Skip to content

Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP

Question paperBusiness StudiesGrade 11201916 pages

Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 BESIGHEIDSTUDIES V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IBUSTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 30 B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 30 KEUSE: (Beantwoord enige TWEE.) 3 40 30 4 40 30 C: TWEE opsteltipe vrae KEUSE: 5 40 30 (Beantwoord enige EEN.) 6 40 30 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Watter van die volgende is ʼn voorbeeld van nieverbale besigheidsinligting? A Besprekings B Mondelinge C Grafieke D Telefoniese oproepe 1.1.2 Transnet is ʼn voorbeeld van ʼn … maatskappy. A private B staatsbeheerde C publieke D nie-winsgewende 1.1.3 Die beplanningsproses wat die plan in werking stel, word ʼn … genoem. A besigheidsplan B toelaag C lening D aksieplan 1.1.4 Idees wat oorspronklik en nuttig is om besigheidsuitgadings op te los: A Kreatiewe denke B Laterale denke C Onkonvensionele oplossings D Gehalteversekering 1.1.5 ʼn Agt-stap sisteem vir die bestuur van verandering is deur … ontwerp. A Meredith Belbin B John P. Kotter C Kurt Lewin D Margerison-McCann (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. burgers; private; publieke; konflik; tantieme; nie-winsgewende; huur; burgerlike; stres; buitelanders 1.2.1 Die inkomste en bates van ʼn filantroop (‘humanitarian giver’) word vir openbare doeleindes gebruik. Dié soort besigheid staan as ʼn … maatskappy bekend. 1.2.2 Die lopende fooi wat aan die eienaar van ʼn bate betaal word vir die gebruik van sy naam en handelsmerk staan as … bekend. 1.2.3 Kaya se werklading en tydsdruk kan beheer word deur …-bestuur. 1.2.4 Mense wat in ʼn spesifieke land woon of gebore is, word … genoem. 1.2.5 Die … samelewing sluit NRO’s en GBO’s in wat tot sosiale en ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe bydra. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V2 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Uitkontraktering A gebruik vorige besluite om hulle besluitneming te lei 1.3.2 Eienaarskapitaal B fokus is op die voltooiing van die taak 1.3.3 Normering C ondersoeking van nuwe idees om dinge beter te doen 1.3.4 Die regte benadering D lisensie om die naam en idee van ʼn bestaande besigheid te gebruik 1.3.5 Roetinedenke E geld wat ʼn besigheid skuld en wat oor ʼn spesifieke tydperk terugbetaal moet word F gebruik van arbeidsmakelaar vir werwing van geskikte en gekwalifiseerde werknemers G om tot ʼn ooreenkoms te kom en konsensus te bereik H sakepraktyk om ʼn derde party te huur om dienste te verrig I die behandeling van al sy kliënte en werknemers met respek en waardigheid J fondse wat deur die eienaars van ʼn besigheid bygedra word (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem DRIE aspekte wat oorweeg moet word wanneer ʼn besigheid begin word. (3) 2.2 Omskryf in breë trekke die faktore wat oorweeg moet word wanneer ʼn strooibiljet ontwerp word. (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ZOE EIENDOMME (ZE) Zoe Eiendomme besit eiendomme regoor die land. Besighede sluit ʼn ooreenkoms met ZE en betaal op ʼn maandelikse basis vir die gebruik van ʼn eiendom vir ʼn spesifieke periode. 2.3.1 Identifiseer die manier om ʼn besigheid te verkry voorgestel in die scenario hierbo. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3) 2.3.2 Verduidelik die nadele van die manier om ʼn besigheid te verkry geïdentifiseer in VRAAG 2.3.1 op besighede. (4) 2.4 Onderskei tussen vennootskap en maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid. (8) 2.5 Beskryf die betekenis van die volgende beplanningsinstrumente: 2.5.1 Tydlyne (2) 2.5.2 Projekbeplanning (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V2 7 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. THABO MHLONGO SKRYFBEHOEFTES (TMS) Thabo het van sy vorige werk bedank om sy eie besigheidsonderneming bekend as TMS te begin. Die maatskappy bied skryfbehoeftes aan die publiek en besighede. Thabo beskryf homself as ambisieus, hardwerkend en het ʼn positiewe uitkyk. Hy volhard en het ʼn duidelike fokus op winsgewendheid en volhoubaarheid van die besigheid. 2.6.1 Identifiseer VIER eienskappe van ʼn entrepreneur uit die scenario hierbo. (4) 2.6.2 Noem TWEE sleutel suksesfaktore uit die scenario hierbo. (2) 2.7 Beveel faktore aan wat die aanbieder moet oorweeg wanneer hy/sy ʼn aanbieding ontwerp. (8) [40] VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem VIER stappe in probleemoplossing. (4) 3.2 Omskryf in breë trekke die regte en verantwoodelikhede van burgers. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TUMI MAYENDE BRAAI (TMB) Tumi Mayende Braai voel die druk wanneer hulle kos vrot raak omdat hulle nie elektrisiteit het nie. Hulle is gesluit tydens beurtkrag as gevolg van gesondheids- en veiligheidskwessies. 3.3.1 Identifeer TWEE krisis-situasies in die scenario hierbo. (2) 3.3.2 Definieer die term krisis. (2) 3.3.3 Stel maniere voor waarop TMB besigheids-verwante krisisse kan aanspreek/hanteer in die werkplek. (6) 3.4 Bespreek die funksies van werksplekforums op besighede. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019) 3.5 Identifiseer die stadiums van span-ontwikkeling geïllustreer in die volgende stellings: 3.5.1 Spanlede het meningsverskille, maar los hulle vinnig op om hul doelwitte te bereik. 3.5.2 Spanlede is gemaklik en leer meer van mekaar. 3.5.3 Spanlede werk nie saam nie, aangesien hulle meeding om die posisie van die spanleier. (3 x 2) (6) 3.6 Beskryf strategieë besighede kan gebruik om regstellende aksie te hanteer. (4) 3.7 Beveel maniere aan waarop besighede ʼn rol kan speel in die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe. (6) [40] VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Lys DRIE faktore wat die keuse van finansiering beïnvloed. (3) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TENGO & CASH PROKUREURS (T&C) T&C het die volgende aktiwiteite vir hul besigheid gedurende Januarie 2019 uitgevoer. Tengo registreer die besigheid in die eerste week. In die tweede week, reël Cash vir die huur van ʼn gebou. Derde week, werf Tengo klerke vir die besigheid. 4.2.1 Stel ʼn Gantt-grafiek op deur gebruik te maak van die inligting wat in die scenario hierbo gegee word. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om VRAAG 4.2.1 te beantwoord. AKTIWITEIT WEEK PERSOON VERANTWOORDELIK (9) 4.3 Beveel stappe aan in die skryf van ʼn verslag. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES V2 9 BESIGHEIDSROLLE 4.4 Lys VIER oorsake van konflik in die werkplek. (4) 4.5 Noem die probleemoplossingstegniek voorgestel in ELK van die volgende stellings: 4.5.1 Koning Konsultante het die voordele en nadele gelys om hulle besigheidstuktuur te verander. 4.5.2 Koning Konsultante het deskundiges versoek om ʼn vraelys te voltooi oor hoe om hul besigheid se probleme op te los. (2 x 2) (4) 4.6 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (8) 4.7 Stel redes voor hoekom besighede by sosiale programme betrokke moet raak. (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME) JUNIOR JOHNSON ENTERPRISE (JJE) Junior en Johnson is vennote en hulle wil hul rykdom en kapitaal verhoog deur in ʼn besigheid te belê waar daar ʼn klousule met beperkte aanspreeklikheid is. Hulle wil van ʼn vennootskap na ʼn publieke maatskappy verander maar hulle verstaan nie die registrasieprosedures nie, insluitende die Memorandum van Inkorporering. As ʼn besigheidsanalis word jy versoek om JJE oor die volgende te adviseer:  Omskryf in breë trekke die aspekte wat in hulle prospektus ingesluit moet word  Verduidelik die wetlike vereistes van die naam van die maatskappy  Bespreek die voordele van die stigting van ʼn maatskappy teenoor ander ondernemingsvorme  Gee raad aan JJE oor die inhoud wat in die Memorandum van Inkorporering ingesluit moet wees [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (PROFESSIONALISME EN ETIEK) Die Suid-Afrikaanse Grondwet verskaf ʼn etiese basis vir billike behandeling en goeie korporatiewe bestuur. Geloofwaardigheid is die mees belangrikste aspek van die besigheid om te verseker dat die wette nagevolg word om die etiese waardes van individue en besighede te ondersteun. Elke professie het sy eie gedragskode. As ʼn kenner in besigheids-etiek en professionalism, skryf ʼn opstel oor die volgende:  Onderskei tussen professionalisme en etiek  Verduidelik die beginsels van professionalisme  Bespreek die voordele van etiese besigheidsgeleenthede  Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer moet word. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 11 Business Studies

View all