Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V1
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 485.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC November Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 70
3 40
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
30
KEUSE:
6 40
Beantwoord enige EEN.
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Hierdie Wet beskryf die minimum vereistes vir die indiensnemings-
kontrak:
A Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)
B Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van
1997)
D Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van
1998)
1.1.2 Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
(WVBBS), 1997 (Wet 61 van 1997) bevorder …
A konsultasie in die werkplek.
B veiligheid in die werkplek.
C werknemers se regte in die werkplek.
D diversiteit in die werkplek.
1.1.3 'n Sosiale faktor van die PESTWO-analise wat 'n uitdaging vir
Rashid Kabinetmakers inhou, is dat …
A klante nie in staat is om hulle produkte te bekostig nie weens
lae inkomstevlakke.
B koste betrokke by die verkryging van 'n handelslisensie, hoog
is.
C werknemers nie vaardig is om nuwe toerusting te gebruik nie.
D maatreëls om van hulle afvalstowwe ontslae te raak, duur is.
1.1.4 Daar word van besighede verwag om tot die … fonds as 'n verpligte
byvoordeel by te dra.
A pensioen-
B mediese
C voorsorg-
D werkloosheidsversekerings-
1.1.5 Astra Beperk implementeer deurlopende vaardigheidsontwikkeling
as 'n element van totale gehaltebestuur (TGB) wanneer …
A prosedures toegepas word om foute in masjinerie te verminder.
B die menslikehulpbrondepartement gebruik word om aandag te
gee aan opleidingsbehoeftes.
C hulle hul strategieë met mededingers deel.
D hulle beter aansporings aan opgeleide werknemers bied.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 4 DBE/November 2023
NSS
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
keuring; swak punt; openbare betrekkinge; Wet op BBSEB; leerlingskappe;
SEB; internskappe; bedreiging; produksie; werwing
1.2.1 Besighede verskaf … aan werknemers deur praktiese opleidings-
geleenthede wat tot 'n erkende kwalifikasie lei.
1.2.2 KB Vervoer word deur 'n verhoging in die petrolprys geraak. Dit
word as 'n … in die SSGB('SWOT')-ontleding geklassifiseer.
1.2.3 Die … het slegs op drie pilare gefokus wat sommige voorheen
benadeelde mense uitgesluit het.
1.2.4 Referente-kontroles word tydens die …-prosedure gedoen om die
inhoud van aansoekers se CV's te verifieer.
1.2.5 Die …-funksie is verantwoordelik vir die voorsiening van gereelde
persverklarings aan alle belanghebbendes. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 5 DBE/November 2023
NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Wet op Verbruikers- A beskryf die pligte wat vir 'n sekere
beskerming (WVB), 2008 pos uitgevoer moet word
(Wet 68 van 2008)
B die byvoeging van nuwe produkte
1.3.2 Menslikehulpbron- wat nie verband hou met
ontwikkelingstrategie bestaande produkte wat by nuwe
klante byval sal vind nie
1.3.3 Konglomerasie-
diversifikasie C daarop gemik om die produk die
eerste keer reg te kry
1.3.4 Posspesifikasie
D bevorder die veiligheid van klante
1.3.5 Gehalteversekering deur hulle teen gevaarlike produkte
te beskerm
E verbeter die gebruik van die
Nasionale Vaardigheidsfonds
F die byvoeging van nuwe produkte
wat verband hou met bestaande
produkte wat by nuwe klante byval
sal vind
G bevorder handelsnaamprodukte
wat deur klante verkies word
H verbeter die verskaffing van
vaardighede wat die land
regstreeks bevoordeel
I beskryf die aanvaarbare
kwalifikasies vir 'n sekere pos
J daarop gemik om 'n raamwerk vir
organisatoriese prosesse te
verskaf
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 6 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER verbruikersregte soos in die Wet op Verbruikersbeskerming
(WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) gestipuleer. (4)
2.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BESTE BLIKKE (BB)
Beste Blikke vervaardig 'n verskeidenheid van blikkieskos. BB het klante aan
Damian Blikke afgestaan, want hulle produkte is van 'n hoë gehalte. Die
winsgewendheid van BB het afgeneem weens swak bestuursvaardighede.
Beste Blikke het geld teen 'n hoë rentekoers by die bank geleen.
2.2.1 Haal DRIE uitdagings vir BB uit die scenario hierbo aan. (3)
2.2.2 Klassifiseer BB se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings. (3)
2.2.3 Noem die mate van beheer wat BB oor ELKE besigheidsomgewing
het wat in VRAAG 2.2.2 geklassifiseer is. (3)
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.2.1 tot 2.2.3 te
beantwoord.
BESIGHEIDS- MATE VAN
UITDAGINGS OMGEWINGS BEHEER
(2.2.1) (2.2.2) (2.2.3)
1.
2.
3.
2.3 Verduidelik die regte van werkgewers in terme van die Wet op
Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995). (4)
2.4 Bespreek die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55
van 1998). (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BEYERS SPEELGOED (BS)
Beyers Speelgoed ervaar 'n afname in verkope weens 'n afname in die
aanvraag na hulle produkte. Hulle het sommige onproduktiewe bates verkoop
om skulde af te betaal. BS het ook die doeltreffendheid van hulle gekose
strategie geëvalueer.
2.5.1 Identifiseer die soort defensiewe strategie wat BS toegepas het.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.5.2 Gee besighede raad oor die stappe in strategie-evaluering. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 7 DBE/November 2023
NSS
2.6 Verduidelik die implikasies van enige TWEE pilare van die Wet op Breëbasis-
Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) op
besighede. (6)
2.7 Beveel maniere aan waarop besighede die uitdagings wat die ekonomiese
faktore van die PESTWO-analise inhou, kan hanteer. (4)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige VIER aspekte wat by 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet
word. (4)
3.2 Beskryf kortliks die verskil tussen stukwerk- en tydverwante
salarisbepalingsmetodes. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MZAMO HANDELAARS (MH)
Mzamo Handelaars het 'n vakante posisie vir 'n winkelbestuurder. MH het die
vakature in plaaslike koerante geadverteer. Hulle het kandidate op die kortlys
vir 'n onderhoud genooi.
3.3.1 Noem die werwingsmetode wat deur MH in die scenario hierbo
gebruik is. (2)
3.3.2 Verduidelik die rol van die aansoeker tydens die onderhoud. (4)
3.4 Bespreek die impak van byvoordele op besighede. (6)
3.5 Brei uit oor die betekenis van gehaltebeheer. (4)
3.6 Verduidelik hoe gehalte van prestasie van die produksiefunksie tot die sukses
van die besigheid kan bydra. (4)
3.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
VILLE BEPERK (VB)
Ville Beperk vervaardig elektriese komponente vir verskeie besighede. VB kan
dit bekostig om grondstowwe en toerusting van gehalte aan te koop om
foutiewe produkte te voorkom. Hulle bevorder ook 'n positiewe
besigheidsbeeld deur in die behoeftes van hulle kopers te voorsien.
Identifiseer TWEE elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat deur VB
toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.7 te beantwoord.
TGB-ELEMENTE MOTIVERINGS
1.
2. (6)
3.8 Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende
verbetering van prosesse en stelsels. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 8 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige TWEE tipes besigheidsektore. (2)
4.2 Identifiseer die verlofbepaling soos gestipuleer in die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) van toepassing op
TD Rekenmeesters in ELKE stelling hieronder.
4.2.1 Werknemers ontvang 'n maksimum van vyf dae verlof in die geval
van die dood van 'n nabye familielid. (2)
4.2.2 Mediese sertifikate moet deur werknemers ingedien word wanneer
hulle vir meer as twee opeenvolgende dae weens siekte by die
werk afwesig is. (2)
4.3 Verduidelik hoe die Sektorale Onderwys-en-Opleidingsowerhede (SOOO's)
befonds word. (4)
4.4 Bespreek enige TWEE soorte integrasiestrategieë. (6)
4.5 Gee besighede raad oor die maniere waarop hulle aan die Nasionale
Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) kan voldoen. (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.6 Beskryf kortliks die doel van induksie. (6)
4.7 Verduidelik die plasingsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. (4)
4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UNIEKE BOETIEK (UB)
Unieke Boetiek is bekend vir hulle goeie gehaltebestuurstelsel. UB verhoog
hulle produktiwiteit deur behoorlike tydsbestuur. Bestuur hou jaarlikse
algemene vergaderings met alle eksterne belanghebbendes. Hulle bied
gereelde opleiding aan om die gehalte van werknemers se vaardighede te
verbeter.
4.8.1 Haal TWEE voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel uit die
scenario hierbo aan. (2)
4.8.2 Verduidelik ander voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel. (4)
4.9 Stel maniere voor waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte
kan verminder. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 9 DBE/November 2023
NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)
Suksesvolle besighede implementeer die proses van strategiese bestuur om interne
bedrywighede te verbeter. Porter se Vyf Kragte-model stel besighede in staat om
hulle posisie in die mark te analiseer. Sommige besighede gebruik intensiewe en
diversifikasiestrategieë om uitdagings wat die besigheidsomgewings inhou, te
hanteer.
Skryf 'n opstel oor besigheidstrategieë waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die proses van strategiese bestuur.
Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van Porter se Vyf Kragte-model
kan toepas om hulle posisie in die markomgewing te analiseer:
o Krag van kopers
o Krag van mededingers/Mededingende wedywering
Bespreek DRIE soorte intensiewe strategieë.
Gee besighede raad oor die voordele van diversifikasiestrategieë. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)
Gehaltebestuur en gehalteprestasie speel 'n belangrike rol om tot die sukses van
besighede by te dra. Die toepassing van die BDKH-model verbeter die gehalte van
produkte. Swak implementering van totale gehaltebestuur (TGB) het 'n negatiewe
impak op besigheidsbedrywighede. Besighede moet hulle bemarkings- en
administrasiefunksies verbeter.
Skryf 'n opstel oor gehalte van prestasie waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die verskille tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie.
Verduidelik hoe besighede die BDKH-model/-stappe kan toepas om die gehalte
van hulle produkte te verbeter.
Bespreek die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien besighede dit swak
implementeer.
Gee besighede raad oor die gehalteaanwysers van die volgende
besigheidsfunksies:
o Bemarkingsfunksie
o Administrasiefunksie [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum