Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Grade 12 Business Studies question paper from the Gauteng Mock Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 10720 BESIGHEIDSTUDIES TYD: 3 uur PUNTE: 300 16 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 2 10720/17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN BESIGHEIDSTUDIES TYD: 3 uur PUNTE: 300 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en handel oor al die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae uit hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies by elke vraag deeglik en maak seker van wat gevra is. 3. Nommer vrae in ooreenstemming met die nommeringstelsel op die vraestel. Geen punte sal toegeken word vir vrae wat foutief genommer is nie. 4. Tensy anders vermeld, moet antwoorde in volsinne beantwoord word. 5. Gebruik die totaal van die punte wat by ʼn vraag toegeken word as ʼn aanduiding van die lengte van die antwoord. b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 3 10720/17 6. Gebruik die onderstaande tabel as ʼn aanduiding van die tyd wat aan elke vraag bestee moet word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD A: Verpligtend Objektiewe vrae oor 1 40 30 minute alle werk B: VYF direkte / 2 60 30 minute indirekte tipe vrae 3 60 30 minute (Kies enige DRIE 4 60 30 minute vrae.) 5 60 30 minute 6 60 30 minute C: VIER langvrae 7 40 30 minute (Kies enige TWEE 8 40 30 minute vrae.) 9 40 30 minute 10 40 30 minute 300 180 minute 7. Begin die antwoord vir elke vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy; VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens. 8. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 4 10720/17 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) in jou ANTWOORDBOEK neer langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) byvoorbeeld 1.1.11 B. 1.1.1 Hierdie strategie is daarop gemik om vaardighede, kennis en geleenthede van individue te verbeter om produktiwiteit in hul werksgebied te verbeter. A Arbeidsverhoudinge plan B Vaardigheidsontwikkelingsheffing C Menslikehulpbron-ontwikkelingsplan D Nasionale vaardigheidsontwikkelingstrategie 1.1.2 As ʼn melkplaas ʼn kaasfabriek koop, word dit … integrasie genoem. A horisontale B vertikale voorwaartse C vertikale terugwaartse D konglomoraat 1.1.3 Hierdie wet maak voorsiening vir die vestiging van die Kommissie vir Konsolliasie, Mediasie en Arbitrasie (KVBA). A Arbeidsverhoudingewet, 1995 (Wet 66 van 1995) B Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) C Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) D Wet op Beroepsbeserings en Siektes, 1997 (Wet 61 van 1997) 1.1.4 Vir hierdie leierskapstyl om suksesvol gebruik te kan word, moet die volgelinge oor baie kundigheid en ervaring beskik. A Situasionele leierskap B Laissez-faire leierskap C Transformerende leierskap D Transaksionele leierskap b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 5 10720/17 1.1.5 Hierdie onderneming kan genoteer word op die JSE/JEB A Jonnies Vleis (Edms) Bpk B Jonnies Vleis Ing C Jonnies Vleis Bpk D Jonnies & Jonnies Vleis 1.1.6 Die eienaars van hierdie onderneming word in hulle private kapasiteit belas. A Private maatskappy B Vennootskap C Beslote korporasie D Publieke maatskappy 1.1.7 Die ... spandinamikateorie fokus op die rolle wat spanlede verkies om in die span uit te voer. A Magerison-McCann B Belbin C MTR-I benadering D Jungse 1.1.8 Konflik tussen ʼn werkgewer en werknemer word ʼn ...genoem. A probleem B grief C oorlas D geskil 1.1.9 Sipho se melkplaas produseer vars melk en doen besigheid in die ... sektor. A sekondêre B informele C tersiêre D primêre 1.1.10 ʼn Groep werkers wat op ʼn gereelde basis ontmoet om kwaliteitsverwante sake in die werkplek te bespreek, staan bekend as ... A totale kwaliteitbestuur. B ʼn werkplekforum. C ʼn kwaliteitsirkel. D ʼn kwaliteit vakbond. (10 x 2) (20) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 6 10720/17 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die onderstaande woorde te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK neer. ekonomiese; skadeloosstelling; WVF; professionalisme; kwaliteitsbeheer; sekuriteit; ; kwaliteitsversekering; kulturele; etiek; mediesefonds 1.2.1 Die beginsel van ... is van toepassing op korttermyn-versekering. 1.2.2 Die reg van ʼn werker om by ʼn vakbond aan te sluit is ʼn voorbeeld van ʼn ... reg. 1.2.3 ... is ʼn voorbeeld van ʼn verpligte aftrekking. 1.2.4 ʼn Stel reëls van verwagte gedrag staan bekend as ... 1.2.5 As elke stap in die produksieproses gekontroleer word, om sodoende foute te voorkom, word dit ... genoem. (5 x 2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 7 10720/17 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om by die term in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A – J) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in jou ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Totale klante tevredenheid A stel begrotings en jaarverslae op 1.3.2 Inklusiwiteit B verskeie alternatiewe oplossings word oorweeg voordat die beste een gekies word 1.3.3 Algemene bestuur C verseker dat kwaliteit gereeld nagegaan 1.3.4 Besluitneming word 1.3.5 SSGB-analise D die besigheid verstaan huidige en toekomstige behoeftes van klante E reserveer bevorderingsposte vir manlike persone F word deur besighede gebruik om hulle primêre omgewing te ontleed G ontwikkel die missiestelling van die onderneming H alternatiewe oplossings word geskep I gebruik deur besighede om hulle mikro- omgewing te evalueer J alle werknemers het gelyke geleenthede tot J bevordering (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 8 10720/17 AFDELING B Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2: SAKEOMGEWING 2.1 Noem DRIE defensiewe strategieë. (3) 2.2 Beskryf die stappe in die strategiese evalueringsproses. (10) 2.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. MABONE WIELSPORING (MW) Mabone Wielsporing is ʼn besigheid wat spesialiseer in wielsporing. John, een van Mabone Wielsporing se werkers is beseer by die werk. Die besigheid het aan John R750 betaal en hom gevra om nie die ongeluk aan te meld nie, omdat MW nie sy werknemers by die Vergoedingsfonds geregistreer het nie. Die besigheid het baie ongelukke en dra nie by tot die fonds nie. 2.3.1 Noem die wet wat van toepassing is op John se besering. Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario. (3) 2.3.2 Identifiseer VIER aksies wat beskou word as nie-nakoming van die Wet genoem in Vraag 2.3.1. (4) 2.3.3 Brei uit oor die impak van die wet, soos genoem in Vraag 2.3.1, op werknemers. (8) 2.4 Noem VYF bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). (5) 2.5 Beskryf die rol van SETA’s. (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 9 10720/17 2.6 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. Marlene se Binneshuisversiering (MID) Marlene se Binneshuisversiering is ʼn spesialisbesigheid in binneshuisversiering. Alhoewel haar pryse hoog is, trek sy nogtans kliënte uit ryk woonbuurte as gevolg van haar unieke ontwerpe. Dit was vir haar maklik om haar besigheid te registreer, want daar was nie baie wetlike vereistes nie. Sy het slegs ʼn handelslisensie en ʼn klein bedrag kapitaal benodig om haar besigheid van die grond af te kry. MID koop al hulle materiale by Grace Tekstiele, wat die enigste verskaffer is van materiale vir binnehuisversiering. Mpho se Huisdekor, doen besigheid in dieselfde mark as MID, maar haar dienste is meer bekostigbaar. 2.6.1 Identifiseer die sektor waarin MID funksioneer. Verduidelik jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3) 2.6.2 Noem TWEE ander besigheidsektore. (2) 2.6.3 Analiseer die markomgewing van MID deur gebruik te maak van Porter se Vyf Kragtemodel. (12) [60] VRAAG 3: SAKEGELEENTHEDE 3.1 Noem DRIE tipes nie-verpligte versekerings. (3) 3.2 Definieer aftree-annuiteit. (2) 3.3 Bespreek VIER pligte van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in ʼn besigheid. (8) 3.4 Verduidelik waarom daar “goeie trou” moet wees tussen die versekeraar en die versekerde. (4) 3.5 Onderskei tussen outokratiese en transaksionele leierskapstyle. (8) 3.6 Stel TWEE situasies voor waarin die demokratiese leierskapstyl gebruik kan word. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 10 10720/17 3.7 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. SIMPHIWE BK Simphiwe, is die eienaar van ʼn vervaardigingsbesigheid genaamd Simphiwe BK. Hy het besluit om na ʼn nuwe ondernemingsvorm oor te skakel waarvan hy die enigste direkteur is, en het beperkte aanspreeklikheid vir die skulde van die besigheid. Hy het die besigheid geregistreer as Simphiwe (Edms) Bpk. 3.7.1 Identifiseer die nuwe ondernemingsvorm wat Simphiwe geregistreer het. (1)(1) 3.7.2 Verduidelik hoe die volgende faktore kan bydra tot die sukses en/of mislukking van Simphiwe se nuwe onderneming soos geïdentifiseer in Vraag 3.7.1. (a) Kapasiteit (4) (b) Bestuur (4) (c) Wetlike vereistes (4) 3.8 Regverdig die gebruik van grafieke in ʼn aanbieding. (6) 3.9 Bestudeer die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg. John se eiendom is gewaardeer vir R 1 000 000, maar hy het dit vir R800 000 verseker. In ʼn brand is skade van R50 000 aan ʼn gedeelte van die eiendom aangerig. 3.9.1 Identifiseer die klousule wat die versekeringsmaatskappy sal gebruik om John se eis af te handel. (2) 3.9.2 Brei uit oor die betekenis van hierdie klousule soos geïdentifiseer in Vraag 3.9.1. (4) 3.9.3 Bereken die bedrag wat die versekeringsmaatskappy sal uitbetaal. Toon alle berekeninge. (6) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 11 10720/17 VRAAG 4: SAKEROLLE 4.1 Identifiseer by ELK van die volgende uitdagings watter gevorderde probleem- oplossingstegniek die beste gebruik kan word. 4.1.1 Die bestuurder wil graag by die personeel kreatiewe idees kry om die onderneming se verkope te verhoog. 4.1.2 Die bestuur wil graag deskundiges se menings inwin oor hoe om die uitleg van die onderneming te verander om omgewingsbewaring te bevorder. 4.1.3 Die hoofbestuurder wil ʼn vertroulike besluit op sy eie neem deur voor te gee dat hy dit met ʼn denkbeeldige persoon bespreek. 4.1.4 TGB Bpk. wil die ontwerp van hulle produkte verander en die voor- en nadele van hulle besluit in ag neem. 4.1.5 Charlie se sjokoladefabriek vra voorstelle van hulle werkers oor kombinasies tussen sjokolade en sokker, ter viering van die nasionale sokkerkampioenskappe. (10) 4.2 Bespreek die kenmerke van ʼn suksesvolle span. (8) 4.3 Illustreer hoe die bestuur die volgende diversiteitskwessies in die werkplek moet hanteer. 4.3.1 Armoede (4) 4.3.2 Taal (4) 4.3.3 Ouderdom (4) 4.4 Beskryf die voordele van diversiteit in die onderneming. (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 12 10720/17 4.5 Lees die volgende scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. RA Verwe (Edms) Bpk. (RAV) RA Verwe (Edms) Bpk. is ʼn plaaslike verffabriek in Centurion. Ralph en Andrew is die enigste direkteure. Ralph het vir Suzy, sy niggie aangestel as die nuwe sekretaresse al was sy nie die beste kandidaat vir die pos nie. Andrew stort die fabriek se afvalmateriaal in die Apiesrivier om kostes te bespaar. Die maatskappy verklaar ook nie al hulle inkomste aan SAID nie. Peter, die vragmotorbestuurder gaan nie altyd direk terug werk toe nie en gebruik soms die vragmotor vir privaat ritte. 4.5.1 Haal VIER onetiese besigheidspraktyke aan uit die bostaande scenario. (4) 4.5.2 Beveel ʼn strategie aan vir elke onetiese kwessie soos gemeld in Vraag 4.5.1. Gebruik die onderstaande tabel as ʼn gids vir jou antwoord. Teken die tabel oor in jou ANTWOORDBOEK. ONETIESE SAKEPRAKTYK STRATEGIEË (8) 4.6 Verduidelik hoe besighede die volgende beginsels van die King kode kan implementeer om hulle korporatiewe bestuur te verbeter. 4.6.1 Deursigtigheid (2) 4.6.2 Aanspreeklikheid (2) 4.7 Beveel strategieë aan wat die besigheid kan gebruik om sosiale regte in die werkplek te bevorder. (6) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 13 10720/17 VRAAG 5: SAKEGELEENTHEDE 5.1 Noem VIER voorbeelde van byvoordele. (4) 5.2 Onderskei tussen stukvergoeding en tydverwante vergoeding. (4) 5.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. Gauteng Klerevervaardigers (GKV) Thabo, ʼn werknemer van Gauteng Klerevervaardigers, doen nie sy werk effektief nie, ten spyte daarvan dat hy al verskeie kere opgelei is. GKV het besluit om sy kontrak te beëindig. 5.3.1 Identifiseer die rede waarom Thabo se kontrak beëindig is. (1) 5.3.2 Verduidelik DRIE ander redes waarom ʼn indiensnemingskontrak beëindig kan word. (9) 5.4 Verduidelik die rol van die applikant tydens die onderhoud. (8) 5.5 Identifiseer die besigheidsfunksie betrokke in ELK van die volgende stellings: 5.5.1 Anwar verseker dat die besigheid se dokumente veilig bewaar word. (2) 5.5.2 Juanita is verantwoordelik om positiewe nuus oor die onderneming bekend te maak. (2) 5.6 Dui aan wat word beskou as kwaliteitaanwysers vir die bemarkingsfunksie. (6) 5.7 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. Maduna Bed en Ontbyt (MB&B) Wilbur is die bestuurder van Maduna Bed en Ontbyt wat welbekend en gewild is vir hulle goeie Engelse ontbyte en kwaliteit akkommodasie. Onlangs het kliënte egter begin kla oor die swak diens wat die werknemers lewer. Die kliënte het egter ook klagtes oor die moeilike proses wat hulle moet volg as hulle aanlyn besprekings wil doen. 5.7.1 Adviseer vir Wilbur hoe om die PDCA model / siklus te gebruik as deel van deurlopende verbetering van stelsels sodat die kwaliteit van hulle dienste kan verbeter. (8) 5.7.2 Verduidelik aan Wilbur watter voordele die implementering van ʼn goeie kwaliteitsbeheer vir MB&B inhou. (8) 5.8 Analiseer die impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling as ʼn element van TKB op ʼn groot onderneming. (8) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 14 10720/17 VRAAG 6: ALGEMEEN SAKE-OMGEWINGS 6.1 Dui aan hoe die strategiese bestuursproses deur besighede aangewend kan word. (6) 6.2 Regverdig die effektiwiteit van die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) vir besighede. (9) SAKEGELEENTHEDE 6.3 Noem VIER gevalle wanneer die Werkloosheid-versekeringsfonds (WVF) sal uitbetaal. (4) 6.4 Bespreek die bepalings van die Padongelukkefonds (POF). (4) 6.5 Verduidelik die rol van ʼn persoonlike ingesteldheid in die sukses van leierskap. (8) SAKEROLLE 6.6 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. Bret is die projekbestuurder vir ʼn konstruksiemaatskappy. Sy span is ongelukkig oor ʼn tekort aan hulpbronne asook ʼn onregverdige werks- lading. Die meeste werknemers is gefrustreerd oor die bestuur se swak besluitneming. Die stresvlakke van die werkers is hoog as gevolg van persoonlike verskille. Identifiseer DRIE moontlike oorsake vir konflik in die bostaande scenario. (3) 6.7 Bespreek VIER fases van spanontwikkeling. (12) SAKEBEDRYWIGHEDE 6.8 Bespreek die implikasies van die Vaardigheidsontwikkelingswet, 1998 (Wet 97 van 1998) op die Menslike hulpbronfunksie. (8) 6.9 Verduidelik wat die impak is as Totale Kwaliteit Bestuur (TKB) swak geïmplementeer word deur ondernemings. (6) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 15 10720/17 AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling. Dui die vraagnommer wat jy kies duidelik aan. Die antwoord vir elke vraag moet op ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 7 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 8 op ʼn nuwe bladsy, ens. VRAAG 7: SAKE-OMGEWINGS (WETGEWING) Die instelling van die Verbruikersbeskermingswet (VBW), 2008 (Wet 68 van 2008) het ʼn duidelike invloed gehad op die manier waarop besighede funksioneer. Hierdie wet het ʼn verrykende impak op die wyse waarop besighede hulle kliënte behandel as hulle hul produkte verkoop. As die voorsitter van ʼn plaaslike besigheidsforum, adviseer die besighede oor die volgende aspekte: • Dui aan wat die doel van die VBW is. • Bespreek VIER verbruikersregte soos vervat in die VBW. • Evalueer die impak van die VBW op besighede. • Stel praktiese maniere voor hoe besighede aan die wet kan voldoen. [40] VRAAG 8: SAKEGELEENTHEDE (BELEGGINGS) Bekwame finansiële bestuur is vir ʼn onderneming en individu baie belangrik. ʼn Belangrike aspek hiervan is die keuse van die beste beleggingsopsie. Goeie opsies is om op die Effektebeurs (JSE) te belê in aandele en effektetrusts. • Bespreek die funksies van die JSE. • Onderskei tussen gewone aandele en voorkeuraandele. • Evalueer aandele as beleggingsopsie op grond van die volgende beleggingsfaktore: - Opbrengs - Beleggingstermyn - Risiko • Regverdig waarom effektetrusts ʼn goeie beleggingsopsie is. [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 16 10720/17 VRAAG 9: SAKEROLLE (KORPORATIEWE SOSIALE INVESTERING) Ondernemings het ʼn verpligting om die omgewing te beskerm asook om die gemeenskap op te hef deur te kyk na hulle eie sake maar ook te investeer in korporatiewe sosiale inversterings (KSI) programme. Ondersteun die bogenoemde stelling deur aan die volgende aspekte aandag te gee: • Bespreek die aard van korporatiewe sosiale investering (KSI). • Bespreek die verwantskap tussen die sosiale verantwoordelikheid van die onderneming met betrekking tot die drievoudige basislyn (triple bottom-line). • Brei uit oor die impak van KSI op die gemeenskap. • Stel KSI projekte voor waarop besighede kan fokus om die omgewing te beskerm. [40] VRAAG 10: SAKEBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRON FUNKSIE) XIAO PROJEKTE BPK. (XPB) Xiao Projekte Bpk. spesialiseer in die bou van brûe en die onderhoud van paaie. Die bestuur is op soek na ʼn ervare siviele ingenieur om ʼn vakante pos te vul. Hulle wil die verskillende tipes indiensneming gebruik en die van korrekte prosedures en induksiemetodes sodat die beste persoon vir die werk aangestel word. Skryf ʼn opstel aan die bestuur van XPB en sluit die volgende aspekte in: • Verduidelik die TWEE metodes van werwing wat XPB kan gebruik. Noem ook bronne wat gebruik kan word by ELKE metood. • Adviseer Xiao Projekte oor die prosedure wat gevolg moet word tydens die seleksieproses. • Bespreek die doel van induksieprogramme. • Beveel VYF aspekte aan wat Xiao Projekte Bpk. in hul induksieprogram moet insluit. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 TOTAAL: 300 EINDE

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all