiseer die sweisdefekte deur die oorsake in die tabel hieronder te
bestudeer. Skryf slegs die naam van die defek langs die vraagnommers
(4.2.1 tot 4.2.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
OORSAAK DEFEK
- Winderige toestande 4.2.1
- Geverfde, nat of olierige sweisoppervlak
- Nat of geroeste vullerdraad
- Voorbereiding te smal 4.2.2
- Wortelgaping te klein
- Geslyte kontakpunt veroorsaak
onreëlmatige boog
- Onvoldoende penetrasie 4.2.3
- Stroom te laag
- Geroeste of geverfde plaat
- Sweisspoed te vinnig 4.2.4
- Stroom te hoog
- Swak sweistegniek
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.3 SCENARIO
'n Plaasbestuurder moet 'n deksel vir 'n selfvoerdertrog ontwerp.
Gebruik die volgende inligting om 'n deksel vir die trog te ontwerp en 'n
vryhandskets te maak.
• Wydte 750 mm
• Lengte 1 000 mm
• Hoekyster 25 mm x 25 mm
• Metaalplaat 3 mm
• Twee skarniere
• Sluitmeganisme
Punte sal toegeken word vir:
Proporsionele tekening (1)
Praktiese toepassing (2)
Twee skarniere (1)
Sluitmeganisme (1)
Twee afmetings (2)
Snylys van materiaal wat gebruik moet word (2) (9)
4.4 Bestudeer die prent van 'n plasmasny-masjien hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
4.4.1 Gee TWEE redes vir die gebruik van 'n sweishelm terwyl daar met
die plasmasny-masjien gewerk word. (2)
4.4.2 Hoekom sal jy die gebruik van stikstofgas aanbeveel wanneer die
plasmasny-masjien gebruik word? (2)
4.4.3 Noem die materiaal wat gebruik word om die elektrode van die
plasmasny-masjien te vervaardig. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.4.4 Noem VIER voordele van die gebruik van 'n plasmasny-apparaat. (4)
4.4.5 Noem VIER gevolge wanneer vogtigheid die punt van die
plasmasnyer-spuitstuk binnedring. (4)
4.4.6 Watter verstelling moet aan die plasmasny-masjien gedoen word om
verskillende diktes metaal te sny? (1)
4.5 Die gasse in die lys hieronder word almal tydens plasmasnywerk vir die sny
van verskillende tipes metaal gebruik.
Dui aan watter gas in ELK van die volgende toepassings gebruik sal word.
Skryf slegs die gas langs die vraagnommers (4.5.1 tot 4.5.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
lug; waterstof; stikstof; argon
TOEPASSING GAS
Hoë-kwaliteit-snywerk vir sagte 4.5.1
aluminium, vlekvrye staal of
koolstofstaal
Gebruik om dik staal en metaal te 4.5.2
sny en is die warmste gas
beskikbaar
Sny met 'n konstante spoed en 4.5.3
verleng die lewensduur van die
masjien (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
5.1.1 Identifiseer die onderdeel in die prent hierbo. (1)
5.1.2 Bespreek die werking van die onderdeel wat in VRAAG 5.1.1
geïdentifiseer is. (2)
5.2 Die prente hieronder toon twee tipes ratte wat in plaasmasjinerie gebruik word.
A B
5.2.1 Identifiseer rat A en B soos in die prente hierbo getoon. (2)
5.2.2 Twee ratte wat in 'n aandryfstelsel gekoppel is, het 'n verhouding van
1 : 3. Bereken die getal tande op die gedrewe rat as die dryfrat
60 tande het.
Toon ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.3 Die prent hieronder toon 'n rotordrom-snymasjien wat op 'n plaas gebruik word.
5.3.1 Hierdie masjien is baie gevaarlik. Gee VYF veiligheidswenke wat
gevolg moet word wanneer met die masjien hierbo gewerk word. (5)
5.3.2 Maak 'n lys van DRIE punte om in ag te neem wanneer
instandhouding op die rotordrom-snymasjien uitgevoer word. (3)
5.3.3 Verduidelik die aanhaak van die rotordrom-snymasjien aan 'n
trekker. (4)
5.4 'n Hidrouliese silinder wat in 'n trekker gebruik word, word hieronder getoon.
Hidrouliese poorte
5.4.1 Noem die tipe hidrouliese silinder wat in die prent hierbo getoon
word. (1)
5.4.2 Bespreek die werking van hierdie tipe hidrouliese silinder. (4)
5.4.3 Noem DRIE voordele van die gebruik van transmissie-olie in
hidrouliese stelsels. (3)
5.4.4 Watter kant van hierdie hidrouliese silinder is die sterkste? Motiveer
jou antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
5.5 Bestudeer die prent van 'n koppelaarplaat wat op 'n trekker gevind word
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
5.5.1 Pyltjie A toon 'n deklaag van die koppelaarplaat. Watter materiaal
word gebruik om die deklaag te vervaardig? (1)
5.5.2 Noem TWEE eienskappe van die wrywingsmateriaal van 'n goeie
koppelaarstelsel. (2)
5.5.3 Gee TWEE redes waarom trekkers met 'n koppelaarstelsel toegerus
word. (2)
5.6 'n Boer het tydens 'n inspeksie van 'n tweedehandse trekker opgelet dat daar
'n paar kommerwekkende tekens was terwyl die enjin geluier het. Gee 'n
diagnose van die DRIE tekens hieronder wat toon dat daar iets met die enjin
verkeerd is:
5.6.1 Swart uitlaatpyprook (1)
5.6.2 Ratelgeluid wat uit die enjin kom (1)
5.6.3 Enjin word vinnig warm (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Bestudeer die foto van 'n spilpuntbesproeiingstelsel hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.
6.1.1 Gee DRIE redes waarom die stelsel hierbo as 'n arbeidbesparende
besproeiingstelstel beskou word. (3)
6.1.2 Bespreek hoe water effektief deur 'n spilpuntbesproeiingstelsel
toegedien kan word. (4)
6.2 Noem DRIE voordele van die gebruik van besproeiingsagteware in die bestuur
van besproeiingstelsels. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboutegnologie 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
6.3 Bestudeer die watersuiweringstelsel hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
6.3.1 Gee TWEE redes vir die installering van die stelsel, soos deur
pyltjie A aangedui. (2)
6.3.2 Maak 'n lys van DRIE effektiewe metodes wat gebruik kan word om
brakwater drinkbaar te maak. (3)
6.4 Teken 'n netjiese skets van 'n septiese tenk met byskrifte.
Puntetoekenning:
Ontwerp 2
Skets 2
Byskrifte 2 (6)
6.5 Noem DRIE verskillende tipes huishoudelike dreineringstelsels. (3)
6.6 Presisieboerdery is 'n kombinasie van verskillende tegnologieë.
6.6.1 Noem VIER voordele van die gebruik van veranderliketempo-
tegnologie (VTT) op 'n plaas. (4)
6.6.2 Noem TWEE gevorderde tegnologiese stelsels, behalwe VTT, wat vir
presisieboerdery gebruik word. (2)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Technology May June 2025 Eng

Question paper
Agricultural Technology Nov 2025 Eng

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 Eng

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2022 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2022 MG Final hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2023 Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Tech ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Technology May June 2025 MG Afr

Memorandum
Agricultural Technology May June 2024 MG Afr

Memorandum
Agricultural Technology May June 2024 MG Eng

Question paper
Agricultural Technology May June 2024 Afr

Question paper