Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V2
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers %20QP_hlayiso.com_--4f7ee7eb-503c-461a-b9cf-1ad5eaec2063/v1-9d83b873a40e70b4fb27/card.webp)

_hlayiso.com_--10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c/v1-0f7c30d7d37453bd1092/card.webp)
--448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40/v1-3a1643ba5343cd2c0590/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 548.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC November Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 70
3 40
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Mandla het die … leierskapsteorie toegepas toe hy sy span
aangemoedig het om kreatief te wees wanneer drastiese
veranderinge in 'n dinamiese werksomgewing hanteer word.
A situasionele
B leiers-en-volgelinge-
C transformasie-
D transaksionele
1.1.2 Die direkteure van 'n … maatskappy is gesamentlik en afsonderlik
verantwoordelik vir die skulde van die besigheid.
A nie-winsgewende
B persoonlike-aanspreeklikheids-
C staatsbeheerde
D privaat
1.1.3 Die hoofsom bly onveranderd vir die tydperk van die
beleggingsperiode wanneer … bereken word.
A enkelvoudige rente
B kapitaalwins
C saamgestelde rente
D dividende
1.1.4 Werknemers van Ntsako Handelaars het sonder toestemming ná
werksure die internetfasiliteite van die besigheid gebruik. Dit verwys
na … as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk.
A onproduktiewe werknemers
B misbruik van werktyd
C moeilike werknemers
D ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne
1.1.5 Besighede ontwikkel beradingsprogramme en lei raadgewers op as
'n strategie om … as 'n sosio-ekonomiese kwessie te hanteer.
A armoede
B MIV/Vigs
C inklusiwiteit
D werkloosheid (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 4 DBE/November 2023
NSS
1.2. Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
planeet; kundige; koöperasie; oorverseker; besluitneming;
vennootskap; onderverseker; probleemoplossing; klaer; persone
1.2.1 Die aweryklousule word toegepas wanneer bates … is om die
bedrag te bepaal wat aan die versekerde uitbetaal sal word.
1.2.2 Die … as 'n ondernemingsvorm het geen wetlike persoonlikheid nie
en het 'n gebrek aan kontinuïteit.
1.2.3 Fuze Ondernemings fokus op … as 'n drievoudige sleutelaspek-
element deur aan projekte deel te neem wat daarop gemik is om
gemeenskappe op te hef.
1.2.4 'n Bestuurder oorweeg verskeie alternatiewe voordat die beste een
geselekteer word. Dit staan as … bekend.
1.2.5 Tim, die toesighouer, is ferm en selfversekerd met die hantering van
'n … as 'n tipe moeilike persoonlikheid. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 5 DBE/November 2023
NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Bonusaandele A 'n groot groep werknemers maak
voorstelle om nuwe gedagtes te
1.3.2 Bestuur inspireer
1.3.3 Delphi-tegniek B bevorder 'n platform vir werknemers
om hulle ontevredenheid sonder
1.3.4 Vryheid van spraak en viktimisering te opper
uitdrukking
C spanlede het 'n positiewe houding
1.3.5 Gedeelde waardes van ondersteuning teenoor ander
lede
D uitgereik as vergoeding vir
onbetaalde dividende
E gebruik mag op grond van hulle
kennis en vaardighede
F 'n groep deskundiges los
besigheidsprobleme op sonder om
hulle byeen te bring
G uitgereik as vergoeding aan die
promotors van die maatskappy
H spanlede respekteer die
vaardighede van ander lede
I bevorder gemeenskaplike interaksie
tussen interne en eksterne
belanghebbendes
J gebruik mag op grond van die
posisie van outoriteit
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 6 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige VIER voorbeelde van nieverbale aanbiedings. (4)
2.2 Beskryf kortliks die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BIZANA SPORTDRAG (BS)
Bizana Sportdrag het kleinhandelswinkels regoor die land. Die bestuur van BS
laat hulle werknemers toe om aan die besluitnemingsproses deel te neem.
2.3.1 Identifiseer die leierskapstyl wat deur BS in die scenario hierbo
toegepas word. (2)
2.3.2 Stel situasies voor waarop die leierskapstyl wat in VRAAG 2.3.1
geïdentifiseer is, in die werkplek toegepas kan word. (4)
2.4 Bespreek die impak van Regering-/RSA-kleinhandelspaareffekte as 'n
beleggingsvorm. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GROEN LOGISTIEKE (GL)
Groen Logistieke is in die proses om hulle surplusfondse te belê. Hulle het die
beleggingsperiode en moontlike risiko in die verskillende beleggingsopsies
oorweeg. GL het ook waagkapitaal as die beste beleggingsgeleentheid
geïdentifiseer om hulle besigheid uit te brei.
2.5.1 Noem TWEE faktore wat GL in ag geneem het toe 'n
beleggingsbesluit in die scenario hierbo geneem is. (2)
2.5.2 Verduidelik waagkapitaal as 'n tipe beleggingsgeleentheid. (4)
2.6 Bespreek die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as 'n soort verpligte
versekering. (6)
2.7 Gee besighede raad oor hoe die verdeling van winste tot die sukses en/of
mislukking van 'n publieke maatskappy kan bydra. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 7 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige TWEE stappe in probleemoplossing. (2)
3.2 Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek. (6)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
ZAMA TEGNOLOGIE (ZT)
Zama Tegnologie erken diversiteitskwessies om 'n inklusiewe arbeidsmag tot
stand te bring. Hulle moedig jonger werknemers aan om ouer werknemers te
respekteer en by hulle te leer. ZT het ook opritte vir rolstoele by die ingang
van hulle kantoor gebou.
Identifiseer TWEE diversiteitskwessies wat ZT aangepak het. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.3 te beantwoord.
DIVERSITEITSKWESSIES MOTIVERINGS
1.
2. (6)
3.4 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EKSTEEN HOTEL (EH)
Eksteen Hotel verskaf vervoer aan werknemers wat ongewone lang ure werk.
Hulle betaal regverdige bonusse aan werknemers as erkenning van hulle
harde werk en toewyding. EH implementeer ook etiese korrekte
besigheidsbesluite om besoedeling van die omgewing te voorkom.
3.5.1 Haal TWEE maniere aan waarop EH tyd en moeite bygedra het om
die welstand van werknemers te bevorder uit die scenario hierbo. (2)
3.5.2 Beskryf ander maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra
om die welstand van werknemers te bevorder. (4)
3.6 Verduidelik hoe besighede die volgende King-kode-beginsels vir goeie
korporatiewe bestuur kan toepas om etiese sakepraktyke te verbeter:
3.6.1 Deursigtigheid (4)
3.6.2 Aanspreeklikheid (4)
3.7 Beveel maniere aan waarop besighede prysbepaling van goedere in landelike
gebiede as 'n tipe onetiese sakepraktyk kan hanteer. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 8 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem enige TWEE soorte voorkeuraandele. (2)
4.2 Beskryf kortliks die voordele van 'n maatskappy sonder winsoogmerk. (4)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ADONISI MODES (AM)
Die bestuur van Adonisi Modes wil hulle voorraad teen brand, veranderings in
modes en diefstal verseker. Hulle het navorsing gedoen oor versekerbare
risiko's en verstaan die belangrikheid van versekering.
4.3.1 Noem TWEE versekerbare risiko's in die scenario hierbo. (2)
4.3.2 Verduidelik die voordele van versekering vir besighede. (6)
4.4 Gee besighede raad oor die funksies van die Johannesburgse
Sekuriteitebeurs (die JSE). (6)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Beskryf kortliks die ekonomiese regte van werknemers in die werkplek. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JASON ONDERNEMINGS (JO)
Jason Ondernemings ervaar 'n afname in verkope in een van hulle
produklyne. JO het hulle werknemers versoek om in stilte idees op hulle eie te
genereer voordat hulle dit met ander deel.
4.6.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat JO in die scenario
hierbo toegepas het. (2)
4.6.2 Verduidelik ander maniere waarop JO die probleem-
oplossingstegniek wat in VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is, kan toepas. (4)
4.7 Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid
(KMV) op gemeenskappe. (6)
4.8 Gee besighede raad oor die rolle van gesondheids- en veiligheids-
verteenwoordigers om die werkplek-omgewing te beskerm. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 9 DBE/November 2023
NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING EN DATA-RESPONS)
'n Goed ontwerpte multimedia-aanbieding is nodig om met besigheids-
belanghebbendes te kommunikeer. Aanbieders moet weet watter faktore om tydens
die aanbieding in ag te neem om 'n suksesvolle aanbieding te verseker. Sommige
aanbieders gebruik uitdeelstukke en blaaiborde om die gehalte van hulle aanbiedings
te verbeter. Die hantering van terugvoering op 'n nie-aggressiewe en professionele
wyse is belangrik vir die afsluiting van 'n aanbieding.
Skryf 'n opstel oor aanbieding en data-respons waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks aspekte wat in ag geneem moet word wanneer 'n multimedia-
aanbieding ontwerp word.
Verduidelik die faktore wat die aanbieder tydens die aanbieding in ag moet neem.
Bespreek die impak van die volgende visuele hulpmiddels:
o Uitdeelstukke
o Blaaiborde
Beveel maniere aan waarop aanbieders terugvoering op 'n nie-aggressiewe en
professionele wyse kan hanteer. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (BEOORDELING VAN SPANPRESTASIE EN
KONFLIKBESTUUR)
Die werkplek-omgewing is dinamies en bestaan uit mense met verskillende ervarings,
wat tot griewe en konflikte kan lei. Besighede volg die korrekte prosedure om griewe in
die werkplek te hanteer. Hulle weet ook dat spanne deur verskillende stadiums van
spanontwikkeling gaan en spandinamika-teorieë volg as 'n riglyn om spanprestasie te
verbeter.
Skryf 'n opstel oor die beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur waarby jy die
volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die verskille tussen griewe en konflik.
Verduidelik die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.
Bespreek die volgende stadiums van spanontwikkeling:
o Bestorming
o Normering
Gee besighede raad oor die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die
verbetering van spanprestasie. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20QP_hlayiso.com_--4f7ee7eb-503c-461a-b9cf-1ad5eaec2063/v1-9d83b873a40e70b4fb27/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 GP Prelim 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)
_hlayiso.com_--10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c/v1-0f7c30d7d37453bd1092/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Eng)
--448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40/v1-3a1643ba5343cd2c0590/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 EC Prelim 2023 Memo (English)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum