Skip to content

Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP

Question paperBusiness StudiesGrade 11201916 pages

Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 BESIGHEIDSTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IBUSTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydtoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 30 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 30 vrae KEUSE: 3 40 30 Beantwoord enige TWEE. 4 40 30 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 30 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy ens. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Top Teikens se werkers het aan ʼn … deelgeneem toe hulle gesamentlik geweier het om te werk. A uitsluiting B betoging/protesoptog C staking D sloerstaking 1.1.2 Geld Vinders bied klein lenings aan mense wat nie krediet by banke kan kry nie. Dit is ʼn voorbeeld van ʼn uitdaging van die … omgewing. A mark- B makro- C mikro- D primêre 1.1.3 Gesonde Lekkers gebruik … prysbepaling toe hulle ʼn nuwe sjokoladestafie van stapel gestuur het teen ʼn prys laer as ʼn soortgelyke sjokoladestafie wat reeds op die mark is. A penetrasie- B mededingende- C diskonto/afslag- D gedifferensieerde 1.1.4 Gugu Sakke produseer 3 500 sakke teen ʼn totale koste van R259 000. Indien hulle 40% wins op kosprys wil maak, sal hulle die sakke teen … per sak moet verkoop. A R74,00 B R103,60 C R29,60 D R52,86 1.1.5 Hierdie Wet laat nie vir Futa Kosse toe om toetse en eksamens uit te voer tydens die seleksieproses nie, indien dié diskrimineer teen kandidate op grond van ras, geslag of kultuur: A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD), 1997 (Wet 75 van 1997) B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) D Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (‘COIDA’), 1997 (Wet 61 van 1997) (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. netwerkvorming; menslike; strategiese bondgenoot; natuurlike; primêre; standaardisering; reguleerder; magsverhoudinge; gradering; oorhoofse 1.2.1 Mega Myne gaan sluit as gevolg van die uitputting van … hulpbronne. 1.2.2 Die proses om ʼn voordelige verhouding met ander sakelui en kliënte te vestig, staan as … bekend. 1.2.3 Die SABS as ʼn … bevorder standaardisasie in die handel en nywerheid. 1.2.4 Die maandelikse huur wat deur Skoen Wêreld betaal word maak deel uit van hul … kostes. 1.2.5 Leto Vervaardigers gebruik die proses van … om identiese produkte met die gebruik van masjinerie te vervaardig. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Storting A die proses van beskendstelling van nuwe werknemers aan die besigheid en sy verwante aspekte 1.3.2 Arbeidsbeperking B afbreek van die internationale hindernisse om handel te dryf en die beweging van goedere en dienste te bevorder om ʼn globale ekonomie te skep 1.3.3 Stukwerk C die manier waarop die materiaal moet beweeg van een punt na die volgende totdat die finale produk voltooi is 1.3.4 Skedulering D ʼn land voer onwettige goedere uit na ʼn ander land 1.3.5 Induksie E betaal werkers vir die hoeveelheid ure wat hulle werk F die regerings-inisiatief wat dit moeilik maak om vaardighede internasionaal in te voer, maar besighede eerder aanmoedig om iemand plaaslik aan te stel G die proses waardeur ʼn nuwe werknemer in ʼn vakante posisie geplaas word H bereken die vereiste tyd om elke aktiwiteit uit te voer en teen wanneer die proses voltooi moet wees I betaal werkers vir die aantal produkte/items wat hulle vervaardig J ʼn vervaardiger in een land voer goedere uit na ʼn ander land teen ʼn prys wat heelwat laer is as die prys wat dit in sy tuismark vra (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy ens. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem DRIE soorte besigheidsektore. (3) 2.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JOE SUPERMARK (JS) Joe Supermark het ʼn bestuurder in diens geneem wat ʼn gebrek aan bestuursvaardighede het. Die verhoging in die minimum lone van werkers wat deur wetgewing afgedwing word, maak dit ook moeilik om ʼn wins te maak. Onlangs het ʼn nuwe 24-uur supermark oorkant die straat van Joe Supermark oopgemaak. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om die vrae wat volg te beantwoord. UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN BEHEER (2.2.1) OMGEWINGS (2.2.2) Mikro Mark Makro 2.2.1 Haal EEN uitdaging in elke besigheidsomgewing wat JS moet hanteer uit die scenario hierbo aan. (3) 2.2.2 Noem die mate van beheer wat JS oor ELKE besigheidsomgewing het. (3) 2.3 Verduidelik die impak van stakings as ʼn sosio-ekonomiese kwessie op besighede. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UITKYK MYNE Uitkyk Myne spesialiseer in die ontginning van goud. Die mynwerkers behoort almal aan ʼn vakbond. Die vakbond ontmoet gereeld met die bestuur van die myn in ʼn poging om die werksomstandighede van die werkers te verbeter. Die vakbond verskaf ook wetlike en finansiële advies aan hul lede. Onlangs het die vakbond die regering se besluit beïnvloed om die veilige gebruik van plofstowwe in myne te verseker. 2.4.1 Haal DRIE funksies van ʼn vakbond uit die scenario hierbo aan. (3) 2.4.2 Beskryf in breë trekke ander funksies van ʼn vakbond. (6) 2.5 Verduidelik die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) 1995 (Wet 66 van 1995). (6) 2.6 Bespreek maniere waarop besighede werkloosheid as ʼn sosio-ekonomiese kwessie kan hanteer. (4) 2.7 Stel maniere voor waarop ʼn besigheid homself van sy mededingers kan onderskei. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem die DRIE kategorieë van verbruikersgoedere. (3) 3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HELDER BESKUITJIES (HB) Helder Beskuitjies verkoop verskillende soorte beskuitjies. Hulle beskuitjies word verpak in lugdigte houers wat ook gebruik kan word om ander items te stoor wanneer die beskuitjies op is. Onlangs het Helder Beskuitjies ook lekkers en beskuitjies saam verpak en as ʼn spesiale aanbieding verkoop. 3.2.1 Identifeer die TWEE soorte verpakking wat deur Helder Beskuitjies gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (6) Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om VRAAG 3.2.1 te beantwoord. SOORT VERPAKKING MOTIVERING 1. 2. 3.2.2 Verduidelik die doel van verpakking van produkte. (6) 3.3 Bespreek maniere waarop Suid-Afrikaanse besighede ʼn buitelandse mark kan betree. (6) 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KASTE VIR AFRIKA Kaste vir Afrika spesialiseer in die maak van ingeboude kaste. Hulle maak die kaste volgens die presiese spesifikasies van ʼn spesifieke kliënt. 3.4.1 Identifiseer die produksiestelsel wat deur Kaste vir Afrika gebruik word. Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario hierbo. (3) 3.4.2 Verduidelik die nadele van die produksiestelsel, wat in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is, op besighede. (6) 3.5 Beskryf totale gehaltebestuur (TGB/’TQM’) as deel van gehaltebestuur- sisteme. (4) 3.6 Gee besighede raad oor die aspekte wat tydens produksiebeheer oorweeg moet word. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V1 9 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Identifiseer moonlike oplossings vir Deftige Voete om rowery (‘piracy’) te hanteer in elke stelling hieronder: 4.1.1 Deftige Voete gebruik ʼn spesiale simbool van twee voete met vlerke om kliënte in staat te stel om hulle skoene te identifiseer. 4.1.2 Deftige Voete het hul uitvinding om die hoogte van hul hakke van hul skoene te verander deur slegs verskillende lengtes hakke aan te knip geregistreer. (4) 4.2 Verduidelik voordele van besighede wat betrokke in die makro-omgewing is. (6) 4.3 Bespreek hoe kontemporêre wetgewing besigheidsbedrywighede kan affekteer. (4) 4.4 Beveel maniere aan waarop besighede in die makro-omgewing betrokke kan wees. (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Noem DRIE werknemervoordele. (3) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ELITE SWEETPAKKE Elite Sweetpakke verkoop sweetpakke in Oos-Londen. Hulle plaas altyd ʼn advertensie in die plaaslike koerant om hul weeklikse spesiale aanbiedings te adverteer. Onlangs het hulle ook ʼn foto in die koerant gehad van die plaaslike sokkerspan se sweetpakke wat hulle borg. 4.6.1 Identifiseer TWEE komponente van die bemarkingskommunikasie /promosie-beleid wat deur Elite Sweetpakke gebruik word. (4) 4.6.2 Noem enige ander EEN komponent van die bemarkings- kommuniksie/promosie-beleid wat deur Elite Sweetpakke gebruik kan word. (1) 4.7 Verduidelik die nadele van elektroniese bemarking vir besighede. (4) 4.8 Brei uit oor die betekenis van gehaltebeheer as ʼn gehaltekonsep. (4) 4.9 Beveel voorkomingsmaatreëls aan wat besighede behoort te neem wanneer masjinerie tydens die produksieproses gebruik word. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS Besighede moet voortdurend aanpas by die uitdagings van die mikro-, mark- en makro-besigheidsomgewings. Invloedwerwing en magsverhoudinge kan deur besighede gebruik word om by die uitdagings aan te pas. Skryf ʼn opstel waarin jy die volgende aspekte aanspreek:  Verduidelik VIER maniere waarop besighede kan aanpas by uitdagings in die makro-omgewing  Bespreek DRIE soorte invloedwerwing  Beskryf maniere waarop besighede magsverhoudinge kan vorm  Stel maniere voor waarop besighede ʼn direkte invloed op die omgewing kan hê [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE KRISTAL KONSTRUKSIE (KK) Kristal Konstruksie het interne en eksterne werwing gebruik voordat hulle onderhoude gevoer het met drie kandidate wat op die kortlys geplaas is tydens die seleksieproses. Die bestuur sal ook ʼn indiensnemingskontrak vir die verkose kandidaat moet voorberei. As ʼn menslike hulpbronne konsultant, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:  Onderskei tussen interne en eksterne werwing; sluit in ʼn voorbeeld van elke tipe werwing  Verduidelik die seleksieproses  Gee Kristal Konstruksie raad oor die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud  Beveel Kristal Konstruksie aan oor die aspekte wat in die indiensnemingskontrak van die gekose kandidaat ingesluit moet wees [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 11 Business Studies

View all