Skip to content

Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP

Question paperBusiness StudiesGrade 11201311 pages

Grade 11 Business Studies question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 BESIGHEIDSTUDIES PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies deeglik voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en alle onderwerpe. AFDELING A: Verpligtend AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE vrae uit die vyf vrae. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE uit die vier vrae. 2. Neem die tydtoekenning van elke vraag in ag wanneer die vraag beantwoord word. 3. Lees die instruksies van elke vraag deeglik en beantwoord net wat gevra word. 4. Nommer die antwoorde korrek en in ooreenstemming met die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 5. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne beantwoord word. 6. Gebruik die puntetoekenning en die aard van elke vraag om die lengte van die antwoord vas te stel. 7. Begin elke antwoord van ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, byvoorbeeld; VRAAG 2, VRAAG 3 – Nuwe bladsy, ens. 8. Gebruik die tabel hieronder as gids vir punte- en tydtoekenning wanneer ʼn vraag beantwoord word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD A. Meervoudigekeuse-vrae, kies 1 40 30 MINUTE die korrekte antwoord tussen hakies, pas-items (VERPLIGTEND) B. VYF vrae: Beantwoord enige 2 60 30 MINUTE DRIE 3 60 30 MINUTE 4 60 30 MINUTE 5 60 30 MINUTE 6 60 30 MINUTE C. OPSTELTIPE-vrae: 7 40 30 MINUTE Beantwoord enige TWEE 8 40 30 MINUTE 9 40 30 MINUTE 300 180 MINUTE
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) BESIGHEIDSTUDIES 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Kies die korrekte antwoord van die gegewe opsies. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die antwoordeboek, byvoorbeeld 1.1.11 C. 1.1.1 Hierdie is die manier hoe mense in ʼn groep saamwerk wanneer hulle ʼn algemene doel wil bereik: A Konflik B Span-dinamika C Direkte distribusie D Mark-segmentasie 1.1.2 Hierdie verwys na berging ʼn produk vanaf die tyd dat dit klaar is tot die tyd dat dit aan die klant verkoop word: A Berging B Mededinging C Ligging D Mark 1.1.3 Dit beteken dat ʼn persoon verantwoordelik is vir die bedrag geld wat hy/sy in die besigheid stort: A Registreer van maatskappye B Vennootskapsooreenkoms C Onbeperkte aanspreeklikheid D Beperkte aanspreeklikheid 1.1.4 Hierdie is die breë, eksterne, sosiale, politieke en ekonomiese konteks waarin die besigheid sake doen: A Mikro B Mark C Makro D Beide A en B 1.1.5 Dit is ʼn kollektiewe, georganiseerde ophou van werk deur werknemers om werkgewers te dwing om hul vraagstukke te aanvaar. A Roofkopiëring B Storting C Staking D Ekonomiese misdaad
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2013) 1.1.6 Is ʼn vorm van wetlike beskerming en wat ʼn persoon verhoed om ʼn ander persoon se kreatiewe werke sonder toestemming te gebruik: A Industriële verhoudinge B Kopiereg C Patente-reg D Hulpbron-uitbuiting 1.1.7 Hierdie beteken onderhandelings tussen bestuur en vakbonde om ʼn kollektiewe ooreenkoms te bereik aangaande vergoeding en werksomstandighede in die werkplek: A Kollektiewe bedinging B Arbeidsverhoudingswet C KKBA D Basiese Diensvoorwaardeswet 1.1.8 Die stadium in spanontwikkeling waar spanwerk effektief as ʼn span saamwerk as ʼn eenheid: A Vorming B Storming C Norming D Performing 1.1.9 Hierdie is ʼn metode waar ʼn besigheid kan betaal vir die gebruik vir ʼn bate in plaas daarvan om dit self te koop: A Uitkontraktering B Bruikhuur C Tantieme (Royalty) D Straatverkoper 1.1.10 Hierdie is ʼn besondere teken, handelsnaam of merkteken wat ʼn persoon, maatskappy of produk identifiseer: A Verpakking B Winsdeling C Handelsmerk D Wetlike beperkinge (10 x 2) (20)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) BESIGHEIDSTUDIES 5 1.2 Kies die korrekte woord(e) van die woord(e) gegee in hakies. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die antwoordeboek neer. 1.2.1 (Kwaliteitsirkel/Kwaliteitsversekering) is ʼn groep werknemers wat in verskillende departemente werk, maar wat direk of indirek met dieselfde produk of diens werk. 1.2.2 (Hiperinflasie/Inflasie) word gedefinieer as ʼn volhoubare en merkbare verhoging in die prys van goedere en dienste. 1.2.3 (Afdanking/Aflegging) gebeur wanneer die werkgewer die kontrak van die werknemer beëindig as gevolg van die onbevredigende werksverrigting. 1.2.4 (Publisiteit/Advertering) is die mees gewildste metode vir vervaardigers om hul boodskap aan hul teikenmark en verbruikers oor te kan dra. 1.2.5 Hierdie is ʼn probleemoplossingstegniek wat kreatiewe denke en kreatiewe probleemoplossing deur idees te gebruik sonder kritiese besprekings: (dinkskrum/delphi-tegnieke) (5 x 2) (10) 1.3 Kies ʼn term uit KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.3.6 J. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Ekstra lone bo en behalwe die gewone A Veranderlike koste salaris en lone 1.3.2 Korttermyn-taktieke om verkope te bevorder B Keuringstoetse deur potensiële klante te oorreed om die produk te koop 1.3.3 Proses om ʼn nuwe personeellid aan die C Sosiale media besigheid bekend te stel 1.3.4 Produksie-koste wat verander afhangend D Oortyd van die aantal eenhede wat geproduseer is 1.3.5 Die aantal eenhede waar die besigheid sy E Gelykbreekpunt produksiekoste dek, maar nog nie ʼn wins maak nie F Verkoopspromosie G Tydverwante pas H Induksie I Verbale bemarking (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2013) AFDELING B Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling in jou antwoordeboek. VRAAG 2 2.1 Bespreek SES redes vir werkloosheid. (12) 2.2 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop volg. Local labels is ʼn gesonde, gevestigde besigheid. Die drie eienaars het besluit dat hulle die besigheidsidee of -plan aan ander geïnteresseerde potensiële eienaars gaan verkoop. 2.2.1 Identifiseer en verduidelik die TWEE verskillende partye wat betrokke by die ooreenkoms sal wees. (6) 2.2.2 Evalueer krities hierdie metode ten einde ʼn besigheid te bekom. (12) 2.2.3 Gee ʼn uitleg van VYF aspekte wat ingesluit moet word in die besigheidsidee of besigheidsplan wat hulle gaan verkoop. (10) 2.3 ʼn Besigheid se betrokkenheid in die makro-omgewing kan voordele vir die besigheid inhou. Lys enige VYF voordele van betrokkenheid in die makro-omgewing. (10) 2.4 Die Arbeidsverhoudingswet beoog om ekonomiese ontwikkeling, sosiale regverdiging, arbeidsvrede en demokrasie in die werkplek te beskerm en te bevorder. Lys enige VYF hoofdoelwitte van arbeidsverhoudinge. (10) [60]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) BESIGHEIDSTUDIES 7 VRAAG 3 3.1 Noem VYF funksies van vakbonde. (10) 3.2 Lees die gevalle-studie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Siya en Naomi het hul eie besigheid, Dila Hoya Lodge in die begin van 2013 begin. Hulle albei kyk uit na geleenthede wat die 2013 Rugby-wêreldbeker sal aanbied. Die volgende is ʼn opsomming van hul aktiwiteite vir Februarie 2013:  Albei het meubels in die eerste en tweede week in Februarie gekoop.  Vanaf die tweede tot die laaste week van die maand het Naomi eetgerei gekoop.  Sy moes ook ʼn bestelling vir beddegoed en gordyne in die 3de week plaas.  Siya het sekuriteit vir die besigheid in die laaste week van Februarie vir die besigheid gereël.  Gedurende die eerste twee weke het Siya vir ʼn besigheidslisensie by die munisipaliteit aansoek gedoen. 3.2.1 Teken ʼn Gantt-kaart wat die aktiwiteite van Siya en Naomi as vennote illustreer. (24) 3.2.2 Noem VYF voordele van ʼn Gantt-kaart. (10) 3.3 Stel VYF faktore voor wat in ag geneem moet word wanneer stres in die werkplek bestuur word. (10) 3.4 Lys enige DRIE stappe wanneer ʼn aanbieding mondelings of skriftelik voorgelê word. (6) [60] VRAAG 4 4.1 Bestudeer die volgende artikel wat op 10 Desember 2012 in die Citizen gepubliseer was. “Johannesburg het aangesluit by ʼn internasionale veldtog om ʼn positiewe bydrae tot verandering van die aardse-omgewing te maak. Die groen landskap wat ʼn beeld daarstel van ʼn omgewingsgesinde hulpmiddel. Die konsep het ontstaan uit die eerste wêreldomgewingsaamtrek te Rio De Janeiro in 1990.” 4.1.1 Wat word met “internasionale veldtog” bedoel? (2) 4.1.2 Dink jy dat die bogenoemde veldtog deur die stadsraad van Johannesburg ʼn voorbeeld van “raak sosiaal betrokke” is? Motiveer jou antwoord. (6) 4.1.3 Verduidelik die konsep: “organisatoriese of korporatiewe burgerskap”. (4)
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2013) 4.1.4 Gee spesifieke voorbeelde van hoe besighede organisatoriese of korporatiewe burgerskap in die volgende area kan uitvoer:  Die fisiese omgewing  Die werkende omgewing  Die gemeenskap  Die markomgewing (16) 4.2 Identifiseer enige VYF kenmerke van ʼn goeie entrepreneur. (10) 4.3 Bestudeer die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop volg. Esethu Majikijela, die finansiële Bestuurder van Khanya’s BPK het 21 ondergeskiktes wie daagliks aan hom rapporteer. Dit is die einde van die jaar vir die maatskappy, maar Esethu word met moeilike dilemmas gekonfronteer. Die senior rekenmeester is met siekteverlof en die junior rekenmeester het bedank. Esethu en haar departement het ʼn belangrike sperdatum om te bereik. Derhalwe moet sy en haar span belangrike besluite neem om sodoende die sperdatum te bereik en die finansiële direkteur met die nodige inligting te voorsien en om betyds te rapporteer. 4.3.1 Beskryf die probleemoplossingsproses wat Esethu moet toepas om sodoende haar sperdatum te bereik. (6 x 2) (12) 4.3.2 Verduidelik VYF strategieë wat Esethu kan gebruik om haar stres te kan bestuur. (10) [60] VRAAG 5 5.1 Back street-fabriek het 100 sellulêre fone gedurende Augustus 2013 vervaardig. Hulle kostes vir die maand van Augustus 2013 was soos volg. Direkte arbeidskoste R40 000 Direkte materiaalkoste R210 000 Vaste oorhoofse koste R10 000 Veranderlike oorhoofse koste R2 500 Bepaal die eenheidskoste van ʼn Back street-sellulêre foon. Toon alle berekeninge. (6) 5.2 Waarvoor staan die afkorting “CV”? (2) 5.3 Benoem VYF hoofpunte wat in ʼn CV ingesluit moet word. (10) 5.4 “Deur te leer om in spanne te werk is een van die mees belangrikste vaardighede wat ʼn persoon kan bemeester. Dit is deur goeie spanwerk dat besighede sukses behaal.” Beskryf die VIER stadiums van ontwikkeling wat spanne gewoonlik deurmaak om sodoende sukses in die besigheid te bereik. 4 + (4 x 4) (20)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) BESIGHEIDSTUDIES 9 5.5 ʼn Onderhoudvoerder wat onvoorbereid is se bydrae tydens ʼn onderhoud is oneffektief. Beskryf enige VYF faktore wat in ag geneem moet word wanneer die onderhoudvoerder vir ʼn onderhoud voorberei. (10) 5.6 INDIENSNEMINGSKONTRAK Dit is bindend deur beide partye, wat elkeen ʼn afskrif van die kontrak moet hou. Die doel van die kontrak van indiensneming is om duidelik oor die dienste en verpligtinge/verantwoordelikhede van beide werkgewer en werknemer te hê. Hierdie kontrak moet in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Arbeidswetgewing wees. 5.6.1 Omskryf die term: dienskontrak. (2) 5.6.2 Gee ʼn lys van die minimum inligting (VYF) wat ʼn dienskontrak moet bevat. (10) [60] VRAAG 6 6.1 Stel VYF soorte krisisse wat ʼn besigheid ervaar. (10) 6.2 Lys enige VYF voordele van die informele sektor. (10) 6.3 “Die King’s kode 111 was in September 2009 vrygestel wat daarna strewe om Suid-Afrika op die voor front van goeie bestuur te plaas.” Noem enige SES kenmerke van die King’s kode 111 aangaande goeie bestuur. (12) 6.4 Lys enige VYF kenmerke van die volwasse stadium van ʼn produk se lewensiklus. (10) 6.5 Omskryf enige VIER voordele van ʼn eenmansaak/alleeneienaar. (8) 6.6 Verduidelik kortliks die voordele van uitkontraktering omdat dit oor die jare gewild geword het. (10) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 AFDELING C Beantwoord TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 7 Siphosihle en haar nege vriende het ʼn borgskap van Vodacom vir ʼn konsessie/franchise-besigheid vir mobiele sellulêre fone gekry. Sy het ʼn borgskap van R200 000 ontvang, en nou wil hulle ʼn besigheid met ʼn maksimum van tien lede begin. Adviseer Siphosihle omtrent die ondernemingsvorm wat deur een tot tien lede gevorm kan word. Sluit ook die kenmerke, voordele en nadele in wanneer ʼn persoon die soort besigheid besit. [40]
Downloaded from hlayiso.com 10 BESIGHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2013) VRAAG 8 Baie mense het teorieë voorgestel oor hoe om verandering te bestuur wanneer besigheidsverwante-teorieë hanteer word. Oor die algemeen hou mense nie van verandering nie. Dit is ʼn menslike geaardheid om verandering teen te staan. Om verandering suksesvol te implementeer, moet bestuurders bewus wees waarom mense verandering teenstaan. John Kotter is een van die mense wie hierdie teorieë voorgestel het. Identifiseer die stappe wat geneem moet word om verandering suksesvol te bestuur. Bespreek die redes vir die teenstaan van verandering en die stadiums vir aanpassing. [40] VRAAG 9 Verpakking kan ʼn groot verskil maak in die verkope want unieke, kreatiewe en promosie-verpakking trek die aandag van die verbruiker. Gebaseer op die bogenoemde stelling, identifiseer die funksies en vereistes van verpakking en bespreek ook die verskillende vorme/soorte verpakking. [40] VRAAG 10 Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop volg. Save bank ʼn Bank in Ugie, in die Oos-Kaap, nooi applikante vir die posisie van Bankbestuurder Salaris: R250 000 p.j. (ond.) Ervaring en kwalifikasies Net kandidate met drie jaar ondervinding in ʼn bestuurposisie kan aansoek doen. Die suksesvolle kandidate moet ʼn honneursgraad in Finansiële Bestuur besit. Die suksesvolle kandidaat moet in staat wees om konflik te kan bestuur binne ʼn span situasie om sinergie te bevorder. Pos of e-pos aansoeke asseblief, saam met ʼn volledige CV en die name en telefoonnommers of twee verwysings, aan Mev. Nosipho Dlamini. Geen aansoeke wat gefaks is, sal aanvaar word nie. Kontakbesonderhede Posbus 7 Elliot 5460 Telefoon: 089 767 6089 E-pos:hr@savebank.co.za SAVE Bank behou die reg om nie met die vul van die pos voort te gaan nie. ʼn Aansoek in sigself is nie toelating tot ʼn onderhoud nie. Bespreek die volgende punte wat verband hou met die gevallestudie.  Die keuringsproses wat sal plaasvind om die mees geskikste kandidaat vir die vakante betrekking by SAVE bank te vind.  Sluit die belangrikheid van spanwerk en die oorsake van konflikbestuur as vereistes wat benodig word om as ʼn algemene bestuurder aangestel te word. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Business Studies

View all