Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper

Grade 12 Business Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2017, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12201714 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is nie. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 40 30 B: VYF direkte/indirekte tipe 2 60 30 vrae 3 60 30 KEUSE 4 60 30 (Beantwoord enige DRIE.) 5 60 30 6 60 30 C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 KEUSE 8 40 30 (Beantwoord enige TWEE.) 9 40 30 10 40 30 TOTAAL 300 180 7. Begin die antwoorde op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 1.1.11 A B C D 1.1.1 Werkgewers betaal 1% as 'n vaardigheidsontwikkelingsheffing indien hul jaarlikse salarisuitgawe ... oorskry. A R50 000 B R500 000 C R1 000 000 D R100 000 1.1.2 Die proses waarvolgens 'n besigheid sy bedrywighede staak en alle bates verkoop om skulde af te betaal: A Aflegging B Markontwikkeling C Disinvestering/Vervreemding D Likwidasie 1.1.3 Watter EEN van die volgende besighede kan onder die tersiêre sektor geklassifiseer word? A Solly Opleiding & Ontwikkeling BK B Trust Meubelvervaardigers C TRIX Steenkoolmyn D Nandi Suikerrietverbouers 1.1.4 'n Minimum van R1 000 moet in hierdie soort belegging belê word: A Effektetrusts B Aandele C Vaste deposito D RSA-kleinhandelspaareffekte 1.1.5 Onbeperkte aanspreeklikheid beteken ... A eienaars se persoonlike bates is beskerm ingeval die besigheid bankrot raak. B eienaars kan hul persoonlike bates verloor ingeval die besigheid bankrot raak. C eienaars kan nie meer verloor as wat hulle in die besigheid belê het nie ingeval die besigheid bankrot raak. D eienaars is nie daarop geregtig om in die winste van die besigheid te deel nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.1.6 Besighede pas hierdie bestuurs- en leierskapsteorie toe om werknemers in 'n kort tydperk te verander, ontwikkel en motiveer: A Situasionele teorie B Karakterteorie C Transformasionele teorie D Leiers en volgelinge 1.1.7 Die reg van werknemers om by vakbonde aan te sluit, staan as vryheid van … bekend. A assosiasie B uitdrukking C beweging D spraak 1.1.8 Besighede beskerm die omgewing deur … A herwinningsprogramme. B giftige afval in riviere en damme te stort. C lugbesoedeling. D nienakoming van omgewingswetgewing. 1.1.9 'n Menslikehulpbron-aktiwiteit waar die werknemer se bevoegdheid by sy/haar pos gepas word: A Onderhoud B Induksie C Plasing D Sifting 1.1.10 BAC Beverages se produksiebestuurder voer gereelde inspeksies op eindprodukte uit om te verseker dat aan die vereiste standaarde voldoen word. Hierdie proses staan as gehalte-… bekend. A sirkels B beplanning C versekering D beheer (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Elke woord mag slegs EEN KEER gebruik word. besluitneming; Nasionale Kredietwet; probleemoplossing; bestuurders; aftrede; stukwerk; aflegging; Wet op Verbruikersbeskerming; leiers; tydverwante; Porter se Vyf 1.2.1 … dwing besighede om meer inligting oor hul produkte en prosesse bekend te maak. 1.2.2 … het gesag op grond van hul posisie in die maatskappy. 1.2.3 … word gewoonlik toegepas om die aantal werknemers te verminder weens herstrukturering in die besigheid. 1.2.4 … vereis kreatiewe denkvaardighede om alternatiewe oplossings te ontwikkel en te evalueer. 1.2.5 … salarisvasstelling word gebruik om werkers te betaal wanneer ooreengekome dele van 'n projek voltooi is. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Belbin-rolleteorie A verskillende individue werk saam om een doel te bereik 1.3.2 Privaat maatskappy B verantwoordelik vir die uitsoek van 1.3.3 Strategie-evaluering grondstowwe teen die beste pryse 1.3.4 Finansiële funksie C aanvaar dat mense met 'n voorkeur vir sekere houdings en funksies gebore 1.3.5 Bestormingstadium word D moet 'n prospektus registreer en publiseer E aanvaar dat suksesvolle spanprestasie deur die gedrag van spanlede beïnvloed word F proses om besigheidsaktiwiteite te moniteer en prestasie te meet G proses om besigheidstaktiek te gebruik om uitdagings te oorkom H magstryd vir die posisie van spanleier kom soms voor I verantwoordelik vir die opstel van jaarlikse begrotings J aandele is nie vryelik oordraagbaar nie (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING B Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem die SES komponente van die PESTWO-analise. (6) 2.2 Maak 'n lys van DRIE besigheidsomgewings en noem die mate van beheer wat besighede oor elke omgewing het. (9) 2.3 Verduidelik die betekenis van leerlingskappe. (4) 2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GLEN HEEN-EN-WEER-DIENS (GHW) Glen Heen-en-weer-diens vervoer kliënte na en van die lughawe. Enkele kliënte het GHW versoek om koeldrank gedurende die ritte te verkoop. GHW het besluit om met Clear Beverages saam te smelt om sodoende aan hul kliënte se behoeftes te voldoen. 2.4.1 Identifiseer die soort integrasiestrategie wat GHW in die scenario hierbo toegepas het. Motiveer jou antwoord. (3) 2.4.2 Noem TWEE ander integrasiestrategieë. (2) 2.4.3 Gee DRIE redes waarom besighede integrasiestrategieë kan gebruik. (6) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. QUICK CASH FONDSE (QCF) Quick Cash Fondse stel lenings beskikbaar aan enigeen wat kontant op kort kennisgewing nodig het. QCF moedig mense aan om vir lenings aansoek te doen ongeag hul finansiële status. Hulle gebruik ook misleidende en bedrieglike metodes om potensiële kliënte te lok. 2.5.1 Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop QCF nie aan die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) voldoen nie. (2) 2.5.2 Beveel maniere aan waarop QCF aan hierdie Wet kan voldoen. (8) 2.6 Bespreek die impak van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) (aangepas in 2013) op besighede. (10) 2.7 Regverdig die doeltreffendheid van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) op besighede. (10) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 3.1 Noem VIER faktore wat oorweeg moet word wanneer daar aan die einde van 'n aanbieding op vrae gereageer word. (8) 3.2 Identifiseer die soort aandele wat deur ELKE stelling hieronder verteenwoordig word. 3.2.1 Aandele word aan bestaande aandeelhouers uitgereik as vergoeding vir 'n verlies aan dividende. 3.2.2 Aandeelhouers ontvang hul dividende voordat andere uitbetaal kan word. 3.2.3 Hierdie aandele word aan aandeelhouers uitgereik wat die maatskappy begin het. 3.2.4 Hierdie aandeelhouers kan meer dividende ontvang wanneer die maatskappy groter winste maak. (8) 3.3 Beskryf in breë trekke die funksies van die Johannesburgse Sekuriteite-beurs Bpk. (JSE). (8) 3.4 Brei uit oor die belangrikheid van 'n belegging in vaste deposito's. (3) 3.5 Tabuleer die verskille tussen saamgestelde en enkelvoudige rente. (8) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BALOYI HANDELAARS (BH) Mej. Green, 'n bestuurder by Baloyi Handelaars, versoek werknemers gereeld om idees by te dra oor hoe om die besigheid se winste te verhoog. 3.6.1 Noem die leierskapstyl wat mej. Green in die scenario hierbo toepas. Motiveer jou antwoord. (3) 3.6.2 Bespreek die impak van mej. Green se leierskapstyl wat in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer is, op Baloyi Handelaars. (8) 3.6.3 Gee mej. Green raad oor die voordele daarvan om die situasionele leierskapsteorie in die werkplek te gebruik. (6) 3.7 Verduidelik hoe die volgende faktore tot die sukses en/of mislukking van 'n maatskappy sonder winsopslag kan bydra: 3.7.1 Kapitaal (4) 3.7.2 Bestuur (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE 4.1 Noem VYF ekonomiese regte van werknemers in die werkplek. (5) 4.2 Verduidelik hoe besighede konflik in die werkplek moet hanteer. (8) 4.3 Identifiseer die onetiese of onprofessionele besigheidspraktyk wat in elk van die volgende scenario's uitgebeeld word: 4.3.1 Masakhane Winkels se pryse vir dieselfde goedere is hoër in die dorpie as in die stad. 4.3.2 Die direkteur van KNZ Raadgewers gebruik die besigheid se kredietkaart om vir persoonlike uitgawes te betaal. 4.3.3 Zamu Prokureurs se werknemers bestee gedurende kantoorure meer tyd aan sosiale netwerke as aan hul pligte. (6) 4.4 Beskryf hoe besighede die dinkskrumtegniek kan toepas om hul besigheidsprobleme op te los. (8) 4.5 Bespreek die volgende kriteria vir die beoordeling van suksesvolle spanprestasie: 4.5.1 Interpersoonlike gesindheid en gedrag (2) 4.5.2 Kommunikasie (2) 4.6 Brei uit oor die belangrikheid van spandinamika-teorieë om spanprestasie te verbeter. (4) 4.7 Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek. (8) 4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NATASHA DÉCOR (ND) Die finansiële bestuurder van Natasha Décor sien toe dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) betyds aan die SAID oorbetaal word. Werknemers word betaal volgens die hoeveelheid moeite en tyd wat hulle by die werk bestee. ND gebruik nie dieselfde idees as hul mededingers tot voordeel van hul eie besigheid nie. Maak 'n lys van die DRIE maniere waarop ND professioneel, verantwoordelik en eties sake bedryf. Haal uit die scenario aan om jou antwoord te motiveer. Gebruik die tabel hieronder om jou antwoord aan te bied. SAKEPRAKTYK AANHALING UIT SCENARIO (9) 4.9 Beveel maniere aan waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder. (8) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 5.1 Noem VYF metodes van eksterne werwing. (5) 5.2 Noem DRIE aspekte wat by die induksieprogram ingesluit moet word. (6) 5.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOM VLOERE (TV) Mnr. Du Preez is die nuutaangestelde finansiële bestuurder van Tom Vloere. Sy indiensnemingskontrak toon slegs sy handtekening. Die kontrak bepaal dat van hom vereis kan word om 12 uur per week oortyd te werk. Daar word van hom verwag om ander pligte, wat nie in sy kontrak genoem word nie, uit te voer. 5.3.1 Identifiseer die tekortkominge met betrekking tot mnr. Du Preez se indiensnemingskontrak. Maak aanbevelings vir verbetering. (9) 5.3.2 Beskryf in breë trekke enige TWEE ander wetlike vereistes van die indiensnemingskontrak. (4) 5.4 Bespreek die keuringsprosedure as een van die aktiwiteite van die menslikehulpbron-funksie. (8) 5.5 Identifiseer die element van totale gehaltebestuur (TGB) wat in ELKE stelling hieronder uitgebeeld word. 5.5.1 JKM Vars Vrugte se bestuur maak seker dat klante se klagtes binne 24 uur hanteer word. 5.5.2 Die werknemers van Tumi Raadgewers woon gereeld opleidingskursusse oor dienslewering by. 5.5.3 Huishoudeliketoestel-vervaardigers gebruik moderne produksie- tegnologie om te verseker dat hul produkte ooreenkom met die jongste innovasies. 5.5.4 Themba Gastehuis se besturende direkteur laat die personeel toe om tydens strategiese beplanningsessies insette te lewer. 5.5.5 Duncan Rekenaars kan dit bekostig om twee ekstra kundiges in hul Inligtingstegnologiedepartement aan te stel. (10) 5.6 Verduidelik hoe totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte kan verlaag. (6) 5.7 Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur. (4) 5.8 Stel TWEE gehalte-aanwysers vir ELKE besigheidsfunksie hieronder voor: 5.8.1 Bemarkingsfunksie (4) 5.8.2 Administrasiefunksie (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 6.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DAVE DIGITALE KLANK (DDK) DDK spesialiseer in die verkoop van radio's en motorklankstelsels. Hulle neem gekwalifiseerde klankingenieurs in diens. Die besigheid het nie genoeg kapitaal om klankstelsels vir groot geleenthede te koop en te verkoop nie. Besighede in dieselfde bedryf sluit hul deure as gevolg van ondoeltreffende bemarkingsveldtogte. DDK is in 'n hoëmisdaad-gebied geleë. 6.1.1 Stel 'n SSGB('SWOT')-analise vir DDK saam. (4) 6.1.2 Stel EEN strategie voor om elke swak punt en bedreiging wat in VRAAG 6.1.1 geïdentifiseer is, baas te raak. (4) 6.2 Bespreek die voordele van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ('COIDA'), 1993 (Wet 130 van 1993) (aangepas in 1997). (6) BESIGHEIDSGELEENTHEDE 6.3 Gee TWEE voorbeelde van nieverbale aanbiedingsmetodes. (2) 6.4 Verduidelik hoe opbrengs op belegging en risiko die besluit om in aandele te belê, kan beïnvloed. (4) 6.5 Vergelyk 'n vennootskap en 'n persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy as ondernemingsvorme ten opsigte van die volgende kriteria: 6.5.1 Kontinuïteit (4) 6.5.2 Belasting (4) BESIGHEIDSROLLE 6.6 Beskryf in breë trekke enige VIER probleemoplossingstappe. (4) 6.7 Identifiseer die King-kode-beginsel wat in ELKE stelling hieronder uitgebeeld word. 6.7.1 Rocky Handelaars publiseer die waarde van hul aandele in hul finansiële verslae. (2) 6.7.2 John Skoene Bpk. se direkteure aanvaar verantwoordelikheid vir hul besluite en optrede. (2) 6.8 Mnr. Nel werk as 'n verkoopsverteenwoordiger. Hy word onregverdig in die werkplek behandel. Verduidelik die korrekte prosedure wat hy moet volg om sy griewe te hanteer. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 6.9 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. CLEANCUT SLAGHUIS (CS) Cleancut Slaghuis het tien toegewyde werkers in diens wat altyd die sperdatums haal. CS het besluit om hulle gratis akkommodasie en mediese hulp aan te bied uit waardering vir hul goeie diens. 6.9.1 Noem TWEE soorte byvoordele wat CS aanbied. (2) 6.9.2 Bespreek die voordele van byvoordele vir CS. (6) 6.10 Analiseer die negatiewe impak op besighede as TGB swak geïmplementeer word. (8) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING C Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die verhouding tussen werkgewers en werknemers word gerig deur die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995). Besighede wat nie aan hierdie Wet voldoen nie, kan swaar boetes in die gesig staar. As 'n arbeidsverhoudinge-kenner, doen volledig verslag oor die volgende aspekte van die Wet op Arbeidsverhoudinge: • Beskryf in breë trekke die regte van werkgewers en werknemers volgens die WAV. • Bespreek die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge. • Evalueer die impak van hierdie Wet op besighede. • Beveel maniere aan waarop besighede aan die WAV kan voldoen. [40] VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (VERSEKERING EN AANBIEDING) SMARTSURANCE (SS) Mnr. Funa is 'n versekeringsmakelaar by Smartsurance. Hy moet tydens 'n vergadering van plaaslike besigheidseienaars 'n aanbieding oor verskillende soorte versekeringsprodukte doen. Daar word ook van hom verwag om potensiële kliënte van die belangrikheid van versekering te oortuig. Mnr. Funa benodig besonderhede oor die volgende aspekte wat hy by sy aanbieding wil insluit. Hy versoek dat jy: • Onderskei tussen verpligte en nieverpligte versekering. Gee TWEE praktiese voorbeelde van elk. • Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede. • Bespreek DRIE beginsels van versekering. [40] • Gee hom raad oor hoe hy sy volgende aanbieding kan verbeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID EN KORPORATIEWE BURGERSKAP) Besighede is verplig om programme vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV), wat daarop gemik is om die lewensgehalte van gemeenskappe te verbeter, in werking te stel. Sommige besighede glo dat daar nie van hulle verwag kan word om in projekte vir korporatiewe maatskaplike belegging/investering (KMB/KMI) te belê nie aangesien dit nie die primêre doel van hul besigheid is nie. Ondersteun die argument hierbo deur na die volgende aspekte te verwys: • Beskryf verskille tussen KMV en KMB/KMI. • Evalueer die impak van KMB/KMI op besighede. • Verduidelik die verband tussen maatskaplike verantwoordelikheid en drievoudige sleutelaspekte ('triple bottom line'). • Beveel VYF maniere aan waarop besighede met tyd en energie hul werknemers se welstand kan bevorder. [40] VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE EN GEHALTE VAN PRESTASIE) SHAKES VERVAARDIGING BPK. (SVB) Shakes Vervaardiging Bpk. is 'n groot besigheid wat in die vervaardiging van skooluniforms spesialiseer. Skole is nie tevrede met die gehalte van SVB se produkte nie. SVB se bestuur wil 'n produksiebestuurder werf en aanstel om hul gehalteprosesse te monitor en te evalueer. Gee 'n gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte: • Verduidelik die werwingsprosedure wat SVB moet volg om die vakante pos te vul. • Gee SVB raad oor die voordele van induksie van die produksiebestuurder. • Brei uit op die voordele van monitering en evaluering van SVB se gehalteprosesse as 'n TGB-element. • Beveel maniere aan waarop SVB se algemene bestuurder tot die gehalte van die besigheid se prestasie kan bydra. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all
Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper | Hlayiso