Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 1220249 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 BESIGHEIDSTUDIES V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 204) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 vrae KEUSE: 3 40 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 William gebruik die … leierskapstyl wanneer hy alle besluite sonder werknemer betrokkenheid neem. A demokratiese B transaksionele C outokratiese D laissez-faire 1.1.2 Beskikbaarheid van elektrisiteit moet in ag geneem word wanneer ʼn … as ʼn visuele hulpmiddel gebruik word om inligting op ʼn skerm te wys. A blaaibord B uitdeelstuk C plakkaat D data-projektor 1.1.3 Die … maatskappy verskaf noodsaaklike dienste wat dalk nie deur die private sektor aangebied word nie. A persoonlike-aanspreeklikheids- B staatsbeheerde C publieke D privaat 1.1.4 Naidoo Handelaars het … as ʼn King Kode-beginsel toegepas, toe hulle regstellende programme ontwikkel het om die omgewing te beskerm en besoedeling te verminder. A verantwoordelikheid B deursigtigheid C aanspreeklikheid D dissipline 1.1.5 Die rol van die … is om te verseker dat alle toerusting wat nodig is om werk te verrig, voorsien word. A werknemers B werkgewer C gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger D produksiebestuurder (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 204) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. aggressiewe; armoede; beperkte; skuldbriewe; negatiewe; skadeloosstelling; aandele; werkloosheid; onbeperkte; sekuriteitstelling 1.2.1 Fantasties Beperk het … uitgereik om leningskapitaal by die publiek te verkry. 1.2.2 BD Versekeraars het die beginsel van … toegepas toe hulle Styl Winkels vergoed het vir verliese weens ʼn inbraak gely. 1.2.3 Die persoonlike bates van aandeelhouers kan nie verkoop word om die skuld van die publieke maatskappy te delg weens bankrotskap nie. Dit verwys na … aanspreeklikheid. 1.2.4 Besighede hanteer … as ʼn sosio-ekonomiese kwessie deur beurse aan die gemeenskap te bied om die vlak van onderwys te verbeter. 1.2.5 Sipho hanteer Ann as ʼn … persoon deur na haar te luister sonder om met haar saam te stem. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Leierskap A verwys na wat reg of verkeerd in ʼn besigheid is 1.3.2 Effektetrusts B beleggings wat burgers die geleentheid bied om in die regering te belê 1.3.3 Etiese gedrag C spanlede versamel inligting oor mekaar 1.3.4 Stel van norme D gebruik ʼn motiverende benadering met werknemers 1.3.5 Kragveld-ontleding E werknemers genereer stilweg idees op hulle eie voordat hulle dit met ander deel F spanlede kom tot ʼn ooreenkoms en bereik konsensus G gebruik ʼn instruksie-benadering met werknemers H werknemers oorweeg al die ondersteunende en opponerende idees vir verandering I verwys na die beginsel van wat reg en verkeerd is in die samelewing J beleggings wat saamgevoeg word in ʼn portefeulje wat deur ʼn kundige bestuur word (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 204) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem enige VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. (4) 2.2 Beskryf kortliks die voordele van die transaksionele leierskapstyl. (4) 2.3 Identifiseer die leierskapsteorie wat deur Temba toegepas word om sy werknemers te bestuur in ELKE stelling hieronder: 2.3.1 Temba gebruik verskillende leierskapstyle in verskillende omstandighede. (2) 2.3.2 Temba lei deur ʼn voorbeeld te stel en beloon positiewe gedrag. (2) 2.4 Verduidelik die voordele van versekering vir besighede. (6) 2.5 Bespreek die areas van verbetering in die volgende aanbieding. (4) 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DELI BEPERK (DB) Zuki, die bemarkingsbestuurder van Deli Beperk, maak voorbereidings om ʼn sakeverslag aan die raad van direkteure voor te lê. Sy is ten volle vertroud met die doelwitte van die aanbieding. Zuki het begin deur haarself voor te stel om haar geloofwaardigheid te bevestig. Sy het ook blaaiborde gemaak as ʼn visuele hulpmiddel om haar inligting te ondersteun. 2.6.1 Haal TWEE faktore aan wat Zuki in ag geneem het toe sy vir haar aanbieding in die scenario hierbo voorberei het. (2) 2.6.2 Verduidelik die impak van blaaiborde as ʼn visuele hulpmiddel. (4) 2.7 Bespreek die voordele van ʼn maatskappy sonder winsoogmerk. (4) 2.8 Gee besighede raad oor hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of mislukking van ʼn vennootskap kan bydra: 2.8.1 Wetgewing (4) 2.8.2 Kapitaal (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 7 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem VIER korporatiewe maatskaplike investering (KMI)-fokusareas. (4) 3.2 Brei uit oor die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die verbetering van spanprestasie. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. LIRA HANDELAARS (LH) Die bestuur van Lira Handelaars het Vuvu aangestel om aan hul advertensieveldtog te werk. Vuvu het Ashley, Carston en Chantel gevra om saam met hom aan die projek te werk. Vuvu gee krediet aan lede vir hul positiewe bydrae. Hy verseker ook dat alle spanlede respek teenoor mekaar toon ten spyte van hul verskille. Identifiseer TWEE kriteria vir suksesvolle spanprestasie deur Lira Handelaars vertoon. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.3 te beantwoord. KRITERIA VIR SUKSESVOLLE MOTIVERINGS SPANPRESTASIE 1. 2. (6) 3.4 Verduidelik maniere waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder. (4) 3.5 Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) op besighede. (6) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NORMAN ONDERNEMINGS (NO) Die bestuur van Norman Ondernemings hanteer verskillende tipes onprofessionele sakepraktyke van hul werknemers. Hulle praat direk met al die werknemers wat verlengde middagete-pouses neem. NO onderrig ook alle werknemers oor die impak van bedrog. Hulle verseker dat die gedragskode deur alle werknemers onderteken word wat hulle bewus maak van die inhoud daarvan. 3.6.1 Haal TWEE maniere aan waarop NO misbruik van werktyd as ʼn tipe onprofessionele sakepraktyk hanteer, uit die scenario hierbo. (2) 3.6.2 Beskryf ander maniere waarop NO misbruik van werktyd as ʼn tipe onprofessionele sakepraktyk kan hanteer. (4) 3.7 Bespreek die verhouding tussen maatskaplike verantwoordelikheid en drievoudige sleutelaspekte. (6) 3.8 Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyk uitgevoer behoort te word. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 204) VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Gee enige VIER voorbeelde van nieversekerbare risiko’s. (4) 4.2 Beskryf kortliks die aspekte wat in ag geneem moet word wanneer ʼn multimedia-aanbieding ontwerp word. (4) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VALLEI HOTEL (VH) Sethu, die eienaar van Vallei Hotel, pas die demokratiese leierskapstyl toe. Sy laat werknemers toe om aan besluitneming deel te neem. Sy verstaan dat die regte houding die regte atmosfeer skep. Sethu weerspieël ook die gedrag wat sy in haar volgelinge wil sien. 4.3.1 Haal TWEE rolle van persoonlike houding in suksesvolle leierskap aan wat deur Sethu in die scenario hierbo vertoon word. (2) 4.3.2 Gee Sethu raad oor situasies waarin die demokratiese leierskapstyl in die werkplek toegepas kan word. (6) 4.4 Bespreek aannemingsvoordele as ʼn soort voordeel wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds uitbetaal word. (4) BESIGHEIDSROLLE 4.5 Noem enige VIER menseregte in die werkplek. (4) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DEKKER VERWE (DV) Dekker Verwe ervaar ʼn groot hoeveelheid klagtes van klante oor hul verf wat afdop. DP het ʼn paneel van kundiges versoek om ʼn stel vraelyste te voltooi om ʼn oplossing vir hul probleem te vind. 4.6.1 Noem die probleemoplossingstegniek wat DV in die scenario hierbo toegepas het. (2) 4.6.2 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6) 4.7 Bespreek hoe onbillike advertensies as ʼn tipe onetiese sakepraktyk uitdagings vir besighede inhou. (4) 4.8 Gee besighede raad oor hoe hulle konflik in die werkplek moet hanteer. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) BESIGHEIDSTUDIES V2 9 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE) Voorkeuraandeelhouers is geregtig op sekere regte wat met hul belegging verband hou. Verskillende beleggingsvorme impak beleggers verskillend. Belegging in ʼn vaste deposito bied beleggers die geleentheid om te besluit of hulle enkelvoudige rente of saamgestelde rente wil ontvang. Sommige beleggers belê in maatskappye wat op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) genoteer is. Skryf ʼn opstel oor belegging sekuriteite waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die regte van voorkeuraandeelhouers. • Bespreek die impak van die volgende beleggingsvorme: o Aandele o Vaste deposito • Onderskei tussen enkelvoudige rente en saamgestelde rente. • Gee besighede raad oor die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE, INKLUSIWITEIT EN OMGEWINGSKWESSIES) Daar word van besighede verwag om die ekonomiese regte van hul werknemers te respekteer. Die werkgewer is verantwoordelik om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder. Besighede hanteer verskillende diversiteitskwessies om die voordele van ʼn diverse arbeidsmag te geniet. Skryf ʼn opstel oor menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die ekonomiese regte van werknemers in die werkplek. • Verduidelik die verantwoordelikhede van werkgewers om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder. • Bespreek maniere waarop besighede die volgende diversiteitskwessies in die werkplek kan hanteer: o Gestremdheid o Geslag • Gee besighede raad oor die voordele van diversiteit in die werkplek. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all