Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AGRT.1
LANDBOUTEGNOLOGIE
NOVEMBER 2020
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
MIDDAGSESSIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





Agricultural Technology Nov 2020 Afr hlayiso.com
Agricultural Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 16
- File size
- 692.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Aluminium word vir die vervaardiging van gaskoeldrankblikkies
verkies, omdat dit …
A lug deurlaat.
B teen sure weerstand bied.
C liggewig is.
D 'n elastiese materiaal is.
1.1.2 Alle werkswinkels moet met brandblussers toegerus wees:
A Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van
1993) ('OHS')
B Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993
(Wet 130 van 1993)
C Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
D Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
1.1.3 Watter EEN van die volgende is NIE 'n doelwit van die
standaardisering van plaasimplemente NIE?
A Maak instandhouding en herstelwerk makliker
B Maak implemente uitruilbaar en makliker om te hanteer
C Voorkom dat een trekkermaatskappy 'n monopolie vorm
D Verminder die koste van onderdele
1.1.4 Die … tipe kragaftakker (KAT) stel die operateur in staat om die
vorentoe-beweging van die trekker te stop sonder om die KAT-
aandrywing te stop.
A statiese
B algemene
C lewendige
D dubbelwerkende
1.1.5 Watter EEN van die volgende word NIE toegelaat wanneer 'n
trekker op die plaas gebruik word NIE?
A Installeer 'n rolstaaf op die trekker.
B Laat 'n bykomende passasier op die trekker toe.
C Vertoon 'n stadig-bewegende-voertuig-teken.
D Installeer 'n trurat-alarm.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.1.6 Die geraas van 'n bystandkragopwekker kan verminder word
deur …
A die uitlaatpyp korter te maak.
B 'n knaldemper in die uitlaatstelsel te installeer.
C die verkleining van die knaldemper se kas ('silencer box').
D dit tydens donderstorms af te skakel.
1.1.7 Die meganisme op 'n trekker wat verseker dat die trekker teen 'n
konstante diepte werk:
A Stabiliseringskettings
B Nivilleerkas
C Gevoeligheidselement
D KAT-as ('PTO shaft')
1.1.8 'n Geslote ewenaar verskaf ewe veel … aan elk van die twee wiele
op 'n as.
A trekkrag
B drukkrag
C wringkrag
D grypkrag
1.1.9 'n … is 'n positiewe meganiese koppeling tussen verskillende
roterende asse wat die asse in staat stel om teen verskillende
hoeke te werk.
A Drukplaat
B Krukas
C Kruiskoppeling
D Boonste stang
1.1.10 Eweredige verspreiding van die uitvloeiing van die septiese tenk na
die dreineringseenheid of logingsput:
A Verspreidingsboks
B Knaldemper
C Mangat
D Verdelingsmuur (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/November 2020
SS/NSS
1.2 Verander die ONDERSTREEPTE woord in elk van die volgende stellings om
dit WAAR te maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.
1.2.1 Nikkel verander die bandstruktuur van vlekvrye staal en veroorsaak
terselfdertyd 'n afname in slaansterkte.
1.2.2 Brons is 'n allooi wat hoofsaaklik uit titanium bestaan, gewoonlik
met tin as die hoofbymiddel.
1.2.3 Boute word gebruik om drade aan elektriese heiningpale vas te
maak om energieverlies deur die pale en grond te voorkom.
1.2.4 Gegalvaniseerde staal bevat 'n magnesium-laag wat giftige gas
produseer wat kanker kan veroorsaak wanneer dit gebrand word.
1.2.5 Die gassweismasjien word deur robotte in die motor-
vervaardigingsbedryf gebruik om die bakpanele van voertuie
te sweis. (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Skei die gemaalde materiaal van A remvloeistof
die lug in die hamermeul
B kajuit
1.3.2 Skei die strooi/kaf en die
mieliepitte in die stroper C rotor
1.3.3 Komponent wat die handsmering D sikloon
van bewegende dele op
implemente toelaat E transmissie-olie
1.3.4 'n Hoëviskositeitsvloeistof wat in F ghriesnippel
die hidrouliese sisteem van 'n
voorlaaigraaf gebruik word G siwwe
1.3.5 Beskerm die trekkeroperateur H rekenaar
teen die opdoen van ernstige
beserings indien 'n trekker
omslaan
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon 'n elektriese kabel met isolering en kopergeleiers.
2.1.1 Verduidelik waarom koper vir die vervaardiging van elektriese
kabels geskik is. (2)
2.1.2 Bespreek DRIE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word
wanneer die elektriese kabels en leidings van elektriese heinings
geïnstalleer word. (3)
2.1.3 Weerlig wat die elektriese heining tref, kan die energiewekker
ernstig beskadig. Maak 'n benoemde skets van 'n weerligafleier
wat op 'n elektriese heining geïnstalleer is.
Puntetoekenning:
Netheid 1
Korrekte byskrifte vir TWEE verskillende komponente 2
Ontwerp 1 (4)
2.2 Noem DRIE invloede van chroom op vlekvrye staal. (3)
2.3 Die prent hieronder toon Teflon-komponente.
2.3.1 Maak 'n lys van VIER chemiese stowwe wat geen effek op Teflon-
bedekte oppervlakke het nie. (4)
2.3.2 Noem TWEE komponente wat uit Teflon vervaardig kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/November 2020
SS/NSS
2.4 Die verkope van 'n plaaslike onderdelevervaardiger het gedaal omdat baie
van die klante verkies het om Vesconite-busse in plaas van staalbusse te
koop. Verduidelik aan die eienaar waarom dit meer winsgewend sal wees om
Vesconite-busse as staalbusse te vervaardig en te verkoop. (3)
2.5 Nuwe plastiekveiligheidstekens moet in en om 'n plaas se meganiese
werkswinkel geïnstalleer word. Noem DRIE kleefmiddels wat 'n boer kan
gebruik om hierdie veiligheidstekens op die mure aan te bring. (3)
2.6 Beskryf die verskil tussen kohesie en adhesie. (2)
2.7 Die prentjie hieronder toon 'n tipiese keramiek-isolator wat in elektriese-
heininginstallasies gebruik word.
2.7.1 Noem TWEE tipes materiaal wat as isolators tussen die draad en
die staalpaal van 'n elektriese heining gebruik kan word. (2)
2.7.2 Die opdrag op waarskuwingsborde vir elektriese heinings moet in
swart letters wees en moet die volgende sê: 'WAARSKUWING –
ELEKTRIESE HEINING'.
Noem DRIE vereistes van waarskuwingsborde vir elektriese
heinings. (3)
2.8 Isoleringsmateriaal wat in die dakke van geboue gebruik word, moet aan
sekere veiligheidsvereistes voldoen. Bespreek VIER van hierdie
veiligheidsvereistes. (4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die foto hieronder toon windturbines.
Maak 'n lys van die VIER hoofonderdele van 'n windturbine. (4)
3.2 Noem DRIE faktore wat die doeltreffendheid van 'n elektriese sonpaneel
bepaal. (3)
3.3 Geotermiese energie is die hitte-energie binne-in die Aarde wat dikwels in
spuitbronne, warmbronne asook vulkane manifesteer. Dit kan dus baie nuttig
vir die opwek van elektrisiteit wees.
3.3.1 Beskryf kortliks die prosedure wat gevolg moet word om
geotermiese energie in te span en dit in elektrisiteit om te skakel. (3)
3.3.2 Noem TWEE belangrike probleme wat met geotermiese energie
geassosieer word. (2)
3.4 Biobrandstof is enige plant- of dieremateriaal wat as 'n brandstof gebruik kan
word. Noem VIER nadele van hierdie tipe brandstof. (4)
3.5 Die prentjie hieronder toon 'n songeiser.
Noem VIER voordele van die songeiser bo 'n gewone elektriese geiser. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die prentjie hieronder toon 'n MIG-sweispyp.
B
A
4.1.1 Identifiseer A en B. (2)
4.1.2 Verduidelik die funksie van A in die prentjie hierbo. (2)
4.1.3 Noem die materiaal wat gebruik word om B te vervaardig. (1)
4.1.4 Verduidelik die oorsake van die klein metaalballetjies wat vorm
wanneer met 'n MIG-sweiser gesweis word. (2)
4.2 Die diagram hieronder toon twee stukke metaal wat aanmekaar gesweis moet
word.
4.2.1 Verduidelik kortliks hoe 'n boer 'n vertikale stuiksweislas op die
twee stukke metaal hierbo getoon, moet uitvoer. (5)
4.2.2 Noem TWEE tipes sweislopies of -patrone wat 'n boer vir
sweiswerk kan gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/November 2020
SS/NSS
4.3 'n Gat is gegrawe om 'n hoekpaal te installeer, soos hieronder getoon.
Volume van die paal = 4 700 000 mm³
Volume van die gat = lengte x breedte x hoogte
300 mm
300 mm
600 mm
4.3.1 Gebruik die inligting hierbo om die volume van die gat minus die
paal te bepaal. (4)
4.3.2 Veronderstel dat die kontrakteur voorafbereide beton wil bestel om
die vier hoekpale vas te sit. Bereken die volume van die
betonmengsel wat bestel moet word. (3)
4.4 Die geweldige hitte wat deur die sweisboog geskep word, kan veroorsaak dat
metaaldele in verskillende rigtings verwring.
A
4.4.1 Identifiseer die soort krimping wat by pyl A voorkom. (1)
4.4.2 Noem TWEE maniere om die verwringing wat deur die hitte van
sweislopies geskep word, te beheer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/November 2020
SS/NSS
4.5 Die prentjie hieronder toon die gasreguleerder van 'n oksiasetileenapparaat.
A
B
4.5.1 Noem die funksies van die twee meters, A en B. (2)
4.5.2 Beskryf die oksiasetileensnyproses. (4)
4.6 Die prentjie hieronder toon 'n plasmasny-brander.
4.6.1 Watter soort metaal sal 'n operateur besig wees om te sny as
suurstof gebruik word? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
4.6.2 Die plasmabrander produseer soms 'n boog; en verloor dit dan
weer tydens die snyproses. Gee die moontlike oorsaak van hierdie
verskynsel en verduidelik hoe jy dit kan oorkom. (2)
4.6.3 Noem die materiaal wat gebruik word om die standaard-plasma-
sny-elektrodes te vervaardig. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Beskryf hoe jy die implement hieronder getoon, in stand sal hou.
(4)
5.2 Die prentjies hieronder toon twee soorte baalmasjiene.
A B
5.2.1 Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor. Voltooi
die tabel deur die twee baalmasjiene onder die gegewe opskrifte
te vergelyk.
BAALMASJIEN A BAALMASJIEN B
Vervoer van bale
Toedraai van kuilvoer
Hantering (6)
5.2.2 Hoe word baaldigtheid in BAALMASJIEN B verander? (2)
5.2.3 Bespreek die funksie van die glykoppelaar wat tussen die
kragaftak-as ('PTO') en die vliegwiel van BAALMASJIEN B ingesit
is. (2)
5.3 Beskryf DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer daar
met die kuilvoerkerwer, hieronder getoon, gewerk word.
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/November 2020
SS/NSS
5.4 Bespreek VYF belangrike probleme wat kan voorkom wanneer koring
gestroop word met die masjien hieronder getoon.
(5)
5.5 Die prentjie hieronder toon 'n dubbelwerkende hidrouliese silinder.
5.5.1 Beskryf kortliks hoe die dubbelwerkende hidrouliese silinder werk. (4)
5.5.2 Watter kant van die dubbelwerkende hidrouliese silinder is die
sterkste? Motiveer jou antwoord. (2)
5.6 Die prentjie hieronder toon 'n trekker wat 'n ploeg trek.
5.6.1 Beskryf DRIE maniere om 'n trekker se gewigsverplasing positief
te verander. (3)
5.6.2 Wat sal gebeur as die boonste stang tussen die trekker en die
ploeg verwyder word? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/November 2020
SS/NSS
5.7 Bestudeer die prentjies van die twee trekkers hieronder noukeurig.
A B
5.7.1 Kies die trekker, A of B, wat die geskikste vir die montering van 'n
voorlaaigraafstelsel sal wees. Motiveer jou antwoord. (3)
5.7.2 Die kragstuurpompe van albei trekkers word deur 'n V-band-
aandrywingstelsel aangedryf. Hoekom word V-bande bo platbande
verkies? (3)
5.7.3 Hoekom is die uitlaatpyp van die trekker langer as die
luginlaatpyp? (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 15 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Die prentjie hieronder toon 'n spilpuntbesproeiingstelsel.
6.1.1 Die besproeiingstelsel hierbo het krag nodig om die wiele aan te
dryf. Noem TWEE van hierdie aandrywingsmetodes. (2)
6.1.2 Noem 'n metode om die metaalgedeeltes van die besproeiing-
stelsel teen roes te beskerm. (1)
6.1.3 Gee 'n rede waarom die waterdruk vanaf die middelpunt van die
spilpunt tot by die punt van die spilpunt konstant gehou moet word. (2)
6.1.4 Noem 'n toestel wat 'n boer kan installeer om die stelsel
outomaties aan en af te skakel, soos benodig. (1)
6.2 Gee DRIE redes vir die gebruik van waterskedulering. (3)
6.3 Noem TWEE tipes toerusting wat gebruik kan word om verdamp-
transpirasie van gewasse doeltreffend te meet. (2)
6.4 Die diagram hieronder toon 'n afvalwaterbestuurstelsel.
6.4.1 Identifiseer A, B, C, D en E in die diagram hierbo getoon. (5)
6.4.2 Beskryf die hooffunksie van die bakterieë wat in die stelsel
teenwoordig is. (1)
6.4.3 Rioolwater wat in riviere en damme inlek, kan mense en diere
benadeel. Verduidelik die voorsorgmaatreëls wat in ag geneem
moet word wanneer 'n septiese tenk gebou word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 16 DBE/November 2020
SS/NSS
6.5 Identifiseer die waterdreineringstelsel hieronder getoon.
(1)
6.6 Verduidelik kortliks hoe water deur omgekeerde osmose gesuiwer word. (3)
6.7 Noem TWEE kommunikasiestelsels wat gebruik kan word om die
weidingspatrone van lewende hawe te monitor. (2)
6.8 Herrangskik, in die korrekte volgorde, die volgende stappe in die integrering
van data deur 'n Geografiese Inligtingstelsel:
Die opbrengsinligting vanaf die monitor word met gereelde tussenposes
opgeneem en gestoor.
Geografiese Inligtingstelsel-sagteware neem die opbrengsdata en
produseer opbrengskaarte.
Installeer opbrengsmonitors en meettoestelle op die oestoerusting. (3)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Technology May June 2025 Eng

Question paper
Agricultural Technology Nov 2025 Eng

Question paper
Agricultural Technology Nov 2025 Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 Eng

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 MG Afr
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Agricultural Technology Nov 2020 Eng hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2020 Memo Eng hlayiso.com

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2020 Memo Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2022 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Agricultural Technology Nov 2022 MG Final hlayiso.com
More from Grade 12 Agricultural Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Tech ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Technology May June 2025 MG Afr

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2025 MG Eng

Memorandum
Agricultural Technology Nov 2025 MG Afr

Question paper
Agricultural Technology Nov 2024 MG Eng

Memorandum