Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
BESIGHEIDSTUDIES
2015
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777/v1-24536a5817d2f19214de/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 308.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC June Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer
elke vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 40 30 minute
B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute
tipe vrae 3 60 30 minute
(KEUSE: Beantwoord 4 60 30 minute
enige DRIE.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute
(KEUSE: Beantwoord 8 40 30 minute
enige TWEE.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
7. Begin die antwoorde op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/2015
SSE
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 'n Dispuut tussen 'n werkgewer en werknemer(s) oor eise vir beter
werksomstandighede kan na die … verwys word.
A onderhoudshof
B KVBA
C ombudsman
D werkplekforum
1.1.2 Watter EEN van die volgende items sal mees waarskynlik op 'n
werknemer se betaalstrokie verskyn?
A Munisipale erfbelasting op private eiendom
B Elektrisiteitsuitgawes
C Bankkoste
D Behuisingstoelaag
1.1.3 Diversiteit in die sakewêreld beteken dat …
A besighede mense uit verskillende gelowe en kulture behoort in te
sluit.
B slegs voorheen benadeelde individue in diens geneem moet
word.
C slegs jong mense in diens geneem moet word.
D slegs Engelssprekende mense ingesluit moet word.
1.1.4 Een van die stappe in die proses om strategieë te ontwikkel om nuwe
produkte te verkoop, sluit in die …
A daarstel van administratiewe doelwitte.
B implementering van bemarkingstrategieë.
C vermindering van verkoopspersoneel.
D ignoreer van voortgesette bemarkingsprobleme.
1.1.5 Tydens die produksie van glashouers word gehalte-… gedurende
elke stadium uitgevoer om te verseker dat die voorafgestelde
standaarde bereik is.
A sirkel
B versekering
C assuransie
D raad
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/2015
SSE
1.1.6 In die … spandinamika-teorie identifiseer 'n spanbestuurswiel agt
rolle wat spanlede verkies om in 'n span te vervul.
A Jungiaanse
B Margerison-McCann-
C groepkonsensus-
D Belbin-rol-
1.1.7 In die oplossing van … moet bestuur na alle menings luister en alle
standpunte in ag neem voordat besluit word wat die beste stappe is
om te doen.
A kwaliteit
B spanwerk
C konflik
D strategieë
1.1.8 Effektiewe terugvoer behels die …
A antwoord van vrae na 'n aanbieding.
B uitdeel van pamflette.
C hantering van moeilike werknemers.
D gebruik van visuele hulpmiddele in verbale aanbiedinge.
1.1.9 'n Private maatskappy en 'n beslote korporasie het die volgende
voordeel:
A Die minimum getal lede is vier
B Albei ondernemings word deur een direkteur bestuur
C Die aanspreeklikheid van aandeelhouers/lede is beperk tot die
bedrag van hul beleggings
D Die kontinuïteit van beide ondernemings is beperk
1.1.10 Hierdie bron van finansiering verteenwoordig 'n langtermynlening aan
'n sake-onderneming:
A RSA kleinhandelspaareffekte
B Bankoortrekking
C Verskafferskrediet
D Skuldbriewe (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/2015
SSE
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
uitsluitings; personeelontwikkeling; bybetaling; ekonomiese; stakings;
diskriminasie; mense; plasing; inklusiwiteit; premie
1.2.1 … verwys na die deel van 'n versekeringseis waarvoor die
versekerde verantwoordelik is wanneer 'n eis ingestel word.
1.2.2 …-regte sluit vryheid van uitdrukking en assosiasie in.
1.2.3 …-programme is daarop gemik om die vaardighede van bestaande
werknemers te verbeter.
1.2.4 … verhinder werknemers om die werkplek te betree nadat onder-
handelinge in die bedingingsraad misluk het.
1.2.5 … beteken om elke persoon na waarde te ag, ongeag status,
kultuur of gestremdheid. (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n term/afkorting uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 'n Wettige dokument wat 'n kandidaat in A WNNR
kennis stel dat hy/sy vir 'n pos aanvaar is
B afdankingsbrief
1.3.2 'n Organisasie wat inligting rakende
verbruikers se vermoë om hul skuld te C inkomstebelasting
betaal, aan diensverskaffers voorsien
D winste
1.3.3 Dit word verdien wanneer aandele in 'n
maatskappy besit word E dividende
1.3.4 Die organisasie wat gewoonlik produkte F kredietburo
toets vir voldoening aan nasionale
standaarde G SABS
1.3.5 'n Verpligte aftrekking van 'n werknemer H aanstellingsbrief
se salaris
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/2015
SSE
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoorde op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy,
ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NANA SE DAMESHAARSALON
Nana besit 'n informele haarsalon wat by 'n plaaslike taxistaanplek sake doen.
Sy is 'n uitstekende haarkapster. Mans nader haar ook om hulle hare te
versorg.
Nana se werknemers is nie opgelei om mans se hare te versorg nie en haar
salon is ook nie toegerus om sulke dienste te lewer nie. Sy het nie genoeg
kapitaal om die nodige toerusting aan te koop nie.
Nana is bekommerd oor die toename in geweld by die taxistaanplek wat haar
klante kan afskrik om haar besigheid te besoek. Aangesien dit 'n informele
besigheid is, moet sy die volle kleinhandelprys vir sjampoe en toerusting
betaal wat sy by Jumbo Groothandelaars koop.
2.1.1 Noem die sakesektor waarin Nana se Dameshaarsalon bedryf
word. (1)
2.1.2 Identifiseer EEN uitdaging vir Nana se besigheid uit ELKE sake-
omgewing en klassifiseer dit dienooreenkomstig. Gebruik die tabel
hieronder om jou antwoord aan te bied.
UITDAGING SAKE-OMGEWING
(9)
2.1.3 Dui die mate van beheer aan wat Nana se salon gewoonlik kan hê
oor elkeen van die sake-omgewings wat in VRAAG 2.1.2 hierbo
geïdentifiseer is. (3)
2.2 2.2.1 Identifiseer die sake-omgewing waarin die Porter se Vyf Kragte-
model toegepas kan word. (1)
2.2.2 Maak 'n lys van die VYF kragte van Porter se model. (5)
2.3 Verduidelik die voordele van die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van
2005) vir ondernemings. (10)
2.4 Bespreek DRIE verbruikersregte soos geïdentifiseer in die Wet op
Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008). (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/2015
SSE
2.5 Beskryf TWEE soorte diversifikasiestrategieë. (6)
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
M&U UITRUSTERS BPK.
M&U Uitrusters Bpk. vervaardig skooltruie en sweetpakke. M&U se werkers
werk 6 dae per week vanaf 09:00 tot 18:00 sonder ophou, met net een
15-minute-pouse per dag. Werkers wat siekteverlof neem, word nie betaal nie,
selfs al dien hulle 'n mediese sertifikaat in.
2.6.1 Ontleed die scenario hierbo volgens die bepalings van die Wet op
Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) en
doen aanbevelings oor hoe M&U Uitrusters Bpk. hul nienakoming
van die WBDV kan verbeter. (12)
2.6.2 Omskryf kortliks enige TWEE bepalings van die WBDV wat nie in
die scenario hierbo genoem word nie. (4)
[60]
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 3.1.1 Noem die instelling wat dit vir beleggers moontlik maak om
aandele in Suid-Afrika te koop en te verkoop. (1)
3.1.2 Beskryf die funksies van die instelling waarna in VRAAG 3.1.1
hierbo verwys word. (6)
3.2 Beveel enige TWEE maniere aan om in die instelling, waarna in VRAAG 3.1.1
verwys word, te belê. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DAWN FUNKSIES MSW
Vier ou vriende het onlangs afgetree. Hulle het 'n gedeelte van hul
pensioenuitbetalings gekombineer om Dawn Funksies MSW te stig wat
spesiale geleenthede/funksies en aktiwiteite vir mense ouer as 60 jaar
organiseer.
3.3.1 Identifiseer die ondernemingsvorm in die scenario hierbo. (1)
3.3.2 Noem die stigtingsdokument wat Dawn Funksies MSW moet
gebruik om ingevolge die Maatskappyewet, 2008 (Wet 71 van
2008) te registreer. (1)
3.3.3 Verduidelik hoe die volgende faktore die sukses of mislukking (of
beide) van Dawn Funksies MSW sal beïnvloed:
(a) Belasting (2)
(b) Kapasiteit (2)
(c) Bestuur (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/2015
SSE
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERSEKERINGSEIS
Sanjay het 4 jaar gelede sy huis vir R600 000 gekoop. Sy huis is onlangs
teen R1 000 000 en die huishoudelike inhoud teen R500 000 waardeer. Hy
het sy huis, inhoud ingesluit, vir R1 200 000 verseker.
Sanjay beskou dit as onnodig om die hoër premie te betaal. Die polis bepaal
dat in die geval van 'n eis, die versekerde 'n bybetaling van 5% of R3 000 (na
gelang van wat die hoogste is) moet maak.
3.4.1 Haal die markwaarde van Sanjay se eiendom aan. (1)
3.4.2 Is Sanjay se eiendom en huishoudelike inhoud oorverseker of
onderverseker? Motiveer jou antwoord. (3)
3.4.3 Op grond van die versekerde bedrag, noem die klousule wat
toegepas sal word as Sanjay 'n versekeringseis instel. (1)
3.4.4 Bespreek enige TWEE beginsels van versekering. (6)
3.5 Beveel TWEE aspekte aan wat oorweeg moet word wanneer 'n suksesvolle
aanbieding voorberei word. (4)
3.6 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
% Gewildheid van Motorvoertuie
BMW
Mercedes 5%
Benz
10%
Toyota
35%
Volkswagen
10%
Opel
5%
Ford
Nissan
20%
15%
3.6.1 Identifiseer die soort grafiek wat in die aanbieding hierbo gebruik is. (1)
3.6.2 Dui die gewildste motorvoertuig volgens hierdie grafiek aan.
Gee EEN rede vir jou antwoord. (3)
3.6.3 Evalueer die doeltreffendheid van die gebruik van grafieke om
inligting aan te bied. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/2015
SSE
3.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BELEGGINGSMOONTLIKHEDE EN OPBRENGS
Twee familielede, Bobo en Sam, het in Januarie 2011 R400 000 en R200 000
onderskeidelik uit hul oorlede oupa se boedel ontvang.
Bobo het onmiddellik sy R400 000 in vaste eiendom in Umhlanga, 'n kus-
dorp naby Durban in KwaZulu-Natal, belê. Die plaaslike regering het in
September 2013 die oprigting van 'n nuwe winkelkompleks goedgekeur wat
tot 'n skerp styging in die vraag na eiendom in die omgewing gelei het. Bobo
het in Desember 2013 'n aanbod van R500 000 aanvaar en sy eiendom
verkoop.
Sam het in Januarie 2011 sy R200 000 in 20 000 Gold Reef-aandele teen
R10 elk belê. Sam het in Desember 2013 al sy aandele teen R20 elk verkoop.
3.7.1 Bepaal watter familielid se belegging die hoogste opbrengskoers
verdien het. Toon berekeninge om jou antwoord te staaf. (10)
3.7.2 Ontleed elke familielid se belegging ten opsigte van die risikofaktor
vir die beleggingsperiode. (6)
[60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Maatskappye se direkteure moet tydens die Algemene Jaarvergadering (AJV)
alle verwante finansiële inligting aan aandeelhouers bekend maak.
4.1.1 Identifiseer die beginsel van goeie korporatiewe bestuur waarna in
die scenario hierbo verwys word, soos in die King-kode aangedui. (1)
4.1.2 Omskryf kortliks enige DRIE ander King-kode-beginsels vir goeie
korporatiewe bestuur. (3)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AHA KONSULTANTE BK
Jane werk reeds die afgelope drie jaar by AHA Konsultante BK en is 'n
betroubare, ervare en gekwalifiseerde werknemer.
Die besigheid het 'n senior bestuurspos geadverteer. Vusi, die menslike-
hulpbron-bestuurder, het belowe om Jane aan te stel in ruil vir seksuele
gunste en soms gebruik hy ook die besigheid se hulpbronne vir sy eie gewin.
4.2.1 Haal TWEE situasies uit die scenario aan wat as onetiese
sakepraktyke beskou kan word. (2)
4.2.2 Beveel maniere aan waarop die TWEE situasies wat in
VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is, aangepak kan word. (8)
4.2.3 Beskryf enige TWEE ander kwessies wat as onetiese en
onprofessionele sakepraktyke beskou kan word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/2015
SSE
4.3 Tabuleer die verskille tussen etiek en professionalisme in 'n sake-
onderneming. (8)
4.4 Bespreek maniere waarop professionele, etiese en effektiewe besigheids-
praktyke in 'n uitdagende sake-omgewing bedryf behoort te word. (10)
4.5 Beveel maniere aan waarop 'n besigheid 'n omgewing kan skep wat vir
kreatiewe denke bevorderlik is. (8)
4.6 Onderskei tussen die nominalegroep- en die Delphi-probleemoplossings-
tegnieke. (8)
4.7 Bespreek die verband tussen drievoudige sleutelaspekte ('triple bottom line')
en die maatskaplike (sosiale) verantwoordelikheid van 'n onderneming. (6)
[60]
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Hullets Hout Edms. (Bpk.) het 'n vakante pos vir 'n finansiële rekenmeester.
Beskryf die werwingsprosedure wat die menslikehulpbron-bestuurder behoort
te volg om die vakante pos te vul. (9)
5.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ZAMA KLEDING
Zama Kleding het 'n vakante pos vir 'n mode-ontwerper. Hulle het hierdie
pos geadverteer met behulp van die personeelkennisgewingsbord, interne
e-posse/memorandums en omsendskrywes. Toesighouers in verskeie
departemente is ook versoek om geskikte kandidate uit hulle huidige
personeel te nomineer.
5.2.1 Identifiseer die soort werwing wat Zama Kleding in die scenario
gebruik het. Motiveer jou antwoord. (3)
5.2.2 Evalueer die soort werwing waarna in VRAAG 5.2.1 hierbo verwys
word. (8)
5.3 Jy word versoek om as voorsitter tydens 'n onderhoud op te tree. Bespreek
jou rol voordat die onderhoud gehou word. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 DBE/2015
SSE
5.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Shireez, wat 'n glasmonteringsonderneming bedryf, wil drie nuwe werkers in
diens neem. Sy is nie seker hoe om wettige indiensnemingskontrakte vir
hierdie werkers op te stel nie.
5.4.1 Definieer die term indiensnemingskontrak. (2)
5.4.2 Omskryf kortliks aspekte wat Shireez in 'n indiensnemingskontrak
behoort in te sluit. (10)
5.4.3 Stel enige TWEE moontlike redes vir die beëindiging van 'n
indiensnemingskontrak vir Shireez voor. (4)
5.5 Verduidelik die voordele van die implementering van 'n hoë gehalte-
bestuurstelsel in 'n besigheid. (8)
5.6 Ontleed die impak van totale gehaltebestuur (TGB/'TQM') op groot besigheid
met verwysing na deurlopende vaardigheidsontwikkeling. (8)
[60]
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
6.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JAMES VRUGTE-&-GROENTE-ONDERNEMING BPK.
James Vrugte-&-Groente-Onderneming Bpk. is 'n groot vrugte-en-groente-
kleinhandelaar wat in 'n middelklaswoonbuurt geleë is waar die meeste
mense gehalteprodukte kan bekostig. Hulle lewer gratis af binne 'n omtrek
van 10 km. James Vrugte-&-Groente-Onderneming Bpk. het nie groot
opbergingsfasiliteite nie as gevolg van 'n gebrek aan kapitaal. Sommige
werknemers het nie die ondervinding om vrugte en groente te hanteer nie.
Die aanbod van buiteseisoenvrugte en -groente is traag en sommige
mededingers voer vrugte en groente uit ander lande teen laer pryse in.
Die menslikehulpbron-bestuurder is genoodsaak om aan die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) te voldoen ten opsigte van die
betaling van minimum lone, ongeag werkers se prestasie.
Daar is 'n toenemende vraag na vars vrugtesap deur gesondheidsbewuste
klante. Soos wat klante se salarisse verhoog, sal hulle hoër pryse kan
bekostig en moontlik duurder vrugte en groente aanvra.
6.1.1 Stel 'n SSGB('SWOT')-analise saam vir James Vrugte-&-Groente-
Onderneming Bpk. wat op die scenario gegrond is. (8)
6.1.2 Beveel TWEE strategieë aan wat James Vrugte-&-Groente-
Onderneming Bpk. kan gebruik om hul swak punte, soos in die
SSGB-analise in VRAAG 6.1.1 geïdentifiseer, te oorkom. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 DBE/2015
SSE
6.2 Beveel maniere aan waarop besighede die volgende sosio-ekonomiese
kwessies deur korporatiewe maatskaplike (sosiale) investerings(KMI/KSI)-
programme kan aanpak:
6.2.1 MIV/Vigs (4)
6.2.2 Werkloosheid (4)
6.3 Jy wil R3 000 in RSA Kleinhandelspaareffekte belê in plaas van in
effektetrusts.
6.3.1 Onderskei tussen RSA Kleinhandelspaareffekte en effektetrusts. (4)
6.3.2 Verduidelik die voordele daarvan om in RSA Kleinhandel-
spaareffekte te belê. (8)
6.4 Bespreek die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap. (8)
6.5 Identifiseer die stadiums/fases van spanontwikkeling wat in die volgende
scenario's geïllustreer word:
6.5.1 Spanlede het meningsverskille, maar los dit gou op sodat hulle
hulle doelwitte kan bereik. (1)
6.5.2 Spanlede werk nie saam nie, omdat hulle om die spanleier se
posisie meeding. (1)
6.6 Bespreek die volgende as kriteria wat gebruik kan word om suksesvolle
spanprestasie te beoordeel:
6.6.1 Interpersoonlike houding/ingesteldheid en gedrag (6)
6.6.2 Gedeelde waardes (6)
6.7 Evalueer die impak van byvoordele in die werkplek. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 DBE/2015
SSE
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1988 (Wet 97 van 1988) (WVO) skryf
verskillende wyses van beroepsgerigte leer voor deur die bevordering van
leerderskappe, vaardigheidsprogramme en deur Sektorale Onderwys-en-
Opleidingsowerhede (SOOO's/'SETAs'). Die doel van SOOO's/'SETAs' is die
implementering van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die Menslike-
hulpbron-ontwikkelingstrategie.
As 'n kenner van arbeidswetgewing word jy versoek om 'n verslag oor vaardigheids-
ontwikkeling saam te stel. Die volgende aspekte moet by jou verslag ingesluit word:
• Verduidelik die doelwitte van die WVO
• Evalueer die impak van hierdie Wet op besighede en werknemers
• Omskryf kortliks die rol van SOOO's/'SETAs'
• Beskryf die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die Menslike-
hulpbron-ontwikkelingstrategie
• Beveel TWEE maniere aan waarop besighede hierdie Wet kan nakom [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (LEIERSKAPSTYLE/-TEORIEË)
LEIERS vs. BESTUURDERS
Volgens 'n onlangse studie is dit redelik 'gevaarlik' om tussen leiers en bestuurders te
onderskei, omdat die een nie minderwaardig of ondergeskik aan die ander een is nie.
Entrepreneurs in klein ondernemings, sowel as dié in groot maatskappye, kan
doeltreffende bestuurders en suksesvolle leiers wees.
Bestuur word in baie tersiêre kursusse bestudeer en leierskap kan ook deur studie of
opleiding bekom word.
Bespreek die volgende kwessies met inagneming van die scenario hierbo:
• Vergelyk leierskap met bestuur
• Evalueer die outokratiese, demokratiese en laissez-faire-/vrye-teuels-leierskapstyle
• Verduidelik die situasionele en transformasionele bestuurs- en leierskapsteorieë
• Beskryf 'n situasie waarin hierdie twee teorieë in die werkplek toegepas kan word [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 14 DBE/2015
SSE
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (KMV/KSV)
Ben Potgieter besit Phola b.&o. ('B&B'), 'n bed-en-ontbyt-gastehuis in 'n plaaslike
township. Hy stel nie net in die bedryf van 'n onderneming belang nie, maar wil ook by
die opheffing van die gemeenskap waar hy sake doen, betrokke raak.
Gee Ben Potgieter advies oor hoe hy sy korporatiewe maatskaplike
verantwoordelikheids(KMV/KSV)-drome kan verwesenlik deur die volgende te
bespreek:
• Verduidelik die aard van KMV/KSV
• Bespreek die voordele van KMV/KSV vir besighede
• Beskryf moontlike uitdagings van KMV/KSV vir die gemeenskap
• Stel maniere voor waarop Ben tyd en energie kan bydra om die welstand van die
gemeenskap uit 'n sake-oogpunt te verbeter [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)
Rainbow Konstruksie spesialiseer in die bou van huise en paaie. Hulle bestuur is
bekommerd oor die gehalte van prestasie in sekere afdelings van die onderneming.
Jy is 'n kundige in die bestuur van totale gehalte en prestasie in die werkplek. Skryf 'n
verslag aan die bestuur van Rainbow Konstruksie en bespreek hoe die gehalte van
prestasie in die volgende besigheidsfunksies tot die sukses van hul onderneming kan
bydra:
• Produksie
• Bemarking
• Aankope
• Algemene bestuur
Ontleed hoe die voortdurende verbetering van prosesse en stelsels die gehalte van
Rainbow Konstruksie se huise en paaie kan verbeter. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777/v1-24536a5817d2f19214de/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum