Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2015
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 412.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
die vrae beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 40 30 minute
B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute
tipe vrae 3 60 30 minute
KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute
enige DRIE.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute
KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute
enige TWEE.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 'n Funksie van 'n SOOO ('SETA') is om …
A voorkeurverkrygingkontrakte te registreer.
B werknemers tot senior poste te bevorder.
C 'n bestuursplan te ontwikkel.
D leerlingskapooreenkomste te registreer.
1.1.2 Besighede moet seker maak dat leners/kliënte in staat sal wees om
hul lenings binne die vasgestelde tydperk terug te betaal voordat 'n
lening toegestaan word. Dit is een van die hoofdoelwitte van die …
A Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008).
B Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005).
C Wet op Arbeidsverhoudinge,1995 (Wet 66 van 1995).
D Wet op Gelyke Indiensneming/Diensbillikheid, 1998 (Wet 55
van 1998).
1.1.3 ... kommunikeer hoofsaaklik deur middel van interaksie, gedrag of
charisma.
A Leiers
B Volgelinge
C Werknemers
D Ondergeskiktes
1.1.4 'n Oorversekerde pakhuis impliseer dat dit vir … verseker is.
A minder as die vervangingswaarde
B minder as die werklike waarde
C meer as die markwaarde
D dieselfde as die boekwaarde
1.1.5 Hierdie probleemoplossingstegniek laat 'n bestuurder oplossings
op sy/haar eie vind:
A Dinkskrum
B Delphi
C Leë stoel
D Gedwonge kombinasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/November 2015
NSS
1.1.6 SASOL Bpk. is nie net oor hul finansiële posisie begaan nie, maar
ook oor hulle sukses op maatskaplike en omgewingsgebied.
Daarom doen hulle ook verslag oor hulle … prestasie.
A winsgewendheid-
B sosiale
C Porter se Vyf Kragte/Magte-
D drievoudige sleutel- ('triple bottom line')
1.1.7 Joseph is pas as die instandhoudingtoesighouer by die Blue Beach
Hotel aangestel. Hy sal die beleids-en-prosedurehandleiding van
die hotel gedurende die …-program ontvang.
A plasings
B induksie
C werwings
D siftings
1.1.8 Browns Argitekte Geïnk. is 'n voorbeeld van 'n …
A vennootskap.
B beslote korporasie.
C persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.
D privaat maatskappy.
1.1.9 Senzo belê R8 000 by Burger Bank vir drie jaar teen 10% enkel-
voudige rente. Burger Bank sal … na drie jaar uitbetaal wanneer die
belegging verval.
A R10 400
B R8 800
C R10 648
D R2 400
1.1.10 DJ Vynil speel deeltyds musiek by funksies. Die vraag na sy dienste
het toegeneem en hy oorweeg dit om dit voltyds te doen. 'n Swak
punt wat deur sy SSGB ('SWOT')-analise uitgelig is, kan … wees.
A munisipale regulasies wat geraasvlakke in sekere gebiede
beperk
B duur klankstelsels
C meer uitnodigings na glansryke geleenthede
D ervaring as 'n platejoggie ('DJ') (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/November 2015
NSS
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die woord(e)/afkorting in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e)/afkorting langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
primêre; menslike hulpbronne; gehaltebeheer; griewe;
gehalteversekering; WVF; tersiêre; POF; konflik; Nasionale Vaardigheids
1.2.1 Die … vergoed iemand wat in 'n motorongeluk beseer is of hy/sy
deel van die oorsaak van die ongeluk was of nie.
1.2.2 Die … sektor sluit alle industrieë/nywerhede in wat dienste aan
ander besighede en verbruikers lewer.
1.2.3 ... is die stelsel wat verseker dat die finale produk aan die vereiste
standaarde voldoen.
1.2.4 Die … -prosedure kan gebruik word om die saak van verbale
misbruik van die sekretaresse deur haar bestuurder op te los.
