Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 352.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC Supplementary Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer
elke vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 40 30 minute
B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute
tipe vrae 3 60 30 minute
KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute
enige DRIE.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute
KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute
enige TWEE.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Volgens hierdie leierskapsteorie word werknemers aangemoedig
om hard te werk omdat hulle beloning sal ontvang:
A Situasionele
B Charismatiese
C Transaksionele
D Demokratiese
1.1.2 Die sukses van 'n besigheid word hoofsaaklik toegeskryf aan …
A winsgewendheid.
B maatskaplike projekte.
C BBSEB-tellings.
D insolvensie.
1.1.3 Hierdie Wet maak voorsiening vir die funksionering van die
Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA):
A Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
(Wet 53 van 2003)
B Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
C Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
D Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
1.1.4 'n Regeringsagentskap wat gehaltestandaarde vir produkte
ontwikkel wat in Suid-Afrika vervaardig word:
A SABC
B SABS
C SARB
D SAKO ('SAQA')
1.1.5 Werkgewers word wetlik verplig om 'n vaardigheidsheffing te betaal
as hul totale jaarlikse salarisuitgawes meer as … beloop.
A R1 miljoen
B R5 miljoen
C R250 000
D R500 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.1.6 Verbruikers voltooi vraelyste nadat hulle IBI Beverage se nuwe
vrugtesap geproe het. Dit word … terugvoering genoem.
A implisiete
B geskrewe
C mondelinge
D verbale
1.1.7 Watter stelling is WAAR ten opsigte van kreatiwiteit?
A Slegs intelligente mense is kreatief.
B Kennis ondersteun nie kreatiwiteit nie.
C Kreatiwiteit is 'n aangebore talent wat ook deur leer bekom kan
word.
D Slegs kunssinnige mense is kreatief.
1.1.8 'n Probleemoplossingstegniek waar 'n span kundiges vraelyste
gegee word om hul opinies te kry sonder om hulle byeen te bring:
A Kragveld
B Dinkskrum
C Leë-stoel
D Delphi
1.1.9 Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van korporatiewe
maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid vir 'n onderneming?
A Verhoog finansiële risiko's
B Goeie publisiteit om reputasie te verbeter
C Gedetailleerde verslae moet opgestel word
D Projekte moet voortdurend gemonitor word
1.1.10 Werknemers het die reg om aan 'n vakbond te behoort. Dit staan
as 'n werknemer se reg tot … bekend.
A vryheid van assosiasie
B regverdige behandeling
C gelyke betaling
D waardige behandeling (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Maksimum van (tien/vyftig) lede kan 'n beslote korporasie stig.
1.2.2 (Bruto/Netto) vergoeding is 'n bedrag wat 'n werknemer na
aftrekkings ontvang.
1.2.3 Die Departement van Arbeid het die Nasionale (Vaardigheids-
ontwikkelingstrategie/Groeistrategie) ingestel om die kwaliteit van
onderwys en opleiding te verbeter.
1.2.4 (Aandeel/Obligasie)-houers is krediteure van 'n maatskappy.
1.2.5 Die (Belbin/Jung)-spanteorie is gebaseer op die idee dat mense
met 'n voorkeur vir sekere houdings en funksies gebore word.
(5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Aftreeannuïteit A besluite gewoonlik deur topvlak-
bestuurders geneem
1.3.2 Bybetaling
B gewoonlik deur keuse gevolg
1.3.3 Bestuurders
C bedrag geld wat deur die versekerde
1.3.4 Strategiese besluite betaal word wanneer die eis ingedien
word
1.3.5 Menslikehulpbron-
afdeling D voorsien finansiële sekuriteit vir die
belegger wanneer hy sy aftree-
ouderdom bereik
E verantwoordelik vir die bemarking van
besigheidsprodukte/-dienste
F besluite gewoonlik deur middelvlak-
bestuurders geneem
G verantwoordelik vir die werwing van
personeel
H oefen gesag uit om dinge in 'n
onderneming op grond van hul posisie
gedoen te kry
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy,
ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Identifiseer die PESTWO-elemente wat in elke scenario hieronder geïllustreer
is:
2.1.1 Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om die repokoers
onveranderd te laat
2.1.2 Die regering het die regstellende-aksie-beleid ingestel om die
ongelykhede van die verlede te oorbrug
2.1.3 Regeringsaansporings wat aan maatskappye gegee word om
natuurbewaringsprogramme te borg
2.1.4 Ondernemings bevorder aanlynhandel om papierwerk te verminder
2.1.5 Die instelling van die Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68
van 2008) skakel uitbuiting van verbruikers deur ondernemings uit (10)
2.2 Voltooi die tabel oor ekonomiese sektore hieronder. Skryf slegs die korrekte
woord(e) langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
SEKTOR BESKRYWING NYWERHEID/ VOORBEELD VAN
BEDRYF 'N ONDERNEMING
2.2.1 Ontgin grond- Bosbou 2.2.2
(1) stowwe uit die (2)
natuur
Sekondêre 2.2.3 2.2.4 ABC Meubel-
(2) (1) vervaardigers
2.2.5 Lewer 'n diens Gasvryheid 2.2.6
(1) (2) (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
2.3 BB Aartappelplaas verskaf aartappels aan plaaslike groentewinkels sowel as
aan Zimba Bpk. wat bros aartappelskyfies vervaardig en landwyd verskaf.
2.3.1 Verduidelik hoe BB Aartappelplaas vertikale integrasie kan toepas.
Met verwysing na die scenario hierbo, watter soort vertikale
integrasie kon hulle toegepas het? (4)
2.3.2 Beskryf hoe Zimba Bpk. vertikale integrasie kan toepas. Met
verwysing na die scenario hierbo, watter soort vertikale integrasie
kon hulle toegepas het? (4)
2.3.3 Onderskei tussen horisontale integrasie en horisontale
diversifikasie. Gee 'n praktiese voorbeeld van elk met gebruik van
die scenario hierbo. (6)
2.4 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) het ten doel
om die werksomstandighede van werkers in Suid-Afrika te verbeter. Bespreek
die volgende met betrekking tot hierdie Wet:
2.4.1 DRIE soorte verlof (9)
2.4.2 TWEE nadele van hierdie Wet vir ondernemings (6)
2.5 Analiseer die impak van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
-siektes ('COIDA'), 1997 (Wet 61 van 1997), soos gewysig, op beide
werkgewers en werknemers. (12)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOE MTETO NYATI SE LEIERSKAP MICROSOFT SA
IN 'N 'BESTE WERKGEWER' VERANDER HET
Mteto Nyati lei nie net Microsoft SA om sy markaandeel in Afrika te vergroot
nie, hy wen ook sake-toekennings.
Nyati glo dat die enigste manier om hoë vlakke van uitnemendheid te bereik,
is deur hoë leierskapstandaarde te hê. Hy glo ook dat leiers duidelike riglyne
moet hê en nie vir kritiek bang moet wees nie. Leiers moet eerlik wees en
presies weet wat hulle wil bereik.
Nyati vergader elke maand met sy span met die doel om terugvoering en
insette te kry oor waarheen die maatskappy op pad is. 'Ek vra twee dinge van
elkeen: waarmee moet ons aanhou en wat moet ons verander om te verbeter.
Almal moet idees bydra.' Lewensvatbare idees word dan geïmplementeer.
[Aangepas uit Succeed Magazine, Februarie 2013]
3.1.1 Identifiseer DRIE eienskappe van 'n suksesvolle leier uit die
gevallestudie hierbo. (3)
3.1.2 Mteto Nyati is 'n demokratiese leier. Ondersteun hierdie stelling
deur DRIE karaktereienskappe uit die gevallestudie aan te haal. (3)
3.1.3 Evalueer die demokratiese leierskapstyl. (8)
3.2 Koöperasies word deur 'n groep belanghebbendes gestig sodat daar aan
hulle ekonomiese en maatskaplike behoeftes voldoen kan word deur 'n
onderneming wat gesamentlik besit word.
3.2.1 Noem VIER soorte koöperasies. (4)
3.2.2 Verduidelik enige DRIE voordele van hierdie ondernemingsvorm. (9)
3.3 Onderskei tussen enkelvoudige en saamgestelde rente. (4)
3.4 Annette het drie jaar gelede R10 000 in 'n vaste deposito belê en het R11 800
ontvang toe dit verval het. Sy bedryf ook 'n kleinerige snoepwinkel by 'n
plaaslike skool waarin sy aanvanklik R10 000 as aanvangskapitaal belê het.
Die snoepwinkel het 'n wins van R3 600 in totaal oor die afgelope drie jaar
gegenereer.
3.4.1 Bereken die opbrengskoers per jaar (%) wat Annette op die vaste
deposito ontvang het. (5)
3.4.2 Bereken die opbrengskoers per jaar (%) op Annette se belegging
in haar onderneming. (5)
3.4.3 Die vaste deposito het nou verval en sy het die opsie om dit in die
bank te herbelê of om dit in haar onderneming vir uitbreiding te
gebruik. Maak 'n aanbeveling en motiveer wat die beste
beleggingsopsie vir Annette sal wees. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.5 Analiseer die volgende beleggingsvorme wat op die Johannesburgse
Sekuriteitebeurs Bpk. (die JSE) beskikbaar is:
3.5.1 Voorkeuraandele (8)
3.5.2 RSA-kleinhandeleffekte (6)
[60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CC Kreatiewe Ontwerp is 'n suksesvolle grafiese ontwerponderneming wat
spesialiseer in die ontwerp van kreatiewe sosialemedia-bemarking en
reklameveldtogte. Sam Mamabulo, die eienaar, glo dat 'n werksomgewing
wat voortdurend verander kreatiewe denke aanmoedig. Hy het onlangs al die
vloerteëls in hul Kaapstadse kantore met nagemaakte gras vervang. Alle
werknemers moet gedurende werkstyd kaalvoet loop. Kantoorure is buigbaar
so personeel kan hul eie werksure kies solank hulle hul spertye nakom.
Sam sê: 'Kreatiewe denke ondersoek idees en idees is geleenthede.'
4.1.1 Haal 'n strategie uit die scenario hierbo aan wat toon hoe Sam
kreatiewe denke aanmoedig. (1)
4.1.2 Noem enige VIER struikelblokke wat kan voorkom dat Sam
Mamabulo kreatief dink. (8)
4.2 Elke scenario hieronder toon onprofessionele sakepraktyke. Stel EEN metode
voor waarop die onderneming elke scenario kan hanteer:
4.2.1 Middelvlakbestuurders bespreek werksverwante sake op sosiale
media. (2)
4.2.2 Die sekretaresse van die HUB in 'n groot maatskappy is ongeskik
wanneer sy die telefoon antwoord. (2)
4.2.3 Die HUB het 'n gewoonte om laat by raadsvergaderings op te daag
en almal moet wag voordat dringende sake bespreek kan word. (2)
4.3 Beskryf wat met etiese gedrag bedoel word. (4)
4.4 Identifiseer VIER diversiteitskwessies in die werkplek wat uniek aan Suid-
Afrikaanse besighede is. Stel EEN strategie voor om elke kwessie op te los. (12)
4.5 Beveel enige VIER stappe aan wat werkgewers en werknemers moet volg in
die hantering van griewe in die werksplek. (8)
4.6 Bespreek DRIE beginsels van professionalisme. (9)
4.7 Ontleed VIER voordele van korporatiewe maatskaplike investerings (KMI)-
projekte vir gemeenskappe. (12)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Jeff Bande (Edms.) Bpk. adverteer 'n pos vir 'n werkswinkelbestuurder in 'n
nasionale koerant. Die advertensie het die posvereistes en -spesifikasies
gespesifiseer en ook genoem dat alle kandidate op die kortlys aan
siftingstoetse onderwerp sal word. Daar sal van suksesvolle kandidate
verwag word om 'n indiensnemingskontrak te teken.
5.1.1 Maak 'n lys van DRIE items wat in 'n posspesifikasie vir 'n
werkswinkelbestuurder ingesluit behoort te word. (3)
5.1.2 Noem DRIE besonderhede wat as inhoud in die
indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (3)
5.1.3 Beskryf die prosedure wat Jeff Bande (Edms.) Bpk. behoort te volg
tydens die keuring van kandidate. (6)
5.2 Onderskei duidelik tussen stukwerk- en tydstariefvergoeding. (4)
5.3 Bespreek TWEE redes waarom 'n werker se dienskontrak beëindig kan word. (6)
5.4 Verduidelik die volgende elemente van totale gehaltebestuur (TGB/'TQM'):
5.4.1 Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding (6)
5.4.2 Totale klante- /kliëntetevredenheid (6)
5.4.3 Deurlopende verbetering van stelsels en prosesse (6)
5.5 Beskryf hoe die gehalte van prestasie in die besigheidsfunksies hieronder die
sleutel tot 'n suksesvolle onderneming kan wees:
5.5.1 Bemarking (6)
5.5.2 Aankope (6)
5.6 Analiseer die impak van totale gehaltebestuur (TGB/'TQM') op groot
ondernemings. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
6.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die e-tolstelsel is onlangs op Gauteng-paaie ingestel. Die Suid-Afrikaanse
Nasionale Padagentskap SBO Bpk. (SANRAL) ondervind groot probleme om
die uitstaande tolgeld in te vorder. Motoriste wat weier om te betaal en
vervalste voertuignommerplate is van hul grootste uitdagings. SANRAL moet
besluit hoe hulle hierdie probleme gaan oplos en maatreëls aandui wat hulle
moet implementeer om dit te voorkom.
6.1.1 Verwys na die scenario hierbo en identifiseer enige TWEE
uitdagings wat die Suid-Afrikaanse Padagentskap ondervind. (2)
6.1.2 Noem die stappe wat SANRAL behoort te volg om die
geïdentifiseerde probleme op te los. (10)
6.2 Geïmplementeerde strategieë moet voortdurend geëvalueer word. Maak 'n
lys van die stappe wat in hierdie evalueringsproses gebruik word. (8)
6.3 Beskryf in breë trekke die voordele wat die implementering van 'n goeie
gehaltebeheerstelsel vir 'n onderneming inhou. (10)
6.4 Beskryf die konsep beskermde staking soos uiteengesit in die Wet op
Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 of 1995). (6)
6.5 Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk. (die
JSE). (8)
6.6 Beveel VIER maniere aan waarop 'n onderneming die welstand van hul
werkers kan bevorder. (8)
6.7 Evalueer PowerPoint as 'n aanbiedingsmetode. (8)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS
Susan verkoop toebroodjies uit 'n klein winkeltjie in 'n besige kantoorblok. Haar
toebroodjies is baie gewild want sy gebruik slegs hoë gehalte vars bestanddele wat
daagliks afgelewer word. Sy wil na ander kantoorblokke in die omgewing uitbrei, wat
verder weg van haar verskaffers en nader aan ander kitskosrestaurante is.
Analiseer Susan se idee om haar onderneming uit te brei deur Porter se Vyf Kragte-
model te gebruik. Verduidelik hoe Susan die DRIE intensiewe strategieë kan aanwend
om die uitdagings wat sy kan ondervind wanneer sy na ander gebiede uitbrei, te
oorkom. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
Ongelukke en rampe is deel van die lewe en as ondernemings nie verseker is nie, kan
dit tot finansiële verliese ly.
Jy, as 'n versekeringsmakelaar, word uitgenooi om 'n groep sake-eienaars oor
versekering te adviseer. Jy moet die volgende aspekte by jou aanbieding insluit:
• Die belangrikheid van versekering vir 'n onderneming
• Die onderskeid tussen versekering en assuransie
• Beskrywing van enige TWEE beginsels van versekering
• Verduideliking van die verskil tussen versekerbare en nie-versekerbare risiko's.
Gee TWEE praktiese voorbeelde van elk.
• Analise van die voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en die
Padongelukkefonds (POF) vir ondernemings [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE
Chicky Fried Chicken verkoop wegneemhoenderetes. Hulle grootste verskaffer van
vars hoender het gesluit en 'n nuwe verskaffer moet dringend gevind word.
Zama, die eienaar, het besluit om die finansiële bestuurder, die bemarkingsbestuurder
en die aankoopbestuurder te vra om as 'n span die probleem om 'n nuwe verskaffer te
vind, saam op te los. Dit moet effektief en sonder konflik gedoen word.
Skryf 'n volledige verslag aan die bestuurders van Chicky Fried Chicken waarin jy die
volgende aspekte insluit:
• 'n Verduideliking van die stadiums van spanontwikkeling
• 'n Bespreking van moontlike oorsake van konflik in 'n span
• 'n Voorstel rakende die prosedure wat toegepas kan word om konflik, wat spanne
gewoonlik ondervind, te oorkom
• Aanbevelings oor die kriteria wat spanlede kan gebruik om hul span se sukses te
meet [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
Ben is die menslikehulpbron-bestuurder by Mangaliso Bpk. Hy is verantwoordelik vir
die werwing van en onderhoudvoering met voornemende kandidate vir die pos van 'n
boekhouer. Mangaliso Bpk. moet aanstellings maak binne die voorskrifte van die Wet
op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998).
Ondersteun Ben met die werwingsprosedure waarna in die scenario hierbo verwys
word.
Jy moet die volgende aspekte by jou aanbieding insluit:
• 'n Kritiese analise van die tipes werwing
• 'n Verduideliking van die doel van onderhoudsvoering en sy rol as 'n onderhoud-
voerder
• 'n Bespreking van die impak van die WGI op Mangaliso Bpk. wanneer hulle nuwe
aanstellings maak [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN June 2015 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March 2015 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC November 2015 Memo (English)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum