Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
BESIGHEIDSTUDIES V1
MODEL NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Business Studies Grade 11 P1 National November 2019 QP (Afr)
Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the National November 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 11 · National November · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- National November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 822.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
National November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 2 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
INSTRUSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
van wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat
verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet alle antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer
jy elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 35
vrae 3 40 35
KEUSE: 4 40 35
Beantwoord enige TWEE.
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE: 6 40 30
Beantwoord enige EEN.
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 3 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Die Wet op … vereis dat die menslikehulpbronfunksie gelyke
geleenthede en regverdige behandeling in die werksplek moet
bevorder.
A Arbeidsverhoudinge
B Gelyke Indiensneming
C Basiese Diensvoorwaardes
D Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
1.1.2 Teko Quick Cash gee klein lenings aan klante wat nie by die bank
krediet kan kry nie. Dit is 'n uitdaging van die … omgewing.
A primêre
B mark-
C makro-
D mikro-
1.1.3 Johnny Meubels Bpk. het die beherende aandele van Andries
Vervaardigers gekoop. Dit verwys na …
A 'n vereniging/samesmelting.
B 'n oorname.
C 'n alliansie.
D inligtingsbestuur.
1.1.4 Timmy Vervaardigers het die …-produksiestelsel gebruik toe hulle
tafels vervaardig het voordat hulle stoele vervaardig het.
A lot
B stukwerk
C massa
D enkel
1.1.5 Sizwe Ondernemings het ... gebruik toe hulle gratis monsters van
die nuwe handeroom wat hulle bekendstel, weggegee het.
A direkte verkope
B persoonlike verkope
C verkoopsbevordering
D gesamentlike bevordering (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 4 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
seleksie; handelsmerk; werwing; Arbeidsverhoudinge; bruto;
patent; netto; psigografie; demografie; Vaardigheidsontwikkeling
1.2.1 Easy Bank het die …-prosedure gebruik toe hulle aansoekers se
curricula vitae (CV's) teen voorafbepaalde standaarde gemeet het.
1.2.2 Mohammed Verspreiders het aan die Wet op … voldoen deur
diensverskaffers aan te stel om hulle werknemers op te lei.
1.2.3 Zabalaza Goudmyn het ZG as hulle simbool geregistreer om hulle
produk van ander vervaardigers se produkte te onderskei. Dit
staan as 'n … bekend.
1.2.4 Tammy Ontwerpers het die ingesteldhede/sienswyses en smaak
van hulle teikenmark bestudeer. Dit is 'n voorbeeld van …
1.2.5 Michael het sy … salaris ontvang nadat alle aftrekkings gemaak is.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 5 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Kopiereg A belastings wat op goedere wat in die
land ingebring word, gehef word
1.3.2 Strategiese alliansie-
ooreenkoms B dit sluit woorde en simbole in wat wetlik
deur vervaardigers geregistreer word
1.3.3 Veranderlike koste om hulle produkte te onderskei
1.3.4 Tariewe C stelsel wat 'n verskeidenheid goedere,
wat byna dieselfde is, in hoeveelhede
1.3.5 Stukwerk produseer
D belastingverligting om die uitvoer van
goedere na ander lande aan te moedig
E ooreenkoms tussen besighede wat tot
wedersydse voordele lei
F koste wat konstant bly ongeag die
aantal items geproduseer
G eksklusiewe wetlike reg aan die
ontwerper/skepper gegee om te druk, te
publiseer, uit te voer of op te neem
H ooreenkoms tussen maatskappye om
kragte saam te span om mededinging in
die mark te oorkom
I stelsels waar elke produk volgens die
presiese spesifikasies van die klant
gemaak word
J koste verander volgens die aantal
produkte vervaardig
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 6 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Gee VYF voorbeelde van kontemporêre wetgewing wat
besigheidsbedrywighede kan beïnvloed. (5)
2.2 Bespreek DRIE tipes invloedwerwing wat besighede kan gebruik om by die
uitdagings van die besigheidsomgewing aan te pas. (9)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VASHNIE MODEONTWERPERS (VMO)
Vashnie Modeontwerpers het modeontwerpers in diens wat altyd laat is vir
werk ten spyte van verskeie waarskuwings. Die regering het invoertariewe
verhoog, wat dit vir VMO moeilik maak om voort te gaan om ontwerpersklere
uit China in te voer. VMO koop hulle grondstowwe by Ditebogo
Klerevervaardigers wat gewoonlik uit voorraad is.
Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om die volgende vrae te beantwoord.
UITDAGING BESIGHEIDS- MATE VAN BEHEER
OMGEWING
(2.3.1) (2.3.2) (2.3.3)
(a)
(b)
(c)
2.3.1 Haal DRIE uitdagings uit die scenario hierbo aan wat deur VMO in
die gesig gestaar word. (3)
2.3.2 Klassifiseer ELKE uitdaging volgens die DRIE
besigheidsomgewings. (6)
2.3.3 Noem die mate van beheer wat VMO het oor ELKE
besigheidsomgewing wat in VRAAG 2.3.2 geïdentifiseer is. (3)
2.4 Verduidelik die voordele van besighede wat by die makro-omgewing
betrokke is. (8)
2.5 Gee besighede raad oor die verhouding tussen die primêre, sekondêre en
tersiêre sektore. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 7 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Beskryf in breë trekke DRIE aspekte wat by die indiensnemingskontrak
ingesluit moet word. (3)
3.2 Onderskei tussen stukwerk- en tydsverwante salarisbepalingstelsels. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
THOMAS FINANSIËLE DIENSTE (TFD)
Thomas Finansiële Dienste het 'n pos vir 'n rekenmeester op die
kennisgewingsbord geadverteer.
3.3.1 Identifiseer die werwingsmetode wat TFD gebruik het. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3)
3.3.2 Verduidelik ander werwingstappe/-prosedures wat TFD moes
gevolg het. (6)
3.3.3 Gee die bestuur van TFD raad oor enige TWEE rolle van die
onderhoudvoerder tydens die onderhoud. (4)
3.4 CLEAR WATER BOTTELVERVAARDIGERS (CWBV)
Clear Water Bottelvervaardigers spesialiseer in die vervaardigings van
waterbottels. Die totale koste om 10 000 bottels water te vervaardig,
is R40 000.
3.4.1 Bereken die produksiekoste per bottel. (3)
3.4.2 Bereken die verkoopsprys per bottel as hulle 40% wins op kosprys
wil maak. (4)
3.5 Beskryf in breë trekke enige DRIE aspekte wat tydens produksiebeplanning in
ag geneem moet word. (3)
3.6 Bespreek die vereistes van 'n veilige omgewing by die werksplek. (4)
3.7 Beveel maniere aan waarop besighede aan die Wet op Beroepsgesondheid
en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993) kan voldoen. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 8 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWING
4.1 Beskryf in breë trekke die uitdagings van die mikro-omgewing. (8)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
STEVEN MUSIEKPRODUKSIE (SMP)
Steven Musiekproduksies verloor verkope en inkomste as gevolg van mense
wat op onwettige wyse sy musiekalbums dupliseer en versprei. Dit lei tot
werksverlies in die musiekbedryf.
4.2.1 Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessie wat in die scenario
hierbo van toepassing is. (2)
4.2.2 Haal TWEE invloede van die sosio-ekonomiese kwessie wat in
VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is uit die scenario hierbo aan. (2)
4.2.3 Gee SMP raad oor ander negatiewe invloede van die sosio-
ekonomiese kwessie wat in VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is. (8)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.3 Identifiseer die bemarkingsaktiwiteite wat deur Uniliva (Edms.) Bpk. in ELKE
scenario hieronder toegepas is:
4.3.1 Uniliva (Edms.) Bpk. het 'n bewaarkluis gehuur waarin hulle
produkte veilig bewaar word totdat verbruikers dit nodig het.
4.3.2 Klante van Uniliva (Edms.) Bpk. word versoek om vraelyste in te
vul oor nuwe produkte wat hulle wil bekend stel.
4.3.3 Uniliva (Edms.) Bpk. gebruik verskillende lugrederye om voorraad
in die VK af te lewer. (6)
4.4 Verduidelik die doel van oriëntering/induksie. (6)
4.5 Gee die menslikehulpbronbestuurder raad oor die implikasies van die Wet op
Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) wanneer nuwe
aanstellings gemaak word. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 9 DBE/November 2019
KABV – Graad 11 Model
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op die vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy of VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS
Die Suid-Afrikaanse Konstitusie erken die reg van elke werker om by 'n vakbond aan
te sluit. Werkgewerorganisasies en vakbonde moet kollektiewe ooreenkomste
aangaan om stakings en sloerstakings te vermy, soos in die Wet op
Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) uiteengesit.
Skryf 'n opstel waarby die volgende aspekte ingesluit word:
Beskryf in breë trekke die redes vir die stigting van vakbonde.
Beskryf die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Onderskei tussen 'n staking en 'n sloerstaking.
Gee besighede raad oor die funksies van vakbonde. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
BEST VERFVERVAARDIGERS (BVV)
Best Verfvervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van hoë-gehalte-verf vir hulle
klante. BVV besef dat goeie verpakking en prystegnieke nuwe klante kan lok en hulle
markaandeel kan vergroot. Die bestuur van BVV doen altyd navorsing oor verskillende
kategorieë verbruikersgoedere om aan die behoeftes van hulle klante te voldoen.
As 'n deskundige van bemarkingsbeleidinstrumente, skryf 'n opstel oor die volgende
aspekte:
Verduidelik enige TWEE kategorieë van verbruikersgoedere.
Verduidelik die doel van verpakking.
Bespreek enige DRIE vorms van verpakking.
Gee BVV raad oor hoe om klante te lok met gebruik van die volgende
prysbepalingstrategieë:
o Penetrasieprysbepaling
o Afroomprysbepaling
o Kortingprysbepaling
o Mededingende prysbepaling [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 National November 2019 QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 National November 2019 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 P1 National November 2019 Memo

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 National November 2019 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 11 P2 National November 2019 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 11 Business Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Bus Stu ATP 2023 24

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 P2 2025 QP & Memo

Memorandum
Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Business Studies Grade 11 KZN March Test 2025 Paper & Memo

Memorandum