1.2.5 Die … -ontwikkelingstrategie sluit aksieplanne in om te verseker
dat naskoolse onderwys en opleiding verbeter. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/November 2015
NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term/Wet in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Sifting A verslagdoening is om inligting wat moontlik
nadelig vir 'n maatskappy se beeld kan
1.3.2 Aflegging wees, te verswyg
1.3.3 Aftree-annuïteite B implementeer regstellende aksie om
onregverdige diskriminasie op alle vlakke
1.3.4 Wet op Gelyke te voorkom
Indiensneming/Diens-
billikheid, 1998 C kies die geskikste kandidaat vir die pos
(Wet 55 van 1998)
D die vrywillige beëindiging van die indiens-
1.3.5 Openbaarmaking nemingskontrak deur die werknemer
E geen onttrekkings kan uit die fonds
gemaak word voor die ouderdom van
55 nie
F elimineer kandidate wat nie vir die pos
geskik is nie
G 'n enkelbedraguitbetaling sal slegs ná die
dood van die versekerde gemaak word
H 'n defensiewe/verdedigende strategie
wat gebruik word wanneer bankrotskap
'n besigheid in die gesig staar
I verhoog toegang tot finansiering vir swart
entrepreneurs
J doen verslag oor die positiewe en
negatiewe impak van 'n maatskappy
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Klassifiseer elke scenario volgens die betrokke pilaar soos in die Wet op
Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van
2003) uiteengesit:
2.1.1 Die bevordering van drie swart vroue as hoofde van verskillende
afdelings
2.1.2 Gebruik Nkosi Vervoer se dienste om produkte te versprei
2.1.3 'n Onlangse skenking van R30 000 om tot die bou van 'n
gemeenskapskonferensiesentrum by te dra
2.1.4 Stuur werknemers twee maal 'n jaar vir opleidingsessies om hulle
vaardighede te verbeter
2.1.5 'n Uitnodiging aan werknemers om aandele in die maatskappy
te koop (5 x 2) (10)
2.2 Beskryf die strategiese bestuursproses. (8)
2.3 Verduidelik die impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995
(Wet 66 van 1995) op besighede. (8)
2.4 Onderskei tussen produkontwikkeling en markontwikkeling. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/November 2015
NSS
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FRUITCO BPK. (FC)
Mnr. Tom is 'n masjienoperateur wat by Fruitco Bpk. werk, 'n fabriek wat
vrugte verpak en na Amerika uitvoer. Hy is tydens die uitvoer van sy
pligte ernstig beseer en is hospitaal toe gehaas sonder dat die ongeluk
aangemeld is.
Fruitco se bestuur het die aard van die ongeluk ondersoek en bevind dat
mnr. Tom nie sy beskermende klere gedra het nie, ten spyte daarvan dat hy
dikwels aangeraai is om dit te doen.
Die dokter se verslag het aangedui dat mnr. Tom vir drie maande ongeskik vir
werk sal wees.
2.5.1 Noem die Wet wat op mnr. Tom se ongeluk by die werk van
toepassing is. (2)
2.5.2 Bespreek die impak van die Wet waarna in VRAAG 2.5.1 verwys
word op besighede (werkgewers en werknemers). (6)
2.5.3 Is mnr. Tom se beseringseis geregverdig? Haal TWEE redes uit
die scenario aan om jou antwoord te motiveer. (2)
2.6 Stel maniere voor waarop 'n besigheid die voorskrifte van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) kan nakom. (8)
2.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
KAREN'S EVENTS (KE)
Karen's Events spesialiseer in spyseniering vir troues. Ten spyte van Karen
se hoë pryse, het sy baie kliënte as gevolg van uitstekende dienslewering en
stylvolle dekor. Dit was maklik om haar besigheid te begin, want sy het slegs
'n handelslisensie en 'n klein kapitale bedrag benodig. Karen's Events koop al
haar produkte by Thuli Bpk., wat die enigste verskaffer van dekor en materiaal
vir troues in hierdie bedryf is. Sammy's Party Planners, wat in dieselfde
gebied handel dryf, bied soortgelyke dienste teen bekostigbare pryse aan.
Ontleed Karen's Events se markomgewing deur Porter se Vyf Kragte-/Magte-
model te gebruik. (12)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BONGANI ALGEMENE HANDELAAR (BAH)
Bongani Algemene Handelaar se voorraad is nie verseker nie. As 'n
versekeringsmakelaar, het BAH jou vir advies oor versekering genader. Jy het
'n kwotasie vir die koste van versekering vir BAH se voorraad voltooi. Die
maandelikse premie is teen R2 800 gekwoteer op 'n totale waarde van
goedere ten bedrae van R2 800 000.
3.1.1 Identifiseer die tipe versekering wat BAH benodig en gee EEN rede
waarom dit vir die besigheid voordelig is. (4)
3.1.2 Noem en verduidelik die tipe versekering wat Bongani behoort te
oorweeg om sy afhanklikes te beskerm wanneer hy sterf. (5)
3.1.3 Definieer die volgende versekeringskonsepte:
(a) Awery-/Gemiddelde klousule (2)
(b) Herinbesitstelling (2)
3.2 Gee TWEE redes vir die stigting van 'n maatskappy in staatsbesit (MSB). (4)
3.3 Bespreek die voordele van effektetrusts as 'n medium- tot langtermyn-
belegging. (8)
3.4 Onderskei tussen gewone aandele en voorkeuraandele. Gee EEN voorbeeld
van elk. (10)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JONNY'S GLASS (EDMS.) BPK. (JG)
Jonny's Glass (Edms.) Bpk. spesialiseer in die vervaardiging van glas. Die
maatskappy het beperkte kapitaal, wat groei belemmer. Jonny wil sy
maatskappy omskakel in een wat hom in staat sal stel om die publiek uit te
nooi om aandele te koop.
3.5.1 Identifiseer die ondernemingsvorm wat deur Jonny's Glass (Edms.)
Bpk. voorgestel word. (1)
3.5.2 Beskryf hoe die volgende faktore die sukses of mislukking van die
ondernemingsvorm waarna in VRAAG 3.5.1 verwys word, kan
beïnvloed:
(a) Verdeling van winste (4)
(b) Wetgewing (4)
3.5.3 Beveel 'n geskikte ondernemingsvorm aan wat Jonny in staat sal
stel om aandele aan die publiek te verkoop. (1)
3.5.4 Noem die dokument wat Jonny's Glass sal publiseer om die
publiek te nooi om aandele te koop. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/November 2015
NSS
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LEIERSKAP
Shawn is 'n aankoopbestuurder en Tracy is sy assistentbestuurder. Shawn
maak altyd seker dat werknemers streng by die reëls en regulasies hou,
terwyl Tracy die laissez-faire- of vryeteuelsleierskapstyl verkies.
3.6.1 Identifiseer die leierskapstyl wat deur Shawn in die scenario hierbo
gebruik word. (2)
3.6.2 Evalueer die doeltreffendheid van die leierskapstyl waarna in
VRAAG 3.6.1 verwys word. (6)
3.6.3 Stel DRIE redes voor waarom werknemers die laissez-faire- of
vryeteuelsleierskapstyl kan verkies. (6)
[60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Noem enige DRIE ekonomiese regte van werknemers in die werkplek. (3)
4.2 Gee in breë trekke DRIE praktiese maniere waarop 'n besigheid se
korporatiewe maatskaplike/sosiale investeringsprojekte (KMI/KSI) tot die
gemeenskap kan bydra. (6)
4.3 Bespreek die VIER stadiums van spanontwikkeling. (12)
4.4 Stel maniere voor waarop besighede sosiale regte in die werkplek kan
bevorder. (6)
4.5 Verduidelik die verhouding tussen etiese en professionele gedrag in die
werkplek. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SEABREEZ FISH-AND-CHIPS (SFC)
Portia het Seabreez Fish-and-Chips by haar huis begin. Sy koop vars vis by
plaaslike vissermanne en maak dit in haar agterplaas skoon. Haar bure kla
oor die slegte reuk wat van haar erf kom want sy gebruik nie die korrekte
metode om van haar winkel se afval ontslae te raak nie. Sy gebruik weer
ou kookolie om die vis en skyfies voor te berei, wat tot maaltye van
swak gehalte lei.
Sy het drie werknemers wat oor naweke dubbelskofte werk, sonder enige
ekstra vergoeding.
4.6.1 Identifiseer DRIE onetiese en onverantwoordelike besigheids-
praktyke in die scenario hierbo. (3)
4.6.2 Beveel maniere aan waarop Portia elk van die DRIE onetiese
besigheidspraktyke wat in VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is, kan
aanpak. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 DBE/November 2015
NSS
4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ANGEL CLOTHING (AC)
Angel Clothing spesialiseer in die verkoop van sportdrag vir vroue. Die
besigheid se verkope is besig om te daal en hulle verloor klante aan ander
besighede wat soortgelyke produkte verkoop. Angel Clothing se bestuur wil
'n kreatiewe bemarkingsveldtog ontwerp wat verkope sal laat styg en nuwe
klante sal lok.
4.7.1 Pas die probleemoplossingstappe toe om Angel Clothing se
uitdagings te oorkom. (12)
4.7.2 Beskryf die voordele van kreatiewe denke om Angel Clothing se
probleme op te los. (4)
4.7.3 Gee Angel Clothing advies oor hoe hulle tyd en moeite kan bestee
om hulle werknemers se welstand te verbeter. (4)
[60]
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Noem TWEE vergoedingsmetodes wat werkgewers kan gebruik om die lone
van hulle werknemers te bepaal. (2)
5.2 Verduidelik die verband tussen salarisvasstelling en die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997). (4)
5.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TRUST MEUBELS (TM)
Trust Meubels het vakante poste vir 'n verkoopsbestuurder en 'n
pakhuisbestuurder. Die besigheid het hierdie vakante poste in
streekskoerante en aanlyn op sosiale media geadverteer.
5.3.1 Identifiseer die tipe werwing wat deur Trust Meubels in die scenario
hierbo gebruik is. Motiveer jou antwoord. (3)
5.3.2 Bespreek die voordele van die tipe werwing waarna in
VRAAG 5.3.1 verwys word. (8)
5.4 Onderhoudvoering is een van die stappe wat gebruik word wanneer nuwe
werknemers gekeur word.
5.4.1 Beskryf in breë trekke die doel van 'n onderhoud. (4)
5.4.2 Beskryf die rol van die aansoeker/applikant in 'n onderhoud. (6)
5.5 Stel gehalte-aanwysers vir die aankoopfunksie voor. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 DBE/November 2015
NSS
5.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PETUNIA KWEKERY BPK. (PK)
Petunia Kwekery Bpk. is 'n groot besigheid wat nie net in die verkoop van
inheemse plante spesialiseer nie, maar ook tuindienste lewer. Die bestuur en
personeel is almal aktief betrokke om te verseker dat plante van die hoogste
gehalte verkoop en uitstekende tuindienste gelewer word.
Petunia Kwekery het genoeg kapitaal om die nuutste tuingereedskap te koop
en gereeld marknavorsing te doen. Daar bestaan ook streng gehaltebeheer-
maatreëls, soos om gereeld vir plantsiektes te toets.
5.6.1 Haal DRIE stellings uit die scenario hierbo aan en koppel elkeen
aan 'n spesifieke element van Totale Gehaltebestuur (TGB). (9)
5.6.2 Brei uit oor die voordele van elk van die TGB-elemente waarna in
VRAAG 5.6.1 verwys word, vir Petunia Kwekery Bpk. as 'n groot
besigheid. (6)
5.7 Ontleed die negatiewe impak op besighede indien TGB swak geïmplementeer
word. (10)
[60]
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
JOSH SIGHT & SOUND (JSS)
Josh Sight & Sound verkoop televisiestelle en radio's. Die besigheid het
'n televisiestel teen 'n spesiale prys van R4 000 geadverteer. Themba wou die
produk koop, maar die verkoopspersoon het vir hom gesê dat die stel eintlik
vir R4 500 gemerk is.
Themba het volgehou dat hy slegs R4 000, soos geadverteer, sou betaal, en
aangevoer dat hy deur die wet beskerm word. Themba het gedreig om Josh
Sight & Sound te dagvaar indien hulle nie aan sy eis gehoor gee nie.
6.1.1 Noem die Wet wat Themba teen misleidende reklame beskerm. (2)
6.1.2 Identifiseer EEN verbruikersreg wat in Themba se geval
geskend is. (2)
6.1.3 Ontleed die impak van die Wet waarna in VRAAG 6.1.1 verwys
word, op JSS. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 DBE/November 2015
NSS
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BELEGGINGS
Claire wil R2 000 vir vyf jaar in 'n spaarplan belê. Sy is aangeraai om aanlyn
te registreer en aansoek te doen of om direk na die Nasionale Tesourie
te gaan.
6.2.1 Noem die tipe belegging wat Claire aangeraai is om te kies. (2)
6.2.2 Verduidelik die voordele om in die tipe belegging, waarna in
VRAAG 6.2.1 verwys word, te belê. (8)
6.3 Regverdig die belangrikheid van die POF as 'n tipe verpligte versekering. (3)
BESIGHEIDSROLLE
6.4 Stel maniere voor waarop besighede moeilike mense of verskillende
persoonlikhede of albei kan hanteer. (10)
6.5 Jy is deel van die 'Droom Groot'-gemeenskapsprojekspan. Die sukses van
hierdie projek hang van die span se doeltreffendheid af. Bespreek enige DRIE
kriteria vir suksesvolle spanne. (9)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.6 Identifiseer die besigheidsfunksie wat verantwoordelik is vir die verbetering
van die gehalte van prestasie in elk van die scenario's hieronder:
6.6.1 Direkteure gebruik verouderde inligting om strategiese besluite
te neem. (2)
6.6.2 Voltooide produkte verskil van die produkspesifikasies. (2)
6.6.3 Inkomstestate en Balansstate word nie betyds voorberei vir die
algemene jaarvergadering van aandeelhouers nie. (2)
6.7 Beskryf die keuringsprosedure wat Flying Colours Reklame-agentskap moet
volg om die beste kandidaat vir die vakante pos van ontvangsdame te kies. (8)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 14 DBE/November 2015
NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS
(MAKRO-OMGEWING: BESIGHEIDSTRATEGIEË)
Subashnee is al vir 15 jaar 'n apteker. Sy wil haar eie apteek in Soweto begin. Sy is nie
vertroud met die uitdagings van die makro-omgewing vir haar nuwe besigheid nie.
Subashnee vra jou advies oor die uitdagings wat in die scenario hierbo genoem is.
Sluit die volgende aspekte by jou antwoord in:
• Pas die PESTWO ('PESTLE')-model toe deur moontlike uitdagings in die makro-
omgewing wat Subashnee se nuwe apteek kan ondervind, te identifiseer en te
bespreek.
• Beveel strategieë aan wat Subashnee kan implementeer om op die
geïdentifiseerde uitdagings te reageer.
• Adviseer haar oor die stappe wat sy in gedagte moet hou wanneer strategieë
geëvalueer word. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDINGS)
INZINC BPK. (IZ)
Robyn ontwerp juweliersware en wil haar nuwe reeks kostuumjuweliersware aan
tieners en studente verkoop. InZinc Bpk. teiken die kleremark vir tieners.
Robyn moet 'n verkoopsvoorlegging aan die direkteure van IZ Bpk. voorlê. Hulle het
ingestem om haar die geleentheid te gee om by hul volgende raadsvergadering 'n
voorlegging te maak. Sy het besluit dat 'n verbale aanbieding wat visuele hulpmiddels
insluit, die beste sou wees.
As 'n kundige, help Robyn om 'n suksesvolle voorlegging voor te berei sodat sy die
kontrak kan kry om aan IZ Bpk. te verskaf. Jou advies moet die volgende insluit:
• Verduidelik die faktore wat Robyn in ag moet neem tydens die voorbereiding van
die voorlegging.
• Evalueer enige VIER toepaslike tipes visuele hulpmiddels wat haar voorlegging kan
ondersteun.
• Stel maniere voor waarop Robyn op 'n professionele wyse op terugvoering kan
reageer.
• Adviseer Robyn oor hoe sy op haar volgende voorlegging kan verbeter. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 15 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE, INKLUSIWITEIT EN
OMGEWINGSKWESSIES)
CLEAN TEAM BPK. (CTB)
Clean Team Bpk. is 'n nuutgestigte maatskappy wat algemene skoonmaakdienste aan
groot kantoorblokke lewer. CTB wil besigheidsbeleide ontwikkel wat menseregte,
inklusiwiteit en omgewingskwessies in die werkplek aanpak.
Skryf 'n opstel oor hoe CTB menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies kan
aanpak. Jou opstel moet die volgende aspekte insluit:
• 'n Verduideliking van hoe CTB-beleide enige VYF menseregtekwessies in die
werkplek kan aanpak
• 'n Bespreking oor die positiewe impak/voordele van 'n diverse arbeidsmag
• Advies oor maniere waarop geslags- en armoedekwessies in die werkplek
aangepak kan word
• Aanbevelings oor maniere waarop CTB die omgewing kan beskerm en menslike
gesondheid kan bevorder [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)
GRAND CELLULAR BPK. (GC)
Grand Cellular Bpk. is 'n groot maatskappy wat selfone, iPhones, tablette en drukkers
aan die publiek en besighede verkoop.
Die maatskappy glo dat Totale Gehaltebestuur (TGB) belangrik is om dinge 'die eerste
keer, elke keer' reg te kry.
Hou die scenario oor Grand Cellular Bpk. in gedagte en skryf 'n opstel oor TGB wat die
volgende aspekte dek:
• Bespreek die impak wat die volgende elemente van Totale Gehaltebestuur (TGB)
op Grand Cellular Bpk. as 'n groot onderneming het:
- Totale kliënte-/klantetevredenheid
- Deurlopende verbetering van stelsels en prosesse
- Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/onderwys en opleiding
• Verduidelik die voordele wat GC sal geniet met die implementering van 'n goeie
gehaltebestuurstelsel.
• Stel VYF maniere voor waarop die prestasiegehalte van die bemarkingsfunksie tot
die sukses van Grand Cellular Bpk. kan bydra. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC November 2015 Memo (English)

Memorandum
Business Studies Grade 12 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum