Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
2022
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC June Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser
aan jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
nie, verwyder NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word.
12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/2022
SS/NSS
14. Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is.
15. Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel
is en die lys-skeikarakter ('List separator') as 'n komma (',') gestel is.
16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
aan die bestaande data gemaak word.
17. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
HTML-vraag te beantwoord NIE.
18. Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat
die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het
voordat jy met hierdie eksamen begin.
1Seychelles Prent
1Types Woordverwerkingslêer
2Confidential Saamgeperste lêer ('Zipped file')
2Top10 Woordverwerkingslêer
3Population Sigblad
4Bookings Sigblad
4Logo Prent
5Details Databasis
6_1Button Prent
6_1Mauritius Prent
6_1Win HTML-lêer
6_2Cocoa Prent
6_2Expensive HTML-lêer
6_2Fregate Prent
6_2Mustique Prent
7Card Woordverwerkingslêer
7Discount Sigblad
7Entrance Sigblad
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/2022
SS/NSS
SCENARIO
'n Eiland is 'n geïsoleerde stuk land wat deur water omring word. Sommige eilande
word bewoon, terwyl ander verlate bly. Baie van die tropiese eilande is gewilde
toeristebestemmings.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die 1Types-woordverwerkingsdokument oop, wat interessante feite oor eilande
bevat. Voeg jou eksamennommmer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif
('footer') in.
1.1 Formateer die opskrif 'Island Types' na die Title-styl. (1)
1.2 Pas 'n woordverwerkingseienskap toe op die vyf prente wat op bladsy 1 gevind
word, sodat die prente as een objek kan beweeg. (1)
1.3 Vind die teks wat met 'Continental islands …' begin en met '… volcanic origin.'
eindig en pas 'n 3 pt-skadu-raam ('shadow border') om beide paragrawe toe. (2)
1.4 Verander die vergrotehoofletter('drop cap')-'O' van die woord 'Oceanic' onder
die opskrif 'Oceanic Islands' sodat dit oor drie reëls strek en 1 cm vanaf die teks
verskyn. (2)
1.5 Vind die teks wat met 'How many islands …' begin en met '… island formation.'
eindig. Verander die uitleg van die teks om soos volg te vertoon:
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/2022
SS/NSS
1.6 Vind die paragraaf onder die opskrif 'Coral Islands'. Voeg die 1Seychelles-prent
in en pas 'n prentstyl ('picture style') toe om soos die voorbeeld hieronder te lyk.
LET WEL: Die posisie van die prent is in lyn met die teks 'calmness, and' aan
die bokant, en met 'sediment,' aan die onderkant. (4)
1.7 Voeg 'n eindnota ('endnote') in op die groen uitgeligte ('highlighted) teks
'Magma' wat op die laaste bladsy gevind word, soos volg:
Stel die eindnota se nommeringformaat op Romeinse syfers in bo-kas.
Voeg die teks 'Dangerous' by die eindnota. (2)
1.8 Redigeer ('Edit') die verwysingsbron ('reference source') vir die outeur 'Tarbuck'
om die volgende bibliografiese velde in te sluit:
'City': New Jersey
'Comments': Island Structure (2)
1.9 Redigeer ('Edit') die sitaat ('citation') wat op die laaste bladsy gevind word
om slegs die outeur ('author') se naam, die jaar uitgegee ('year published') en
bladsye 130–140 te vertoon. (2)
1.10 Vervang die presiese woord 'Island' met die simbool (Webdings:
Karakterkode: 74). (3)
Stoor en maak die 1Types-dokument toe. [22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Maak die 2Top10-woordverwerkingsdokument oop wat inligting oor die top tien eilande
bevat en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in.
2.1 Verander die dekblad ('cover page') soos volg:
Skuif die inligting wat op bladsy 2 gevind word na die relevante
inhoudskontroles ('content controls').
Maak seker dat daar geen leë bladsye of kommentaar in die dokument is
nie. (3)
2.2 Vind die prent onder die opskrif '9. TASMANIA (AUSTRALIA)' en verander die
prent sodat dit by die ander prente in die dokument pas. (3)
2.3 Vind die opskrif '8. BALI (INDONESIA)' en skep 'n skakel ('link') na die begin
van die dokument. (2)
2.4 Verander die oriëntering ('orientation') van slegs die laaste bladsy na landskap
('landscape'). (2)
2.5 Vind die SmartArt-grafika op die laaste bladsy en verander dit om soos
hieronder te vertoon.
LET WEL: Ignoreer die kleure van die SmartArt-grafika.
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/2022
SS/NSS
2.6 Vervang die teks 'Question 2.6' op die laaste bladsy met 'n veld ('field') sodat
die lêernaam ('file name') van hierdie dokument in hoofletters vertoon. (2)
2.7 Voeg outomatiese bladsynommering ('automatic page numbering') in die
bladsyonderskrif van elke bladsy soos volg in:
Bladsynommering moet op die derde bladsy met bladsynommer 1 begin.
Ewe ('Even') bladsye moet links inlyn gestel word.
Onewe ('Odd') bladsye moet regs inlyn gestel word.
Die eerste twee bladsye moet nie genommer word nie. (5)
Stoor en maak die 2Top10-dokument toe.
Werk met die 2Confidential-lêer.
2.8 Ontzip ('Unzip') die lêer met die wagwoord 1234 en voeg enige 'Confidential'-
watermerk ('watermark') op die dokument in. (2)
Stoor en maak die 2Confidential-dokument toe. [23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie daarvoor in die datalêer
toegeken.
Maak die 3Population-sigblad oop wat die bevolking en oppervlakte van eilande
regoor die wêreld bevat.
Werk in die Islands-werkblad.
3.1 Verander die kolomwydte ('column width') van kolom B na 40 pt en pas
teksomvou ('text wrapping') op selle B8:B55 toe. (2)
3.2 Voeg 'n funksie in sel C3 in om die gemiddelde bevolking (kolom E) te
vertoon. (2)
3.3 Voeg 'n funksie in sel C4 in om die aantal eilande te bepaal waar die woord
'part' as deel van die beskrywing van die Formasie in kolom B verskyn. (4)
3.4 Voeg 'n SUMIFS-funksie in sel C5 in om die totale bevolking (kolom E) vir al
die 'oceanic'-tipe eilande (kolom C) met 'n oppervlakte groter as 1 000 km2
(kolom D) te vertoon. (5)
3.5 Pas voorwaardelike formatering ('conditional formatting') op Oppervlakte (km2)
(kolom D) toe, deur die 3 Flags-ikoonstel ('icon set') soos volg te gebruik:
Kleur van vlaggie Oppervlakte km2
Groen Groter as en gelyk aan ('Greater than and equal to') 280 000
Oranje 30 001–279 999
Rooi 0–30 000 (4)
3.6 Voeg 'n formule in sel F9 in om die bevolking per km2 vir die Bahamas te
vertoon. Gebruik die oppervlakte (km2) in kolom D en die bevolking in
kolom E.
Formateer die antwoord om GEEN desimale plekke te vertoon NIE. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/2022
SS/NSS
Werk in die Polynesia-werkblad.
3.7 Formateer die grafiek ('chart/graph') om soos hieronder te vertoon.
LET WEL:
Grafiek('Chart/Graph')-tipe van die Density (in millions) Digtheid (in
miljoene)-reeks ('series')
Area (km2) Oppervlakte (km2)-reeks ('series') is op 'n sekondêre as
uitgestip
Primêre vertikale as ('primary vertical axis') vertoon in eenhede ('units')
Die vertoon van die byskrifte ('legends') (5)
Stoor en maak die 3Population-sigblad toe. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander die bestaande data.
Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie daarvoor in die datalêer toegeken.
Maak die 4Bookings-sigblad oop wat data oor reisigers na verskillende eilande bevat.
Werk in die Travellers-werkblad.
4.1 Voeg die 4Logo-prent as die agtergrond ('background') van die werkblad in. (1)
4.2 Verander die sigblad sodat die roosterlyne ('gridlines') nie vertoon nie. (1)
4.3 Die naam en van van 'n reisiger word in kolom A gestoor.
Voeg 'n kombinasie van teksfunksies in kolom B in om die reisiger se van uit
kolom A te onttrek.
LET WEL: Jy kan aanneem dat 'n reisiger slegs EEN voornaam het. (5)
4.4 Die Cost-werkblad stoor die daaglikse verblyfkoste per persoon wat op hulle
reisstyl gebaseer is, m.a.w. Ekonomies, Gemiddeld of Luuks.
Voeg 'n geskikte LOOKUP-funksie in sel I15 in om die koste per persoon vir
Necker Eiland te bepaal.
Gebruik 'Necker Island' (sel F15) as die opsoekwaarde ('lookup value'), die
reisstylkode in kolom H EN die tabel in die Cost-werkblad. (5)
Werk in die Style-werkblad.
4.5 Gebruik die subtotaaleienskap ('subtotal feature') om die hoogste groepkoste
(kolom C) vir elke reisstyl (kolom B) te vertoon. (3)
Stoor en maak die 4Bookings-sigblad toe. [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 5: DATABASIS
'n Reisagent hou besonderhede oor sy toergidse, kliënte en toere in 'n databasis.
Maak die 5Details-databasis oop wat inligting oor die toergidse bevat.
5.1 Maak die tbl5_1-tabel in Ontwerpaansig ('Design View') oop.
5.1.1 Verander die veldgrootte ('field size') vir die Name-veld na 20. (1)
5.1.2 Voeg 'n geskikte valideringsreël ('validation rule') vir die StartDate-veld
in wat by die valideringsteks ('validation text') pas. (2)
5.1.3 Skep 'n toevoermasker ('input mask') vir die AccessCode in die
volgende formaat:
TWEE verpligte letters, gevolg deur
Die @-teken, gevolg deur
Ten minste DRIE, maar moontlik VIER syfers (4)
5.1.4 Skep 'n kombinasielys ('combo box') vir die Position-veld met die
volgende opsies:
'Manager'
'Administrator'
'Accountant' (3)
5.1.5 Voeg 'n nuwe veld met die naam IDPhoto en stel 'n toepaslike datatipe
('data type') vir die veld. (2)
Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/2022
SS/NSS
LET WEL: TblData stoor inligting oor reisigers na die verskillende eilande.
5.2 Maak die vorm met die naam frm5_2, wat op die tblData-tabel gebaseer is, in
Ontwerpaansig ('Design View') oop.
Verander die vorm om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL:
Plaas 'n reghoekkontrole ('rectangle control') as 'n raam ('border') rondom
die vier velde, soos hierbo getoon.
Voeg die huidige datum ('current date') in die vormonderskrif ('form footer')
in dieselfde formaat in soos hierbo getoon.
Voeg 'n knoppiekontrole ('button control') in om na die volgende rekord
('next record') te gaan wanneer die knoppie geklik word. Aanvaar die
verstekpyltjie ('default arrow') op die knoppie.
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/2022
SS/NSS
5.3 Die qry5_3-navraag is op die tblData-tabel gebaseer. Maak die navraag in
ontwerpaansig ('Design View') oop en verander die navraag om die volgende
te vertoon:
DestinationIsland SumOfLeisureCost
Bora Bora Island R12 995.00
Calivigny Island R1 988.00
Cayo Espanto R6 067.00
Cerralvo Island R8 316.00
Cocoa Island R20 051.00
Cyprus R4 878.00
Fogo Island R4 440.00
Fregate Island R4 364.00
Galapagos Islands R7 033.00
Lanai Island R8 568.00
Laucala Island R5 747.00
Moorea Island R3 785.00
Musha Cay R9 917.00
Mustique Island R1 640.00
Necker Island R4 775.00
Rang Yai Island R1 752.00
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3)
5.4 Skep 'n navraag met die naam qry5_4 wat op die tblData-tabel gebaseer is.
Vertoon slegs die Name-, Surname-, DateOfBirth- en DestinationIsland-
velde.
Sluit slegs die reisigers in wat na 'Bora Bora Island' of 'Cyprus' vir 'n
hengelvakansie ('fishing holiday') reis.
Vertoon die Surname-veld in alfabetiese volgorde.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (7)
5.5 Maak die qry5_5-navraag wat op die tblData-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig ('Design View') oop.
Voeg 'n berekende veld met die naam 60&Older in om SLEGS die reisigers
wat 60 jaar en ouer is, te vertoon.
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/2022
SS/NSS
5.6 Maak die rpt5_6-verslag wat op die tblData-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig ('Design View') oop en verander dit soos volg:
Korrigeer die vertoon van die bedrae in die TotalLeisureCost-veld sodat die
waardes volledig sigbaar is.
Voeg 'n funksie/berekening in om die gemiddelde koste per ontspannings-
aktiwiteit ('leisure activity') te vertoon. (3)
Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe.
Stoor en maak die 5Details-databasis toe. [35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
LET WEL:
Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
vraag te beantwoord NIE.
'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids
gevind word.
6.1 'n Webblad is geskep om mense reisinligting oor Mauritius te gee.
Maak die onvolledige 6_1Win-lêer in 'n webblaaier ('web browser') en ook in 'n
teks-/HTML-redigeerder oop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/2022
SS/NSS
LET WEL:
Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn om jou met hierdie
vraag te help.
Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie
kommentaar verwyder NIE.
6.1.1 Verander die HTML-kode sodat die dokument in die
Tempus Sans ITC-font vertoon, soos in die voorbeeld op die vorige
bladsy getoon. (1)
6.1.2 Voeg 'n swart horisontale lyn ('horizontal line') met 'n grootte van
5 onder die prent in. (3)
6.1.3 Koppel ('Link') die 6_1Button-prent met die webadres wat aan die
einde van die dokument gevind word sodat die webtuiste oopmaak
wanneer die knoppie geklik word. (2)
6.1.4 Voeg die teks in wat in die voorbeeld op die vorige blad verskyn, maar
wat in die webblad as 'n vlak 3-opskrif ('level 3 heading') uitgelaat is. (2)
6.1.5 Verander die lys onderaan die webblad sodat die lys vertoon soos in
die voorbeeld op die vorige bladsy getoon. (2)
Stoor en maak die 6_1Win-lêer toe.
6.2 Maak die onvolledige 6_2Expensive-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
teks-/HTML-redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word
NIE).
Voltooi die webblad om presies soos die voorbeeld hieronder te vertoon.
(4)
Stoor en maak die 6_2Expensive-lêer toe.
EEN punt sal vir korrekte sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide lêers toegeken
word. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 7: ALGEMEEN
7.1 Maak die 7Discount-sigblad oop.
Werk in die Code-werkblad.
7.1.1 Die reisagentskap het besluit om 'n pensioenarisafslag aan sommige
van hulle reisigers toe te staan indien hulle geboortejaar voor
1960 (kolom B) is. Die reisstyl (kolom C) sal die afslagkode wat 'n
pensioenaris sal ontvang, bepaal.
Gebruik 'n geneste IF-funksie of 'n formule in sel D2 om die volgende
waardes te vertoon:
5 indien die reisiger 'n pensioenaris is en 'n gemiddelde ('mid-
range') reisstyl het OF
4 indien die reisiger 'n pensioenaris is en 'n luukse ('luxury') reisstyl
het OF
0 vir alle ander reisigers (6)
Werk in die List-werkblad.
7.1.2 Filtreer ('Filter') die werkblad om die rekords van die reisigers wat in
die eerste drie maande van 1979 gebore is, te vertoon. (3)
Stoor en maak die 7Discount-sigblad toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/2022
SS/NSS
7.2 Reisigers met 'n luukse styl ('luxury style') sal elk 'n BBP-kaartjie ('VIP ticket')
ontvang.
Maak die 7Card-lêer oop en kies 'Yes' in die dialoogblokkie om met die
possamevoeging ('mail merge') voort te gaan.
Kies in die databrondialoog ('data source dialog') die 7Entrance-lêer in jou
datalêer.
Redigeer die ontvangerslys ('recipient list') om seker te maak dat slegs
luukse ('Luxury') reisigers BBP-kaartjies sal ontvang.
Vervang die teks op die etiket ('label') met die toepaslike saamvoegvelde
('merge fields').
Dateer die etikette op ('update') om soos die voorbeeld hieronder te
vertoon.
Voltooi die possamevoeging ('mail merge') en stoor die lêer as 7MergedCard. (6)
Stoor en maak die 7Card- en 7MergedCard-dokumente toe. [15]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2022
SS/NSS
HTML–MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
Definieer die liggaam van die Word voor elke lys-item
<body></body>
webblad ingevoeg, en voeg 'n nommer of
<li></li>
<body stel die agtergrondkleur van die simbool by afhangende van die
bgcolor="pink"> webblad tipe lys wat geselekteer is
Stel die kleur van die
<body text="black"> <img src="name"> Voeg 'n prent in
liggaamteks
<img src="name" Stel 'n prent inlyn, kan " right";
<head></head> Bevat inligting oor die webblad
align="left"> "bottom", "top", "middle" wees
Skep 'n HTML-dokument – <p align="center"><img Stel 'n prent "center" inlyn, kan
<html></html>
begin en eindig 'n webblad src="name"></p> ook "middle" wees
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die webblad
border="1"> rondom 'n prent
Voeg 'n reëlbreuk in ('line <img src="name"
<br/> Stel die hoogte en breedte van
break') width="200" height
'n prent
<!-- --> Kommentaar ="200">
Teksmerkers ('Text Tags') Vertoon alternatiewe teks
Merker('Tag') Beskrywing <img src="name" wanneer die muis oor 'n prent
alt="alternative text"> gehou word of wanneer die
<hl></hl> Skep die grootste opskrif prent nie gevind kan word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
Stel die grootte (hoogte) van 'n
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/>
reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk
Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u> Skep onderstreepte teks <hr width=”80%”/>
persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
Stel fontkleur <hr color= "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New Tabelmerkers ('Tabel Tags')
Stel fonttipe
Roman"></font> Merker ('Tag') Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags') <table></table> Skep 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry 'n tabel
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel 'n tabel
<a href="URL"><img
Skep 'n prentskakel Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
src="name"></a>
<th></th> vetgedrukte, gesentreerde
Skep 'n teikenarea in die
<a name="NAME"></a> teks.)
dokument
Skakel na 'n teikenarea wat
<a href= "#NAME"></a> elders in die dokument geskep <table width="50"> Skep die breedte van die tabel
is
<a href= Stel die breedte van die raam
Skakel na 'n e-posadres <table border="1">
"mailto:#NAME"></a> rondom die selle van die tabel
Stel die spasie tussen die selle
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') <table cellspacing="1">
van die tabel
Stel die spasie tussen die
Merker('Tag') Beskrywing <table cellpadding="1">
selraam en die inhoud daarvan
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir die
Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center"
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of of "right" wees)
''center'' wees Stel die vertikale inlynstelling vir
Sentreer teks, tabel of prent <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle"
<center></center> of "bottom" wees)
horisontaal
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys
Stel 'n getal kolomme waaroor
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat <td colspan="2">
'n sel moet strek
"I","i","1"></ol> gebruik word
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
Stel die getal rye waaroor 'n sel
<ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat <td rowspan="4">
moet strek
"square","circle"> </ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2022
SS/NSS
TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
Karakter Beskrywing
Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]- tekens nie
0
toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus [+]- en minus [–]- tekens
9
nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke
#
word verwyder wanneer data gestoor word, plus [+]- en minus [–]-
tekens toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters (Die
.,:;-/ werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel
<
word
> Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
Veroorsaak dat toevoermasker van regs na links, in plaas van links na
regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van links
!
na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
invoeg.
Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
\
word (bv. \A word slegs as A vertoon)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2022
SS/NSS
JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2022
SS/NSS
JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2022
SS/NSS
Eksamenplakker
150
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – 2022
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER __________________________________________________________
EKSAMENNOMMER __________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Microsoft Microsoft
(Maak 'n kruisie in die Office 365/Office 2021
Office 2013 Office 2016 Office 2019
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
Mozilla Google Internet Microsoft (Spesifiseer)
(Maak 'n kruisie in die
Firefox Chrome Explorer Edge
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
gestoor en/of gepoog
Gestoor Gepoog
Vraag- Maksimum Punt Nasiener Voorletters/
Lêernaam () ()
nommer Punt Verdien Kode
1 1Types 22
2Confidential
2 23
2Top10
3 3Population 25
4 4Bookings 15
5 5Details 35
6_1Win
6 15
6_2Expensive
7Card
7 7Discount 15
7MergedCard
TOTAAL 150
Kommentaar: (Slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2015 QP (Afr)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper