Skip to content

Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2025 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 1220259 pages

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN BESIGHEIDSTUDIES V2 MEI/JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 KEUSE: 70 3 40 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. 2025 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Die kernfunksie van bestuur in 'n besigheid is om … A nuwe idees aan te moedig sodat produktiwiteit verhoog. B werknemers te lei om aktiewe deelnemers in die werkplek te word. C inspirerend in hul benadering tot werk te wees. D planne en take te administreer om vasgestelde teikens te bereik. 1.1.2 Rozette het 'n bedrag van R40 000 in 'n vaste deposito teen 10% saamgestelde rente per jaar vir twee jaar by Maropeng Bank belê. Rozette sal … ná twee jaar as rente ontvang. A R48 000 B R8 400 C R48 400 D R8 000 1.1.3 Besighede wat sosiale regte in die werkplek bevorder, … A verskaf opleidingsgeleenthede aan werknemers. B betaal werknemers ewe veel vir werk van gelyke waarde. C laat werknemers toe om aan wettige stakings deel te neem. D verskaf billike werksure aan werknemers. 1.1.4 Beauty, 'n werknemer van Brown Groothandelaars, neem gereeld verlengde middagetepouses. Dit is 'n voorbeeld van … as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk. A seksuele teistering B misbruik van werktyd C gemagtigde gebruik van werktyd D misbruik van mag 1.1.5 Senior bestuurders hanteer … werknemers as 'n tipe moeilike persoonlikheid deur tyd toe te laat vir hulle om te praat sonder om vyandig teenoor ander werknemers te wees. A besluitlose B negatiewe C aggressiewe D kundige (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. versekerbare belang; belasting; planeet; werknemer; charismatiese; laissez-faire; werkgewer; uiterste goeie trou; profyt; wetgewing 1.2.1 Leiers pas die … leierskapstyl toe wanneer hulle die visie van die besigheid bevorder om uitstekende resultate te bereik. 1.2.2 Die finansiële state van Berry NWM word geoudit, wat tot die doeltreffende gebruik van hulpbronne lei. Dit verwys na … as 'n faktor wat tot die sukses van 'n besigheid bydra. 1.2.3 Die versekeringsbeginsel van … is van toepassing as die versekerde alle relevante inligting aan die versekeraar bekend maak. 1.2.4 Silverton Vervaardiging gebruik energiedoeltreffende produksiemetodes. Dit verwys na die … as 'n element van die drievoudige sleutelaspek. 1.2.5 Die verantwoordelikheid van die … is om persoonlike beskermende klere te verskaf om gevare in die werkplek te verminder. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Bonusaandele A genereer en evalueer krities alternatiewe oplossings 1.3.2 Verpligte versekering B visuele hulpmiddel wat spesiale 1.3.3 Blaaiborde sagteware-lisensies benodig 1.3.4 Probleemoplossing C stel realistiese doelwitte oor wat bereik moet word 1.3.5 Kommunikasie D uitgereik as vergoeding aan aandeelhouers vir onbetaalde dividende E betaling in die vorm van 'n vrywillige premie om 'n spesifieke risiko te dek F visuele hulpmiddel wat gebruik word om idees gedurende terugvoeringsessies op te som G oorweeg verskillende alternatiewe voordat op die beste een besluit word H uitgereik as vergoeding aan die promotors van 'n maatskappy I betaling in die vorm van heffings in 'n gemeenskaplike fonds, soos deur die wet vereis word J stel prosedures vir spanwerk op sodat lede hul rolle verstaan (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Gee enige VIER voorbeelde van korttermynversekering. (4) 2.2 Beskryf kortliks die voordele van effektetrusts as 'n beleggingsvorm. (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RIVIER TUINMAAKDIENSTE (RT) Rivier Tuinmaakdienste gebruik 'n stelsel van belonings en strafmaatreëls om werknemers te motiveer om hulle doelwitte en doelstellings te bereik. RT het ook opleiding aan hul streeksbestuurders gegee oor die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. 2.3.1 Noem die leierskapstyl in die scenario hierbo wat op RT van toepassing is. (2) 2.3.2 Beskryf die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. (4) 2.4 Bespreek die transformasie-leierskapsteorie. (6) 2.5 Gee besighede raad oor die voordele van versekering vir besighede. (4) 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FREEWAY KONSULTANTE (FK) Freeway Konsultante het Kate, die bemarkingsbestuurder, versoek om 'n multimedia-aanbieding te ontwerp. Kate het die inligting in 'n logiese volgorde gestruktureer sodat die gehoor dit kan volg. Sy het hiperskakels geskep om vinnige toegang tot ander lêers te verkry. Daar word ook van Kate verwag om te reageer op vrae wat ná afloop van die aanbieding gestel word. 2.6.1 Haal TWEE aspekte aan wat Kate oorweeg het om 'n multimedia- aanbieding te ontwerp. (2) 2.6.2 Verduidelik hoe Kate op vrae, ná afloop van die aanbieding, op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse moet reageer. (4) 2.7 Bespreek die impak van uitdeelstukke as 'n tipe visuele hulpmiddel. (6) 2.8 Gee besighede raad oor hoe kapitaal tot die sukses en/of mislukking van 'n privaat maatskappy kan bydra. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem enige VIER menseregte in die werkplek. (4) 3.2 Beskryf kortliks die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MASEGO SOETGEBAK (MS) Masego Soetgebak het verskillende korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheids(KMV)-programme geïmplementeer. Hierdie KMV- programme maak dit vir MS moontlik om belastingafslag te ontvang. Hulle het die entrepreneursvaardighede van nabygeleë gemeenskappe verbeter. MS geniet ook die ondersteuning wat hulle van hierdie gemeenskappe ontvang. 3.3.1 Haal TWEE voordele uit die scenario hierbo aan van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) vir MS. (2) 3.3.2 Gee MS raad oor ander voordele van KMV vir besighede. (4) 3.4 Bespreek enige TWEE stadiums van spanontwikkeling. (6) 3.5 Verduidelik maniere waarop besighede MIV/Vigs as 'n sosio-ekonomiese kwessie kan hanteer. (6) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DESAI MOTORS (DM) Desai Motors hanteer diversiteitskwessies in die werkplek. Hulle berei spesiale kos vir werknemers met verskillende oortuigings voor. DM trek heelwat voordeel uit 'n diverse arbeidsmag. 3.6.1 Identifiseer die diversiteitskwessie wat DM in die scenario hierbo aangespreek het. (2) 3.6.2 Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek. (6) 3.7 Beveel maniere aan waarop besighede die ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk kan hanteer. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Gee enige TWEE voorbeelde van nieverbale aanbiedinge. (2) 4.2 Beskryf kortliks die verskil tussen beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte aanspreeklikheid. (4) 4.3 Identifiseer die versekeringskonsep van toepassing op Rachel Handelaars in ELKE stelling hieronder. 4.3.1 Die versekeringsmaatskappy het Rachel Handelaars se beskadigde toerusting vervang, in plaas daarvan om hulle vir hulle finansiële verlies te vergoed. (2) 4.3.2 Rachel Handelaars het 'n vaste bedrag as voorbetaling aan die versekeringsmaatskappy betaal toe hulle 'n eis vir 'n gesteelde skootrekenaar ingedien het. (2) 4.4 Bespreek die kenmerke van 'n vennootskap. (6) 4.5 Gee besighede raad oor die positiewe impak van die demokratiese leierskapstyl. (4) BESIGHEIDSROLLE 4.6 Noem die VIER fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering (KMI). (4) 4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. CHETTY UITGEWERS (CU) Chetty Uitgewers het verskillende probleemoplossingstegnieke oorweeg toe hulle hulle produksiestelsel verander het. Hulle het 'n opsomming gemaak van die faktore wat die voorgestelde verandering ondersteun en teenstaan. Die werknemers van CU het ook groepies gevorm waarin hulle eers in stilte idees gegenereer het voordat hulle dit met ander gedeel het. Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur CU toegepas is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.7 te beantwoord. PROBLEEMOPLOSSINGSTEGNIEKE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 4.8 Bespreek strategieë wat besighede kan gebruik om die omgewing en menslike gesondheid te beskerm. (6) 4.9 Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan hanteer. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE) Die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) verskaf verskillende finansiële vooruitsigte aan beleggers. Beleggers moet 'n omvattende begrip van die verskillende tipes beleggingsgeleenthede en hulle risikofaktore hê. Regering-/RSA-kleinhandel- spaareffekte is een van die mees verkose beleggingsvorme, maar sommige beleggers belê ook in voorkeuraandele. Skryf 'n opstel oor beleggingsekuriteite waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). • Verduidelik die volgende tipes beleggingsgeleenthede en hulle risikofaktore: o Skuldbriewe o Waagkapitaal • Bespreek die impak van Regering-/RSA-kleinhandelspaareffekte as 'n beleggingsvorm. • Gee besighede raad oor die regte van voorkeuraandeelhouers. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME) Besighede het 'n verantwoordelikheid om hulle besigheidsaktiwiteite eties en professioneel uit te voer, deur die King-kode-beginsels vir goeie korporatiewe bestuur te volg. Dit word van hulle vereis om te verstaan hoe die verskillende onetiese sakepraktyke uitdagings vir besighede inhou. Besighede is ook verplig om hul sakepraktyke op 'n professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe wyse uit te voer. Skryf 'n opstel oor etiek en professionalisme waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die verskille tussen etiese gedrag en professionele gedrag. • Verduidelik hoe besighede die volgende King-kode-beginsels van goeie korporatiewe bestuur kan toepas om etiese sakepraktyke te verbeter: o Deursigtigheid o Aanspreeklikheid • Bespreek hoe die DRIE tipes onetiese sakepraktyke uitdagings vir besighede inhou. • Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyke uitgevoer behoort te word. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all