Downloaded from hlayiso.com
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
(HERSIEN)
ONDERWYSERRIGLYNE
2020
ALLE GRAAD 12-INHOUD IN DIE KURRIKULUM IS EKSAMINEERBAAR!
Hierdie hersiene PAT impliseer NIE dat sekere afdelings van die KABV
uit die NSC 2020-eksamen uitgesluit sal word NIE.
Die databasis- en webontwerpafdelings kom nie in hierdie hersiene PAT voor
nie.
Hierdie riglyne bestaan uit 7 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 









_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)

View all





CAT PAT GR 12 2020 Teacher Guidelines Afr (Hersien)
Grade 12 Computer Applications Technology practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download.
Computer Applications Technology · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 288.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 2 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS – Onderwyserriglyne
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Idees en benaderings om leerders te lei 4
2.2 Oneerlikheid 5
2.3 Leerder se verklaring van egtheid van die PAT 5
2.4 Rol van die onderwyser 6
2.5 Toesig/Gekontroleerde omstandighede 6
2.6 Bestuur van die PAT 6
2.7 Assesseringsbewyse 7
2.8 Vereistes 7
2.9 Nienakoming 7
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese Assesseringstaak
AP Assesseringprogram
SGA Skoolgebaseerde Assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 3 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS – Onderwyserriglyne
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV)-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie
en Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en dit
tel 25% van die finale punt vir Rekenaartoepassingstegnologie (RTT).
FORMELE ASSESSERING
Gedurende die
Jaareindeksamen
jaar
25% 75%
SGA Praktiese Jaareindeksamen-vraestelle (50%)
assesseringstaak
(PAT)
25% 25% Vraestel 1 (25%) Vraestel 2 (25%)
Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in
verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek. Die PAT bied aan leerders die
geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende eerste drie kwartale van die skooljaar
geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat
nie in 'n formele formaat, soos 'n toets of 'n eksamen, geassesseer kan word nie. Dit is dus
belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstaak binne
die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle
uitslae ontvang. Die kandidaat sal tot drie weke voor die aanvang van die finale praktiese
RTT-jaareindeksamen tyd gegun word om enige uitstaande werk vir die PAT in te dien
(sien 2.9 Nienakoming).
Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 4 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS – Onderwyserriglyne
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
2.1 Idees en benaderings om leerders te lei
Wat moet leerders doen en wat moet hulle verskaf?
Daar word van leerders verwag om, onder gepaste toesig:
'n Belangstellingsarea binne die gegewe onderwerp/scenario te kies
'n Duidelike fokusvraag te formuleer wat ondersoek/nagevors kan word
'n Reeks take (wat in drie fases verdeel is) te beplan, na te vors en uit te voer, om met
bevindinge en gevolgtrekkings wat met die fokusvraag verband hou, vorendag te kom
'n Verslag vir 'n spesifieke gehoor voor te berei
Elemente van die verslag via 'n webtuiste te kommunikeer
Bewyse van al die fases van die projek vir assessering te verskaf
Hoe sal leerders dit doen?
Leerders moet:
'n Individuele projek beplan en voltooi deur 'n reeks inligtingbestuursvaardighede en
-strategieë toe te pas om te voldoen aan die doelstellings soos in die PAT-vereistes
uiteengesit
Sleutelvrae om te vra, identifiseer
Inligting uit 'n reeks bronne bekom, krities selekteer en gebruik, data verwerk en analiseer en
'n begrip van toepaslike skakels, verbindings en kompleksiteite van die onderwerp en
fokusvraag demonstreer
'n Reeks vaardighede selekteer en gebruik, insluitend die toepassings en tegnologieë wat
bestudeer is, probleme oplos, besluite op 'n kritiese, kreatiewe en buigsame manier neem om
die fokusvraag te beantwoord
Gevolgtrekkings/Aanbevelings ondersteun deur die gebruik van beredeneerde argumente wat
op bewyse gegrond is
Uitkomste evalueer, beide in verband met die PAT-vereistes en hulle eie leer en prestasie
Geskikte kommunikasievaardighede en media gebruik om bewyse in gepaste formate aan te
bied
Vereiste vaardighede
Leerders moet in staat wees om:
'n Reeks vaardighede en metodes te selekteer en toe te pas om oplossings te vind
Tekste te vergelyk, selekteer, lees en verstaan en dan te gebruik om inligting, idees,
argumente en opinies in te samel
Dokumente op te stel en inligting, idees en opinies effektief en betekenisvol te kommunikeer
Data en inligting doeltreffend te stoor om die effektiewe oproep daarvan moontlik te maak
Inligting te versamel wat die inhoud en die doel van die taak/ondersoek pas
Data in te voer, inligting onafhanklik te ontwikkel en formateer wat die betekenis en doel
daarvan pas, wat teks en tabelle, beelde/prente, getalle, grafieke en rekords insluit
Besluitnemings- en probleemoplossingsvaardighede toe te pas
Beplanning, navorsing, kritiese denke, analise, sintese, evaluering en aanbiedings-
vaardighede te demonstreer
Selfvertroue en inisiatief te ontwikkel in die toepassing van die inhoud, toepassingsagteware
en -tegnologieë wat in RTT bestudeer is
Raad en ondersteuning te vra wanneer nodig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 5 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS – Onderwyserriglyne
Wat moet die leerders vooraf geleer word?
Voordat die PAT aangepak word, moet leerders die volgende geleer word:
IKT-vaardighede wat die produksie van die verslag sal verbeter
Navorsing- en inligtingbestuurvaardighede, wat insluit om:
o 'n Taak te definieer
o 'n Fokusvraag te stel
o Navorsingsvrae te vra
o Geskikte inligtingsbronne te identifiseer
o Bronne te evalueer
o Inligting te soek
o Navorsingsverslae te skryf met 'n samevatting, inleiding, bespreking, verwysde bronne,
afleiding/slot en bronnelys
Projekbestuursvaardighede, wat tyd-, hulpbron- en taakbestuur insluit
2.2 Oneerlikheid
Leerders moet NIE:
Hulp/Leiding van ander kry sonder om erkenning daaraan te gee nie. (Hulle moet BYLAE C
van die Leerderriglyne voltooi – sien Afdeling 2.3.)
Werk indien wat nie hulle eie is nie
Hulle werk aan ander leerders leen nie
Ander leerders toegang verleen tot, of die gebruik gee van, hulle eie materiaal wat
onafhanklik verkry is nie. Dit beteken nie dat leerders nie hulle boeke aan 'n ander leerder
mag leen nie, maar leerders moet nie toegelaat word om plagiaat met ander leerders se
navorsing te pleeg nie.
Werk insluit wat direk uit boeke, vanaf die internet of uit ander bronne gekopieer is, sonder
om erkenning aan die bron te gee nie
Werk indien wat deur 'n derde persoon getik of woordverwerk is nie. Leerders met fisiese
gestremdhede moet vooraf by die betrokke assesseringsowerhede toestemming kry.
Die handelinge hierbo kom neer op oneerlikheid, waarvoor 'n straf toegepas sal word.
Indien oneerlikheid geïdentifiseer word, moet die assesseringsowerhede in kennis gestel word en
besonderhede van enige werk wat nie die leerder se eie is nie, moet aangeteken word.
2.3 Leerder se verklaring van egtheid van die PAT
Nadat die PAT voltooi is, moet leerders die verklaring van egtheid (BYLAE C van die
Leerderriglyne) voltooi om te bevestig dat die werk wat ingedien word, hulle eie is. Alle
substantiewe raad/hulp wat aan die leerders gegee is, moet in die verklaring aangeteken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 6 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS – Onderwyserriglyne
2.4 Rol van die onderw yser
Die onderwyser sal:
Die betrokke inligtingsbestuursinhoud, praktiese vaardighede en strategieë onderrig voor elke
fase van die projek begin word
Die projek bestuur, en toesig hou oor leerders se werk en dit monitor
'n Aanvanklike beplanningsoorsigsessie hou/fasiliteer om die onderwerpe/scenario's,
vereistes, doelstellings en ontwikkeling van die projek te bespreek
Vooraflees fasiliteer om agtergrondinligting oor die onderwerpe/scenario's in te samel
Gereelde terugvoer aan leerders gee, beide op 'n informele grondslag en aan die einde van
elke fase
Die leerders se werk aan die einde van elke fase assesseer deur die kriteria te gebruik wat
uiteengesit is in die gestandaardiseerde assesseringsinstrumente wat verskaf word, en
terugvoering wat gegee word, aanteken
Hulle algemene evaluering bevestig, gebaseer op deurlopende waarneming en terugvoering,
om 'n finale indruk ten opsigte van onafhanklike werk, inligtingbestuur, insig en
probleemoplossing te verskaf
Die werk van die leerders wat nagesien is, modereer ná enige standaardisering en interne
modereringsprosedures wat vereis word
Die egtheid van die PAT verseker, soos uiteengesit in Afdeling 2.5 hieronder
2.5 Toesig/Gekontroleerde omstandighede
Die onderwyser moet die PAT op so 'n manier bestuur dat hy/sy kan bevestig dat die werk wat
geassesseer word, volgens sy/haar kennis, alleenlik die betrokke leerder se werk is, deur:
Die leerder se werk gereeld te monitor om 'kitsprojekte' te voorkom
Elke leerder se assessering aan die einde van elke fase goed te keur
Te bevestig dat die werk wat geassesseer word, volgens sy/haar kennis alleenlik die betrokke
leerder se werk is
Meer inligting hieroor word in Afdeling 2.8 van die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12
verskaf.
2.6 Bestuur van die PAT
Die onderwyser moet sy/haar werkskedule beplan volgens die tyd wat vir die PAT in die RTT-
KABV (onderrigplan vir graad 12) toegeken word. Daar is verskillende moontlike benaderings tot
die bestuur van die PAT:
Opsie 1:
Die onderwyser kan weekliks 'n gedeelte van die tyd aan die PAT afstaan, terwyl hy/sy
terselfdertyd vir die res van die week met normale onderrig voortgaan om die graad 12-
kurrikulum te voltooi. Indien hy/sy hierdie opsie kies, moet hy/sy in die eerste kwartaal met die
PAT-proses begin en een fase per kwartaal voltooi.
Opsie 2:
Die onderwyser kan 'n aaneenlopende tydperk aan die PAT afstaan, bv. die laaste
week/weke van elke kwartaal, en ook een fase per kwartaal voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie 7 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS – Onderwyserriglyne
2.7 Assesseringsbewyse
Bewyse wat vir assessering voorgelê word, moet toon hoe die individuele leerder die
assesseringsdoelwitte en -kriteria behaal het en moet die beplanning, terugvoering en vordering van
die projek insluit. Die bewyse vir assessering sal die volgende insluit:
Die finale produkte vir die take: 'n webtuiste (tuisblad plus 2 ander geskakelde blaaie) en 'n
geskrewe verslag van ongeveer 1 600–2 000 woorde (dit verwys slegs na die inhoud en sluit
nie die dekblad, inhoudsopgawe, verwysings en grafika in nie) of 6–8 bladsye
Die voltooide leerderassesseringsinstrument (en ander bewyse soos vir elke fase
gespesifiseer)
2.8 Vereistes
(Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3)
Praktiese Assesseringstaak-komponente moet:
Uit assesseringstake en assesseringskomponente bestaan wat die leerder se PAT-punt
vorm, soos bespreek in Hoofstuk 4 van die KABV vir RTT
'n Punt insluit wat vir elke assesseringstaak (fase) toegeken is, asook 'n gekonsolideerde
punt
Vir monitering en moderering beskikbaar wees
Deur die onderwyser geëvalueer, nagesien en as geloofwaardig goedgekeur word voordat dit
as bewys van leerderprestasie voorgelê word
2.9 Nienakoming
(Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, Hoofstuk 3)
Die kandidaat sal tot drie weke voor die begin van die finale praktiese RTT-jaareindeksamen tyd
gegun word om enige uitstaande werk vir die PAT in te lewer.
Indien 'n leerder geen PAT vir RTT indien nie, sonder 'n geldige rede, sal die leerder nie 'n
resultaat vir die vak ontvang nie.
In die geval waar 'n leerder nie aan die vereistes van die PAT voldoen nie (insluitend die
inleweringsdatums soos deur die provinsie/distrik vasgestel), maar SLEGS waar 'n geldige rede
verskaf word, mag hy of sy 'n verdere geleentheid gegun word om vir die voorgeskrewe take
geassesseer te word, gebaseer op 'n besluit deur die hoof van die betrokke assesseringsliggaam.
Verwys na die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12 (Hoofstuk 3) vir verdere
verduideliking van die prosedures wat gevolg moet word indien die leerder, met geldige redes,
versuim om enige uitstaande PAT-vereistes na te kom.
Indien 'n leerder nie aan die PAT-vereistes voldoen nie en waar geldige redes voorgelê word,
moet die bewyse van sulke geldige redes by die bewyse van die leerder se prestasie ingesluit
word.
Geldige redes vir die laat inlewering van die verskillende fases van die PAT sluit die volgende in:
Siekte, deur 'n geldige mediese sertifikaat gestaaf, deur 'n geregistreerde mediese praktisyn
uitgereik
Humanitêre redes, wat die dood van 'n nabye familielid insluit, deur 'n doodsertifikaat gestaaf
Die leerder se verskyning in 'n hofsaak, wat deur geskrewe bewyse gestaaf moet word
Enige ander rede wat deur die hoof van die assesseringsliggaam of sy/haar verteenwoordiger
as geldig aanvaar word
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Computer Applications Technology.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 QP
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2023 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP

Question paper