Skip to content
Memorandum

Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 28 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12202428 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 BESIGHEIDSTUDIES V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 28 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) NOTAS AAN NASIENERS INLEIDING Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te verseker: (a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die nasienstandaard (b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke (c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor die hele land (d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by skole/onderwysinstellings 1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel: Nasiener: Rooi Skoolmoderering: Groen Distrikmoderering: Oranje Provinsiale moderering: Pers 2. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal egter van die aard van die vraag afhang. 3. ʼn Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie. Behoorlike oorweging moet gegee word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar: • ʼn Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word • Uit ʼn ander betroubare bron kom • Oorspronklik is • ʼn Ander benadering gebruik LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A. 4. Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat verband hou met ʼn spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord onduidelik is of ʼn mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van twee punte.) 5. Die woord ‘Submaks.’ word gebruik om die toekenning van punte binne ʼn vraag of subvraag te vergemaklik. 6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maks.’ in die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te verseker met die nasien van die skrifte en modereringsprosesse. 7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur ‘maks.’ in die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 3 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 8. In ʼn indirekte vraag moet die teorie en die antwoord relevant en met die vraag verband hou. 9. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien laasgenoemde nie duidelik is nie. 10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui met ʼn ‘H’ aan. 11. Die verskil tussen ‘evalueer’ en ‘kritiese evaluering’ kan soos volg verduidelik word: 11.1 Wanneer ‘evalueer’ gevra word, word daar van kandidate verwag om te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: ‘COIDA verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele hofgedinge.’ √ 11.2 Wanneer ‘kritiese evaluering’ gevra word, word daar van kandidate verwag om te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te ondersteun met dieper insig, bv. ‘COIDA verminder tyd en koste√ wat spandeer word op lang siviele hofgedinge, √ want die werkgewer sal nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie.’ √ LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op ‘analiseer’. 2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van punte. 12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks van elke vraag. Kognitiewe werkwoorde, soos: 12.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn. 12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon verskille, differensieer, vergelyk, tabuleer, ontwerp, analiseer, evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word. 13. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 14. AFDELING B 14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur ʼn lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek. LET WEL: 1. Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word. 2. Die bostaande is ook van toepassing op antwoorde in AFDELING C (waar van toepassing). 14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die kandidaat. Punt 14.1 hierbo geld steeds. 14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde te finaliseer. 14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte: 14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat kandidate moet ‘beskryf/bespreek/verduidelik’, kan dit soos volg nagesien word: • Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyn) • Verduideliking 1 punt (twee punte sal in AFDELING C toegeken word). Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word apart in die nasienriglyn gegee om die toekenning van punte te vergemaklik. 14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die nasienriglyn toegeken. 14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit ʼn scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B EN C (waar van toepassing). 15. AFDELING C 15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg: Inleiding Maksimum: Inhoud 32 Gevolgtrekking Insig 8 TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 5 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente: Struktuur/Uitleg Is daar ʼn inleiding, paragrawe en ʼn gevolgtrekking? 2 Analise Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/subopskrifte te 2 ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van wat gevra word, getoon word? Punte toegeken volgens die gids hieronder: Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een ‘A’) Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’) Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op die vrae 2 gebaseer is? Punte toegeken volgens die gids hieronder: Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen ‘-S’) Waar ʼn kandidaat 50% of meer (twee tot vier subvrae) van die vraag met slegs relevante feite beantwoord het, verskyn geen ‘-S’ in die linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van TWEE (2) punte vir sintese toe. Opsie 2: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’ ) Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een subvraag) van die vraag met slegs OF ʼn paar relevante feite beantwoord het, verskyn een ‘-S’ in die linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe. Opsie 3: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’) Waar ʼn kandidaat VIER subvrae beantwoord, maar een/twee/drie subvrae met geen relevante feite; verskyn een ‘-S’ in die linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe. Opsie 4: Geen relevante feite: 0 punte (Twee ‘-S’) Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een sub- vraag) van die vraag met geen relevante feite beantwoord het nie, verskyn twee ‘-S’ in die linkerkantlyn. Ken ʼn NULPUNT vir sintese toe. Oorspronklikheid Is daar bewyse van een of twee voorbeelde, nie ouer as twee (2) 2 jaar nie, wat op aktuele inligting, huidige neigings en ontwikkelings gebaseer is? TOTAAL VIR INSIG: 8 TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32 TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40 LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word uit die inleiding en gevolgtrekking nie. 2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie. 3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur ʼn verduideliking ondersteun word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool, bv. (‘S, A, -S en/ of O’). 15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/ nasienriglyn vir elke vraag aangedui. 15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke onderafdeling behaal is. Skryf ‘SUBMAKS.’/’MAKS.’ nadat maksimum punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid ‘O’. 15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O – Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui. INHOUD PUNTE Feite 32 (maks.) S 2 A 2 S 2 O 2 TOTAAL 40 15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die sub-maksimum wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie. Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan. (Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.) 15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kry hy/sy steeds punte vir die uitleg. 15.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/ subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne. 15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde. 15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie noodwendig aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (√) sal geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv. ‘Produkontwikkeling is ʼn groeistrategie, √ waar ondernemings poog om nuwe produkte in bestaande markte bekend te stel.’ √ Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word. 15.11 Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 7 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING A VRAAG 1 1.1.1 C √√ 1.1.2 D √√ 1.1.3 C √√ 1.1.4 A √√ 1.1.5 D √√ (5 x 2) (10) 1.2.1 gesinsverantwoordelikheids √√ 1.2.2 SSGB √√ 1.2.3 stukwerk √√ 1.2.4 beheer √√ 1.2.5 openbare betrekkinge √√ (5 x 2) (10) 1.3.1 I √√ 1.3.2 F √√ 1.3.3 H √√ 1.3.4 J √√ 1.3.5 A √√ (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 UITEENSETTING VAN PUNTE VRAAG 1 PUNTE 1.1 10 1.2 10 1.3 10 TOTAAL 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING B Sien slegs die EERSTE TWEE antwoorde na. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Regte van verbruikers soos in die Wet op Verbruikersbeskerming/ WVB gestipuleer − Reg om te kies √ − Reg op privaatheid √ − Reg op billike en eerlike handelspraktyke √ − Reg op openbaarmaking en inligting √ − Reg op billike en verantwoordelike bemarking √ − Reg op billike waarde, goeie gehalte en veiligheid √ − Reg op aanspreeklikheid deur verskaffers √ − Reg op billike, regverdige en redelike bepalings en voorwaardes √ − Reg op gelykheid in die verbruikersmark √ LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4) 2.2 Rol van SOOO’s ter ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling/WVO, 1998 (Wet 97 van 1998) - Ontwikkel sektor vaardigheidsplanne binne die raamwerk van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. √√ - Stel vaardigheidsontwikkelingsplanne op vir hul spesifieke ekonomiese sektore. √√ - Keur werkplekvaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae goed. √√ - Ken toelaes aan werkgewers, onderwys en opleidingverskaffers toe. √√ - Monitor/Evalueer die werklike opleiding deur diensverskaffers. √√ - Bevorder en vestig leerderskappe. √√ - Identifiseer gepaste werkplekke vir praktiese werksondervinding. √√ - Registreer leerderskapooreenkomste. √√ - Voorsien opleidingsmateriaal/-programme vir vaardigheids- ontwikkelingsfasiliteerders. √√ - Voorsien akkreditasie vir vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders. √√ - Heffings in te vorder en toelaes uit te betaal soos benodig. √√ - Doen verslag aan die Direkteur-Generaal. √√ - Hou toesig oor opleiding in verskillende sektore van die Suid- Afrikaanse ekonomie. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met die rol van SOOO’s ter ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling verband hou. Maks. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 9 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 2.3 Besigheidstrategieë 2.3.1 Defensiewe strategie vanuit die scenario Aflegging √√ (2) Motivering Hulle het sommige van hulle werknemers se dienskontrakte beëindig.√ (1) LET WEL: Geen punte word vir die motivering toegeken indien die defensiewe strategie verkeerd geïdentifiseer was nie. Maks. (3) 2.3.2 Ander defensiewe strategieë Vervreemding √√ - Raak ontslae van/Verkoop sommige bates/afdelings/departemente wat nie meer winsgewend/produktief is nie. √ - Verkoop afdelings/produklyne wat stadige groeipotensiaal toon. √ - Vermindering van die aantal aandeelhouers deur eienaarskap te verkoop. √ - Betaal skulde af deur onproduktiewe/nie-winsgewende bates te verkoop. √ - Onttrekking/Disinvestering van hulle beleggingsaandeel in ʼn ander besigheid. √ - Enige ander relevante antwoord wat met vervreemding as ʼn soort defensiewe strategie verband hou. Strategie (2) Bespreking (1) Sub-maks. (3) Likwidasie √√ - Verkoop van alle bates om krediteure te betaal weens ʼn gebrek aan kapitaal/onvermoë om krediteure te betaal/bankrotskap. √ - Verkoop die hele besigheid om sodoende ʼn billike prys aan aandeelhouers vir hul aandele te betaal. √ - Krediteure word toegelaat om vir gedwonge likwidasie aansoek te doen om sodoende hul eise te vereffen. √ - Maatskappye in finansiële nood/moeilikheid kan aansoek doen vir sakeredding om likwidasie te vermy. √ - Enige ander relevante antwoord wat met likwidasie as ʼn soort defensiewe strategie verband hou. Strategie (2) Bespreking (1) Sub-maks. (3) LET WEL: Sien slegs die eerste defensiewe strategie na. Maks. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 2.4 Regte van werknemers in terme van die WAV - Werknemers kan aan ʼn vakbond √ van hulle keuse behoort. √ - Versoek vakbondverteenwoordigers om werknemers by te staan/te verteenwoordig √ in griewe-/dissiplinêre verhore. √ - Vakbondverteenwoordigers kan tyd afgegee word met betaling, √ om aan hulle vakbond-pligte aandag te gee. √ - Kan deelneem aan wettige stakings √ as ʼn oplossing vir griewe. √ - Verwys onopgeloste werkplekgeskille/dispute √ na die KVBA. √ - Verwys onopgeloste KVBA-geskille/dispute √ na die Arbeidshof op appèl. √ - ʼn Werkplekforum te stig waar ʼn besigheid 100 of meer werknemers het √ om werkverwante kwessies op te los/aan te spreek. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die regte van werknemers in terme van die WAV verband hou. Maks. (4) 2.5 Toepassing van die hindernisse/bedreiging vir nuwe toetreders tot die mark as ʼn krag van Porter se Vyf Kragte-model - Indien die besigheid hoogs winsgewend is, sal dit potensiële mededingers √ lok, wat by hoë winste wil baat. √ - As die struikelblokke om die mark te betree laag is, √ dan is dit maklik vir nuwe besighede om die mark/bedryf te betree. √ - Nuwe mededingers kan vinnig/maklik die mark betree, as dit min tyd/geld verg om die mark te betree. √√ - Indien daar ʼn paar verskaffers van ʼn produk/diens is, maar baie kopers, kan dit maklik wees om die mark te betree. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met die toepassing van die bedreiging/hindernisse vir nuwe toetreders tot die mark verband hou. Maks. (4) 2.6 Nasionale Krediet Wet/NKW vanuit die scenario 2.6.1 - Hulle is by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer. √ - CB lei ook hulle werknemers in terme van FICA op. √ LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) maniere na. 2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario aangehaal word. (2 x 1) (2) 2.6.2 Positiewe impak van die NKW op besighede - Laer oninbare skuld √ het beter kontantvloei tot gevolg. √ - Besighede word beskerm √ teen kliënte wat nie betaal nie. √ - Gemagtigde kredietverskaffers √ kan meer klante lok. √ - Lei tot meer kliënte deur kredietverkope √ aangesien hulle nou teen misbruik beskerm word. √ - Verhoed/Voorkom roekelose verlenings √ en besighede van bankrotskap. √ - Verhoog kontantverkope, √ aangesien besighede slegs krediet verskaf aan kliënte wat kwalifiseer/meer klante met kontant koop. √ - Die hele kredietproses is deursigtig √ omdat beide besigheid en kliënte hulle verantwoordelikhede ken. √ - Inligting vanaf die kredietburo’s word aan besighede beskikbaar gestel √ om die kredietwaardigheid van die verbruikers na te gaan voordat krediet verleen word. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 11 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) - Besighede doen deeglike kredietkontroles √ en ontvang op datum dokumentasie van die verbruiker as bewys dat hulle die terugbetaling kan bekostig. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die positiewe impak/voordele van die NKW op besighede verband hou. Maks. (4) 2.7 Stappe in strategie-evaluering - Ondersoek die onderliggende basis √ van ʼn besigheidstrategie. √ - Kyk vorentoe en agtertoe √ in die implementeringsproses. √ - Vergelyk die verwagte prestasies √ met die werklike prestasie. √ - Bepaal die redes vir afwykings √ en ontleed hierdie redes. √ - Neem korrektiewe aksie √ sodat die afwykings reggestel kan word. √ - Stel spesifieke datums vir beheer √ en opvolging. √ - Stel ʼn tabel op van die voor- √ en nadele van ʼn strategie. √ - Besluit op die verlangde uitkoms √ wat tot gevolg sal hê dat die besigheidsdoelwitte bereik sal word/soos in die vooruitsig gestel toe die strategieë geïmplementeer word. √ - Oorweeg die impak van die strategiese implementering √ in die interne/eksterne omgewings van die besigheid. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die stappe in strategie- evaluering verband hou. LET WEL: Die stappe kan in enige volgorde wees. Maks. (6) 2.8 Maniere waarop besighede die uitdagings vanuit sosiale faktore van die PESTWO-ontleding kan hanteer - Verkoop substituut/generiese produkte teen laer pryse as gevolg van lae inkomstevlakke/inkomsteverdeling/Neem mense in die plaaslike gemeenskap indiens. √√ - Leer die plaaslike taal/Neem werknemers indiens wat die plaaslike taal kan praat. √√ - Besighede moet goed ingelig wees oor die behoeftes/tendense van hulle klante. √√ - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop besighede die uitdagings vanuit die sosiale faktore kan hanteer. Maks. (4) [40] UITEENSETTING VAN PUNTE VRAAG 2 PUNTE 2.1 4 2.2 6 2.3.1 3 2.3.2 3 2.4 4 2.5 4 2.6.1 2 2.6.2 4 2.7 6 2.8 4 TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Aspekte wat in ʼn dienskontrak ingesluit moet word - Besonderhede van werkgewer soos die naam en adres. √ - Persoonlike besonderhede van die werknemer. √ - Postitel/Posisie √ - Posbeskrywing soos die pligte en werksvoorwaardes. √ - Posspesifikasie soos formele kwalifikasies en bereidwilligheid om te reis. √ - Werksure soos normale tyd en oortyd √ - Vergoeding soos weeklikse of maandelikse betalings. √ - Voordele/Toelae. √ - Plek waar werknemers die meeste van sy/haar werkstyd gaan deurbring. √ - Datum van indiensneming/Beginsdatum van indiensneming. √ - Proeftydperk. √ - Tydsduur van indiensnemingskontrak/Besonderhede oor beëindiging. √ - Handtekeninge van beide die werkgewer en werknemer. √ - Lys van dokumente wat deel vorm van die indiensnemingskontrak soos die aanstellingsbrief. √ - Dissiplinêre beleid soos die reëls/dissiplinêre prosedure vir onaanvaarbare gedrag. √ - Verlof soos siekte/kraam/jaarlikse/aannemingsverlof. √ - Werknemer se aftrekkings soos verpligte en nie-verpligte. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die aspekte van die dienskontrak verband hou. LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) aspekte na. (3 x 1) (3) 3.2 Rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud - Bespreek en berei die lokaal vir die onderhoud voor. √√ - Stel al die gekortlyste kandidate in kennis van die datum en plek van die onderhoud. √√ - Stel die onderhoudsdatum vas en verseker dat alle onderhoude, sover moontlik, op dieselfde datum plaasvind. √√ - Stel die paneellede, wat die onderhoude gaan voer, in kennis van die datum en plek van onderhoude. √√ - Die onderhoudvoerder behoort ʼn kernstel vrae, gebaseer op die vaardighede/kennis/vermoë wat vereis word, op te stel. √√ - Kontroleer/Lees die aansoek/Verifieer die CV van elke kandidaat vir enige inligting wat meer verduideliking mag vereis. √√ - Beplan die program vir die onderhoud en bepaal die tyd wat aan elke kandidaat toegewys moet word. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met die rol van die onderhoud- voerder voor die onderhoud verband hou. Maks. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 13 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.3 Werwingsmetodes 3.3.1 Werwingsmetode vanuit die scenario Eksterne werwing √√ (2) Motivering Die besigheid het die poste op sosiale media geadverteer. √ (1) LET WEL: Moenie punte vir die motivering toeken as die werwingsmetode verkeerd geïdentifiseer is nie. Maks. (3) 3.3.2 Impak van eksterne werwing op die besigheid Positiewe/Voordele - Nuwe kandidate bring nuwe talente/idees/ondervinding/vaardighede √ na die besigheid. √/Algehele doeltreffendheid/Verhoging in produktiwiteit kan voorkom √ aangesien die nuwe werker aktief waarde tot die besigheid kan toevoeg. √ - Dit kan help dat die besigheid voldoen aan regstellende aksie √ en BBSEB-teikens. √ - Daar is ʼn groter poel kandidate √ waaruit gekies kan word. √ - Daar is ʼn beter kans om ʼn geskikte kandidaat met die nodige vaardighede/kwalifikasies/vermoëns √ te kry wat nie veel opleiding/ontwikkeling hoef te kry nie wat koste verminder. √ - Verminder ongelukkigheid/konflik onder huidige werknemers √ wat vir die pos aansoek gedoen het. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die positiewe impak/voordele van eksterne werwing verband hou. EN/OF Negatiewe/Nadele - Die moontlikheid bestaan dat die keuringsproses ondoeltreffend is, √ en dat die verkeerde kandidaat gekies word. √ - Eksterne bronne kan duur wees, √ soos werwingsagentskappe se koste/advertensies in koerante. √ - Baie nie-geskikte aansoekers √ kan die keuringsproses vertraag.√ - Nuwe kandidate het tyd nodig √ om by hul nuwe werkomgewing aan te pas. √ - Inligting op CV’s/van verwysings √ mag dalk nie betroubaar wees nie. √ - Die werwingsproses neem langer √ aangesien ʼn agtergrondondersoek gedoen moet word. √ - Eksterne werwing mag promosiegeleenthede beperk, √ wat tot ongelukkigheid onder huidige werknemers kan lei. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die negatiewe impak/nadele van eksterne werwing verband hou. Maks. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.4 Verband tussen salarisbepalings en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) - Die WBDV sit voorwaardes uiteen √ wat billike arbeids- en menslike hulpbronpraktyke verseker. √ - Volgens die WBDV kan besighede verskillende vergoedingsmetodes gebruik √ om hul werknemers te betaal. √ - Betaling van salarisse √ moet gebaseer word op die vraag of die werknemer permanent is of op ʼn vaste kontrak in diens is. √ - Besighede moet inkomstebelasting (LBS) √ van die werknemers se belasbare salarisse aftrek. √ - Die WBDV beskryf die wettigheid van die indiensnemingskontrak √ wat salarisbepaling kan beïnvloed. √ - Enige ander relevante antwoord wat tussen salarisbepalings en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes verband hou. Maks. (4) 3.5 Betekenis van gehalteprestasie - Totale prestasie van elke afdeling √ word teen gespesifiseerde standaarde gemeet. √ - Kan bereik word, as alle afdelings saamwerk √ na dieselfde gehaltestandaarde. √ - Kwaliteit word gemeet √ deur fisiese produkte. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die betekenis van gehalteprestasie verband hou. Maks. (4) 3.6.1 BDKH-model vanuit die scenario Kontroleer/Ontleed √√ LET WEL: Sien slegs die eerste stap na. Maks. (2) 3.6.2 Rol van gehaltesirkels as deel van die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels - Los probleme op ten opsigte van gehalte √ en implementeer verbeterings. √ - Ondersoek probleme √ en stel oplossings aan bestuur voor. √ - Verseker dat daar geen duplisering van aktiwiteite/take √ in die werkplek is nie. √ - Maak voorstelle vir die verbetering van stelsels √ en prosesse in die werkplek.√ - Verbeter die gehalte van produkte/dienste/produktiwiteit √ deur gereelde hersiening van gehalteprosesse. √ - Monitor/Versterk strategieë sodat die besigheid se bedrywighede √ glad verloop.√ - Verhoog werknemers se moraal en motivering, √ om die spangees in die bereiking van die organisatoriese doelwitte ʼn hupstoot te gee. √ - Dra by tot die verbetering √ en ontwikkeling van die organisasie. √ - Verminder die oortolligheidskoste/verkwistende pogings √ op die langtermyn.√ - Skep harmonie √ en hoë werkverrigting in die werkplek. √ - Bou ʼn gesonde verhouding in die werkplek √ tussen die werkgewer en die werknemer. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 15 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) - Verbeter werknemerskommunikasie √ op alle vlakke van die besigheid. √ - Verbeter werknemerslojaliteit en toewyding √ tot die besigheidsdoelwitte.√ - Verhoog die aanvraag √ na die goedere/dienste van die organisasie. √ - Ontwikkel ʼn positiewe houding/gevoel van betrokkenheid in die besluitnemingsprosesse √ van die dienste aangebied. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die rol van gehaltesirkels as deel van die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels verband hou. Maks. (4) 3.7 Gehalteaanwysers van die bemarkingsfunksies - Gebruik aggressiewe advertensieveldtogte √ om die markaandeel te handhaaf/vergroot. √ - Wen klante √ deur hul behoeftes/begeertes te bevredig en positiewe verhoudings op te bou. √ - Voldoen aan etiese reklamepraktyke √ wanneer produkte/dienste bemark word. √ - Identifiseer ʼn mededingende voordeel √ om te fokus/verbeter op sterk- punte van bemarking. √ - Onderskei produkte √ om meer verbruikers te lok. √√ - Doeltreffende kommunikasie met klante √ om terugvoering oor hul ervaring van verkoopte produkte/gelewerde dienste te kry. √ - Koördineer verspreiding √ met produksie- en bemarkingstrategieë. √ - Gebruik prystegnieke √ om mededingende voordeel te verseker. √ - Waardekwessies √ voortdurend te hersien. √ - Bepaal die leemtes tussen klante se verwagtinge en hul werklike ervarings, √ sodat probleme/ongelukkigheid uitgelig en aangespreek kan word. √ - Maak aanpassings en veranderinge aan produkte/dienste √ gebaseer op die terugvoering van klante/resultate van marknavorsing. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die gehalteaanwysers van die bemarkingsfunksie verband hou. Maks. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 16 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.8 Maniere waarop totale gehaltebestuur/TGB die koste van gehalte kan verminder - Stel gehaltesirkels (klein spanne van vyf tot tien werknemers) in plek, wat gereeld vergader om maniere te bespreek om die gehalte van werk te verbeter. √√ - Skeduleer aktiwiteite om duplisering van take/aktiwiteite uit te skakel. √√ - Verdeel verantwoordelikhede vir gehalte-uitsette tussen bestuur en werknemers. √√ - Lei werknemers op alle vlakke op sodat almal hulle rolle in gehaltebestuur verstaan. √√ - Ontwikkel werkstelsels wat werknemers bemagtig om nuwe maniere vir gehalteverbetering te vind. √√ - Werk baie nou saam met verskaffers om die gehalte van grondstowwe/insette te verbeter. √√ - Verbeter kommunikasie rondom gehalte-uitdagings/afwykings, sodat elkeen uit ondervinding kan leer. √√ - Verminder belegging op duur, maar ondoeltreffende inspeksieprosedures in die produksieproses. √√ - Implementeer pro-aktiewe onderhoudsprogramme vir toerusting/ masjinerie om onderbrekings te verminder/uit te skakel. √√ - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop TGB die koste van gehalte kan verminder. Maks. (4) [40] UITEENSETTING VAN PUNTE VRAAG 3 PUNTE 3.1 3 3.2 6 3.3.1 3 3.3.2 4 3.4 4 3.5 4 3.6.1 2 3.6.2 4 3.7 6 3.8 4 TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 17 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Vier pilare van Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging - Bestuursbeheer √ - Eienaarskap √ - Ondernemings- en verskaffersontwikkeling √ - Vaardigheidsontwikkeling √ - Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Sosiale verantwoordelikheid √ LET WEL: Merk slegs die eerste 4 (VIER) pilare. (4 x 1) (4) 4.2 Voordele van diversifikasiestrategieë - Verhoog verkope/inkomste en besigheidsgroei. √√ - Verbeter die besigheidshandelsmerk/beeld/handelsmerkbewustheid van die besigheid. √√ - Verminder die risiko om slegs op een produk vir verkope/inkomste staat te maak. √√ - Besighede verkry meer tegnologiese bevoegdhede deur produk- verandering/produkmodifikasie. √√ - Volhoubare winsgewendheid deur verskillende produklyne tydens tye van wisselende ekonomiese aktiwiteite/ekonomiese skommelinge. √√ - Besighede produseer meer uitset met minder insette, aangesien een fabriek gebruik kan word om meer produkte te vervaardig. √√ - Laat besighede toe om hul mededingende voordeel te behou deur die behoeftes van huidige/nuwe klante/uit te brei na nuwe onverkende markte. √√ - Laat besighede toe om relevante/funksioneel/bedrywig te bly in ʼn dinamiese besigheidsomgewing. √√ - Stel besighede in staat om addisionele markte in onverwante markte/nywerhede te vestig. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met die voordele van diversifikasiestrategieë verband hou. Maks. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 18 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 4.3 Uitdagings van besigheidsomgewings en mate van beheer UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN BEHEER (4.3.1) OMGEWINGS (4.3.3) (4.3.2) - Hulle sukkel om ʼn Mark √ Gedeeltelike/Sommige/ betroubare verskaffer Beperkte/Min beheer √ van masjinerie, wat hulle benodig, te kry. √ - Werknemers is dikwels Mikro √ Volle/Volledige beheer √ laat vir werk. √ - ʼn Afname in inkomste- Makro √ Geen beheer √ vlakke van hulle kliënte lei tot laer wins- gewendheid. √ Maks. (2) Maks. (2) Maks. (2) LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) uitdagings na. 2. Indien die besigheidsomgewing nie aan die uitdaging gekoppel is nie, sien slegs die uitdaging na. 3. Ken punte toe vir die besigheidsomgewings al is die mate van beheer nie aangedui nie/verkeerd. 4. Die mate van beheer moet aan ʼn besigheidsomgewing gekoppel wees. 5. Geen punte moet toegeken word vir die mate van beheer as die besigheidsomgewing nie genoem is nie. 6. Aanvaar antwoorde in enige volgorde. Maks. (6) 4.4 Maniere om aan COIDA te voldoen - Besighede behoort ʼn gesonde/veilige werksomgewing te skep. √√ - Registreer by die Vergoedingskommissaris en verskaf die besigheid se besonderhede. √√ - Moet rekords van werknemers se inkomste en werksbesonderhede vir vier jaar hou. √√ - Verplig om alle insidente wat dood/besering/siekte van werknemers veroorsaak, aan te meld. √√ - Besighede behoort opgawes van verdienste elke jaar teen 1 Maart in te dien. √√ - Heffings moet aan die Vergoedingsfonds betaal word. √√ - Verseker dat die terrein/toerusting/masjinerie in goeie, werkende toestand is. √√ - Behoort gereelde assessering van die werkplek deur inspekteurs toe te laat, om sodoende die vlak van risiko waaraan werknemers blootgestel word, te bepaal. √√ - Werkgewers mag nie aftrekkings van werknemers se vergoedingspakkette vir ‘COIDA’ maak nie. √√ - Besighede moet verseker dat eise binne twaalf maande van die datum van die ongeluk, ingedien is. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met nakoming van COIDA verband hou. Maks. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 19 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Plasingsprosedure - Besighede behoort die spesifieke verantwoordelikhede/verwagtinge/ vaardighede van die nuwe pos uiteen te sit. √√ - Bepaal die suksesvolle kandidaat se sterkpunte/swakhede/ belangstellings/vaardighede deur hom/haar aan ʼn reeks psigometriese toetse bloot te stel. √√ - Bepaal die verhouding tussen die pos en die vaardighede van die nuwe kandidaat. √√ - Enige ander relevant antwoord wat met die plasingsprosedure as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit verband hou. Maks. (4) 4.6 Werkloosheidsversekeringsfonds as ʼn verpligte voordeel wat deur die wet vereis word - Werkgewers moet werkloosheidsversekeringsbydraes van 2% √ van die waarde van elke werknemer se maandelikse salaris betaal – die werkgewer en die werknemer betaal elk 1%. √ - Die fonds help ook die afhanklikes van werkers √ wat tot die fonds bygedra het en sterf. √ - Die fonds offer korttermyn finansiële hulp aan werkers wanneer hulle werkloos raak √ of nie kan werk as gevolg van ʼn siekte, kraamverlof of aannemingsverlof. √ - Bydraes word betaal aan die √ Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) of die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) betaal. √ - Enige ander relevante antwoord wat met WVF as verpligte voordeel verband hou. Maks. (6) 4.7 TGB-elemente vanuit stellings 4.7.1 Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/onderwys en opleiding √√ (2) 4.7.2 Voldoende finansiering en kapasiteit √√ (2) 4.8 Monitering en evaluering van gehalteprosesse Positiewe/Voordele - Voorkom produkdefekte/-foute en verminder vermorsing/klagtes van klante. √√ - Goeie gehaltebeheer-kontroles/-prosedures verminder die vervanging/ breek van items/toerusting/masjinerie op ʼn gereelde basis. √√ - Kan beter toegerus wees om dinge die eerste keer reg te kry/doen. √√ - Verbeter prestasie en handhaaf hoë gehalte standaarde. √√ - Verbeter huidige en toekomstige bestuur van gehalte uitsette/uitkomste/ impak. √√ - Verskaf ʼn duidelike aanduiding van gehalte-aspekte wat bydra tot die bereiking van doelwitte/teikens. √√ - Verander intervensies wat die doeltreffende gebruik van hulpbronne kan verbeter. √√ - Help bestuur om inligting te kry wat nodig is om ingeligte besluite rakende prosesse te neem. √√ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 20 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) - Produksiekoste word verminder omdat afwykings van gestelde standaarde reggestel kan word. √√ - Strategieë word hersien om die gehalte van produkte/dienste/besigheid se beeld te verbeter. √√ - Maak voorsiening vir gehaltebeheerkontrole en -prosedures by sleutelareas.√√ - Sleutelprestasie-aanwysers word met oorleg gekies om die uitkoms te monitor en evalueer. √√ - Aanvaarde maatstawwe word gebruik om beste praktyke te vind en sodoende die besigheid se mededingende posisie in die mark vas te stel. √√ - Gehaltesirkels vergader op ʼn gereelde basis om die vordering in terme van gehalte te bepaal. √√ - Deurlopende navorsing word gedoen op die nuutste ontwikkelings om te verseker dat TGB-beplanning op datum is. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met die positiewe impak/voordele van monitering en evaluering van gehalteprosesse as ʼn TGB element op groot besighede verband hou. EN/OF Negatiewe/Nadele - Groot besighede is dikwels verdeeld, en die afdelings werk in silo’s. √√ - Dit is moeilik om almal te kry om effektief te kommunikeer en dikwels word boodskappe nie korrek ontvang nie. √√ - Dit neem dikwels langer om probleme op te spoor of om op swakhede te reageer. √√ - Dit is nie altyd bereikbaar/moontlik om die gehalte van al die produkte na te gaan nie. √√ - Beperkte aktiewe/akkurate monitering en evaluering van gehalteprosesse kan voorkom. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met die negatiewe impak/nadele van monitering en evaluering van gehalteprosesse as ʼn TGB-element op groot besighede verband hou. Maks. (6) [40] UITEENSETTING VAN PUNTE VRAAG 4 PUNTE 4.1 4 4.2 6 4.3.1 2 4.3.2 2 4.3.3 2 4.4 4 4.5 4 4.6 6 4.7.1 2 4.7.2 2 4.8 6 TOTAAL 40 TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 21 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING C Sien slegs die EERSTE antwoord na. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) 5.1 Inleiding - Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes vorm ʼn raamwerk vir die dienskontrak tussen die werkgewer en werknemer aangesien dit die minimum voorwaardes vir indiensneming verskaf. √ - Hierdie wet verskaf beskerming aan werknemers sodat hulle nie deur die besigheid uitgebuit kan word nie. √ - WBDV verskaf riglyne vir bepalings wat deur werkgewers in die werkplek nagekom moet word. √ - Besighede wat aan die WBDV voldoen, is meer geneig om ʼn goeie positiewe openbare beeld te hê en lojale werknemers te lok. √ - Boetes/Gevolge vir nie-nakoming is hoog en moedig besighede aan om aan hierdie Wet te voldoen. √ - Enige ander relevante inleiding wat met die doel van die WBDV/ bepaling van werksure, verbod op indiensneming van kinders en dwangarbeid/die impak van WBDV/strawwe vir nie-nakoming verband hou. (Enige 2 x 1) (2) 5.2 Doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) - Bepaal duidelike terme en diensvoorwaardes vir werkgewers en werknemers. √√ - Stel minimum vereistes vir die indiensnemingskontrak. √√ - Bevorder ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike geregtigheid. √√ - Reguleer die reg tot billike arbeidspraktyke soos vervat in die Grondwet. √√ - Reguleer die variasies van basiese diensvoorwaardes. √√ - Dit voldoen aan die reëls en regulasies soos deur die Internasionale Arbeidsorganisasie vereis. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met die doel van die WBDV verband hou. Maks. (10) 5.3 Bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 5.3.1 Regulering van werksure Gewone werksure - Werkers mag nie meer as 45 ure √ per week werk nie. √ - Werkers mag nie meer as agt ure per dag werk √ as hulle meer as vyf dae per week werk nie. √ - Werkers mag nege ure per dag werk √ indien hulle vyf of minder dae per week werk. √ - Nagwerk wat 18:00 en voor 6:00 die volgende dag verrig word √ moet vergoed word deur ʼn toelaag te betaal/werksure te verminder. √ - Gewone werksure mag met ooreenkoms verleng word √ met ʼn maksimum van 15 min per dag waar pligte uitgevoer moet word om die publiek te bedien. √ - Gewone werksure mag verminder √ word tot ʼn maksimum van 40 ure per week/8 ure per dag. √ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 22 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) Oortyd - Werkers moet instem √ om oortyd te werk. √ - Werkers kan nie meer as 3 ure oortyd √ per dag werk nie. √/Werkers kan nie meer as 10 ure oortyd√ per week werk nie. √ - Werkers moet ten minste een en ʼn half keer die normale daaglikse tarief √ vir oortyd op weeksdae/Saterdae vergoed word. √ - Werkers moet dubbel die normale daaglikse tarief vir oortyd √ op Sondae/publieke vakansiedae gewerk, vergoed word. √ - Oortyd moet volgens die bepaalde oortydtarief betaal word √ of die werknemer kan instem om betaalde tyd af te ontvang. √ - Die minister van Arbeid mag die maksimum toelaatbare werksure voorskryf √ insluitend oortyd, vir gesondheid en veiligheidsredes vir seker kategorieë van werk. √ Etenspouses - Werkers moet ʼn maaltydpouse van 60 minute kry √ na vyf ure van werk. √ - Dit kan deur ʼn geskrewe ooreenkoms tot 30 minute verkort word √ wanneer 6 of minder ure per dag gewerk word. √ - ʼn Werker moet ʼn daaglikse rusperiode van 12 aaneenlopende ure/’n weeklikse rusperiode van 36 aaneenlopende ure√ wat Sondag insluit kry. √ Werk op Sondae en Publieke vakansiedae - Op Sondae en publieke vakansiedae √ word werknemers dubbeld hulle normale loon betaal. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die regulering van werksure as ʼn bepaling van die WBDV verband hou. Sub-maks. (6) 5.3.3 Verbod op indiensneming van kinders en dwangarbeid - Dit is onwettig om ʼn kind √ jonger as 15 jaar indiens te neem. √ - Besighede mag kinders ouer as 15 jaar indiens neem, √ as dit nie skadelike vir hulle gesondheid/welstand/onderrig/morele/sosiale ontwikkeling is nie. √ - Kinders/Minderjariges jonger as 18 jaar √ mag nie gevaarlike werk/werk wat vir volwassenes bedoel is, doen nie. √ - Dit is onwettig √ om iemand te dwing om te werk. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die verbod op indiensneming van kinders en dwangarbeid as ʼn bepaling van die WBDV verband hou. Sub-maks. (6) Maks. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 23 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 5.4 Impak van die WBDV Voordele/Positiewe impak - Skep ʼn raamwerk √ vir aanvaarbare indiensnemingspraktye soos werksure/verlof. √ - Bevorder regverdige behandeling √ van werknemers in die werkplek.√ - Moedig konsultasie √ tussen werkgewer en werknemer aan. √ - Beskryf die minimum vereistes √ wat die basis van die indiensnemingskontrak vorm. √ - Werksure word gespesifiseer √ dus kan die werkgewer nie die werknemers uitbuit nie. √ - Die reëls en regulasies is baie spesifiek, √ wat die werkgewer lei hoe om indiensnemingskwessies te hanteer. √ - Werknemers word toegelaat om met vakbonde te konsulteer √ in gevalle waar die WBDV se voorwaardes nie nagekom word nie. √ - Werknemers mag klagtes by arbeidinspekteurs aanmeld √ wat die klagte kan aanspreek. √ - Enige ander relevante antwoord wat met positiewe impak/voordele van die WBDV op besighede verband hou. EN/OF Nadele/Negatiewe impak - Die opstel van ʼn regsgeldige indiensnemingskontrak mag tydrowend √ en duur wees. √ - Ondernemings mag indiensnemingskontrakte as negatief beskou √ en mag hulle daarvan weerhou om dit te implementeer wat tot boetes kan lei. √ - Geen werkgewer mag ʼn werknemer dwing om meer as 45 in ʼn week te werk nie, √ dit kan tot verlaagde produktiwiteit lei. √ - Indiensneming van goedkoop arbeid is nie meer moontlik nie, √ en sodoende kan ondernemings nie werkers uitbuit nie. √ - WBDV verplig besighede om aan verskeie regsvereistes te voldoen, √ wat arbeidskostes kan verhoog. √ - Ondernemings wat nie aan die Wet voldoen nie, kan swaar boetes opgelê word, √ wat ʼn negatiewe impak op kontantvloei kan hê.√ - Ondernemings kan die bepalings van die WBDV as onbelangrik - beskou √ en sien as ʼn onnodige administratiewe las wat bedryfskostes verhoog. √ - Enige ander relevante antwoord wat met negatiewe impak/nadele van die WBDV verband hou. Maks. (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 24 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 5.5 Strafmaatreëls vir nie-nakoming van die WBDV - Arbeidsinspekteurs moet toegelaat word om klagtes te ondersoek/inspekteer/ vrae vra oor klagtes en rekords as bewyse wegneem. √√ - Arbeidsinspekteurs kan ʼn voldoeningsbevel bedien deur aan die Departement van Arbeid te skryf √√ - Besighede kan vir ʼn beslissing voor die Arbeidshof gedaag word. √√ - Besighede wat skuldig is aan die nie-nakoming van die wet kan swaar boetes opgelê word. √√ - Hulle kan gelas word om vergoeding en skade aan werkers te betaal. √√ - Die Direkteur-Generaal mag die voldoeningsbevel toestaan/dit verander/kanselleer. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met strafmaatreëls vir nie-nakoming van die WBDV verband hou. Maks. (10) 5.6 Gevolgtrekking - Die bepalings van die WBDV stel die werkgewer en werknemers in staat om ʼn gemeenskaplike begrip van aanvaarbare sakepraktyke te hê. √√ - Besighede moet werknemers se regte in terme van die WBDV vertoon in ʼn area van die werkplek waar alle werknemers dit kan sien.√√ - Die Minister van Arbeid kan wysigings aan die WBDV-regulasies/- bepalings maak, dit vereis dat besighede op hoogte bly van die jongste veranderinge aan die Wet. √√ - Besighede moet daarna streef om aan die WBDV te voldoen om onnodige strawwe en negatiewe publisiteit te vermy. √√ - Enige ander relevante gevolgtrekking wat met die doel/bepalings/impak van die WBDV/strawwe vir nie-nakoming verband hou. (Enige 1 x 2) (2) [40] VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL Inleiding 2 Doel van die WBDV 10 Bepalings van die WBDV Gewone werksure 6 Maks. Verbod op indiensneming van kinders en dwangarbeid 6 32 Impak van WBDV op besighede 14 Strawwe vir nie-nakoming 10 Gevolgtrekking 2 INSIG Struktuur/Uitleg 2 Analise/Interpretasie 2 8 Sintese 2 Oorspronklikheid/Voorbeelde 2 TOTALE PUNTE 40 SASO – vir elke komponent: Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is. Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is. Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 25 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE) 6.1 Inleiding - Nuwe werknemers word tydens induksie vertroud met die besigheid en die besigheidsprosesse gemaak. √ - Wanneer ʼn werknemer ingesluit voel in die werkplek sal hulle hul werk meer geniet. √ - Soms verdien werknemers nie net ʼn salaris of loon nie, maar ook ander voordele. √ - ʼn Dienskontrak is ʼn skriftelike ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer. √ - Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die doel van induksie/die voordele van induksies/die impak van byvoordele/ regsvereistes van die indiensnemingskontrak. (Enige 2 x 1) (2) 6.2 Doel van induksie - Stel nuwe werknemers bekend aan bestuur/kollegas om verhoudinge met medewerkers op verskillende vlakke te vestig. √√ - Skep geleenthede vir nuwe werknemers om verskillende departemente te beleef/verken. √√ - Verduidelik veiligheidsregulasies en reëls, sodat nuwe werknemers hulle rolle/verantwoordelikhede in hierdie opsig verstaan. √√ - Kommunikeer inligting oor die produkte/dienste wat deur die besigheid aangebied word. √√ - Gee nuwe werknemers die geleentheid om vrae te vra wat hulle sal gerus stel/op hul gemak stel/stres/bekommernisse/onsekerhede sal verminder. √√ - Laat nuwe werknemers welkom voel deur hulle aan hul fisiese werksomgewing bekend te stel. √√ - Gee nuwe werknemers ʼn toer/inligting oor die uitleg van die geboue/ kantoor. √√ - Verbeter vaardighede deur indiensopleiding. √√ - Stel nuwe werknemers bekend aan die organisasiestruktuur/hulle toesighouers. √√ - Verseker dat werknemers hulle rolle/verantwoordelikhede verstaan, sodat hulle meer effektief/produktief sal wees. √√ - Kommunikeer besigheidsbeleide ten opsigte van etiese/professionele gedrag/prosedures/indiensnemingskontrak/voorwaardes vir indiens- neming.√√ - Enige ander relevante antwoord wat met die doel van induksie verband hou. Maks. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 26 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 6.3 Voordele van induksie vir die besigheid - Laat nuwe werknemers toe om vinnig aan te pas √ en doeltreffend werk. √ - Verseker dat nuwe werknemers die reëls √ en beperkings in die besigheid verstaan. √ - Nuwe werknemers kan verhoudings met medewerkers op verskillende vlakke aanknoop √ wat tot goeie spanwerk lei. √ - Laat nuwe werknemers gemaklik voel by die werkplek,√ wat angs/ onsekerheid/vrees verminder.√ - Die uitslae wat tydens die induksieproses bekom word √ skep ʼn basis vir gefokusde opleiding. √ - Verhoog die kwaliteit van prestasie/produktiwiteit √ wat die doeltreffende gebruik van werksmetodes bevorder. √ - Verminder die behoeftes aan voortgesette opleiding √ en ontwikkeling. √ - Werknemers sal vertroud wees met organisasiestrukture, √ soos wie is hul toesighouers/laevlakbestuurders. √ - Geleenthede word vir nuwe werknemers geskep, √ sodat hulle verskillende departemente kan ervaar/verken. √ - Nuwe werknemers sal hulle rolle/verantwoordelikhede √ met betrekking tot veiligheidsregulasies en reëls verstaan. √ - Nuwe werknemers sal die uitleg van die gebou/fabriek/kantore/waar alles is ken, √ wat produksietyd bespaar. √ - Leer meer oor die besigheid sodat nuwe werknemers hulle rolle/ verantwoordelikhede verstaan √ ten einde meer doeltreffend te wees. √ - Maatskappybeleide oor gedrag/prosedures/veiligheid en sekuriteit/ indiens- nemingskontrak/voorwaardes van indiensneming/werksure/ verlof √ word gekommunikeer.√ - Realistiese verwagtinge vir nuwe werknemers, √ asook vir die besigheid, word geskep. √ - Nuwe werknemers voel deel van die span √ wat tot positiewe moraal/ motivering lei. √ - Werknemers het ʼn beter begrip van besigheidsbeleide √ oor etiese/ professionele gedrag/prosedures/KMV. √ - Verminder personeelomset √ want werknemers is behoorlik ingelyf/ georiënteer. √ - Enige ander relevante antwoord wat met voordele van induksie vir die besigheid verband hou. Maks. (12) 6.4 Impak van byvoordele op die besigheid Voordele/Positiewe impak - Aanloklike byvoordeelpakkette √ kan lei tot hoër werknemersretensie/ verminder werknemeromset. √ - Dit verhoog werknemer-tevredenheid/lojaliteit, √ omdat hulle bereid is om die ekstra myl te loop. √ - Verbeter produktiwiteit √ wat tot hoër winsgewendheid lei. √ - Lok gekwalifiseerde/vaardige/ervare werknemers √ wat positief tot die besigheid se doelstellings/doelwitte kan bydra. √ - Besighede spaar geld √ omdat byvoordele van belasting afgetrek kan word. √ - Byvoordele kan as ʼn hefboom √ tydens salarisonderhandelinge gebruik word. √ - Enige ander relevante antwoord wat met die positiewe impak/voordele van byvoordele op besighede verband hou. EN/OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 27 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) Nadele/Negatiewe impak - Byvoordele is ʼn bykomende koste vir die besigheid, √ wat tot kontant- vloeiprobleme kan lei. √ - Besighede wat verskillende byvoordeelplanne bied √ kan ongelukkigheid veroorsaak. √/Werknemers wat minder voordele ontvang kan ongemotiveerd wees, √ wat tot laer produktiwiteit kan lei. √ - Administratiewe koste verhoog √ omdat byvoordele korrek opgeteken moet word vir belastingdoeleindes. √ - Verminder besigheidswins √ omdat byvoordele-/pakket-/vergoedings- koste hoër is. √ - Dit kan tot konflik/korrupsie lei, √ indien dit onregverdig toegewys word. √ - Werkers bly slegs by die besigheid ter wille van die byvoordele, √ en is nie altyd toegewyd/lojaal aan die besigheid nie. √ - Besighede wat nie byvoordele bied nie √ slaag nie daarin om vaardige werkers te lok nie. √ - Foute in voordeelplanne √ kan tot baie duur hofsake/regsboetes lei. √ - Besighede moet adviseurs/prokureurs betaal √ om hulle te help om byvoordeelplanne saam te stel wat aan wetgewing voldoen. √ - Enige ander relevante antwoord wat met negatiewe impak/nadele van byvoordele op besighede verband hou. Maks. (12) 6.5 Regsvereistes van ʼn indiensnemingskontrak - Die indiensnemingskontrak mag nie enige vereistes wat in konflik is met die WBDV, bevat nie. √√ - Beide partye, die werkgewer en werknemer moet die kontrak teken. √√ - Aspekte van die indiensnemingskontrak kan weer gedurende die loop van indiensneming onderhandel word. √√ - Geen party kan eensydig aspekte van die indiensnemingskontrak verander nie. √√ - Die indiensnemingskontrak moet ʼn gedragskode en ʼn etiese kode insluit. √√ - Die werkgewer moet die bepalings en voorwaardes van die indiensnemingskontrak aan die werknemer verduidelik. √√ - Indiensnemingsvoorwaardes/pligte/verantwoordelikhede van die werknemers moet duidelik gestipuleer word. √√ - Die vergoedingspakket ingesluit voordele moet duidelik aangedui word. √√ - Die werkgewer moet die werknemer toelaat om deeglik deur die kontrak te lees voordat dit geteken word. √√ - Enige ander relevante antwoord wat met die regsvereistes van ʼn indiensnemingskontrak verband hou. Maks. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 28 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 6.6 Gevolgtrekking - ʼn Goeie induksieprogram stel nuwe werknemers in staat om ʼn fundamentele begrip te hê van wat in die nuwe pos/posisie verwag word. √√ - Besighede moet goed vertroud wees met die induksieprogram om ʼn doelgerigte/betekenisvolle induksie vir nuwe werknemers te verseker. √√ - Om byvoordele aan te bied is ʼn goeie manier om werknemers te motiveer om hard te werk om besigheidsdoelwitte te bereik. √√ - Besighede moet die dienskontrak in lyn bring volgens die vereistes van die WBDV om onnodige regsaksies te vermy. √√ - Enige ander relevante gevolgtrekking wat met die doel van induksie/die voordele van induksie/die impak van byvoordele/wetlike vereistes van ʼn indiensnemingskontrak verband hou. (Enige 1 x 2) (2) [40] VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL Inleiding 2 Doel van induksie 12 Voordele van induksie vir die besigheid 12 Impak van byvoordele op besighede 12 Maks. 32 Regsvereistes van die 10 indiensnemingskontak Gevolgtrekking 2 INSIG Struktuur/Uitleg 2 Analise/Interpretasie 2 8 Sintese 2 Oorspronklikheid/Voorbeelde 2 TOTALE PUNTE 40 SASO – vir elke komponent: Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is. Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is. Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie. TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all