Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
BESIGHEIDSTUDIES
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
*BUSTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 254.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2014
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.
1. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die onderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie
afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie
afdeling.
2. Lees die instruksies van elke vraag noukeurig deur en neem kennis van wat
vereis word.
3. Nommer die antwoord volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
4. Beantwoord al die vrae in VOLSINNE, behalwe waar spesifieke instruksies
anders gegee word.
5. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids in die tyd- en puntetoekenning
wanneer die vrae beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A Meervoudigekeuse-vrae
Kies die korrekte woord
1 40 30 minute
Pas-items
VERPLIGTEND
B Beantwoord enige DRIE van 2 60 30 minute
die vyf vrae. 3 60 30 minute
4 60 30 minute
5 60 30 minute
6 60 30 minute
C Opsteltipe-vrae 7 40 30 minute
Beantwoord enige TWEE 8 40 30 minute
van die vier vrae. 9 40 30 minute
10 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) BESIGHEIDSTUDIES 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 VIER moontlike opsies word as antwoord vir die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.
1.1.1 Die werklike prestasie van ʼn bestuurder word vergelyk met
verwagte prestasie om hy/sy se salarisverhoging te doen. Hierdie
proses staan as … bekend.
A plasing
B werwing
C kwaliteitwerkverrigting
D menslik
1.1.2 ʼn Voorbeeld van onprofessionele en onetiese gedrag is …
A indiensneming van ongeskoolde werkers.
B verhoging van pryse as gevolg van kompetisie.
C vermorsing en uitbuiting van werktyd deur persoonlike dinge
te doen.
D om aandag aan werknemers se probleme in die besigheid te
gee.
1.1.3 Mahlomo koop 3 000 aandele teen R4 per aandeel. Die opbrengs
wat hy vanaf Telkom sal ontvang is in die vorm van …
A winste.
B voorkeur aandele.
C rente.
D dividende.
1.1.4 … is die betalingsmetode om ʼn versekeringsmaatskappy te betaal
vir enige gebeurlikhede.
A Afslag
B Belasting
C Premie
D Vergoeding
1.1.5 ʼn Hoofbestuurder gee sy toespraak aan die raad van direkteure
sonder om enige hulpmiddels te gebruik. Hierdie is ʼn voorbeeld
van ... kommunikasie.
A elektroniese
B nie-verbale
C visuele
D verbale
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2014)
1.1.6 Hierdie wet beskerm diensverskaffers teen geen-betaling
verbruikers.
A Verbruikersbeskermingswet
B Nasionale Kredietwet
C Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging
D Vaardigheidsontwikkelingswet
1.1.7 … word gebruik om ʼn dispuut tussen werkgewer en werknemer te
help oplos en help om nader aan ʼn oplossing te kom.
A Arbitrasie
B Bemiddeling
C Gemenereg
D Konsiliasie
1.1.8 Watter EEN is nie ʼn klousule of aanbeveling van die King Kode van
Beste Sakepraktyk nie?
A Verbetering van korporatiewe bestuur
B Eksterne ouditering
C Ouditkomitees
D Risikobestuur
1.1.9 Besighede moet ... om die uitdagings van veranderde tegnologie te
kan hanteer.
A meer goedere vervaardig
B genoeg oortyd toelaat
C personeel gereelde indiensopleiding gee
D meer werkers aanstel
1.1.10 Hierdie vorm van eienaarskap het NIE ʼn aparte wettige entiteit NIE.
A Eenmansaak en publieke maatskappy
B Beslote korporasie en vennootskap
C Eenmansaak en vennootskap
D Privaat maatskappy en beslote korporasie (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) BESIGHEIDSTUDIES 5
1.2 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 (Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid/Korporatiewe
Burgerskap) beteken dat ʼn besigheidmodel sosiaal verantwoordelik
en omgewingsvolhoubaar moet wees.
1.2.2 Die (vennote/lede) is verantwoordelik vir die bestuur van die
korporasie.
1.2.3 (Die Kragveld-analise/SSGB-analise) is ʼn besluitnemingstegniek wat
al die kragte vir, en teen ʼn spesifieke besluit ondersoek.
1.2.4 Die doel van die (Arbeidsverhoudingswet nr. 66 van 1995/Wet op
Basiese Diensvoorwaardes nr. 75 van 1997) is om te verseker dat
werkers regverdig in die werkplek behandel word en nie deur
werkgewers uitgebuit word nie.
1.2.5 ʼn Werker is geregtig op (3 maande/4 maande) kraamverlof.
(5 x 2) (10)
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Interne werwing A dien as ʼn barometer van
ekonomiese aktiwiteite
1.3.2 Indemnifikasie B beskryf die pligte en
verantwoordelikheid van ʼn
werknemer van ʼn spesifieke werk
1.3.3 Johannesburg C die versekeraar dek die
Sekuriteitebeurs versekerde vir gebeure wat
moontlik sal plaasvind
1.3.4 Werksbeskrywing D die proses om geskikte werkers
vir bevorderingsposte in die
besigheid te identifiseer
1.3.5 Korporatiewe Sosiale E die kennis, vaardighede en
Investering ervaring wat ʼn persoon nodig het
om ʼn taak uit te voer
F besigheid wat ʼn
gemeenskapsontwikkelingsprojek
borg
G die bedrag wat ʼn belegger
ontvang na gelang van die
belegging wat gemaak is
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2014)
AFDELING B
Beantwoord enige DRIE vrae van die vyf vrae in AFDELING B. Begin ELKE vraag
op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 2.1.1 Gee enige DRIE stadiums in die ontwikkeling van ʼn strategie. (3 x 2) (6)
2.1.2 Professor Michael E. Porter het die Porter Vyf Kragte-model
ontwikkel. Noem die VYF kragte wat Porter gebruik om die makro-
omgewing te analiseer. (5 x 2) (10)
2.2 “Daar is geen wit persoon wat verarm word omdat BBSEB ingestel was en die
effek wat dit het nie.”
[Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies – Sunday Times 20/10/2013]
2.2.1 Waarvoor staan die letters BBSEB? (2)
2.2.2 Lys enige DRIE pilare van BBSEB. (6)
2.2.3 Regverdig die instelling van die BBSEB-wetgewing deur na enige
TWEE voorbeelde te verwys. (6)
2.3 KAYO SKOENVERVAARDIGER
Mathomo is ʼn plaas wat naby Berlin tot stand gekom het, wat spesialiseer in
veeboerdery. Die plaasboer verkoop die velle van die geslagte diere aan
Kayo-skoenevervaardiger. Kayo-skoenvervaardiger is ʼn skoenfabriek naby
King William’s Town in die Oos-Kaap. Kayo-skoene het onlangs ʼn
skoenwinkel in King William’s Town oopgemaak. Die skoenwinkel het
bekendheid en gewildheid vir die gerieflike informele skoene en formele
skoene wat hulle verkoop verwerf.
ʼn Ander maatskappy, Smith-vervaardigers (Edms.) Bpk. verkoop ʼn wye reeks
leer- en rubberprodukte aan Kayo en ander tekstielvervaardigers regoor die
land.
2.3.1 Identifiseer die sektore waaraan die verskillende besighede genoem
in bogenoemde scenario behoort.
Motiveer jou antwoord. (9)
2.3.2 Verduidelik in watter mate Kayo-skoene die mikro-besigheid
omgewing van die drie sektore wat geïdentifiseer was in
VRAAG 2.3.1, kan beïnvloed. (9)
2.4 Never Give up, ʼn nieregeringsorganisasie het sosiale verantwoordelikheids-
projekte in die gebied geloods.
Beskryf VIER voordele vir Never Give Up omdat hulle die gemeenskap se
projekte ondersteun. (4 x 2) (8)
2.5 Noem enige TWEE sleutelbeginsels wat deur Regter Mervyn King in die King-
verslag geïdentifiseer word. (2 x 2) (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) BESIGHEIDSTUDIES 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 “Leierskapstyle verwys na die manier hoe ʼn leier optree wanneer hy/sy
leierskapstake verrig. Hierdie is die resultaat van die leier se oortuigings,
persoonlikheid en ervaring.”
3.1.1 Gee enige VYF verskille tussen leierskap-en bestuurrolle in
tabelvorm. (10)
3.1.2 Behoort leiers slegs een leierskapstyl toe te pas?
Motiveer jou antwoord. (4)
3.2 Paul het R30 000 by ʼn finansiële instelling vir ʼn tydperk van 3 jaar belê. Die
rente wat die finansiële instelling aanbied was 3% per jaar, saamgestelde
rente.
3.2.1 Deur gebruik te maak van die saamgestelde renteberekening,
bereken wat Paul oor ʼn drie jaar periode sal verdien. (Toon alle
berekeninge.) (8)
3.2.2 Tabuleer die verskille tussen saamgestelde rente en enkelvoudige
rente. (8)
3.3 Bespreek die impak wat die volgende faktore op die sukses en mislukkings
van ʼn besigheid het:
3.3.1 Kapitaal (4)
3.3.2 Belasting (4)
3.3.3 Wetgewing (4)
3.4 P. Paul is ʼn nuut aangestelde finansiële bestuurder wat ʼn nieverbale
aanbieding moet doen. Help Paul deur DRIE maniere te lys om inligting aan
te bied. Stel ook DRIE maniere voor hoe hy terugvoering kan hanteer. (12)
3.5 Lys enige DRIE maniere hoe daar in aandele as ʼn vorm van belegging belê
kan word. (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Vergelyk die Delphi-tegniek en die Kragveldontleding-tegniek in tabelvorm,
en noem ook voorbeelde van besigheidsprobleme wat die beste deur elkeen
van die tegnieke opgelos kan word. (8 x 2) (16)
4.2 Verduidelik hoe ongemagtigde gebruik van fondse en die prysverskille in
plattelandse gebiede etiese en professionele gedrag kan beïnvloed, en stel
ook maniere voor oor hoe hierdie onetiese gedrag deur besighede
aangespreek kan word. (12)
4.3 Beskryf die stappe wat ʼn bestuurder kan neem om probleme in ʼn
besigheidsonderneming op te los. (12)
4.4 Beskryf enige VIER kenmerke van ʼn suksesvolle span. (4 x 2) (8)
4.5 B. Pillay werk onder kwaai stres, omdat sy onmiddellike toesighouer ʼn groot
werklading aan hom gegee het wat nie deel van sy werksbeskrywing uitmaak
nie. B. Pillay het onmiddellik ʼn grieweprosedure aanhangig gemaak.
Verduidelik die VIER hoofstappe wat ʼn besigheid moet volg om die grief te
hanteer. (4 x 3) (12)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) BESIGHEIDSTUDIES 9
VRAAG 5: BESIGHEIDSOPERASIES
5.1 Bespreek die hoofdoelwitte van die volgende wette:
5.1.1 Die Arbeidsverhoudingswet (Wet. 66 van 1997) (8)
5.1.2 Die Nasionale Kredietwet (Wet. 34 van 2005) (8)
5.2 5.2.1 Verduidelik waarom ʼn dienskontrak belangrik is en noem enige VIER
klousules wat in ʼn dienskontrak vervat moet word. (10)
5.2.2 Beskryf enige TWEE maniere hoe ʼn dienskontrak beëindig kan word. (4)
5.3 Bespreek risikobestuur en hoe hierdie funksie se kwaliteitwerkverrigting tot
die sukses van die besigheid kan bydra. (10)
5.4 “James Small besit ʼn klein sakeonderneming in Oos-Londen. Hy wil graag ʼn
kantoorassistent indiens neem wat verskaffers kan kontak, dokumente en
lêers in orde hou en met die groter publiek kan kommunikeer. Aansoekers
moet ervaring in Microsoft Office-kantoorpakket het en moet ook goeie
kommunikasievermoë het. Die minimum kwalifikasie wat die aansoeker
moet besit is ʼn graad 12-sertifikaat.”
5.4.1 Help mnr. Small om ʼn werksontleding vir die posisie op te stel onder
die volgende subhoofde:
(a) Pligte (2)
(b) Persoonlikheidseienskappe (2)
5.4.2 Lys enige VYF stappe wat mnr. Small tydens die seleksieproses van
die mees geskikte kandidaat moet volg. (10)
5.5 “Dit is die plig van die werkgewer om by die Vergoedingskommesaris te
registreer wanneer hulle hul besigheid begin.”
Lys enige TWEE begunstigdes wat voordele uit die Wet Op
Beroepsbeserings- en Siektes (Wet 61 van 1997) kan ontvang. (4)
5.6 Omskryf die term, ‘Lopende Betaalstelsel’. (2)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 BESIGHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 6: DIVERSE ONDERWERPE
6.1 6.1.1 Vergelyk DRIE voordele en DRIE nadele van sosiale
verantwoordelikheid vir ʼn besigheid. (12)
6.1.2 Definieer die term, korporatiewe sosiale belegging. (4)
6.2 “Die Arbeidsverhoudingewet (Wet 66 van 1995) is van toepassing op alle
besighede en maak voorsiening vir die KVBA om dispute op te los wat nie in
die werkplek opgelos kan word nie.”
6.2.1 Skryf die afkorting KVBA voluit. (2)
6.2.2 Noem VIER maniere hoe arbeidsdispute opgelos kan word. (8)
6.2.3 Onderskei tussen bemiddeling en arbitrasie. (4)
6.3 Beskryf kortliks die stappe wat die menslikehulpbronnebestuurder moet volg
voor ʼn nuwe werker indiens geneem word. (14)
6.4 “Die JSB is ʼn aandelemark waar sekuriteite verhandel word met aandele as
die hoofkommoditeit.”
6.4.1 Lys enige VIER funksies van die JSB. (4 x 2) (8)
6.4.2 Tabuleer die verskille tussen voorkeuraandele en gewone aandele.
(4 x 2) (8)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) BESIGHEIDSTUDIES 11
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling.
LET WEL: Begin elke vraag op ʼn skoon bladsy en nommer die vraag soos op
die vraestel, bv. VRAAG 11.
VRAAG 7
Vaardigheidsontwikkeling is van die uiterste belang om ekonomiese groei in Suid-
Afrika te bevorder.
Is hierdie stelling waar? Bespreek die egtheid van bogenoemde stelling deur die
Vaardigheidsontwikkelingswet (VOW), 1998 (Wet 97 van 1998) te evalueer, deur
te verwys na die doel van die wet, hoe dit befonds word en die oogmerke van die
Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. [40]
VRAAG 8
In Suid-Afrika is daar baie besigheidspersone wat hoogs suksesvol in hul
besigsondernemings is. Goeie bestuur en leierskap het ʼn direkte invloed op die
suksesse van die organisasies en ondernemings.
Kortliks onderskei tussen bestuur en leierskap en bespreek DRIE soorte bestuur-
en leierskapstyle wat in besighede toegepas word om uitstaande sukses in ʼn
besigheid te verseker. Gebruik voorbeelde en verduidelik hoe hierdie style
suksesvol in die werkplek toegepas kan word. [40]
VRAAG 9
James en John is projekbestuurders by ʼn groot tekstielvervaardiger. Onder hulle
leiding is ʼn groep ontwerpers en kwaliteitbeheerders. Sommige kere voel dit vir
hulle dat elkeen in die groep sy eie ding wil doen, en as gevolg van konflik in die
span word niks uitgerig nie. Spertye moet bereik word, maar dit lyk onmoontlik
omdat sommige werkers net moeilik is.
Jy is ʼn professionele onderhandelaar. Bespreek die oorsake asook die soorte
konflikte, en evalueer dan die rol van bestuur, werkplekforums, asook vakbonde
om konflik in die werkplek te verminder. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 BESIGHEIDSTUDIES (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 10
Yellow Supermark het sekere besigheid- en bestuursfunksies wat deur
verskillende bestuurders van verskillende departemente in die besigheid
uitgevoer word. By die algemene jaarvergadering het mnr. M. Zonke, die
algemene bestuurder gesê dat kwaliteitwerkverrigting binne elkeen van die
besigheidsfunksies, tot die sukses van die besigheid kan bydra.
Analiseer en bespreek hoe die kwaliteitwerkverrigtinge van die volgende funksies
tot die sukses van die besigheid kan bydra:
Bemarking
Openbare betrekking
Algemene bestuur
Menslike hulpbronne
Gebruik praktiese voorbeelde om jou antwoord te staaf. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape June 2014 QP

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum