Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
BESIGHEIDSTUDIES V2
MODEL NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Business Studies Grade 11 P2 National November 2019 QP (Afr)
Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the National November 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · National November · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- National November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 793.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
National November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 2 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
INSTRUSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
van wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat
verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet alle antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer
jy elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 35
vrae 3 40 35
KEUSE: 4 40 35
Beantwoord enige TWEE.
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE: 6 40 30
Beantwoord enige EEN.
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 3 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende besighede het onbeperkte
aanspreeklikheid?
A Tunzi BK
B Vuyo en Vuyokazi
C King Kong Bpk.
D Vukani Spyseniers (Edms.) Bpk.
1.1.2 Tembi SMB Bpk. is 'n voorbeeld van 'n …
A staatsbeheerde maatskappy (maatskappy in staatsbesit).
B private maatskappy.
C publieke maatskappy.
D organisasie sonder winsopslag.
1.1.3 Alle bates en inkomste van 'n … moet tot publieke/openbare
voordeel gebruik word.
A publieke maatskappy
B koöperasie
C maatskappy sonder winsopslag
D beslote korporasie
1.1.4 Die … spandinamikateorie definieer spanrolle ten opsigte van die
bydrae wat elke lid tot die span maak.
A Jung se
B Margerison McCann se
C MTR-i-benadering-
D Belbin se rol-
1.1.5 Idees wat oorspronklik en bruikbaar is om besigheidsuitdagings op
te los:
A Laterale denke
B Kreatiewe denke
C Niekonvensionele oplossings
D Gehalte versekering (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 4 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
kragveldanalise; memorandum van inkorporasie; regtebenadering;
afdanking; beslote korporasie; private;
kennisgewing van inkorporasie; aflegging;
nominalegroepstegniek; algemenewelsynbenadering
1.2.1 Die geldende dokument wat die pligte en verantwoordelikhede van
aandeelhouers en direkteure in 'n maatskappy uiteensit, staan as
'n … bekend.
1.2.2 'n … is 'n opsionele genootskap/assosiasie van een of meer
persone, maar nie meer as tien nie.
1.2.3 Sizwe Bpk. het Michael se indiensnemingskontrak as gevolg van
nuwe tegnologie beëindig. Dit is 'n voorbeeld van …
1.2.4 Die bestuur van Tracy Vervaardigers het 'n ...-probleemoplossings-
tegniek gebruik toe hulle oorweeg het om die struktuur van die
besigheid te verander.
1.2.5 Thulane Handelaars volg die …-teorie as 'n riglyn oor hoe om hulle
werknemers met waardigheid en respek te behandel. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 5 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Nie-verbaal A oplossings wat nog nie as algemene
praktyk gevestig is nie
1.3.2 Vennootskapsklousule
B ontwerp 'n drie-stap-model om
1.3.3 Konvensionele verandering te bestuur
oplossings
C 'n meningsverskil/botsing van opinies
1.3.4 John P Kotter tussen twee partye in die werksplek
1.3.5 Konflik D 'n mondelinge aanbieding van inligting
aan 'n gehoor
E 'n formele, geskrewe klagte aan
senior bestuur
F dokument wat as die konstitusie van
'n maatskappy dien
G gebruik algemene waardevolle
ervarings om 'n probleem op te los
H bied inligting aan 'n gehoor sonder
gesproke woorde
I het 'n 8 stap-stelsel vir die bestuur
van verandering ontwerp
J dokument waarby bepalings en
voorwaardes vir bestuur van
besigheid geïnkorporeer is
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 6 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem VYF eienskappe van 'n suksesvolle entrepreneur. (5)
2.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUPER HOENDER (SH)
Super Hoender (SH) is by verskillende afsetpunte in die land beskikbaar.
Mnr. Naidoo, die eienaar van SH, laat nuwe entrepreneurs toe om teen
vergoeding hulle eie besighede, met gebruik van sy besigheidsnaam en
handelsmerk, te begin.
2.2.1 Identifiseer die tipe besigheidsmanier/-metode wat in die scenario
hierbo beskryf word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario (3)
aan te haal.
2.2.2 Noem TWEE ander besigheidsmaniere/metodes wat SH kan
gebruik om 'n besigheid te begin. (2)
2.2.3 Verduidelik die voordele van die tipe besigheidsmanier/-metode
wat in VRAAG 2.2.1 geïdentifiseer is. (4)
2.3 Bespreek die voordele daarvan om 'n maatskappy eerder as ander
ondernemingsvorms te stig. (6)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PAPA SE BOETIEK (PB)
Papa het 'n besigheidsplan ontwikkel wat 'n uitvoerige oorsig van sy
voorgestelde besigheid gee. Hy het sy besigheidsplan gebruik om 'n lening by
die bank te bekom. Hy wil sy besigheidsplan in 'n aksieplan verander.
2.4.1 Definieer 'n aksieplan. (2)
2.4.2 Verduidelik aan PB die belangrikheid van 'n aksieplan. (4)
2.4.3 Beskryf in breë trekke enige TWEE ander befondsingshulpbronne
wat deur PB gebruik kan word. (4)
2.5 Bespreek die voordele van 'n persoonlike-aanspreeklikheid-maatskappy. (4)
2.6 Gee 'n aanbieder raad oor enige DRIE faktore wat in ag geneem moet word
wanneer transparante/skyfies as visuele hulpmiddels voorberei word. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 7 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Identifiseer of die besigheidspraktyk wat in ELK van die volgende stellings
geïdentifiseer word, eties of professioneel is:
3.1.1 Werknemers van Kevin Ouditeure trek altyd formeel aan wanneer
hulle werk toe gaan.
3.1.2 Die besigheid betaal gereeld elke jaar belasting aan die ontvanger
van inkomste.
3.1.3 Dan Konsultasies doen nie besigheid met maatskappye wat
kinders onder die ouderdom van 16 jaar in diens neem nie.
3.1.4 Ntombi, 'n ontvangsdame by Menzi Finansiering, kom betyds om
oggendinligtingsessies te behartig.
3.1.5 Die bestuur van CL Vervaardigers bied opleidingsessies oor 'n
bedrogvrye stelsel vir al hulle werknemers aan. (10)
3.2 Beskryf in hooftrekke TWEE regte en verantwoordelikhede van burgers.
Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om hierdie vraag te beantwoord.
REGTE VERANTWOORDELIKHEDE
1 1
2 2 (8)
3.3 Onderskei tussen roetinedenke en kreatiewe denke. (4)
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DUIKER TEËLS (DKT)
Die bestuur van DKT wil die gehalte van hulle teëls verbeter as gevolg van
verskeie klagtes vanaf hulle klante. Hulle versoek deskundiges om idees te
ontwikkel oor hoe om beter oplossings vir hulle besigheidsprobleme te kry.
3.4.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat in die scenario
hierbo van toepassing is. (2)
3.4.2 Gee die bestuur van DKT raad oor hoe hulle die probleem-
oplossingstegniek wat in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is,
kan toepas. (6)
3.5 Bespreek die beginsels van professionalisme. (4)
3.6 Gee besighede raad oor hoe hulle tot die sosiale en ekonomiese ontwikkeling
van gemeenskappe kan bydra. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 8 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Maak 'n lys van VIER aspekte wat by die prospektus ingesluit moet word. (4)
4.2 Beskryf in hooftrekke die betekenis van die volgende beplanningsinstrumente
wat gebruik kan word om 'n besigheidsplan in 'n aksieplan te verander:
4.2.1 Gantt-kaart (4)
4.2.2 Tydlyne (4)
4.2.3 Projekbeplanning (4)
4.3 Stel TWEE strategieë voor wat besighede kan gebruik om te verseker dat
hulle winsgewend en volhoubaar bly. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.4 Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat deur ELK van die stellings
hieronder verteenwoordig word:
4.4.1 Die spanlede leer mekaar tydens hierdie stadium ken.
4.4.2 Spanlede konfronteer mekaar se idees.
4.4.3 Spanlede is gemotiveerd en werk saam.
4.4.4 Spanlede bereik ooreenkoms en konsensus. (8)
4.5 Bespreek redes waarom besighede by maatskaplike/sosiale programme moet
betrokke raak. (6)
4.6 Gee besighede raad oor die funksies van werksplekforums (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 9 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op die vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy of VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING)
GLOBAL ONDERNEMINGS (GO)
Global Ondernemings het 'n nuwe produk by hulle reeks gevoeg. Moffet, die HUB
('CEO') van die maatskappy, is versoek om 'n strooibiljet saam te stel en om 'n
aanbieding oor hulle produk vir verskillende belanghebbendes te doen. Alhoewel hy
verskillende visuele hulpmiddels gebruik het, kon hy nie op vrae reageer en op 'n
professionele wyse antwoord nie. Daar word van Moffet verwag om 'n verslag oor sy
aanbieding te skryf.
Skryf 'n opstel waarby jy die volgende aspekte insluit:
Gee in breë trekke SES tipes visuele hulpmiddels.
Bespreek faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n strooibiljet saamgestel
word.
Verduidelik die stappe wat gevolg moet word om 'n verslag te skryf.
Beveel maniere aan waarop Moffet op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse op
vrae kan reageer. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (STRES EN KRISISBESTUUR)
CENTRAL HAARSALON (CHS)
Central Haarsalon bied 'n verskeidenheid goeie haarkappersdienste aan. Die besigheid
doen goed want dit is op 'n besige plek geleë. Werknemers moet verlengde ure werk
om klante gelukkig te hou. Die situasie veroorsaak egter stres en die werknemers voel
dat dit vir hulle te veel raak.
Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:
Beskryf in hooftrekke die betekenis van stres.
Verduidelik die oorsake van stres by die werksplek.
Bespreek die belangrikheid van stresbestuur in die werksomgewing waar daar baie
druk is.
Gee CHS-werknemers raad oor maniere waarop hulle stres by die werksplek kan
hanteer. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 National November 2019 QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 National November 2019 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P2 National November 2019 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 National November 2019 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 National November 2019 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum